Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Via Negativa" deur LOUIS ESTERHUIZEN
"Via Negativa" deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #31937] Do, 06 Julie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

VIA NEGATIVA
(Na RS Thomas se gelyknamige vers)
Louis Esterhuizen

Wat is hy anders
as die afwesige in ons lewens,
die volsterkte stilte wat ons gebede
verknoei, die plek waar ons soek
sonder
om te arriveer of te vertrek?
En tog, die duister
fokuspunt tussen die sterre
is syne,
die eggo's wat ons na die afgrond
lok, ook.

Selfs die spore wat ons volg
is waar Hy pas verby is en ons smag
daarna om ons hand in sy sy
te steek : Bloedvars en warm sal dit nog
wees, so glo ons graag -

Want ons loop verby
plekke, verby sluiermense en sien
nie die sagte negatief voor ons
uit skuifel
nie
Vorige onderwerp: eDigbundel, stuur jou gedigte nou in!
Volgende onderwerp: Wat nou?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 05:54:02 MGT 2024