Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vraag aan Elaine
Vraag aan Elaine [boodskap #32316] |
Fri, 14 July 2000 00:00  |
Bep Nieuwhof
Boodskappe: 45 Geregistreer: March 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Elaine,
Weer ietsie nuut om oor te veg --- Ek is bly dat jy darm so stadig maar
seker van my leer. Wys jou doen so bietjie navorsing en jy kom ver.
Jy het in 'n vorige berig dinge rongegooi en gese dat die hele Suid-Afrika
hoort aan die negers en dat ons nie regtig reg het om hier ons "chops" te
klap nie.
Wel dalk nie in die presiese woorde nie maar wel in die konteks.
Reg of verkeert?
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32318 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Fri, 14 July 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Aaaggg Bep, ek het groot geword in 'n ander era as jy!! Ek's nie rasissties
nie, m.a.w ek diskrimineer nie. Maar ek sal my kinders tog volgens die
bybel grootmaak. En wat sê die Bybel vir ons? Die leeu en die lam sal nie
saam lê nie. Maar die bybel sê ook jy mag nie haat nie en jy mag nie moord
pleeg nie en jy mag nie oordeel nie.
Ek's groot gemaak om swart mense te respekteer vir die mens wat hy in eie
reg is. Maar ek's nie groot gemaak om met hulle te trou nie.
En ek word niks meer of minder gebreinspoel as wat die vorige regering die
witmense gebreinspoel het nie. Om gebreinspoel te word moet ek my steur aan
al die progaganda wat elke dag hier geskreeu word (nie dat jy nou sal weet
nie) en ek moet darem meer as net een koerant lees en 'n uur se t.v. kyk per
dag.
Ek wil nie weet hoekom jy weg gegaan het nie. Het ek jou dit eenkeer gevra?
Ek kry die idee dat jy weghol vir iets....miskies die WVK. Maar ek kan jou
dit vertel...hoewel ek nog maar 'n kind was met die uitbreek van die
grensoorlog en die bom aanvalle in die land self, het ek gesien wat dit aan
my pa gedoen het. Hy was ook in die oorlog. Hy't ook ge "ja 'sant!! nee
'sant!" Hy was ook op die grens en moes ook onskuldige swart kindertjies
doodskiet voor hulle ma's omdat hy so beveel is. Maar hy't nogsteeds nie
weggehol nie - al kon hy. Hy het ook sy vrese oor die WVK uitgespreek en
begin planne maak om vir ons te sorg ingeval hy in die tronk sal beland. Ons
is ook beroof en aangerand (ek vir een deur 'n WIT mens) ens, ens. Ek kan
jou baie stories vertel. En as my pa dapper genoeg kan wees (en hy's
eindelik baie saggeaard) om te bly...kan jy ook mos.
En nog 'n ding hoeveel keer moet ek dit in jou klapperkop probeer indring
dat as jy NIE 'n rassis is nie, jy nie noodwendig 'n "neger" (soos jy dit
noem) hater is nie? Jy kan hulle nog steeds respekteer en erken dat hy 'n
mens soos jy is sonder om jou eie herkoms en kultuur op te gee. Jy moet
ophou om in Swart en Wit te kyk....daar's 'n baie lekker grys area tussen-in
waar jy baaaiiieee meer gelukkig kan wees.
En wat my kinders betref....ek sal maak soos my ouers gemaak het. Net hoop
dat hulle gelukkig is in die lewe en nie hul lewens vir hulle probeer lei
nie. Dis nou as ek eendag kinders het bygesê.
Elaine
Bep Nieuwhof skryf in boodskap news:8kmf2q$lt8$1@rubidium.news.lion-access.net...
> Elaine,
>
> Ek nou lus om die hele storie weer oor te haal nie --
> Die ding is ek het my persoonlike redes wat jy nooit in jou lewe eers sal of
> wil verstaan nie...... Daardie melon van jou is so verkalk met die skuld
> gevoel gekweek deur die kommies en die nattes - dat ek nooit daardeur sal
> kan breek nie.
>
> Jy het miskien gelyk met die stelling dat ek nie meer in suid-afrika woon
> nie dan het ek geen reg om my "tjops" te klap nie. Ek het een voordeel bo
> julle en dit is dat kan sien as 'n outsider die dinge wat in die verander is
> ,die dinge wat verkeed loop. Maar in julle geval word julle so gebreinwash -
> stukkie vur stukkie dat julle nie verandering merk nie of wil merk nie.
>
> Maar soos ek gese het ek gee nie meer 'n moer om nie -- wat 98% van die
> blanke ras gaan sterf deur die meng met ander rasse of aan die hand van
> ander rasse.
> Ek en boertjie & kie is gelukkig deel van die 2% wat gaan oorleef.
