Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vraag aan Elaine
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32633 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Sun, 23 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> En jy vergeet nog 'n ding ou Leendert.
> Julle ontken dit so heftig want julle is bang die waarheid kom uit.
> Nee wat ek kry die lot van julle
> jammer. Julle sal liewer daar sit en
> yap in plaas daarvan om die onreg "reg" te maak. Ek sal my doodskaam as ek
> julle is, want julle leef in 'n leuen en julle leer julle kinders daai
> leuen.
>
Ja, ek wonder hoe intens Leendert sy oudste kind
se aandag vestig op die Wouter Basson-saak daar
in Pretoria, en op die onregte wat gedurende die
afgelope half eeu deur haar pa se politieke boeties
gepleeg is. Maar nee, wat bestudeer word is hoe
Gloudina opereer. So word nog 'n tweede geslag
van Van Oostrums geleer om so glibberig soos
modder te wees polities. En nog 'n tweede
geslag van Van Oostrums wie se psiges gis en
gis en gis. (Die grap is natuurlik dat die huidige
Van Oostrum nie 'n rekkie of 'n koevoet was
nie, maar glo 'n groot deel van sy tyd buite
SA op skepe rondgeswerf het (mens wonder
hoekom?)
Die Ruiter in die Dag
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32645 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja blykbaar is dit waar dat die petrolprys opgaan, maar ek's nie seker nie,
ek het baie lanklaas nuus gekyk dis net te "depressing". Ek kom darem nie
elke aand so laat by die huis nie, maar as ek voor 6 ry sit ek in
verskriklike verkeer vas. En ja ek bly eindelik baie ver van die werk af.
Sowat 35 km.
Ek's ook nie juis besig nie, ek werk op die internet, en is besig om ons
"site" so bietjie skoon te maak.
Waar bly jy? Australia, Holland of Kanada ek hoor dis almal se gunsteling
lande, wel dis nou somer in al drie, so jy het my.
Elaine
OUT of Africa skryf in boodskap news:clgf5.2461$63.48381@zonnet-reader-1...
> Elaine
> Soos jy seker al agtergekom het is dit vandag lekker stil by die werk...
> Vandaar dat ek kan sit en twakpraat met jou!!!
>
> Dis nou "somervakansie" hier (die somer kom nog net kort). Hier's dus byna
> niemand by die werk nie. Glo my, somervakansie is NIKS sonder 'n Kersfees en
> nuwe jaar nie. Mens kry maar net nie daai "feeling" soos in SA nie...
>
> My innige simpatie met die 7uur saans eers tuis kom. By daai tyd het ek al
> vergeet van al die frustrasies by die werk. Ek's baie gelukkig wat dit
> betref. Werk julle so laat of moet julle ver reis?
>
> Wat gaan aan met die petrolprys? Ek hoor hy gaan op tot R3,60 per liter. Is
> dit waar???
>
> Groete
> ooa
>
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32646 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Reenen van Niekerk wrote:
> As jy glo aan senteit being en dat jy jou naaste moet liefhe hoekom vaar jy
> dan so uit en noem jy mense apartheidsvarke. Hoe kom die twee bymekaar. Kan
> jy dit verduidelik want ek verstaan glad nie jou nie. Jou oggend praatjies
> en middag praatjies verskil mos dan.
>
> In die Bybel praat hulle van vergifnis maar as ek so jou skrywes lees sien
> ek niks daarvan nie maar jy noem in dieselfde asem jouself n Christen.
>
Vireers, Reenen, het ek my nog nooit as 'n "Christen"
uitgegee op hierdie nuusgroep nie. Die mite verkondig
jy. As mens die Bybel aanhaal, maak dit van jou 'n
Christen? As jy dinge aanhaal wat Buddhiste glo, maak
dit van jou 'n Buddhis?
Maar nou wil ek weer vir jou iets uit die Bybel uitwys
(aangesien ek aanneem dat dit jou referensiekonteks is
in jou geestelike lewe.) Christus het nie geweifel om die
geldwisselaars uit die voorhowe van die tempel uit te
gooi nie. Dit is WAT hulle gedoen het, wat hy veroordeel
het. Net so dui ek aan dat die "apartheidsvarke" uitvaagsels
was oor WAT hulle gedoen het, nie oor wie hulle was nie
Daar is van hulle wat gaan vergiffenis vra het voor die WVK
en so rus gekry het. Daar is seker ander wat in hulle binne-
kamers vergiffenis gevra het. Maar as 'n groep was die
apartheidsvarke uitvaagsels wat die goeie naam van die
Afrikaner deur die modder gesleep het, iets waarvoor ek
hulle as 'n groep nooit sal vergewe nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32647 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Leendert van Oostrum wrote:
> Kom ons begin: 1) Jou stellings dat Angelina vermoor is.
>
Ek lag elke keer as ek sien hoe jy op die "Angelina"-
snaar tokkel. En hoe die storie oor die maande
verander het. Die oorspronklike ding wat ek kwyt-
geraak het, was ongeveer so: dat dit jammer was dat
die man wat Angelina geskiet het, en Angelina self
verhef is tot ikone. Albei deur jouself Leendert. Dis
jy wat sit en kwetter en kwetter oor "Angelina."
Want die saak het shorthand vir jou geword. Wanneer
jy "Angelina" uitbasuin, vir die wat dit nie weet nie -
dan wil Leendert se: kyk hoe beskuldig hulle "my mense"
van dinge wat hulle nie gedoen het nie. Kyk hoe beskuldig
hulle Verwoerd van dinge wat hy nie gedoen het nie. Kyk
hoe beskuldig hulle vir P.W. Botha van dinge wat hy nie
gedoen het nie. Kyk hoe beskuldig hulle vir Wouter Basson
van dinge wat hy nie gedoen het nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32648 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
As jy glo aan senteit being en dat jy jou naaste moet liefhe hoekom vaar jy
dan so uit en noem jy mense apartheidsvarke. Hoe kom die twee bymekaar. Kan
jy dit verduidelik want ek verstaan glad nie jou nie. Jou oggend praatjies
en middag praatjies verskil mos dan.
