Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Byevanger" deur LOUIS ESTERHUIZEN
"Die Byevanger" deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #33689] Sa, 26 Augustus 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com


DIE BYEVANGER
Louis Esterhuizen

"Ein Mann wohnt im Haus der spielt mit den Schlangen der schreibt der
schreibt wenn es dunkelt nach Deutschland..."
Paul Celan (Uit : "Todesfuge")

Swart stroop drink ons saam drink ons smôrens
drink ons snags drink en drink ons en die bye grawe
deur die lug grawe 'n korf in die lug waar ruimte
genoegsaam is en die man strek sy arm uit 'n slang
skilfer los die slang skryf rookspirale
oor stede mense en wanneer die lig gedoof word
salueer die man die goue stroop swart ons drink
die stroop swart ons drink
die stroop uit die korf die goue gloed van bye
grawe deur die lug en die man staan
voor die skare in sy hand swerm boste
blomme in die net van woorde word dit donker
word dit nag
die korf glim soos sterre
gegom in die swart stroop en hy sing
en ons dans
om en om die opening grawe dieper die man
van agter sy kort snor en sy oë is blou onder die narrepet
hy dirigeer die saluut soeter die musiek van die môre
in die sooie van die korf drink beveel hy
slange kriewel uit skoorstene
oor die dansende werkers die bye kleef
swart om die openinge in die lug
die korf woed onrustig vlieë
dwarrel neer klou
aan wonde

as konfetti vir die vliegengod
se gestroopte bruilofsfees

Arbeit macht frei!
Vorige onderwerp: Uit "Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Hooglied vir die oorlewende" deur LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 00:14:18 MGT 2024