>
> Hoe sien jy die toekoms van jou family? Hoe gaan jy jou kind vertel hy/sy
> kan nie met hul swart vriend trou of uitgaan. Jy kan eenvoudig nie want
> ander is jy ook 'n rassis !!! (Het jou!!!) En as jy hom/haar nie stop nie
> sit jy met bruin kleinkinders en miskien jou kleinkinders se kinders
> swart............
>
> Waar staan jy in hierdie geval ? ONTHOU jy mag nie rassisties optree nie -
> dit is teen jou beginsels (HeHeHe)
>
>
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:396ec4da.0@news1.mweb.co.za...
>> Nee dis nie wat ek gesê het nie!! Ek het gesê dat jy wat weg gegaan het
> nie
>> meer jou "chops" in Suid Afrika kan rond gooi nie. Dis wat ek bedoel het.
>> Ek voel dis seker maar elkeen se eie saak as hy weggaan, maar dan (en
> jammer
>> om dit te sê) het hy nie meer 'n sê nie, want hy dan sy land die rug
> gekeer.
>> Ek praat nou nie van mense wat tydelik oorsee gaan vir 'n werksvakansie
> nie
>> ek praat van mense wat permanent weg gegaan het.
>>
>> Elaine
>> Bep Nieuwhof wrote in message
>> news:8kmc3u$2go$1@rubidium.news.lion-access.net...
>>> Elaine,
>>>
>>> Weer ietsie nuut om oor te veg --- Ek is bly dat jy darm so stadig maar
>>> seker van my leer. Wys jou doen so bietjie navorsing en jy kom ver.
>>>
>>> Jy het in 'n vorige berig dinge rongegooi en gese dat die hele
> Suid-Afrika
>>> hoort aan die negers en dat ons nie regtig reg het om hier ons "chops"
> te
>>> klap nie.
>>> Wel dalk nie in die presiese woorde nie maar wel in die konteks.
>>>
>>> Reg of verkeert?
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32322 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Fri, 14 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> Nee jy sal nie weet nie. Dit is nooit bekend gemaak nie. Ek het toevallig
> (en ek die ook van my pa gehoor wat diep in Angola was) 'n brief gelees wat
> op die internet geplaas is ('n vriend het dit vir my gestuur) waarop die man
> ook praat swart kindertjies wat hulle moes doodmaak. Een van die tegnieke
> om swart vroue te kry om aan die weermagoutjies te vertel waar hulle mans
> wegkruip was om hulle kinders voor hulle oë dood te maak. Nee wat, dit het
> niks met sefverdediging uit te waai gehad nie.
En dan wonder mens nou ook weer - hoekom was al
hierdie Suid-Afrikaanse soldate in Angola? Om vir Jonas
Savimbi te help veg teen die kommuniste? Vandag is
Jonas Savimbi die bad guy en die sogenaamde "commies"
die good guys. Watter duiwelse mengsel van apartheids-
varke en C.I.A. operatives het SA soldate ingestuur in 'n
ander land en kinders-doodmaak as 'n tegniek gebruik?
En watter nalatenskap van sielkundige wonde moet daar
op die oomblik in SA wees, net soos dit na die Vietnam-
oorlog in die VSA was.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32522 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Wed, 19 July 2000 00:00   |
FREDERICK ELS
Boodskappe: 1 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Die wereld verander daagliks, niks bly dieselfde nie. Daarvoor moet ons
seker maak dat ons ook kan verander en aanpas.Wat in die verlede goed was
vir oupa grooitjie is nie vanpas vandag nie. Ongeag ouderdom en opbrengs van
kinds dae, ja selfs die bybel se lese, kan ek dit nie insien waarom enige
iemand dit net aanvaar dat 'n nuwe regering die regte ding is nie. As 'n
gebore Afrikaaner wat nou oorsee bly en in 'n veilige politieke klimaat my
kinders kan grootmaak en nog steeds Die Boek ( Bybel ) na strewe kan ek net
wens dat ander my voorbeeld sal volg en dink aan hul kinders se toekoms en
nie aan hul eie selfsugtige redes nie. Dit is my boodskap vir enige iemand
ongeag ras en kleur, as jy dit kan bekostig , doen dit vir jou kinders. Die
kanse was daar om dit anders te maak in die jaar toet, maar nou is dit te
laat. The good old days------ they were not that good, I was there. Groete
van Downunder
Tobie skryf in boodskap news:8knuoq$gpm$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sê my Elaine hoe oud is jy nou eintlik?
> +++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
>
> Elaine wrote
> : Nee dis nie wat ek gesê het nie!! Ek het
> gesê dat jy wat weg gegaan het nie
> : meer jou "chops" in Suid Afrika kan rond
> gooi nie. Dis wat ek bedoel het.
> : Ek voel dis seker maar elkeen se eie saak
> as hy weggaan, maar dan (en jammer
> : om dit te sê) het hy nie meer 'n sê nie,
> want hy dan sy land die rug gekeer.