In die Bybel praat hulle van vergifnis maar as ek so jou skrywes lees sien
ek niks daarvan nie maar jy noem in dieselfde asem jouself n Christen.
Reenen van Niekerk
skryf in boodskap news:397C30F1.3BD2B366@home.com...
> Elaine wrote:
>
>> Ek's klaar met julle en ek's klaar met die
>> groep. Ons is veronderstel om ons kultuur hier te bespreek, nie om mekaar
>> uit mekaar uit te trek nie. So geniet dit en kry nou maar iemand anders om
>> op te skreeu en julle frustrasies op uit te haal.
>> Hoe dit ookal sy, geniet julle lewe en geniet julle drome van 'n super-ras.
>> Nie een van julle rassiste is 'n pennie beter as Hitler nie.
>>
>
> Nee, Elaine. Moenie afgaan nie. Om op te gee op hierdie
> nuusgroep, is om dieselfde te doen as wat duisende Suid-
> Afrikaners gedoen het - geterroriseer tot stilte, tot niks
> se van wat aangaan nie, met die hoop dat as hulle nie daaroor
> praat nie, die onheilige dinge sal weggaan. En kyk hoe het
> dinge toe tog maar uitgedraai. Ek dink die eer en die
> sielsgesondheid van die Afrikaner vereis dat oor hierdie dinge
> gepraat word, die donker sy verwerk word. Te lank het die
> deursnee Afrikaner gesit en kla oor hoe hulle die slagoffers
> was, en die Engelse die skurke. Dis tyd dat die Afrikaner as
> groep grootword en besef dat die duiwel altyd daar is, en
> altyd bestry moet word in eie boesem. Bestry moet word
> deur onder andere die leer van Christus, wat gewys het dat
> jy jou naaste moet liefhe soos jouself, en die presepte van
> Buddhisme, wat vir jou vra om alle "sentient beings" te
> respekteer (as Frederik Botha nou 'n Buddhis was, sou
> hy geweet het dat die bobbejaan ook 'n sentient being
> is.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32649 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Leendert van Oostrum wrote:
> Versigtig, Elaine. Gewoonlik sorg Gloudina dat sy vroumense van die groep af
> wegjaag so gou sy kan. Ek wag met belangstelling om te sien hoe lank hierdie
> "vriendskap" vir jou gaan hou.
>
Nog 'n mite wat Leendert in stand moet hou. Die
enigste vroumense wat van hierdie nuusgroep
verdwyn het, was mense wat arrogante rassistiese
dinge kwytgeraak het en toe hulle deur my kortgevat
word, toe sien hulle almal dink nie hulle is god's gift
to the universe nie. Maar male chauvinist pig Leendert
bring altyd die feit dat ek 'n vrou is op. Wat het dit met
die prys van eiers te doen, Leendert? As ander mans
dieselfde dinge as ek se, watter verweer het jy dan?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32651 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> Gloudina - Aap fetus is een ding - kinders 'n ander. En wanneer gaan jy
> van die jaloesie teen Elize Botha werk maak?
>
O. Lou. So dis 'n fyn lyn tussen ape oopslag om dit in
ander mense se tuine op te hang en kinders doodskiet.
Vir jou 'n wereld se verskil. Vir my 'n teken van dieselfde
psigose. Mens vind dieselfde argument by Leendert. Ek
praat van mense wat Wouter Basson se handlangers by
vliegtuie oor die see uitgestoot het. Leendert dui daarop
dat hulle lyke was. (M.a.w. die feit dat hulle dood-
geeksperimenteer is en toe doodgewurg is, maak nie saak
nie.Om die lyke by die vliegtuie uit te gegooi het, was
volgens Leendert nie so 'n groot sonde nie.) Maar, en dis
die punt, al hierdie mense wat hierdie dinge kon doen,
is grootgemaak om te dink dat nie-blankes nie mense
soos hulle is nie (en ook, in my opinie, grootgemaak met
'n minagting vir die waardevolle lewens van bobbejane.)
En moenie vir jou bekommer oor wat ek oor Elize Botha
se nie. Dis maar deel van my veldtog om uit te wys dat
in die klein wereldjie van the inner circles of Apartheid,
strange things happened. Mense wat in 'n populasie van
40 miljoen mense nooit die pieke van promosie sou sien
as wat sommige bereik het nie, het soos meteore opgeskiet
in die klein wereldjie van die minder as 'n miljoen van die
inner circles van Apartheid. Ek neem aan daar het 'n
bietjie van 'n soortgelyke ding plaasgevind na die wen van
die ANC-regering in 1994, maar die ding het al tot 'n
einde gekom. In die geval van die apartheidsregime het
dit omtrent veertig jaar geduur.
Gloudina
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32652 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Leendert van Oostrum wrote:
> Ek dink sy identifiseer jou eerder met 'n onderdrukker vir wie sy moet bid.
> Ek skat sy sou veel eerder dink dat Patricia de Lille een van haar mense is.
>
Ek neem nou aan dat Patricia de Lille in die Van Oostrum-
huishouding "grasie" ontvang omdat sy vir Mbeki en die snare
so hewig aanval. Patricia de Lille, die token nie-blanke in
die Van Oostrum-huishouding se lys van good guys. Die
waarheid is heelwaarskynlik dat Patricia de Lille sal gril as
sy hoor sy is een van die Van Oostrums se good guys.
Patricia de Lille het gumption. Leendert van Oostrum is
'n sniper.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32654 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:397C904D.E88A36DD@home.com...
> dit aangegee nie, daardie misdaad "verjaar" en kan daar niks meer aan die
> skuldige gedoen word nie. Hetsy dit moord, verkragting of wat ookal is,
> tensy sodanige saak ge-open is en daar 'n ondersoek gevolg is en die saak
> nooit gesluit is nie. Of dit nog so is weet ek nie, maar dis wat ek geleer
> het op varsity, so dis seker so.
