Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: 10de's
Re: 10de's [boodskap #33091] Do, 03 Augustus 2000 00:00 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee ek stem saam met jou, ek dink die hele gemeente moet besluit wat met die
geld gedoen moet word. Ons kerk is maar 200 mense sterk en het baie skuld,
maar ek moet se die geld word eerste aan die behoeftiges in die gemeente
gegee en daarna aan kinderhuise (Abraham Kriel) en daarna vir kweekskole en
evangelisasie. Dit gaan maar knap, maar die bybel se ons moet ons deel vir
die kerk gee (onthou die storie van die weduwee wat haar laaste paar sent
vir die kerk gegee het), so ek dink die ou wat die geld aan behoeftiges gee
en nie ook aan die kerk nie, is dalk verkeerd, maar dan aan die anderkant
moet die kerk daai fondse korrek aanwend en nie die geld gebruik om op
vakansie te gaan nie. As hulle die geld nie reg gebruik om behoeftiges in
die gemeente te help nie, kan ek dalk jou vriend se standpunt verstaan.
Kerke is nie meer wat dit was nie, dit lyk of die hele spul nou net 'n
geldmaak besigheid wil bedryf

Elaine

Krokkie skryf in boodskap news:398a772a$0$229@hades.is.co.za...
> Ek's in die NG kerk.
>
> My probleem het baie te doen met die aanwending van die fondse. Sondahg het
> hulle voor die diens vir ons die state gewys en gese hulle wil die nuwe
> kantoorblok van R1.5 miljoen kontant betaal. So ons moet hoes. Die kerk is
> redelik groot so ek dink nou 8000 lidmate. Hulle redeneer(dis nou waar seker
> nie moet stry nie) dat jy jou 10de van jou inkomste net so moet gee, maar
> is dit nou voor belasting of daarna?. Verder wys hulle op hul begroting dat
> hulle die vorige jaar R4 miljoen aan uitreik aksies spandeer het. Dit is
> nou wanneer in baie gevalle klomp lidmate op "vakansie gaan" oorsee ens op
> die kerk se onkoste om sekere geestelike werk te verrig. Alles goed en wel,
> maar moet die kerk nie eers in sy eie gemeente alle "lyding en nood" verlig
> nie? Ek voel immers so. 'n Vriend van my se hy gee sy bydrae vir behoeftige
> familielede. Is dit reg ? of kan net die kerk self besluit oor die
> aanwending van sy fondse. ?
>
> Krokkie
>
Re: 10de's [boodskap #33092 is 'n antwoord op boodskap #33091] Do, 03 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sê my eers in watter kerk jy is, dan sal ek my mening uitspreek. Ons kerk
(gereformeerd) laat ons 'n "belofte" teken dat ons elke maand x bedrag sal
betaal. Ek dink dis belaglik, want as jy nou een maand nie kan betaal nie,
het jy 'n belofte gebreek, en die bybel spreek hom sterk teen die maak van
beloftes uit. As jy nie weet of jy dit sal kan nakom nie, moet dit nie maak
nie. Maar die kerk se redenasie is dat as jy jou geldjie gee die Here na
jou sal omsien, want jy't mos jou deel gebring? Hulle manier van redeneer
"boggle my mind" maar dis seker nou nie my plek om iets te se nie.

Elaine

Krokkie skryf in boodskap news:398a4e03$0$233@hades.is.co.za...
> Ons kerk het verlede Sondag 'n oesfees gehad en almal moes hul sakke skud
> vir die betaling van 'n pas voltooide administrasie gebou op die
> kerkgronde. Die preek het ook gehandel oor jou 10 de elke maand.
>
> Ek hior graag van julle hoe julle die 10 de saak benader.
>
> Krokkie
>
Re: 10de's [boodskap #33122 is 'n antwoord op boodskap #33091] Vr, 04 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Amanda Marais  is tans af-lyn  Amanda Marais
Boodskappe: 25
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
So gepraat van die NG kerk, hier volg n Griekwa-Afrikaanse psalm, Psalm 121:

Ek slat my twee oge op
my kyk vang die verste kop:
waavanaf sal my hulp nou kom?
My hulp is van die Jirre, van Hom:
Hy't nou die jimmel en Prieska gekom maak.