> : Ek praat nou nie van mense wat tydelik
> oorsee gaan vir 'n werksvakansie nie
> : ek praat van mense wat permanent weg gegaan
> het.
> :
> : Elaine
> : Bep Nieuwhof
> : >
> : > Weer ietsie nuut om oor te veg --- Ek is
> bly dat jy darm so stadig maar
> : > seker van my leer. Wys jou doen so
> bietjie navorsing en jy kom ver.
> : >
> : > Jy het in 'n vorige berig dinge rongegooi
> en gese dat die hele Suid-Afrika
> : > hoort aan die negers en dat ons nie
> regtig reg het om hier ons "chops" te
> : > klap nie.
> : > Wel dalk nie in die presiese woorde nie
> maar wel in die konteks.
> : >
> : > Reg of verkeert?
> : >
> : >
> :
> :
>
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32523 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Wed, 19 July 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
FREDERICK ELS skryf in boodskap news:8l49kp$60c$1@gnamma.connect.com.au...
As 'n gebore Afrikaaner wat nou oorsee bly en in 'n veilige politieke
klimaat my
> kinders kan grootmaak en nog steeds Die Boek ( Bybel ) na strewe kan ek net
> wens dat ander my voorbeeld sal volg en dink aan hul kinders se toekoms en
> nie aan hul eie selfsugtige redes nie. Dit is my boodskap vir enige iemand
> ongeag ras en kleur, as jy dit kan bekostig , doen dit vir jou kinders. Die
> kanse was daar om dit anders te maak in die jaar toet, maar nou is dit te
> laat. The good old days------ they were not that good, I was there. Groete
> van Downunder
Ag nee hoekom? Dit was gevaarlik toe ons grootjies hier gebly het, en hulle
het nog steeds gestaan en veg. Ek kan dit bekostig om weg te gaan, maar dis
my land die en ek sal nêrens anders aanpas nie. Ek bly hier for better or
worse.
Ek's ookie selfsugtig nie, ek's net lief vir my land, en as ek eendag
kinders het sal ek nie vlug nie. Baie mense kry elke dag kinders in ons
land en hulle kies om te bly. Ek dink nie hulle bly omdat hulle so goed
geld maak hier nie. Soos die ander tereg sê, ons oupas het baklei vir ons
land....ons sal darem maar baie ondankbaar lyk as ons nou gat skoon maak na
'n ander een toe.
Elaine
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32591 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Sat, 22 July 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Jy maak 'n foutjie, Elaine. Soos Gloudina jou sal inlig, bestaan daar iets
> soos oorlogmisdade. 'n Oorlogmisdaad is bloot 'n misdaad wat in die naam van
> oorlog gepleeg word. Gewoonlik word hulle swaarder gestraf. Moord op kinders
> in die naam van "orders is orders" is 'n oorlogsmisdaad.
>
> As jou papie dit gedoen het, is hy 'n oorlogsmisdadiger.
Is dit Leendert? Was jy ooit in Angola gewees? En buitendien, maak nie
saak wat die misdaad was nie, hulle is altyd agter die bevelvoerders aan,
nooit agter die "bevel-uitvoerders" aan nie. En Leendert sê van my wat jy
wil, maar my Pa het meer as een oorlog baklei. Hy moes nie net in Angola
mense vermoor nie, maar ook sy eie persoonlike oorlog met homself baklei.
Jy het nie 'n clue in hel wat dit is om jou pa te sien wanner hy "bossies"
raak nie. En die vriendelik pa wat jy geken het eweskielik in 'n monster
verander nie, en dan trek die regering net hulle skouers op en se sorry, en
daarmee is alles vergete. So sê van my wat jy wil, maak my uit as die
slegste, laagste skuim op die aarde, want dis ons twee se "fight" hierrie,
maar hou jou mond van my Pa af.
En gaan doen jou navorsing. My Pa is nie die enigste een wat so sê nie, ek
sal vir jou dokumentasie stuur van baie ander mans wat ook daarvan praat.
Skreeu net en ek stuur dit vir jou na jou private "mailbox" toe.
Elaine
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32592 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Sat, 22 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> Aaawwwww siestog....ek drink nie, my pa drink nie en hy't net orders gevat.
>
> "Lou" wrote in message
>
>> Nee Elaine dit is net dat as ek die tipe ongesubstansieerde kroeg groot
>> praat stories hoor dan bevraagteken ek rerig die bron as daar geen
>> bewyse is nie. Di eGloudina's an die wereld sal dit as die volle
>> waarheid en niks behalwe die waarheid verkondig nie. Ek het niks teen
>> die waarheid nie, ek het dit teen Urban Legends!! As iemand kinders
>> doodgeskiet het dan verdien hulle om saam met De Kock te sit.
>>
>> Is hierdie 'n een bottel of 'n twee bottel storie?