Dit was nog nooit so nie hartjie. As jy dit op varsity "geleer" het, het jy
dit nie by iemand geleer wat 'n respektabele kennis van die reg het nie.
Minskien het jy dit by die INTERvaristy geleer - na die sewende dop.
Halsmisdrywe - insluitende moord - verjaar nie. En die res wat jy daar
kwytraak is ewneens snert.
>
> Elaine, moenie verwag dat Leendert vir die subtiliteite vanregspunte omgee
nie.
Hie...hie....hie....
> Sy hoofdoel in sy korrespondensie
> met jou is om vir jou te terroriseer.
Hoe "terroriseer" mens iemand wat kom brag dat haar pa 'n oorlogsmisdadiger
is?
> Moenie daarvoor val
> nie. Dieselfde rede dat hy die woord "papie" gebruik wanneer
> hy van jou pa praat. Daarmee denegreer hy beide jou en
> jou pa. Hy vertel vir jou jy is maar net 'n arme vroumens,
> 'n jong vroumens, en mooi prooi vir sy terreur. En hy probeer
> terselfdertyd jou pa afmaak as benede die waardigheid van
> 'n behoorlike respektable vorm van verwysing.
Versigtig, Elaine. Gewoonlik sorg Gloudina dat sy vroumense van die groep af
wegjaag so gou sy kan. Ek wag met belangstelling om te sien hoe lank hierdie
"vriendskap" vir jou gaan hou.
> Arme Leendert
> besef egter nie dat die enigste persoon wie se persoonlikheid
> deur sulke woordkeuses oopgevlek word, Leendert se eie
> is. En ek dink Leendert se oudste dogter het al lankal haar
> papie se geraamtes in die kas hoor ratel.
Tut....tut.... tut.
Geraamtes wat Gloudina uit niks optower. Gelukkig is alle jong vroumense nie
so onnosel as wat Gloudina klaarblyklik dink hulle is nie.
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32656 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@home.com wrote in message ...
> Lou wrote:
>
>> Gloudina - Aap fetus is een ding - kinders 'n ander. En wanneer gaan jy
>> van die jaloesie teen Elize Botha werk maak?
>>
>
> O. Lou. So dis 'n fyn lyn tussen ape oopslag om dit in
> ander mense se tuine op te hang en kinders doodskiet.
Dit is nie - as jy dit as enigsins dieslefde beskou is jy sieker as ek
gedink het.
> Vir jou 'n wereld se verskil. Vir my 'n teken van dieselfde
> psigose. Mens vind dieselfde argument by Leendert. Ek
> praat van mense wat Wouter Basson se handlangers by
> vliegtuie oor die see uitgestoot het. Leendert dui daarop
> dat hulle lyke was. (M.a.w. die feit dat hulle dood-
> geeksperimenteer is en toe doodgewurg is, maak nie saak
> nie.Om die lyke by die vliegtuie uit te gegooi het, was
> volgens Leendert nie so 'n groot sonde nie.) Maar, en dis
> die punt, al hierdie mense wat hierdie dinge kon doen,
> is grootgemaak om te dink dat nie-blankes nie mense
> soos hulle is nie (en ook, in my opinie, grootgemaak met
> 'n minagting vir die waardevolle lewens van bobbejane.)
> En moenie vir jou bekommer oor wat ek oor Elize Botha
> se nie. Dis maar deel van my veldtog om uit te wys dat
> in die klein wereldjie van the inner circles of Apartheid,
> strange things happened.
Jaloesie bly maar 'n lelike ding . tut tut tut!
> Mense wat in 'n populasie van
> 40 miljoen mense nooit die pieke van promosie sou sien
> as wat sommige bereik het nie, het soos meteore opgeskiet
> in die klein wereldjie van die minder as 'n miljoen van die
> inner circles van Apartheid. Ek neem aan daar het 'n
> bietjie van 'n soortgelyke ding plaasgevind na die wen van
> die ANC-regering in 1994, maar die ding het al tot 'n
> einde gekom. In die geval van die apartheidsregime het
> dit omtrent veertig jaar geduur.
Wys maar net hoe min jy weet. Power corrupts - absolute power corrupts
absolutely! Nepotism rules ok Brother! He He He. Die ANC is maar net os erg
as die vorige spul wat dit aangaan.
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32658 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Reenen van Niekerk wrote:
> Gloudina
>
> As jy van apartheidsvark praat van wie praat jy. Beskryf asb. wat jou
> siening is van n apartheidsvark of is dit alle wit Suid Afrikaners. Wat moes
> n mens gedoen het in die verlede om as een geklasifiseer te word .
>
Hoekom vra jy vir my of ek dink ALLE wit Suid-Afrikaners
apartheidsvarke is? Hoe kan jy dit dink? Daardie wit mense
in Suid-Afrika wat nooit met apartheid saamgestem het nie
en dekade na dekade gehoop het dat die onheilige sisteem
ontbind moet word, hoe kon hulle apartheidsvarke wees?
Daardie wit mense wat uit hulle pad gegaan het om solidariteit
met hulle nie-blanke landgenote te wys (en daar was baie sulke
mense) hoe kan hulle as apartheidsvarke beskou word?
Maar daardie mense wat willens en wetens 'n onheilige sisteem
geskep het en daardie mense wat dit help uitvoer het, hulle is
apartheidsvarke (en baie van hulle was nie-blank.)
Gloudina
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32659 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:397B74F7.95F033E7@home.com...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Ek vestig veral haar aandag op die onregverdige leuens wat die afgelope
>> halfeeu in die naam van "geregtigheid" oor haar mense versprei is.
>
> Dis nou die halfeeu 1950 - 2000. Sal jy ons noumooi, een vir een, vertel van
> die "onregverdige
> leeuens" wat oor "haar mense" versprei is?
Kom ons begin: 1) Jou stellings dat Angelina vermoor is.
