Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vandag uit ons volksgeskiedenis:
Vandag uit ons volksgeskiedenis: [boodskap #31176] Di, 30 Mei 2000 00:00
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
30 Mei 1900:ZAR:Genl Ian Hamilton neem Doringkop in,die britse verliese
is 28 dood en 134 gewond tydens hul aantog na Johannesburg.Die engelse
neem Florida en Roodepoort op die wes rand in .In Johannesburg komandeer
genl Ben Viljoen al die voorrade op wat sy kommando kan benodig,FET
Krause,die kommandant van Jhb ry lord Roberts tegemoet om die oorgawe
van Jhb te bespreek,Roberts gee hom 24 uur grasie om alle
burgerlikes,vroue en kinders te ontruim.
In die vrystaat word gevegte rondom Lindley gevoer oor 'n stuk weiland
wat die engelse wil hê vir hulle perde.
In noord kaapland word die engelse aangeval by Fabersput deur 600 boere
van Griekewaland maar word afgeweer,die engelse het 23 dood,en 32
gewond,die boere het 38 dood en 50 gewondes.
Vorige onderwerp: ou seniele diktator
Volgende onderwerp: Re: Vandag uit ons volkgeskiedenis:
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 23:59:53 MGT 2024