>>
Ja, so gereeld soos klokslag kom die antwoord, onder
meer van ou Lou. Hierdie dinge het nie gebeur nie. Dit
kon nie gebeur het nie. Dit sou nie gebeur het nie.
Maar Elize Botha en H.P. Botha, twee bekende
intellektueles in SA, se seun het 'n bobbejaan-fetus
ontvang wat uiteindelik in Tutu se tuin opgehang is.
Glo jy dit ook nie? Is dit ook 'n urban legend?
En die mense wat uit die vliegtuie uitgestoot is,
en van die trappe afgestoot is, is dit ook urban
legends? Hoe jy hierdie dinge hanteer, wys vir
jou van watter "mettle" jy is. Elaine en haar
familie staar blykbaar die werklikheid in die
gesig en verwerk dit in hulle daaglikse omgang.
Maar mense soos Lou en Leendert kom met
hierdie smart aleck opmerkings voor die dag
en die waarheid kruip in hulle psiges weg en dit
gis en dit gis.
Gloudina
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32593 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Sat, 22 July 2000 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3979D6D8.8D4D6A36@home.com...
> Elaine wrote:
>
>> Aaawwwww siestog....ek drink nie, my pa drink nie en hy't net orders gevat.
>>
>> "Lou" wrote in message
>>
>>> Nee Elaine dit is net dat as ek die tipe ongesubstansieerde kroeg groot
>>> praat stories hoor dan bevraagteken ek rerig die bron as daar geen
>>> bewyse is nie. Di eGloudina's an die wereld sal dit as die volle
>>> waarheid en niks behalwe die waarheid verkondig nie. Ek het niks teen
>>> die waarheid nie, ek het dit teen Urban Legends!! As iemand kinders
>>> doodgeskiet het dan verdien hulle om saam met De Kock te sit.
>>>
>>> Is hierdie 'n een bottel of 'n twee bottel storie?
>>>
>
> Ja, so gereeld soos klokslag kom die antwoord, onder
> meer van ou Lou. Hierdie dinge het nie gebeur nie. Dit
> kon nie gebeur het nie. Dit sou nie gebeur het nie.
Maar, volgens Gloudina is dit genoeg dat iemand beweer dat haar pa beweer
het dat sy pelle beweer het. Dan is dit die heilige waarheid.
> Maar Elize Botha en H.P. Botha, twee bekende
> intellektueles in SA, se seun het 'n bobbejaan-fetus
> ontvang wat uiteindelik in Tutu se tuin opgehang is.
> Glo jy dit ook nie? Is dit ook 'n urban legend?
Dit lyk asof dit wel gebeur het. En dit gee Gloudina groot vreugde om die
skande en skade van haar ou universiteitsmaat te verkondig. Die dat sy
aanmekaar die man se familieverbintenisse ophaal. Ek kan net nie verstaan
hoekom mense soveel moeite met aapfetusse wil doen nie. Wat beteken dit, per
slot van rekening?
> En die mense wat uit die vliegtuie uitgestoot is,
> en van die trappe afgestoot is, is dit ook urban
> legends?
Ja. Dit was nie mense nie, maar lyke. Gruwelik soos dit is, is daar nogtans
'n tersaaklike onderskeid. Veel erger, dink ek, is die proses om die lyke te
produseer deur mense met insputings te vermoor.
> Hoe jy hierdie dinge hanteer, wys vir
> jou van watter "mettle" jy is.
Stem. Ek wil weet waarom meer as vyftig senior ANC-lede verkies het om nie
amnestie te kry nie, eerder as om openlik te getuig oor hul eie misdade.
Insluitende, so verstaan ek, Mbeki.
Eendag sal ons, of ons kinders, of ons kindskinders nog die waarheid weet
wat die sogenaamde "waarheids"-komissie so doeltreffend verberg het.
> Elaine en haar
> familie staar blykbaar die werklikheid in die
> gesig en verwerk dit in hulle daaglikse omgang.
Hmmm.... so saam met die post toasties van vanoggend en vanmiddag se pap en
wors. En op die ou einde, alles verwerkend tot Gloudina se goedkeuring, word
in die daaglikse omang alles stoelgang.
Maar gaan maar voort, Elaine. Hoe meer hersenskimme jy kan optower, hoe
gewilder sal jy by Gloudina wees. Maar daar is 'n ding of wat wat jy gerus
kan in aanmerking neem.
a) Op 'n tyd was daar omtrent ses keer soveel mense wat in kroeë vertel
het dat hulle "rekkies" is as wat daar mense in die ganse weermag was. Elke
tweede ou wat 'n boost vir sy selfbeeld nodig gehad het het homself as 'n
"rekkie" voorgehou. Die regte rekkies het jy nooit van gehoor nie. Die dat
mens vandag ook nie meer hoor van ouens wat "rekkies" was nie. Almal het
soos mis voor die son verdwyn.
b) Die rekkies wat ek ken en lank mee saamgewerk het is mense wat nie
praat nie. Hulle is almal mense wat, onder andere, gekeur is vir skerp
intelligensie. Nie een van hulle sal so gek wees om sulke erkennings te maak
teenoor 'n praatsieke dogtertjie wat dit op die internet sal gaan uitsaai
nie. Veral nie as dit waar is nie. Hulle sou dit nie onder die vorige
regering gedoen het nie, en sal dit veral nie onder die huidige regering
doen nie.