> My mense is al die mense in Suid-Afrika.
Is die "apartheidsvarke" ook jou mense Gloudina?
>>
>
> "Jou mense" word 'n vreeslike klein ou groepie, weet jy, Leendert.
Dink jy so? Is dit omdat jy dink dat _jy_ vir my kan voorskryf wie my mense
is en wie nie?
> "Boetman" en sy maats is nou nie meer deel van "jou mense" nie.
Wie sê so?
> Heelwaarskynlik is baie van die mense waarteen Boetman dit het,
> ook nie meer deel van "jou mense" nie.
Wie sê so? (Behalwe Gloudina?)
> Antjie Krog en die mense
> wat soos sy dink, is nie deel van jou mense nie.
Wie sê so?
> Christina Landman
> is nie meer deel van jou mense nie.
Wie sê so? Gloudina?
> Wie is jou mense en jou dogter
> se mense?
Kom ons begin: Ek kan nie vir haar praat nie, maar ek dink nie my dogter sal
jou herken as een van haar mense nie. Jy is 'n Kanadese vrou sonder
identiteit of integriteit, met Kanadese kinders wat soek na hulle "roots".
Ek dink sy identifiseer jou eerder met 'n onderdrukker vir wie sy moet bid.
Ek skat sy sou veel eerder dink dat Patricia de Lille een van haar mense is.
Waaroor daar geen twyfel by haar is nie, so lyk dit vir my, is dat sy 'n
etniese Afrikaner is, en dat Afrikaners haar mense is. Ook die moordenaars
en bedrieërs onder Afrikaners.
En as 'n boosaard soos Mbeki of 'n gruwel soos Tutu hulle sou bekeer van hul
pogings om Afrikaners te onderdruk, dink ek, sou sy hulle heel moontlik ook
beskou as deel van "haar mense", al is hulle nie 'n Afrikaners nie. Want ek
weet sy bid vir hulle, soos ek haar leer.
|
|
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32663 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine skryf in boodskap news:397bf1a7.0@news1.mweb.co.za...
>
> Moord op
> kinders
>> in die naam van "orders is orders" is 'n oorlogsmisdaad.
>>
>> As jou papie dit gedoen het, is hy 'n oorlogsmisdadiger.
>
> Is dit Leendert? Was jy ooit in Angola gewees?
O ja. Maar nie op enige manier wat jy jou sou kon voorstel nie.
> En buitendien, maak nie
> saak wat die misdaad was nie, hulle is altyd agter die bevelvoerders aan,
> nooit agter die "bevel-uitvoerders" aan nie.
Jy maak 'n fout. Dis waaroor amnestie gaan.
> En Leendert sê van my wat jy
> wil, maar my Pa het meer as een oorlog baklei. Hy moes nie net in Angola
> mense vermoor nie, maar ook sy eie persoonlike oorlog met homself baklei.
> Jy het nie 'n clue in hel wat dit is om jou pa te sien wanner hy "bossies"
> raak nie. En die vriendelik pa wat jy geken het eweskielik in 'n monster
> verander nie, en dan trek die regering net hulle skouers op en se sorry, en
> daarmee is alles vergete.
Jy moet bietjie vir Gloudina vertel. Sy kraai heeldag hier oor lui wittes
wat op die vet van die aarde leef.
> So sê van my wat jy wil, maak my uit as die
> slegste, laagste skuim op die aarde, want dis ons twee se "fight" hierrie,
> maar hou jou mond van my Pa af.
_Jy_ het jou pa hier aangehaal as bron vir jou beweringe.
> En gaan doen jou navorsing. My Pa is nie die enigste een wat so sê nie, ek
> sal vir jou dokumentasie stuur van baie ander mans wat ook daarvan praat.
> Skreeu net en ek stuur dit vir jou na jou private "mailbox" toe.
Ek gebruik nie 'n skuilnaam nie, en enige pos na my adres by hierdie
boodskap sal my direk bereik. Maar sulke verklarings lyk vir my na 'n saak
van openbare belang.
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32664 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Leendert van Oostrum wrote:
> Gelukkig is alle jong vroumense nie
> so onnosel as wat Gloudina klaarblyklik dink hulle is nie.
Dis juis daarop wat ek jou aandag wil vestig. Joudogter se opinie van jou en jou
opinie van jouself
is twee verskillende dinge.
Gloudina
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32665 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:397C2BDB.59FF400C@home.com...
> Lou wrote:
>
>> Gloudina - Aap fetus is een ding - kinders 'n ander. En wanneer gaan jy
>> van die jaloesie teen Elize Botha werk maak?
>>
>
> O. Lou. So dis 'n fyn lyn tussen ape oopslag om dit in
> ander mense se tuine op te hang en kinders doodskiet.
> Vir jou 'n wereld se verskil. Vir my 'n teken van dieselfde
> psigose.
Hoe weet jy wat die bron van die aapfetus was?
> Mens vind dieselfde argument by Leendert. Ek
> praat van mense wat Wouter Basson se handlangers by
> vliegtuie oor die see uitgestoot het. Leendert dui daarop
> dat hulle lyke was. (M.a.w. die feit dat hulle dood-
> geeksperimenteer is en toe doodgewurg is, maak nie saak
> nie.
Sug! En nou lieg jy alweer omdat dit jou aganda pas.
> Om die lyke by die vliegtuie uit te gegooi het, was
> volgens Leendert nie so 'n groot sonde nie.)
Heeltemal korrek. Ek het dit ook gesê. Ek het dit duidelik gestel dat dit
nie naastenby so 'n groot sonde is as om die mense in die eerste plek dood
te maak nie. Vergeleke daarby is dit eintlik irrelevant hoe jy van die
oorblyfsels ontslae raak. Maar jy verkies om die waarheid so 'n lekker
kinkeltjie te gee om die persepsie te skep wat jy wil hê, nie waar nie?
