Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog een vir die taal mense
Nog een vir die taal mense [boodskap #30306] Wo, 03 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom die " n " in Afrikaans gebruik vir die " 'n "
klank?.
Re: Nog een vir die taal mense [boodskap #30325 is 'n antwoord op boodskap #30306] Do, 04 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
T de Wet schreef...
> Ja-nee wat swaer!
>
> Die afkappings N is uniek aan Afrikaans. Dit is 'n verkorting van die 'een'
> vanaf die Hollands. Vroeger had men gepraat van 'een paard'. Nou praat ons
> 'n perd.

Niet helemaal uniek. In het Nederlands gebruiken we het ook. Ik weet
eigenlijk niet of het gebruik op één of andere wijze aan "regeltjes"
gebonden is. Ik gebruik beide schrijfwijzen door elkaar heen.

Het gebruik van dat kwootje kom je verder ook wel eens tegen bij z'n (=zijn,
bezittelijk voornaamwoord), d'r (=haar) en 't (=het) en 'm (=hem).

Gelet op de laatste voorbeelden bedenk ik dat die ' misschien staat voor de
"uh"-klank.

Groeten,
Arthur
Re: Nog een vir die taal mense [boodskap #30326 is 'n antwoord op boodskap #30306] Do, 04 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja-nee wat swaer!

Die afkappings N is uniek aan Afrikaans. Dit is 'n verkorting van die 'een'
vanaf die Hollands. Vroeger had men gepraat van 'een paard'. Nou praat ons
'n perd.

Ek ken nou nie die fonetiek so lekker nie, maar ons afferkaans praters sê
mos 'uh' vir 'n.
Met 'n kort ronde 'u' klank, nie 'n UU klank nie. So, ons sal praat van
"uh" perd. Maar dit kan oor verskil van streek tot streek.

Hier in die Boland (die geboorteplek van ons taal) praat ons van 'uh' maar
in ander streke sal mense dalk praat van 'hin'...

Waar's die taalmense met die etimlogie en die soort van goete?

Thys oppie Bos
Riaan wrote in message ...
> Hoekom die " n " in Afrikaans gebruik vir die " 'n "
> klank?.
>
Re: Nog een vir die taal mense [boodskap #30327 is 'n antwoord op boodskap #30306] Do, 04 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Riaan wrote:

> Hoekom die " n " in Afrikaans gebruik vir die " 'n "

> klank?.

Ek neem aan dat wanneer jy die " 'n " voor 'nwoord gebruik, en jy
luister mooi na die klank,
dan hoor jy nie die -n- wat jy byvoorbeeld in
die woord "naam" hoor nie. Jy is reg. Hulle
is nie dieselfde klanke nie. As mens in fonetiese
skrif skryf, sal hulle nie met dieselfde fonetiese
simbool geskryf word nie. Die " 'n " se klank
verander selfs afhangende van watter woord
daarop volg. Spreek byvoorbeeld " 'n boom"
uit, en dit klink amper soos " im boom." Spreek
" 'n ghoen" uit en dit klink amper soos "ng ghoen."
Daar is 'n hele reeks fonetiese simbole om die
verskillende woorde uit te spreek. (Kyk in 'n
Engelse woordeboek vir fonetiese skrif.)
Die feit dat ons " 'n " voor woorde gebruik,
het eintlik te doen met die feit dat ons die
Nederlandse "een" vervang met die korter " 'n"
wanneer ons skryf. Ek het 'n suspisie die
Nederlanders spreek dit ook maar baie soos
ons uit. Hulle is net meer ou de doos in hulle
neerskryf daarvan.

'n Tannie (onderstebo -e- tanni)
Re: Nog een vir die taal mense [boodskap #30328 is 'n antwoord op boodskap #30306] Do, 04 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Yebo  is tans af-lyn  Yebo
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek is geen taalkenner nie, maar dink " 'n " is 'n verkorting van "een".

Riaan skryf in boodskap news:8eraj2$6ag$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Hoekom die " n " in Afrikaans gebruik vir die " 'n "
> klank?.
>
Vorige onderwerp: Pietman en Liefie
Volgende onderwerp: Zimbawe lanbesseters nou moordenaars
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 20:08:56 MGT 2024