Dus: Ek reken jy of jou papie praat snert.
> Maar mense soos Lou en Leendert kom met
> hierdie smart aleck opmerkings voor die dag
> en die waarheid kruip in hulle psiges weg en dit
> gis en dit gis.
En sonder gisting kom daar geen wyn nie.
Ook die dat jy die idee van 'n lawwe soet stroop gee. Met die galsterigheid
wat daarmee saamgaan.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32620 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Sun, 23 July 2000 00:00   |
Sakkie[2]
Boodskappe: 36 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3979D6D8.8D4D6A36@home.com...
> Ja, so gereeld soos klokslag kom die antwoord, onder
> meer van ou Lou. Hierdie dinge het nie gebeur nie. Dit
> kon nie gebeur het nie. Dit sou nie gebeur het nie.
> Maar Elize Botha en H.P. Botha, twee bekende
> intellektueles in SA, se seun het 'n bobbejaan-fetus
> ontvang wat uiteindelik in Tutu se tuin opgehang is.
> Glo jy dit ook nie? Is dit ook 'n urban legend?
> En die mense wat uit die vliegtuie uitgestoot is,
> en van die trappe afgestoot is, is dit ook urban
> legends? Hoe jy hierdie dinge hanteer, wys vir
> jou van watter "mettle" jy is. Elaine en haar
> familie staar blykbaar die werklikheid in die
> gesig en verwerk dit in hulle daaglikse omgang.
> Maar mense soos Lou en Leendert kom met
> hierdie smart aleck opmerkings voor die dag
> en die waarheid kruip in hulle psiges weg en dit
> gis en dit gis.
>
> Gloudina
Ek het 'n goeie vriend wat 'n rekkie was in die 1980's. Het het my onlangs
vertel hoedat hulle dikwels diep in Mosambiek op vrouens (van die plaaslike
bevolking) afgekom het wat wreed gemartel was. Hy het dit self by
geleentheid aanskou.
Die vroue is gewoonlik voor hulle kinders verkrag, waarna hulle lippe,
borste en vingers afgesny is. Die vroue is gedwing om hul eie liggaamsdele
te eet. Hierdie mense is daarna so gelaat om dood te bloei. Hulle kinders
is daarna deur dieselfde barbare ontvoer. Die seuns is gedwing om
kindersoldate te word, terwyl die dogters seksueel deur hierdie barbare
misbruik is totdat hulle uitgedien was, waarna hulle dikwels ook vermoor is.
Raai wie het hierdie gruweldade gepleeg? Nee, nie die rekkies nie, maar
Frelimo-regeringsoldate, beste maatjies van jou geliefde ANC.
En terloops, die einste ANC het soortgelyke gruweldade gepleeg binne
Suid-Afrika gedurende dieselfde tydperk. En ek praat nou nie eens van al
die witmense wie so wreed deur hulle vermoor is nie en wie vandag nog deur
hulle vermoor word. Ek praat van al daardie onskuldige swart
Suid-Afrikaners wie gemartel en vermoor is deur lede van die ANC omdat hulle
vermeende "sell-outs" was. Weet jy wie was Maki Skosana? Jy het tog
sekerlik al gehoor van "necklacing", of dink jy dít is slegs 'n "urban
legend"? Wel, sy is maar een van duisende wat onder die vaandel van die ANC
en die "liberation struggle" besonder wreed met die
halssnoermetode vermoor is. Voor die TV kameras. Of het jy dalk al gehoor
van Stompie Sepei, 'n _kind_ wat deur Winnie Mandela en haar gespuis
gemartel en vermoor is in die naam van die ANC en die "struggle"?
En terwyl ons nou van die ANC praat: Ek's seker jy's bewus van hoedat
ANC-andersdenkendes in die Quattro-kamp in Angola gemartel is deur mense wat
later ministers en hooggeplaastes in die ANC-regering geword het. Of is dit
nuus vir jou? Weet jy wie is Pat Hlongwane? Al ooit van hom gehoor?
Nee wat, ek dink die groot verskil hier, is dat dit swartmense was wat
hierdie dade gepleeg het. Daarom is dit oraait. As dit witmense was, en
die "victims" swart, sou mens nooit die einde daarvan gehoor het nie. Soos
die storie van 'n bobbejaan-fetus in Tutu se tuin en jou ander gunsteling,
die lyke wat by vliegtuie uitgegooi is. Dit wat jy tot vervelens toe
herhaal, want, so lyk dit vir my, het jy nie genoeg albatrosse om aan ons
nekke te hang nie.