> Maar, en dis
> die punt, al hierdie mense wat hierdie dinge kon doen,
> is grootgemaak om te dink dat nie-blankes nie mense
> soos hulle is nie
Snaaks genoeg. Dieselfde mense het net so opgetree teenoor whiteys. Of wat
dink jy het van Lubovsky, First, en ander geword?
> (en ook, in my opinie, grootgemaak met
> 'n minagting vir die waardevolle lewens van bobbejane.)
> En moenie vir jou bekommer oor wat ek oor Elize Botha
> se nie. Dis maar deel van my veldtog om uit te wys dat
> in die klein wereldjie van the inner circles of Apartheid,
> strange things happened. Mense wat in 'n populasie van
> 40 miljoen mense nooit die pieke van promosie sou sien
> as wat sommige bereik het nie, het soos meteore opgeskiet
> in die klein wereldjie van die minder as 'n miljoen van die
> inner circles van Apartheid.
Jy beweer dus Elize Botha het nie haar aanstellings en eerbewyse op meriete
gekry nie, maar op grond van haar kontakte. Maar jy voer geen greintjie
bewys daarvoor aan nie, behalwe duistere conspiracy theories.
Dit kan laster wees, weet jy?
Maar vir my lyk dit na blote kleinlike jaloesie. Dis nie 'n mooi ding om te
sien by 'n oumens soos jy nie, weet jy?
> Ek neem aan daar het 'n
> bietjie van 'n soortgelyke ding plaasgevind na die wen van
> die ANC-regering in 1994, maar die ding het al tot 'n
> einde gekom. In die geval van die apartheidsregime het
> dit omtrent veertig jaar geduur.
Jy weet, as mens eers begin snert praat, praat jy jouself in al hoe meer
snert in.
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32667 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:397C30F1.3BD2B366@home.com...
>
> Nee, Elaine. Moenie afgaan nie. Om op te gee op hierdie
> nuusgroep, is om dieselfde te doen as wat duisende Suid-
> Afrikaners gedoen het - geterroriseer tot stilte, tot niks
> se van wat aangaan nie, met die hoop dat as hulle nie daaroor
> praat nie, die onheilige dinge sal weggaan.
Ja, Elaine. Gloudina het jou gou uitgekyk. Sy sien in jou 'n bondgenoot om
mense met leuens te terroriseer op die nuusgroep sodat hulle moet stilbly.
Het jy opgemerk hoe sy my 'n paar dae gelede herhaaldelik probeer stilskreeu
het?
Was nogal potsierlik.
> En kyk hoe het
> dinge toe tog maar uitgedraai. Ek dink die eer en die
> sielsgesondheid van die Afrikaner vereis dat oor hierdie dinge
> gepraat word, die donker sy verwerk word.
Hoor wie praat! Gloudina smeer 'n spul leuens hier rond en hou dit dan voor
as "die donker sy" wat verwerk moet word!
> Te lank het die
> deursnee Afrikaner gesit en kla oor hoe hulle die slagoffers
> was, en die Engelse die skurke. Dis tyd dat die Afrikaner as
> groep grootword en besef dat die duiwel altyd daar is, en
> altyd bestry moet word in eie boesem. Bestry moet word
> deur onder andere die leer van Christus, wat gewys het dat
> jy jou naaste moet liefhe soos jouself, en die presepte van
> Buddhisme, wat vir jou vra om alle "sentient beings" te
> respekteer (as Frederik Botha nou 'n Buddhis was, sou
> hy geweet het dat die bobbejaan ook 'n sentient being
> is.)
As Gloudina nie 'n heidin was nie, sou sy miskien besef het leuens en
propaganda is immoreel.
|
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32670 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:397B74F7.95F033E7@home.com...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Ek vestig veral haar aandag op die onregverdige leuens wat die afgelope
>> halfeeu in die naam van "geregtigheid" oor haar mense versprei is.
>
> Dis nou die halfeeu 1950 - 2000. Sal jy ons noumooi, een vir een, vertel van
> die "onregverdige
> leeuens" wat oor "haar mense" versprei is?
Kom ons begin: 1) Jou stellings dat Angelina vermoor is.
> My mense is al die mense in Suid-Afrika.
Is die "apartheidsvarke" ook jou mense Gloudina?
> Wie
> is haar mense?
Hmmmm...... Soos ek haar uitgekyk het, sou sy nie haar assosiasies laat
bepaal deur geografiese grense wat deur koloniale magte bepaal is nie.
Maar ons leer haar ook dat selfs die grootste boosaard en onderdrukker nog
deur God gered kan word. So miskien beskou sy selfs vir Mbeki of die
gruwelike Tutu as "haar mense" wat dalk nog gered kan word.
Maar perspektiewe verander. As sy eendag soos jy in swart en wit begin dink,
sal sy hulle dalk nie meer as "haar mense" beskou nie.
>> Net soos jy "apartheidsvarke" skep as 'n kategorie
>> mense wat die sondebokke kan wees vir die (deur jou) "gesuiwerde"
>> Afrikanervolk. Of soos Boetman en sy maatjies wat "die vorige geslag" as
>> aleendraer van die onsuiwerheid van die gemeenskap wil isoleer.
>>
>> As dit nie so tragies was nie, sou dit lagwekkend wees om te sien hoe jy en
>> "boetman" en julle soort die vinger wegwys van hulself af. Hoe angstig julle
>> probeer om sondebokke te soek.
>>
>
> "Jou mense" word 'n vreeslike klein ou groepie, weet jy, Leendert.
> "Boetman" en sy maats is nou nie meer deel van "jou mense" nie.
Wie sê so?
> Heelwaarskynlik is baie van die mense waarteen Boetman dit het,
> ook nie meer deel van "jou mense" nie.
Wie sê so? Behalwe Gloudina?
> Antjie Krog en die mense
> wat soos sy dink, is nie deel van jou mense nie.
Wie sê so?
> Christina Landman
> is nie meer deel van jou mense nie.
Wie sê so? Gloudina?
