Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » om die tafel van die genooides
om die tafel van die genooides [boodskap #3107] Sa, 06 Desember 2003 06:11 na volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het Royleen hierheen genooi, so julle kan die
koet en tert uithaal. Eers het ek die fout gemaak
om die uitnodiging verkeerde adres toe te stuur,
maar toe dit na Royleen gestuur.

DD

NS.
Lorinda, jy en Danielle wat so wel ter sprake is,
sal julle asseblief aan die mense van Swellendam
verduidelik dat die eerste adressering van die
uitnodiging foutiewelik was? Dat hierdie nie
Irak is nie maar iluck...?
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3108 is 'n antwoord op boodskap #3107] Sa, 06 Desember 2003 16:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

>
> Ek het Royleen hierheen genooi, so julle kan die
> koet en tert uithaal.

Ons het onverwags gaste gekry, so ek moet nou dringend en vinnig huis
skoonmaak terwyl manlief hulle op die lughawe gaan haal.
Maar ek het tuisgebakte outydse soetkoekies en vlakoekies op die
kombuistafel gelos vir julle, DD. Sal more-aand weer kom inloer.
Onthou nou om tog asseblief julle beste voetjie voor te sit, en gaan
haal vir Andries sodat sy hom ook kan ontmoet! ;-)
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3109 is 'n antwoord op boodskap #3108] Sa, 06 Desember 2003 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 06 Dec 2003 11:10:03 -0500, Katryn wrote:

> DD wrote:
>
>>
>> Ek het Royleen hierheen genooi, so julle kan die
>> koet en tert uithaal.
>
> Ons het onverwags gaste gekry, so ek moet nou dringend en vinnig huis
> skoonmaak terwyl manlief hulle op die lughawe gaan haal.

Die mense van Swellendam, Katryn? Wat òòk 'n adresfout gemaak het?


> Maar ek het tuisgebakte outydse soetkoekies en vlakoekies op die
> kombuistafel gelos vir julle, DD.

Jy's wonderlik, weet jy.

> Sal more-aand weer kom inloer.
> Onthou nou om tog asseblief julle beste voetjie voor te sit, en gaan
> haal vir Andries sodat sy hom ook kan ontmoet! ;-)

Ek dog dan ons moet ons beste voetjie voor sit?
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3112 is 'n antwoord op boodskap #3108] Sa, 06 Desember 2003 23:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> Sal more-aand weer kom inloer.
> Onthou nou om tog asseblief julle beste voetjie voor te sit, en gaan
> haal vir Andries sodat sy hom ook kan ontmoet! ;-)

Ag liewe hemel Katryn die laaste keer toe ons vir Andries gevra het om
sy beste voetjie voor te sit vir gaste het hy gedreig om sy Superman
kostuum aan te trek!:-)

Lorinda
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3113 is 'n antwoord op boodskap #3107] So, 07 Desember 2003 00:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:...>
> NS.
> Lorinda, jy en Danielle wat so wel ter sprake is,
> sal julle asseblief aan die mense van Swellendam
> verduidelik dat die eerste adressering van die
> uitnodiging foutiewelik was? Dat hierdie nie
> Irak is nie maar iluck...?


Hoekom kry ek so 'n aaklige voorgevoel...mense van Swellendam... jy
bedoel nie wat ek dink jy bedoel nie?! As dit so is moet jy maar die
verskonings maak - you won't see me for dust, my Afrikaans is nie goed
genoeg nie...En jy is die ou met die gladde mond DD, as jy ons nie
daaruit kan praat nie kan niemand nie :-)

Lorinda
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3117 is 'n antwoord op boodskap #3113] So, 07 Desember 2003 01:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Dec 2003 16:03:40 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> DD skryf in boodskap news:...>
>> NS.
>> Lorinda, jy en Danielle wat so wel ter sprake is,
>> sal julle asseblief aan die mense van Swellendam
>> verduidelik dat die eerste adressering van die
>> uitnodiging foutiewelik was? Dat hierdie nie
>> Irak is nie maar iluck...?
>
>
> Hoekom kry ek so 'n aaklige voorgevoel...mense van Swellendam... jy
> bedoel nie wat ek dink jy bedoel nie?! As dit so is moet jy maar die
> verskonings maak - you won't see me for dust, my Afrikaans is nie goed
> genoeg nie...En jy is die ou met die gladde mond DD, as jy ons nie
> daaruit kan praat nie kan niemand nie :-)
>
> Lorinda