Maar dit bring my nou by die eintlike kwessie: Dit lyk vir my mense soos jy
beoordeel die doen en late van witmense op 'n hoër standaard as die van
swartmense. Daar word dus meer van witmense as van swartmense verwag.
Witmense wat verkeerd doen, behoort van beter te weet; vir swartmense wat
verkeerd doen, word daar allerhande verskonings aangebied. In my boek is
dit maar net 'n subtiele vorm van rassisme. Teen swartmense. Om voor te
gee dat hulle nie op dieselfde norme as andere beoordeel kan word nie.
Maar nou ja, wat weet ek tog, ek bly nie in Kanada nie.
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32621 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Sun, 23 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Leendert van Oostrum wrote:
> Ek vestig veral haar aandag op die onregverdige leuens wat die afgelope
> halfeeu in die naam van "geregtigheid" oor haar mense versprei is.
Dis nou die halfeeu 1950 - 2000. Sal jy ons noumooi, een vir een, vertel van
die "onregverdige
leeuens" wat oor "haar mense" versprei is?
My mense is al die mense in Suid-Afrika. Wie
is haar mense?
> Net soos jy "apartheidsvarke" skep as 'n kategorie
> mense wat die sondebokke kan wees vir die (deur jou) "gesuiwerde"
> Afrikanervolk. Of soos Boetman en sy maatjies wat "die vorige geslag" as
> aleendraer van die onsuiwerheid van die gemeenskap wil isoleer.
>
> As dit nie so tragies was nie, sou dit lagwekkend wees om te sien hoe jy en
> "boetman" en julle soort die vinger wegwys van hulself af. Hoe angstig julle
> probeer om sondebokke te soek.
>
"Jou mense" word 'n vreeslike klein ou groepie, weet jy, Leendert.
"Boetman" en sy maats is nou nie meer deel van "jou mense" nie.
Heelwaarskynlik is baie van die mense waarteen Boetman dit het,
ook nie meer deel van "jou mense" nie. Antjie Krog en die mense
wat soos sy dink, is nie deel van jou mense nie. Christina Landman
is nie meer deel van jou mense nie. Wie is jou mense en jou dogter
se mense?
Gloudina
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32622 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Sun, 23 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Leendert van Oostrum wrote:
>> Maar Elize Botha en H.P. Botha, twee bekende
>> intellektueles in SA, se seun het 'n bobbejaan-fetus
>> ontvang wat uiteindelik in Tutu se tuin opgehang is.
>> Glo jy dit ook nie? Is dit ook 'n urban legend?
>
> Dit lyk asof dit wel gebeur het. En dit gee Gloudina groot vreugde om die
> skande en skade van haar ou universiteitsmaat te verkondig. Die dat sy
> aanmekaar die man se familieverbintenisse ophaal. Ek kan net nie verstaan
> hoekom mense soveel moeite met aapfetusse wil doen nie. Wat beteken dit, per
> slot van rekening?
>
Elize Botha en ek was nie "universiteitsmaats" nie, Leendert.
Maar ek is seker dat Elize Botha soms wens dat sy
haar gesin vroeg reeds kon verwyder het uit die
giftige omgewing waar haar seun uiteindelik sy "mettle"
met die kwansel van aapfetusse moes bewys.
In retrospek wonder mens dan ook soms: as skoon-
suster van Pik en met al die poste wat so kwistiglik
in haar rigting gegaan het: was sy in die inner of die
outer circle van die Broederbond? Ek raai, die token
vroumens in die inner circle. Dis daar waar die
"Sprokie van die Spikkelkoei" gegis het en gegis
het. En nou EERS gis.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32625 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Sun, 23 July 2000 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:397B5CF9.6EEDEA43@home.com...
Sakkie wrote:
> Nee wat, ek dink die groot verskil hier, is dat dit swartmense was wat
> hierdie dade gepleeg het.
> Maar dit bring my nou by die eintlike kwessie: Dit lyk vir my mense soos jy
> beoordeel die doen en late van witmense op 'n hoër standaard as die van
> swartmense. Daar word dus meer van witmense as van swartmense verwag.
> Witmense wat verkeerd doen, behoort van beter te weet; vir swartmense wat
> verkeerd doen, word daar allerhande verskonings aangebied.
>
Hmmmm...... You could have fooled me. Wanneer dit wittes is wat gemartel
word, is jou houding min of meer: "Jou verdiende loon".
Wie het so geargumenteer, Gloudina?
>
Ek kan verstaan dat jy Elaine se stories glo. Sy gedra haar baie soos jy.
Baie beweringe, maar geen bewyse nie. (Dit was Galileo se probleem ook,
onthou?)
>
Waar dit my aangaan, is ek bekommerd oor die verskynsel dat die nuwe
onderwysselsel (in al sy opeenvolgende gedaantes) sy uiterste bes doen om
die dade van die ANC-geweldenaars te verskoon.