> Wie is jou mense en jou dogter
> se mense?
Kom ons begin: Ek kan nie vir haar praat nie, maar ek dink nie my dogter sal
jou herken as een van haar mense nie. Jy is 'n Kanadese vrou sonder
identiteit of integriteit, met Kanadese kinders wat soek na hulle "roots".
Ek dink sy identifiseer jou eerder met 'n onderdrukker vir wie sy moet bid.
Ek skat sy sou veel eerder dink dat Patricia de Lille een van haar mense is.
Waaroor daar geen twyfel by haar is nie, so lyk dit vir my, is dat sy 'n
etniese Afrikaner is, en dat Afrikaners haar mense is. Ook die moordenaars
en bedrieërs onder Afrikaners.
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32671 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine - jy is die een wat openlik sit en leuens verkondig. Ek stel dit
aan jou dat jou pa (was hy in Koevoet of was hy 'n rekkie of het penne
gestoot?) of lieg of jy lieg. Miskien dink voor jy praat ou dier.
Gloudina - Aap fetus is een ding - kinders 'n ander. En wanneer gaan jy
van die jaloesie teen Elize Botha werk maak?
Elaine wrote:
>
> En jy vergeet nog 'n ding ou Leendert. Jy sien, dit was oorlog....in die
> oorlog was daar geen reg of verkeerd nie, jy't geluister of jy's DB toe.
> En ek will graag vir almal wat so Urban Legend skreeu net een ding se...en
> dis 'n feit ongelukkig - 'n urbun legend stam gewoonlik van 'n "ware" storie
> af.
> Julle ontken dit so heftig want julle is bang die waarheid kom uit. Hoe
> diep was julle die grens in? Was julle ooit in Angola. Het enige-een van
> julle teen-intelligensie gedoen?
> Nee wat ek kry die lot van julle wat te bang is julle name word deur die
> modder gesleep as die waarheid uitkom jammer. Julle sal liewer daar sit en
> yap in plaas daarvan om die onreg "reg" te maak. Ek sal my doodskaam as ek
> julle is, want julle leef in 'n leuen en julle leer julle kinders daai
> leuen.
> Elaine
> "Leendert van Oostrum" wrote in message
> news:8ld6bo$62f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Elaine wrote:
>>>>
>>>> > Aaawwwww siestog....ek drink nie, my pa drink nie en hy't net orders
>>> gevat.
>>
>> Jy het al voorheen na hierdie "net orders gevat" storie verwys. Dit lyk my
>> daar is 'n ding wat jy (en/of jou pa) nie verstaan nie. (As hy wel 'n
> rekkie
>> was soos jy beweer, sou hy dit goed verstaan het - hulle is goed opgelei.)
>> Hier is vir jou vriendelike raad van iemand wat opgelei is om dit te gee
> en
>> in baie krygsrade gedien het:
>>
>> 'n Bevel wat van iemand vereis om 'n midaad te pleeg om dit uit te voer is
>> 'n onwettige bevel.
>>
>> In die eerste plek is daar geen dus plig op enigeen om 'n onwettige bevel
>> uit te voer nie. In die tweede plek, is jy self skuldig aan 'n misdryf
>> indien jy 'n misdryf pleeg in die uitvoering van 'n onwettige bevel. In
> die
>> derde plek bepaal die SA wet nog altyd dat 'n soldaat wat in die buiteland
>> 'n daad verrig wat in SA 'n misdryf sou wees, skuldig is aan 'n misdryf
> asof
>> hy dit in SA uitgevoer het.
>>
>> Dit is al so in ons reg vervat sedert 1907 of daar rond. en het nog nooit
>> verander nie.
>>
>> Dit is waarom mense _amnestie_ moes kry vir misdade wat hulle "ampshalwe"
>> gepleeg het. Ander moes hulle daarvoor teregstaan, of dit "orders" was of
>> nie.
>>
>> As jou papie kindertjies vermoor het, is hy dus skuldig aan moord en
>> strafbaar asof hy dit in SA gedoen het. Vertel hom dit en sê hy beter gou
> 'n
>> goeie prokureur raadpleeg. Of hou op om jou pa se naam te beswadder om
>> Gloudina 'n paar kicks te gee.
>>
>>
>>
>>
|
|
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32675 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Leendert van Oostrum wrote:
>> Is dit Leendert? Was jy ooit in Angola gewees?
>
> O ja. Maar nie op enige manier wat jy jou sou kon voorstel nie.
>
Hoekom sal sy haar dit nie kan voorstel nie?
Ek kan my maklik voorstel hoe jy in die
hawens van Angola op jou merchant marine
skip ingekom het en met sommige van
Afrika se riviere opgevaar het. Die vraag
is vir my nog altyd: hoekom is iemand met
sulke akademiese smake nou vir 'n ruk van
sy lewe in die handelsvloot? Wat
het hy probeer ontvlug? 'n Huwelik wat
suur geword het? Uitgeskop as die swartskaap
van die familie? Spioen op die skip vir die
apartheidsregime? Of het hy, soos ek meer
en meer dink, die apartheidsregime self probeer
ontvlug? Al hierdie elemente in die regte hande
kan 'n Joseph Conrad novel wees.
Gloudina
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32676 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> Wys maar net hoe min jy weet. Power corrupts - absolute power corrupts
> absolutely! Nepotism rules ok Brother! He He He. Die ANC is maar net os erg
> as die vorige spul wat dit aangaan.
Dis vir my so 'n teken van die tyd onder rassiste. Hulle hetnou skielik die
uitdrukking "power corrupts - absolute power
corrupts absolutely" uitgevind. (En hulle haal dit liefs in Engels
aan - tog so intensief besig om Afrikaans te handhaaf, ne?)
Hulle het dit nou skielik uitgevind toe die ANC op demokratiese
wyse 'n groot meerderheid behaal het. En ek wed jou Lou en
sy ouers het nie hulle mondjies gerek toe die ou regime se
absolute power die sisteem so absolutely gecorrupt het nie.