LOL........:-))))))) dink jy ènigiemand se Afrikaans is goed genoeg
daarvoor?:-)))

DD
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3126 is 'n antwoord op boodskap #3108] So, 07 Desember 2003 23:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobbys...  is tans af-lyn  bobbys...
Boodskappe: 6
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> DD wrote:
>
>>
>> Ek het Royleen hierheen genooi, so julle kan die
>> koet en tert uithaal.
>
> Ons het onverwags gaste gekry, so ek moet nou dringend en vinnig huis
> skoonmaak terwyl manlief hulle op die lughawe gaan haal.
> Maar ek het tuisgebakte outydse soetkoekies en vlakoekies op die
> kombuistafel gelos vir julle, DD. Sal more-aand weer kom inloer.
> Onthou nou om tog asseblief julle beste voetjie voor te sit, en gaan
> haal vir Andries sodat sy hom ook kan ontmoet! ;-)

Jeeeez! Dis moeilik om julle spulletjie te vind, maar siende dat ek
so vreeslik intelligent is, het ek dit reggekry. Bob is in Melbourne,
en ek is bietjie eensaam...

Sê my eers, is daardie anner ene wat aan elke nuusgroep in die wêreld
behoort, op dié een ook? Dan groet ek maar weereens. Hier is 'n paar
vreemdelinge, sien ek, name wat ek nie ken nie. Maar nou ja, as mens
vir maande lank annerpad kyk, gebeur dit seker. Verskoon maar my
Afrikaans, hoor, ek dink baie hard voor ek skryf en het baie lank laas
enigiets in Afrikaans gedoen.

Nou ja, ek moet nursery toe - plante wag vir my na die wonderlike
reën. Groetnis eers
Royleen
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3132 is 'n antwoord op boodskap #3126] Ma, 08 Desember 2003 18:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Dec 2003 15:32:25 -0800, bobbys...@hotmail.com (R.) wrote:

> Nou ja, ek moet nursery toe - plante wag vir my na die wonderlike
> reën. Groetnis eers
> Royleen

Dan reën dit wyd:-) Dit reën tot hier:-)))

DD
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3134 is 'n antwoord op boodskap #3132] Ma, 08 Desember 2003 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
òn Mon, 08 Dec 2003 20:40:51 +0200, DD wrote:

> On 7 Dec 2003 15:32:25 -0800, bobbys...@hotmail.com (R.) wrote:
>
>> Nou ja, ek moet nursery toe - plante wag vir my na die wonderlike
>> reën. Groetnis eers
>> Royleen
>
> Dan reën dit wyd:-) Dit reën tot hier:-)))
>
> DD
>

òf, reën dit tot daar?

DD
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3137 is 'n antwoord op boodskap #3108] Ma, 08 Desember 2003 21:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:glv3tv05v6huavgbt15oismnl7g3nqo0i0@4ax.com...
> DD wrote:
>
>>
>> Ek het Royleen hierheen genooi, so julle kan die
>> koet en tert uithaal.
>
> Ons het onverwags gaste gekry, so ek moet nou dringend en vinnig huis
> skoonmaak terwyl manlief hulle op die lughawe gaan haal.
> Maar ek het tuisgebakte outydse soetkoekies en vlakoekies op die
> kombuistafel gelos vir julle, DD.


Dankie tog Royleen het uiteindelik opgedaag, dit het al hoe moeilker geword
om die koekies te herangskik sodat nie blyk dat meer as helfte al verdwyn
het nie..

Lorinda
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3138 is 'n antwoord op boodskap #3126] Ma, 08 Desember 2003 21:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"R." skryf in boodskap news:e6d2b265.0312071532.73e1106d@posting.google.com...
>
> Jeeeez! Dis moeilik om julle spulletjie te vind, maar siende dat ek
> so vreeslik intelligent is, het ek dit reggekry. Bob is in Melbourne,
> en ek is bietjie eensaam...
>
> Sê my eers, is daardie anner ene wat aan elke nuusgroep in die wêreld
> behoort, op dié een ook? Dan groet ek maar weereens. Hier is 'n paar
> vreemdelinge, sien ek, name wat ek nie ken nie. Maar nou ja, as mens
> vir maande lank annerpad kyk, gebeur dit seker. Verskoon maar my
> Afrikaans, hoor, ek dink baie hard voor ek skryf en het baie lank laas
> enigiets in Afrikaans gedoen.