En jy ook.
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32626 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Sun, 23 July 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sakkie wrote:
> Nee wat, ek dink die groot verskil hier, is dat dit swartmense was wat
> hierdie dade gepleeg het.
> Maar dit bring my nou by die eintlike kwessie: Dit lyk vir my mense soos jy
> beoordeel die doen en late van witmense op 'n hoër standaard as die van
> swartmense. Daar word dus meer van witmense as van swartmense verwag.
> Witmense wat verkeerd doen, behoort van beter te weet; vir swartmense wat
> verkeerd doen, word daar allerhande verskonings aangebied.
>
Nee, jy gebruik nou maar net 'n bekende ou stelletjie
om weer die "witmense" te verskoon. (En onthou, daar
was ook baie nie-wittes wat apartheidsvarke was en net
so lekker saamgemartel het soos die wittes.) Ek verskoon
geen marteling nie. Maar ons is hier op 'n Afrikaanse
nuusgroep en ons is besig met 'n onderwerp waar mense
doodeenvoudig net probeer argumenteer dat die SA
troepe geen bloed op hulle hande het nie. Hulle verklaar
dat die stories wat Elaine vertel barroom van haar pa
is.
En ja, omdat ek 'n Afrikaner is, het ek beter verwag
van die Afrikaners in die SA leer. (Onthou jy hoe hulle
altyd gekla het oor die onregte wat hulle aangedaan is
in die Boere-oorlog?) En omdat die mense in die SA
leer nou so met die Christelike Nasionale Onderwys
grootgeword het, het ek gedink hulle sal tog die reels
wat hulle daar geleer was, nagevolg het. Ek is seker
'n hele klomp het. Maar nou wil jy hulle verskoon?
Hoekom wil jy hulle verskoon, Sakkie.
Gloudina
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32627 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Sun, 23 July 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
En jy vergeet nog 'n ding ou Leendert. Jy sien, dit was oorlog....in die
oorlog was daar geen reg of verkeerd nie, jy't geluister of jy's DB toe.
En ek will graag vir almal wat so Urban Legend skreeu net een ding se...en
dis 'n feit ongelukkig - 'n urbun legend stam gewoonlik van 'n "ware" storie
af.
Julle ontken dit so heftig want julle is bang die waarheid kom uit. Hoe
diep was julle die grens in? Was julle ooit in Angola. Het enige-een van
julle teen-intelligensie gedoen?
Nee wat ek kry die lot van julle wat te bang is julle name word deur die
modder gesleep as die waarheid uitkom jammer. Julle sal liewer daar sit en
yap in plaas daarvan om die onreg "reg" te maak. Ek sal my doodskaam as ek
julle is, want julle leef in 'n leuen en julle leer julle kinders daai
leuen.
Elaine
"Leendert van Oostrum" skryf in boodskap news:8ld6bo$62f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Elaine wrote:
>>>
>>>> Aaawwwww siestog....ek drink nie, my pa drink nie en hy't net orders
>> gevat.
>
> Jy het al voorheen na hierdie "net orders gevat" storie verwys. Dit lyk my
> daar is 'n ding wat jy (en/of jou pa) nie verstaan nie. (As hy wel 'n rekkie
> was soos jy beweer, sou hy dit goed verstaan het - hulle is goed opgelei.)
> Hier is vir jou vriendelike raad van iemand wat opgelei is om dit te gee en
> in baie krygsrade gedien het:
>
> 'n Bevel wat van iemand vereis om 'n midaad te pleeg om dit uit te voer is
> 'n onwettige bevel.
>
> In die eerste plek is daar geen dus plig op enigeen om 'n onwettige bevel
> uit te voer nie. In die tweede plek, is jy self skuldig aan 'n misdryf
> indien jy 'n misdryf pleeg in die uitvoering van 'n onwettige bevel. In die
> derde plek bepaal die SA wet nog altyd dat 'n soldaat wat in die buiteland
> 'n daad verrig wat in SA 'n misdryf sou wees, skuldig is aan 'n misdryf asof
> hy dit in SA uitgevoer het.
>
> Dit is al so in ons reg vervat sedert 1907 of daar rond. en het nog nooit
> verander nie.
>
> Dit is waarom mense _amnestie_ moes kry vir misdade wat hulle "ampshalwe"
> gepleeg het. Ander moes hulle daarvoor teregstaan, of dit "orders" was of
> nie.
>
> As jou papie kindertjies vermoor het, is hy dus skuldig aan moord en
> strafbaar asof hy dit in SA gedoen het. Vertel hom dit en sê hy beter gou 'n
> goeie prokureur raadpleeg. Of hou op om jou pa se naam te beswadder om
> Gloudina 'n paar kicks te gee.