Sonner lat jou voete klipperse raak,
is Hy skoene agterrie skaap.

Hy dink nooit eers ook slaap
Sontyd is Hy hoed op jou kop,
innie nag hou Hy gevaarlikheid dop.

Hy's mos nou da om jou op te pas:
jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas.

Gan jy nou in of gan jy nou yt:
Hy's oor jou vi altyd.

Pat

Krokkie skryf in boodskap news:398a772a$0$229@hades.is.co.za...
> Ek's in die NG kerk.
>
> My probleem het baie te doen met die aanwending van die fondse. Sondahg het
> hulle voor die diens vir ons die state gewys en gese hulle wil die nuwe
> kantoorblok van R1.5 miljoen kontant betaal. So ons moet hoes. Die kerk is
> redelik groot so ek dink nou 8000 lidmate. Hulle redeneer(dis nou waar seker
> nie moet stry nie) dat jy jou 10de van jou inkomste net so moet gee, maar
> is dit nou voor belasting of daarna?. Verder wys hulle op hul begroting dat
> hulle die vorige jaar R4 miljoen aan uitreik aksies spandeer het. Dit is
> nou wanneer in baie gevalle klomp lidmate op "vakansie gaan" oorsee ens op
> die kerk se onkoste om sekere geestelike werk te verrig. Alles goed en wel,
> maar moet die kerk nie eers in sy eie gemeente alle "lyding en nood" verlig
> nie? Ek voel immers so. 'n Vriend van my se hy gee sy bydrae vir behoeftige
> familielede. Is dit reg ? of kan net die kerk self besluit oor die
> aanwending van sy fondse. ?
>
> Krokkie
>
>
>
>
>
>
> Elaine wrote in message ...
>> Sê my eers in watter kerk jy is, dan sal ek my mening uitspreek. Ons kerk
>> (gereformeerd) laat ons 'n "belofte" teken dat ons elke maand x bedrag sal
>> betaal. Ek dink dis belaglik, want as jy nou een maand nie kan betaal nie,
>> het jy 'n belofte gebreek, en die bybel spreek hom sterk teen die maak van
>> beloftes uit. As jy nie weet of jy dit sal kan nakom nie, moet dit nie
> maak
>> nie. Maar die kerk se redenasie is dat as jy jou geldjie gee die Here na
>> jou sal omsien, want jy't mos jou deel gebring? Hulle manier van redeneer
>> "boggle my mind" maar dis seker nou nie my plek om iets te se nie.
>>
>> Elaine
>>
>> Krokkie wrote in message
>> news:398a4e03$0$233@hades.is.co.za...
>>> Ons kerk het verlede Sondag 'n oesfees gehad en almal moes hul sakke skud
>>> vir die betaling van 'n pas voltooide administrasie gebou op die
>>> kerkgronde. Die preek het ook gehandel oor jou 10 de elke maand.
>>>
>>> Ek hior graag van julle hoe julle die 10 de saak benader.
>>>
>>> Krokkie
>>>
>>
>
Re: 10de's [boodskap #33123 is 'n antwoord op boodskap #33091] Vr, 04 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Amanda Marais  is tans af-lyn  Amanda Marais
Boodskappe: 25
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Jy's heeltemaal reg Gloudina. Dit is geskryf deur Prof. Hans du Plessis, en
kom
uit sy boek "Gewete van Glas". Hulle noem dit "voorbeelde van
Griekwa-Afrikaans" , en
hy het ses Griekwapsalms in die bundel. Psalm 23 is ook aan my gestuur, ek
kan
dit pos as iemand daarvan hou. Ek wonder of dit grens aan rassisme, m.a.w.
verkleineer mens die Griekwas se taalvermoee met so iets?

