Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Streke
Streke [boodskap #33128] Vr, 04 Augustus 2000 00:00
Amanda Marais  is tans af-lyn  Amanda Marais
Boodskappe: 25
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek was in Kaapstad op skool, en ons skool se koshuis het talle
kinders van Namakwaland gehad, so ook destydse Suid-Westers
met hulle bree aksente. Altyd vir my mooi gewees. Ek het
familie in Namakwaland gehad (O'kiep, ek dink dit beteken half mens) en ek
het die plat
Afrikaans en die mense baie spesiaal gevind.

So ook die Bolandse brei, veral
in die Swartland streek. Hier in die Suide het mens
baie verskillende aksente, en dit is vir my lekker om
op te let hoe die aksente verskil, en dan te probeer
uitvind waar hulle vandaan kom. Ek hou veral van
die New Orleans en Charleston aksente.

Pat

skryf in boodskap news:398B61DE.73BFC3C6@home.com...
> Pat wrote:
>
>> Jy's heeltemaal reg Gloudina. Dit is geskryf deur Prof. Hans du Plessis, en
>> kom
>> uit sy boek "Gewete van Glas". Hulle noem dit "voorbeelde van
>> Griekwa-Afrikaans" , en
>> hy het ses Griekwapsalms in die bundel. Psalm 23 is ook aan my gestuur, ek
>> kan
>> dit pos as iemand daarvan hou. Ek wonder of dit grens aan rassisme, m.a.w.
>> verkleineer mens die Griekwas se taalvermoee met so iets?
>>
>> Pat
>>
>
> Wel, as ek 'n Griekwa was (met 'n universiteitsgraad
> en dies meer) sou my hart ook krimp elke keer as ek
> so-iets hoor, net soos my hart elke keer gekrimp het
> as ek hoor hoe die mense spot met Namakwalanders
> se manier van praat. My pa was in Namakwaland
> gebore, en het sy jeug daar deurgebring. Hy het nooit
> "soos Namakwalanders" gepraat nie. Ek wonder
> hoekom het Professor Hans du Plessis sy boek
> "Gewete van Glas" genoem? Waaroor gaan die boek?
> Die Griekwapsalms is in die afgelope tyd, veral op
> die Internet, herwaarts en derwaarts gestuur. Ons is
> dit al van meer as 'n halfdosyn kante aangestuur. Ek
> weet nie hoekom ek geen entoesiasme daarvoor kan
> oproep nie. Wanneer Adam Small Kleurling-Afrikaans
> gebruik, vind ek dit aanneemlik (miskien omdat Small
> dit meestal ironies gebruik) Maar hierdie Griekwa-
> psalms klink vir my tog 'n poging om te verklaar: hulle
> is anders as ons, ons is nie dieselfde nie.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Re: 10de's
Volgende onderwerp: Re - verhoogde bydraes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 24 11:40:26 MGT 2024