Ek is bly jy het ons gekry, en bly om jou hier te sien. Moet jou asseblief
nie oor jou Afrikaans bekommer nie, dis net DD en Jonas hier wat nie sukkel
nie


Lorinda
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3143 is 'n antwoord op boodskap #3126] Di, 09 Desember 2003 02:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
bobbys...@hotmail.com (R.) wrote:

> Jeeeez! Dis moeilik om julle spulletjie te vind, maar siende dat ek
> so vreeslik intelligent is, het ek dit reggekry. Bob is in Melbourne,
> en ek is bietjie eensaam...

Welkom madame R. ;-)

> Sê my eers, is daardie anner ene wat aan elke nuusgroep in die wêreld
> behoort, op dié een ook? Dan groet ek maar weereens. Hier is 'n paar
> vreemdelinge, sien ek, name wat ek nie ken nie.

Sjoe...nee sallie weetie. ;-))))
Die nuwe mense wat ek hier leer ken het is Roely, Lorinda en Andries.
Maar Andries is alweer anderkawwer en sal seker eendag weer hier sy
verskyning maak. Jy sal maar vir DD moet vra waar hy op die oomblik
is. ;-)

> Maar nou ja, as mens
> vir maande lank annerpad kyk, gebeur dit seker.

Ja, jy wil mos!! ;-) Maar ek hoop jy sal hier kom kuier en gesels met
ons. Ek lees omtrent gladnie meer die ander groep nie. Net hier en
daar of as Lorinda of DD iets te sê het.

> Verskoon maar my
> Afrikaans, hoor, ek dink baie hard voor ek skryf en het baie lank laas
> enigiets in Afrikaans gedoen.

Geen verskoning is nodig nie. Lorinda en ek maak maar ons eie
Afrikaanse woorde op soos ons aangaan. Roely help darem so hier en
daar, maar die manne sê mos nooit niks om te help nie. So, nou
ploeter ons maar almal so aan. ;-)

> Nou ja, ek moet nursery toe - plante wag vir my na die wonderlike
> reën.

Geniet dit. Hier by ons is alles nou gevries en op hulle laaste
voete. Ek het al begin wonder of dit dalk nie 'n goeie plan sou wees
om een van daardie koffie maak elemente in die visdammetjie te gaan
druk sodat die vissies darem nie heeltemal opvries nie. Ek kry hulle
so jammer, want dit water is ysig koud. Ek hoop maar net nie dit
vries heeltemal nie.
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3144 is 'n antwoord op boodskap #3137] Di, 09 Desember 2003 02:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Dankie tog Royleen het uiteindelik opgedaag, dit het al hoe moeilker geword
> om die koekies te herangskik sodat nie blyk dat meer as helfte al verdwyn
> het nie..

LOL!! Dankie vir al die herangskikkery, Lorinda. Was dit dalk
Andries gewees wat ingesluip het as jy nie gekyk het nie? Het jy sy
Superman kostuum weggesteek?
;-)))
Waar *is* die man?
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3154 is 'n antwoord op boodskap #3126] Di, 09 Desember 2003 17:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"R." skryf in boodskap news:e6d2b265.0312071532.73e1106d@posting.google.com...
>
> Sê my eers, is daardie anner ene wat aan elke nuusgroep in die wêreld
> behoort, op dié een ook? Dan groet ek maar weereens. Hier is 'n paar
> vreemdelinge, sien ek, name wat ek nie ken nie.

Leuk om kennis met je te maken Royleen! Welkom hier!

Maar nou ja, as mens
> vir maande lank annerpad kyk, gebeur dit seker. Verskoon maar my
> Afrikaans, hoor, ek dink baie hard voor ek skryf en het baie lank laas
> enigiets in Afrikaans gedoen.

Ik kan het helemaal niet schrijven, ik ben Nederlandse, maar ik kan bijna
alles wel lezen en anders vraag ik.... Dus voel je vrij om hoe dan ook te
schrijven!
>
> Nou ja, ek moet nursery toe - plante wag vir my na die wonderlike
> reën.