Pat

skryf in boodskap news:398B4CA3.A7141AD3@home.com...
> Pat wrote:
>
>> So gepraat van die NG kerk, hier volg n Griekwa-Afrikaanse psalm, Psalm 121:
>>
>> Ek slat my twee oge op
>> my kyk vang die verste kop:
>> waavanaf sal my hulp nou kom?
>> My hulp is van die Jirre, van Hom:
>> Hy't nou die jimmel en Prieska gekom maak.
>>
>
> Ek wou nog altyd weet: wie het hierdiestuk geskryf? Ek het 'n suspisie dat dit
> 'n nie-Griekwa was wat hierdie ding
> geskryf het. 'n Geleerde Griekwa sou
> perfek Afrikaans geskryf het. 'n Griekwa
> wat nie baie skool gehad het nie, sou
> die taal anders gebesig het. Ek mag
> natuurlik verkeerd wees, maar weet
> enigiemand waar hierdie geskrif sy oorsprong
> het? (M.a.w. waar dit eerste verskyn het?)
>
> Gloudina
>
Re: 10de's [boodskap #33124 is 'n antwoord op boodskap #33091] Vr, 04 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
HW Gird  is tans af-lyn  HW Gird
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Is jy ernstig, Reenen ?

Indien wel, glo ek niemand kan jou kwalik neem as jy na wat jy deurgemaak
het, so voel nie.
Dis bitter jammer en onverskoonbaar dat mense so kon optree .
Ek dink die predikante (en onderwyskollegas) wat so oorhoops geraak het,
was egter die uitsondering ...

Ek kan baie parallelle trek tussen my en jou jeug , soos armoede, maar dis
nie nou belangrik nie.
Ek het gelukkig die kosbare lewensles geleer, dat mens self moet besluit hoe
jy dinge wat ander aan jou doen en vir jou sê, sal ervaar. 'n Mens moenie
toelaat dat ander vir jou sal besluit hoe jy gaan optree of reageer of voel
nie.
(Dink net watter vrugbare gesprekke ons op die Nuusgroep sal voer as ons dit
in gedagte hou)

Tye het baie verander.
Die meeste predikante (ek is 'n NG lidmaat) het 'n liefdevolle gesindheid
en sal NOOIT dwang op lidmate uitoefen nie - nie wat kleredrag of bydraes
betref nie. Daar sal soms riglyne gegee word. Die finale besluit berus egter
by die lidmaat. (Hulle bring hul Goeie Boodskap en jyself besluit of jy dit
wil aanvaar of nie.)

Die "tiende" ?
Jy (met God se leiding) besluit wat jou "tiende" gaan wees : Sommige
lidmate gee 'n tiende van hul bruto inkomste, ander gee 'n tiende van hul
netto inkomste, die meeste mense gee dit direk vir die kerk, enkeles gee
net vir liefdadigheid, ander verdeel dit tussen die Kerk en ander
instansies.
Dis onmoontlik om hier vaste voorskrifte wat vir almal geld, neer te lê.

Elaine :
Iemand wat vir jou sê dat die Here na jou sal omsien as jy jou deel doen,
span die kar voor die perde!

Met die "tiende" wat mens gee , kan jy nie iets verdien nie.
Wat die Christen het en wat hy ontvang, is genadegawes van God.
Die weduwee het gegee uit liefde - sonder enige verwagtings. As gevolg van
hierdie onbaatsugtige gesindheid, het die Here gegee.
Die wedergebore Christen gee spontaan en onvoorwaardelik omdat hy gedring
word deur God se liefde. As hy dan iets ontvang, is dit 'n onverwagte en
onverdiende bonus en nie 'n beloning nie.

Hy sal ook nie die KERK afkraak as ampsdraers van die Kerk fouteer nie.
Hy sal meestens help om sulke ampsdraers tot verantwoording te laat roep.
En hy sal gereeld vir almal bid - vir Leiding dat die Gees hulle sal toerus
om hul werk reg en goed te doen en voorbeeldig te lewe. Hulle is immers
ook net mense en nie engele nie.

'n Verskil tussen 'n Christen en 'n "Christen" is onder andere die
persoonlike verhouding wat bestaan tussen die Christen en sy Skepper. Hy
is in die eerste plek aan God verantwoordelik vir wat hy doen (of nalaat om
te doen ) ...

"Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, ..."

Harry

Naskrif : Miskien moet ons nog gesels oor 'n Christen se
verantwoordelikheid teenoor sy naaste.

