Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Koninklike Nuus
Koninklike Nuus [boodskap #3385] Wo, 24 Desember 2003 19:24 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die heel dag al hoor ons gereeld op die nuus dat Prinses Anne se bull
terrier die Koningin se gunsteling Corgi doodgebyt het (wel so verwond
het dat hulle hom moes doodmaak). Op die nuus! Hemele behoed ons.

Ek kan myself darem daaraan troos dat daar 'n ysige stilte om daardie
Kerstafel gaan wees :-)

Lorinda (wat nou seker daaraan moet begin dink om 'n paar geskenke toe
te draai).

PS Gelukkig was dit nie hierdie jaar nodig om betyds 'n geskenk by my
ma te kry nie, want sy, as julle dit kan glo, is in Afghanistan. Sy is
daar vir 3 maande (hulle het 'n groot tekort aan dokters en toe
besluit sy om te gaan. Ek wens die vrou wil aftree sodat ek peace of
mind kan hê. Ouers, hulle maak jou mal).

Lorinda
Ouers [boodskap #3387 is 'n antwoord op boodskap #3385] Wo, 24 Desember 2003 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
.
>
> PS Gelukkig was dit nie hierdie jaar nodig om betyds 'n geskenk by my
> ma te kry nie, want sy, as julle dit kan glo, is in Afghanistan. Sy is
> daar vir 3 maande (hulle het 'n groot tekort aan dokters en toe
> besluit sy om te gaan. Ek wens die vrou wil aftree sodat ek peace of
> mind kan hê. Ouers, hulle maak jou mal).

LOL! Ek is ook besig met geskenke toedraai en dingetjies klaarmaak
hier, maar het hardop gelag toe ek hierdie boodskap van jou oor jou ma
sien. My pa is ook 'n mediese dokter en net so hardekop. Hy
praktiseer nogsteeds in Chicago, al sit sy enigste dogter nou al vir
jare aan hom om af te tree. Hy word volgende maand 70!!! ;-))
Terloops, my ma is 'n boerenooi van SA, so dit skakel dus ons
moontlike familie bande uit. ;-))
Maar ek begin nou verstaan waarom ons nogal baie dieselfde oor dinge
dink. Dis ons ouers se skuld!! ;-)))
Terloops Lorinda, ek drink vanaand 'n glasie sjampanje op jou ma! Ek
dink wat sy doen is WONDERLIK en nou verstaan ek sommer baie van jou
ook! Dis 'n kompliment indien jy wonder. ;-)
Re: Koninklike Nuus [boodskap #3397 is 'n antwoord op boodskap #3385] Do, 25 Desember 2003 01:33 Na vorige boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0312241124.114553bd@posting.google.com...
> PS Gelukkig was dit nie hierdie jaar nodig om betyds 'n geskenk by my
> ma te kry nie, want sy, as julle dit kan glo, is in Afghanistan. Sy is
> daar vir 3 maande (hulle het 'n groot tekort aan dokters en toe
> besluit sy om te gaan. Ek wens die vrou wil aftree sodat ek peace of
> mind kan hê. Ouers, hulle maak jou mal).


Nog gauw even,want het is al laat en al lang kerstmis:

Hulde voor je moeder!! FAntastisch! Wees maar trots op haar en maak je geen
zorgen, als er iets mocht gebeuren dan heeft ze in ieder geval gedaan wat ze
wilde, en dat is meer dan veel mensen kunnen zeggen.

Tot over een paar dagen iedereen!

Roely
Vorige onderwerp: Geseënd en Voorspoed
Volgende onderwerp: Een fijn kerstfeest en een voorspoedig 2004!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 18:32:43 MGT 2024