Nee, dit was die lekker dae in die lager, ne, ou Lou?
Gloudina
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32677 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> Ons reg se dat as 'n misdaad meer as 20 jaar terug gepleeg is en niemand het
> dit aangegee nie, daardie misdaad "verjaar" en kan daar niks meer aan die
> skuldige gedoen word nie. Hetsy dit moord, verkragting of wat ookal is,
> tensy sodanige saak ge-open is en daar 'n ondersoek gevolg is en die saak
> nooit gesluit is nie. Of dit nog so is weet ek nie, maar dis wat ek geleer
> het op varsity, so dis seker so.
>
Elaine, moenie verwag dat Leendert vir die subtiliteite vanregspunte omgee nie.
Sy hoofdoel in sy korrespondensie
met jou is om vir jou te terroriseer. Moenie daarvoor val
nie. Dieselfde rede dat hy die woord "papie" gebruik wanneer
hy van jou pa praat. Daarmee denegreer hy beide jou en
jou pa. Hy vertel vir jou jy is maar net 'n arme vroumens,
'n jong vroumens, en mooi prooi vir sy terreur. En hy probeer
terselfdertyd jou pa afmaak as benede die waardigheid van
'n behoorlike respektable vorm van verwysing. Arme Leendert
besef egter nie dat die enigste persoon wie se persoonlikheid
deur sulke woordkeuses oopgevlek word, Leendert se eie
is. En ek dink Leendert se oudste dogter het al lankal haar
papie se geraamtes in die kas hoor ratel.
Gloudina
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32678 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> Ek's klaar met julle en ek's klaar met die
> groep. Ons is veronderstel om ons kultuur hier te bespreek, nie om mekaar
> uit mekaar uit te trek nie. So geniet dit en kry nou maar iemand anders om
> op te skreeu en julle frustrasies op uit te haal.
> Hoe dit ookal sy, geniet julle lewe en geniet julle drome van 'n super-ras.
> Nie een van julle rassiste is 'n pennie beter as Hitler nie.
>
Nee, Elaine. Moenie afgaan nie. Om op te gee op hierdie
nuusgroep, is om dieselfde te doen as wat duisende Suid-
Afrikaners gedoen het - geterroriseer tot stilte, tot niks
se van wat aangaan nie, met die hoop dat as hulle nie daaroor
praat nie, die onheilige dinge sal weggaan. En kyk hoe het
dinge toe tog maar uitgedraai. Ek dink die eer en die
sielsgesondheid van die Afrikaner vereis dat oor hierdie dinge
gepraat word, die donker sy verwerk word. Te lank het die
deursnee Afrikaner gesit en kla oor hoe hulle die slagoffers
was, en die Engelse die skurke. Dis tyd dat die Afrikaner as
groep grootword en besef dat die duiwel altyd daar is, en
altyd bestry moet word in eie boesem. Bestry moet word
deur onder andere die leer van Christus, wat gewys het dat
jy jou naaste moet liefhe soos jouself, en die presepte van
Buddhisme, wat vir jou vra om alle "sentient beings" te
respekteer (as Frederik Botha nou 'n Buddhis was, sou
hy geweet het dat die bobbejaan ook 'n sentient being
is.)
Gloudina
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32680 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Mon, 24 July 2000 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:397B2B90.533748C2@home.com...
>
> Ja, ek wonder hoe intens Leendert sy oudste kind
> se aandag vestig op die Wouter Basson-saak daar
> in Pretoria,
Die heel belangrikste ding waarop ek haar andag vestig, Gloudina, is dat hy
nog nie skuldig bevind is nie. En dat hy, net soos sy, die reg het om
onskuldig geag te word totdat die teendeel bewys is.
Dis iets wat jou klaarblyklik ontgaan. Net soos in die geval Angelina, waar
jy die man skuldig bevind het op grond van die vaagste inligting moontlik.
> en op die onregte wat gedurende die
> afgelope half eeu deur haar pa se politieke boeties
> gepleeg is.
Ek vestig veral haar aandag op die onregverdige leuens wat die afgelope
halfeeu in die naam van "geregtigheid" oor haar mense versprei is. En op die
onreg wat daardeur teen _almal_ in SA gepleeg is.
> Maar nee, wat bestudeer word is hoe
> Gloudina opereer.
Goeie gevallestudie van iemand wat onreg pleeg in die naam van
"geregtigheid".
> So word nog 'n tweede geslag
> van Van Oostrums geleer om so glibberig soos
> modder te wees polities.
'n Verdere geslag wat nie probeer om hul eie swart-en-wit persepsies op
ander mense af te dwing nie.
> En nog 'n tweede
> geslag van Van Oostrums wie se psiges gis en
> gis en gis. (Die grap is natuurlik dat die huidige
> Van Oostrum nie 'n rekkie of 'n koevoet was
> nie,
In daardie omstandighede, Gloudina, sou dit baie maklik wees om soos jy te
maak: om "rekkies en koevoette" te blameer vir alles skandes, en jou eie
handjies angstig te was. Net soos jy "apartheidsvarke" skep as 'n kategorie
mense wat die sondebokke kan wees vir die (deur jou) "gesuiwerde"
Afrikanervolk. Of soos Boetman en sy maatjies wat "die vorige geslag" as
aleendraer van die onsuiwerheid van die gemeenskap wil isoleer.
As dit nie so tragies was nie, sou dit lagwekkend wees om te sien hoe jy en
"boetman" en julle soort die vinger wegwys van hulself af. Hoe angstig julle
probeer om sondebokke te soek.
Miskien kan julle dit blameer op Christelik Nasionale Onderwys. Nog 'n
"legacy of apartheid".
> maar glo 'n groot deel van sy tyd buite
> SA op skepe rondgeswerf het (mens wonder
> hoekom?)
En Gloudina brand om te weet :-)
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32701 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Tue, 25 July 2000 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nou toe:
Ek wag nog vir die "bewysstukke" oor kindermoord wat jy vir my sou stuur.