Reenen van Niekerk wrote in message ...
> Ek voel baie sterk teen die NG kerk.
>
> My rede is as volg. Ek het gereeld kerk toe gegaan en daarna Sondagskool
> toe.Ons was nie ryk nie en elke Sondag het my ma my n hand vol koper gegee
> waarvan ek die helfte be die kerk ingegooi het en die ander helfte by die
> Sondagskool. Ek het ook nie n baatjie gehad nie en het n trui aangetrek.Ek
> was so 14 of 15 jaar oud die tyd.
>
> Een Sondag het die onderwyser vir my gese dat ek die volgende Sondag silwer
> moet ingooi en dat ek n baatjie moet aanhe. My ma het toe my weer so gestuur
> want daar was nie geld vir n baatjie nie en ek het soos gewoolik my koper
> geld ingegooi en toe is ek uit die Sondagskoolklas gejaag en gese dat ek nie
> daar welkom is nie omdat ek nie respek het nie omdat ek koper ingooi en nie
> reg aangetrek was nie.
>
> Die selfde week het die dominee kom huisbesoek doen en my pa het aan hom
> gese dat hy nie tevrede is nie. Die dominee het toe saamgestem met die
> onderwyser waarop my pa toe die dominee gevra het om die huis te verlaat en
> dat hy nie welkom is nie siende ek nie welkom was in die kerk nie.Hy het
> geweier om die huis te verlaat waarop my pa hom half gehelp het. In die
> selfde asem wou hy darem weet waar die maandelikse 10de was.
>
> So ek het tans nie n groot liefde vir die NG kerk nie.
>
> Reenen van Niekerk
Re: 10de's [boodskap #33125 is 'n antwoord op boodskap #33091] Vr, 04 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek voel baie sterk teen die NG kerk.

My rede is as volg. Ek het gereeld kerk toe gegaan en daarna Sondagskool
toe.Ons was nie ryk nie en elke Sondag het my ma my n hand vol koper gegee
waarvan ek die helfte be die kerk ingegooi het en die ander helfte by die
Sondagskool. Ek het ook nie n baatjie gehad nie en het n trui aangetrek.Ek
was so 14 of 15 jaar oud die tyd.

Een Sondag het die onderwyser vir my gese dat ek die volgende Sondag silwer
moet ingooi en dat ek n baatjie moet aanhe. My ma het toe my weer so gestuur
want daar was nie geld vir n baatjie nie en ek het soos gewoolik my koper
geld ingegooi en toe is ek uit die Sondagskoolklas gejaag en gese dat ek nie
daar welkom is nie omdat ek nie respek het nie omdat ek koper ingooi en nie
reg aangetrek was nie.

Die selfde week het die dominee kom huisbesoek doen en my pa het aan hom
gese dat hy nie tevrede is nie. Die dominee het toe saamgestem met die
onderwyser waarop my pa toe die dominee gevra het om die huis te verlaat en
dat hy nie welkom is nie siende ek nie welkom was in die kerk nie.Hy het
geweier om die huis te verlaat waarop my pa hom half gehelp het. In die
selfde asem wou hy darem weet waar die maandelikse 10de was.

So ek het tans nie n groot liefde vir die NG kerk nie.

Reenen van Niekerk

Likkewaan skryf in boodskap news:NCyi5.5163$63.115578@zonnet-reader-1...
> Persoonlik voel ek Kerk is die meesterplan van satan.
>
> Meer mense is al weggedryf van God deur die Kerk, as nadergebring.
>
> Ek het 'n paar debietorders geteken en gee self maandeliks aan wie ek wil.
> Wêreldnatuurfonds, honger kinders, ens. Dinge wat my persoonlik na aan die
> hart lê.
>
> Nee, ek gaan nie Kerk toe nie, en hoef dus ook geen dominee se salaris te
> betaal nie... (Ek is 'n Christen).
>
Re: 10de's [boodskap #33126 is 'n antwoord op boodskap #33091] Vr, 04 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Likkewaan  is tans af-lyn  Likkewaan
Boodskappe: 5
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Persoonlik voel ek Kerk is die meesterplan van satan.

Meer mense is al weggedryf van God deur die Kerk, as nadergebring.

Ek het 'n paar debietorders geteken en gee self maandeliks aan wie ek wil.
Wêreldnatuurfonds, honger kinders, ens. Dinge wat my persoonlik na aan die
hart lê.

Nee, ek gaan nie Kerk toe nie, en hoef dus ook geen dominee se salaris te
betaal nie... (Ek is 'n Christen).
Vorige onderwerp: die verbanne woord 'ka'..er
Volgende onderwerp: Streke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 06:55:29 MGT 2024