>
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32628 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Sun, 23 July 2000 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine skryf in boodskap news:397b0c92.0@news1.mweb.co.za...
> En jy vergeet nog 'n ding ou Leendert. Jy sien, dit was oorlog....in die
> oorlog was daar geen reg of verkeerd nie,
Jy maak 'n foutjie, Elaine. As jy verkeerde dinge doen in die naam van
oorlogvoering is jy 'n oorlogsmisdadiger.
> jy't geluister of jy's DB toe.
Nee. As jy opdrag kry om 'n misdaad te pleeg is dit 'n onwettige bevel. As
jy 'n onwettige bevel verontagsaam sal jy onskuldig bevind word, en sal jy
nie DB toe gaan nie.
En jy sê jou papie is die soort mens wat kindertjies sal doodskiet om sy bas
uit DB te hou?
Of is grootpraat maar net 'n familietrek?
> En ek will graag vir almal wat so Urban Legend skreeu net een ding se...en
> dis 'n feit ongelukkig - 'n urbun legend stam gewoonlik van 'n "ware" storie
> af.
> Julle ontken dit so heftig want julle is bang die waarheid kom uit. Hoe
> diep was julle die grens in? Was julle ooit in Angola. Het enige-een van
> julle teen-intelligensie gedoen?
> Nee wat ek kry die lot van julle wat te bang is julle name word deur die
> modder gesleep as die waarheid uitkom jammer. Julle sal liewer daar sit en
> yap in plaas daarvan om die onreg "reg" te maak. Ek sal my doodskaam as ek
> julle is, want julle leef in 'n leuen en julle leer julle kinders daai
> leuen.
Voordat 'n "onreg" reggemaak kan word, Elaine, moet mens eers bepaal of daar
onreg was. Jy sê jou papie het kindertjies vermoor. Dit sou beslis 'n
uiterste onreg wees.
En as jou stories waar is, is daar ook net een aangewese manier om dit reg
te maak: jou papie moet verhoor word vir moord, want dit sou van hom 'n
oorlogsmisdadiger maak.
Dis wat ek _my_ kinders leer. Volgens wat jy skryf, het jou papie dit nie
vir jou geleer nie. Die aanduidings, inteendeel, is dat hy jou toegerus met
valse idees soos "all's fair in love and war".
Is jou papie ook blond?
|
|
|
|
|
|
Re: Vraag aan Elaine [boodskap #32632 is 'n antwoord op boodskap #32316] |
Sun, 23 July 2000 00:00   |
""Boertjie\
Boodskappe: 1 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Liewe land Gloudina,het daar iewers in jou verlede iets plaasgevind wat jou laat
skuldig voel?Hierdie ou sappige stukkie snot van die bobbejaan fetus in Tutu se
tuin wat jy so elke tweede dag ophaal raak regtig nou ou nuus.Ag ekskuus, ek het
vergeet - jy kan mos goedgelowige vriendinne daar oorkant daarmee beindruk.
Boertjie
@home.com wrote:
> Elaine wrote:
>
>> Aaawwwww siestog....ek drink nie, my pa drink nie en hy't net orders gevat.
>>
>> "Lou" wrote in message
>>
>>> Nee Elaine dit is net dat as ek die tipe ongesubstansieerde kroeg groot
>>> praat stories hoor dan bevraagteken ek rerig die bron as daar geen
>>> bewyse is nie. Di eGloudina's an die wereld sal dit as die volle
>>> waarheid en niks behalwe die waarheid verkondig nie. Ek het niks teen
>>> die waarheid nie, ek het dit teen Urban Legends!! As iemand kinders
>>> doodgeskiet het dan verdien hulle om saam met De Kock te sit.
>>>
>>> Is hierdie 'n een bottel of 'n twee bottel storie?
>>>
>
> Ja, so gereeld soos klokslag kom die antwoord, onder
> meer van ou Lou. Hierdie dinge het nie gebeur nie. Dit
> kon nie gebeur het nie. Dit sou nie gebeur het nie.
> Maar Elize Botha en H.P. Botha, twee bekende
> intellektueles in SA, se seun het 'n bobbejaan-fetus
> ontvang wat uiteindelik in Tutu se tuin opgehang is.
> Glo jy dit ook nie? Is dit ook 'n urban legend?
> En die mense wat uit die vliegtuie uitgestoot is,
> en van die trappe afgestoot is, is dit ook urban
> legends? Hoe jy hierdie dinge hanteer, wys vir
> jou van watter "mettle" jy is. Elaine en haar
> familie staar blykbaar die werklikheid in die
> gesig en verwerk dit in hulle daaglikse omgang.
> Maar mense soos Lou en Leendert kom met
> hierdie smart aleck opmerkings voor die dag
> en die waarheid kruip in hulle psiges weg en dit
> gis en dit gis.
>
> Gloudina
|
|
|
Bladsye (3): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Mon Mar 10 04:29:00 UTC 2025
|