Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Suid Afrikaanse Vrouens
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33412] Ma, 14 Augustus 2000 00:00
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja Davie ons is so naief. Hoekom? Want ons Pa's en Oupa's het ons geleer
dat 'n vrou se plek in die huis is en sy moet huis maak, want manlief sal
voorsien. Jou enigste doel op aarde is om kinders te kry en die huishouding
te hanteer. Ons ma's het dit gedoen, en hulle ma's het dit gedoen en hulle
ma's het dit gedoen. Dis maar eers onlangs dat vrouens begin agterkom het
dat mans nie so wonderlik is nie, en hulle vir hulleself kan sorg.
As jy iemand soek om te blameer vir ons naiewiteit, blameer die samelewing,
want my eie man wil he ek moet ophou werk die dag as ek kinders het. Wat
word dan van my pensioen en my polisse, wat nou op my naam is? Sit ek dit
oor op sy naam of stuur ek hom is sy glorie in en hou aan werk.
Ek dink ons mans moet oor die hele "mindset" kom dat hulle die broodwinners
is, dan sal dit dalk beter begin gaan. Ek glo vas die egskeiding syfer is
so hoog omdat vrouens geen bevrediging uit die rol van tuisteskepper kry
nie, en sy haarself begin verwaarloos, want "vir wie en wat moet sy haarself
mooi maak?" En haar man begin belangstelling verloor want sy lyk nie meer
so goed aan die einde van 'n lang dag waarin sy agter stout kleuters moes
aanhol, die baba moes versorg, huis skoonmaak en nog moet sorg dat hy 'n
ordentlike bord kos kry wanneer hy by die huis kom nie, want dis sy reg en
haar voorreg as vrou dat hy dit kry.
Miskien moet ons mans begin aanvaar dat vrouens nie net verstand gekry het
om resepteboeke te lees nie, maar dat hulle ook in goeie en bevredigende
werksposisies hulle plek kan volstaan.
Elaine


> Davie Davis wrote in message
> ...
>>
>> Suid Afrikaanse vrouens is skoon mense. Huisvrouens by wie
>> jy skaapafval by kan eet want jy weet sy het nie die oog en
>> harsings daarin gefoeter nie. En jy weet haar huis en
>> skottelgoed is skoon. En jy weet die vadoeke is nie half
>> gewas nie maar...
>>
>> Suid Afrikaaanse vrouens is so onrealisties as kan kom.
>> Ek is in 'n finansiële beroep wat die gevolg het dat
>> vrouens dikwels hul probleme by my bekla.
>>
>> Voorbeelde:
>> Sy kla oor 'n huwelik waarvan die maanskyn en rose lankal
>> nie meer so blink is nie . Sy noem die feit dat sy nié die
>> opleiding het om op haar eie voete te staan nie wat beteken
>> dat sy maar in die huwelik moet voortploeter.
>> Vyf jaar later hoor ek dieselfde storie weer by dieselfde
>> vrou en dan is haar kwalifikasies steeds presies dieselfde.
>> Sy het dus zero gedoen om haar lot te verbeter en aanvaar
>> dat dit haar lot is so 'just to bad'.
>>
>> Hulle doen al die finansiële beplanning op die man se naam.
>> Sy self beklee 'n heel statusvolle beroep, en elke keer wat
>> haar man verplaas word (of van werk verander) koop sy haar
>> eie pensioen af, bestee dit op die huis, en begin weer van
>> voor met 'n pensioen. Want eendag gaan hulle saam aftree.
>> Dan skei hulle wanneer hulle in die middel veertigs is want
>> die buurvrouens is somtyds net sulke vriendelike mense. En
>> dan kla sy op my skouer- want sy moet twintig jaar voor
>> aftrede met 'n aftreebeplanning begin. Al die beplanning is
>> tot nou toe op sy naam gedoen.
>> Sowat 'n driekwart (plus) huwelike hou nie en ek praat
>> statistiek.
>>
>> Of sy moet trou... nié omdat sy skielik begin gewig aansit
>> nie, m��r omdat sy nooit die moontlikheid voorsien het dat
>> sy skieik 'n weduwee kan word nie. En sy moet uit die
>> maatskappy huis. En sy moet eet. En sy moet aantrek. En sy
>> moet drie klein mondjies voed.
>>
>> Sy weet haar man gaan eendag aftree. Sy weet hy gaan 'n
>> pensioen kry. Sy weet sy is veertig jaar oud en bly in 'n
>> maatskappy huis. Vra jy aan haar hoe gesond gaan hulle
>> aftrede finansieel gewyse wees en sy sê dat sy nie weet nie
>> maar haar man weet.
>>
>> Is julle werklik so naief?
>>
>>
>> * Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find
> related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is
> Beautiful
>
Vorige onderwerp: Vraag aan Ferdi & Friende
Volgende onderwerp: Re: Die bakgat spinnerakker - www.eep.co.za
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 00:07:22 MGT 2024