Elaine skryf in boodskap news:397d4632.0@news1.mweb.co.za...
>
>
> Ag nee wat ek het na alles tog besluit om te bly. Elkeen het seker sy
> standpunt en sy siening en glo wat hy wil. Ek glo wat ek glo en jy doen
> dieselfde....ons moet net leer om mekaar se standpunte ook in te sien. Maar
> met hierdie postings veg ons net in die ronde en kom ons nerens nie. Ek het
> op varsity ook baie sulke gevegte met my pelle gehad, maar ons het altyd
> daarna weer opgemaak en oor iets anders gestrei. Dit het net nie so lank
> soos nou gevat nie. Die ding is net...hier maar niemand na die fight weer
> vriende nie, ons (hulle, julle wie ookal) kies om vyande te bly.
> Ek het ook niemand direk of per se beskuldig nie, ek het net iets gese wat
> bly vassteek het in my kop is al. Ek was altyd een vir strei en dinge
> uitklaar ek geniet dit gate uit, maar soms se ek sonder om te dink en ek
> doen dit ook wanneer ek hierdie postings doen, want ek lees nie weer die
> goed deur nie. Kom ons maak weer pelle en stry oor iets anders.
> Elaine
>
>> Jammer jy voel so. Maar as jy ons per implikasie beskuldig moet jy
>> verwag ons gaan reageer. Dit is ook die 'kultuur' van die nuusgroep en
>> ook so van meeste nuusgroepe - en vir die nuusgroep kom dit al 'n hele
>> paar jaar.
>>
>> Dit is ongelukkig ook so dat agv die gesigloosheid van die nuusgroepe is
>> dit makliker vir iemand om te sê jy lieg of ongegronde of onbewysbare
>> aantygings maak. Maar dan moet jy ook verwag dat mense jou sal aanvat
>> daaroor.
>>
>> Dis hoe dinge is, dit is die Usernet, dit gaan maar so in ongemodereerde
>> nuusgroepe.
>>
>> Natuurlik is dit ook 'n bekende Usenet feit dat as iemand nou geen
>> verdere antwoord het nie hy die ander kant met Hitler of die Nazis
>> vergelyk.
>
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32702 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Tue, 25 July 2000 00:00  |
Pijotter
Boodskappe: 107 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
OUT of Africa,
Waar in die land van seks, drugs en kaas woon jy? Ek sit nou al self hier
'n tydjie op kontrak en moet se geniet dit ook terdee - behalwe nou vir die
weer...
Groetjes
Pijotrij
OUT of Africa wrote in message ...
> (Sorry aan die res van die groep wat ook al ons chit chat moet lees...)
>
> Bly nou al twee jaar in die land van seks, drugs en... kaas!!! (Al drie
> heerlik!!!)
>
> Ek's net 10km van die werk af en dit doen ek lekker op die fiets!!! Op die
> paaie staan die verkeer bankvas, sommer 2uur in die nag ook!!! Met die fiets
> ry ek net so gou by die huis as met die kar...!!!
>
> Groete
> ooa
>
>
> Elaine schreef in berichtnieuws
> 397d94a9.0@news1.mweb.co.za...
>> Ja blykbaar is dit waar dat die petrolprys opgaan, maar ek's nie seker
> nie,
>> ek het baie lanklaas nuus gekyk dis net te "depressing". Ek kom darem nie
>> elke aand so laat by die huis nie, maar as ek voor 6 ry sit ek in
>> verskriklike verkeer vas. En ja ek bly eindelik baie ver van die werk af.
>> Sowat 35 km.
>> Ek's ook nie juis besig nie, ek werk op die internet, en is besig om ons
>> "site" so bietjie skoon te maak.
>> Waar bly jy? Australia, Holland of Kanada ek hoor dis almal se gunsteling
>> lande, wel dis nou somer in al drie, so jy het my.
>>
>> Elaine
>>
>> OUT of Africa wrote in message
>> news:clgf5.2461$63.48381@zonnet-reader-1...
>>> Elaine
>>> Soos jy seker al agtergekom het is dit vandag lekker stil by die werk...
>>> Vandaar dat ek kan sit en twakpraat met jou!!!
>>>
>>> Dis nou "somervakansie" hier (die somer kom nog net kort). Hier's dus
> byna
>>> niemand by die werk nie. Glo my, somervakansie is NIKS sonder 'n
> Kersfees
>> en
>>> nuwe jaar nie. Mens kry maar net nie daai "feeling" soos in SA nie...
>>>
>>> My innige simpatie met die 7uur saans eers tuis kom. By daai tyd het ek
> al
>>> vergeet van al die frustrasies by die werk. Ek's baie gelukkig wat dit
>>> betref. Werk julle so laat of moet julle ver reis?
>>>
>>> Wat gaan aan met die petrolprys? Ek hoor hy gaan op tot R3,60 per
liter.
>> Is
>>> dit waar???
>>>
>>> Groete
>>> ooa
>>>
>>
>
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32703 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Tue, 25 July 2000 00:00  |
Riana Combrink
Boodskappe: 32 Geregistreer: June 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Elaine
Soos jy seker al agtergekom het is dit vandag lekker stil by die werk...
Vandaar dat ek kan sit en twakpraat met jou!!!
Dis nou "somervakansie" hier (die somer kom nog net kort). Hier's dus byna
niemand by die werk nie. Glo my, somervakansie is NIKS sonder 'n Kersfees en
nuwe jaar nie. Mens kry maar net nie daai "feeling" soos in SA nie...
My innige simpatie met die 7uur saans eers tuis kom. By daai tyd het ek al
vergeet van al die frustrasies by die werk. Ek's baie gelukkig wat dit
betref. Werk julle so laat of moet julle ver reis?
Wat gaan aan met die petrolprys? Ek hoor hy gaan op tot R3,60 per liter. Is
dit waar???
Groete
ooa
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 03:28:28 UTC 2025
|