Waar woon je? In Nederland is een beetje vrieskou, bij een prachtig blauwe
hemel. Jammer dat het al om vijf uur 's middags donker is, de donkere dagen
voor Kerstmis......

Roely
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3155 is 'n antwoord op boodskap #3144] Di, 09 Desember 2003 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:17catv8vchminmb3qe08i8dakcoukbhd1k@4ax.com...
> Was dit dalk
> Andries gewees wat ingesluip het as jy nie gekyk het nie? Het jy sy
> Superman kostuum weggesteek?
> ;-)))
> Waar *is* die man?
>

LOL. Nee, die Superman kostuum is saam met hom weg. Om jou vraag beantwoord
te kry, dink jy dit sal help om DD te martel?

Lorinda
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3160 is 'n antwoord op boodskap #3143] Wo, 10 Desember 2003 21:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 08 Dec 2003 21:17:02 -0500, Katryn wrote:

> bobbys...@hotmail.com (R.) wrote:

>
> Geniet dit. Hier by ons is alles nou gevries en op hulle laaste
> voete. Ek het al begin wonder of dit dalk nie 'n goeie plan sou wees
> om een van daardie koffie maak elemente in die visdammetjie te gaan
> druk sodat die vissies darem nie heeltemal opvries nie. Ek kry hulle
> so jammer, want dit water is ysig koud. Ek hoop maar net nie dit
> vries heeltemal nie.

Gister het ek die kombuis geverf en giteraand, moeg en vol verf,
in 'n koue bad water geklim. Iets wat nié jy, of Lorinda, nou sal doen
nie, nè Katryn:-)
Soos ek sè, moeg gaan ontspan in 'n bad koue water vir 'n hele paar
minute.
Wèl ìs dit nou so, dat, ek toe ek uit die koue water klim, vlugtig
nà 'n blik in die vollengte spieël, gewonder het of daar weer vanaand
langer anatomie spamming gaan wees, maar 'n kwart Castle in
geleidelike herwinning van liggaamstemperatuur, het selfs die
spammers besigheid gekos.

Vandag gery en 'n Corolla gaan koop, en.... haai, hier's dan niemand
nie! Waar is julle?

DD
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3163 is 'n antwoord op boodskap #3160] Wo, 10 Desember 2003 22:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:fb4ftv8qevqne85v5qj965p3irkofrea7h@4ax.com...
>
> Vandag gery en 'n Corolla gaan koop, en.... haai, hier's dan niemand
> nie! Waar is julle?
>
> DD

Jy het 'n kar geKOOP DD??! Daar is 'n hele mitologie nou in sy maai..:-)

Lorinda
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3164 is 'n antwoord op boodskap #3160] Wo, 10 Desember 2003 22:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:fb4ftv8qevqne85v5qj965p3irkofrea7h@4ax.com...
> Gister het ek die kombuis geverf en giteraand, moeg en vol verf,
> in 'n koue bad water geklim. Iets wat nié jy, of Lorinda, nou sal doen
> nie, ná Katryn:-)

Wat bedoel jy? Dat ons nie bad nie, dat ons nie moeg word nie, of dat ons
nie verf nie? Of bedoel jy dalk dat ons sissies is? :-)

Lorinda
Re: om die tafel van die genooides [boodskap #3165 is 'n antwoord op boodskap #3164] Do, 11 Desember 2003 03:04 Na vorige boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

>> "DD" wrote in message

>> Gister het ek die kombuis geverf en giteraand, moeg en vol verf,
>> in 'n koue bad water geklim. Iets wat nié jy, of Lorinda, nou sal doen
>> nie, nè Katryn:-)
>
> Wat bedoel jy? Dat ons nie bad nie, dat ons nie moeg word nie, of dat ons
> nie verf nie? Of bedoel jy dalk dat ons sissies is? :-)

LOL! Ja nee, vra hom Lorinda - sê hom!! ;-)))

Terloops, skuus dat ek so stil en skaarserig is, maar dis mos nou daai
tyd van die jaar en ek kry net nie al my draaie gemaak nie. ;-(

Welkom ook Norbert! ;-)
Vorige onderwerp: 'There was never any mention of the k-word'
Volgende onderwerp: Zim. plan sal ook in SA werk.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 00:11:41 MGT 2024