| oorseese strontgatte [boodskap #29749] |
So., 09 April 2000 00:00  |
Reenen van Niekerk
Boodskappe: 441 Geregistreer: April 2000
|
Senior Lid |
|
|
As daar een ding wat my nou behoorlik be#*?**# maak is dit persone wat
oorsee sit op hulle vet gatte en baie te se het oor wat ons in Suid Afrika
moet doen. Plaas hulle eers kyk watter kak in hulle eie land is .Amerika en
Kanada is net so rassisties .Ek wonder wat hulle te se sou gehad het as dit
sy swanger vrou was wat in haar maag gekiet was of sy 10 jaar oue kind wat
verkrag was.En as die doners gevang word stap hulle more weer buit rond.
Alles word blameer op arpartheid maar ek dink persoonlik dit is pure
barbaarsheid
Reenen
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: oorseese strontgatte [boodskap #29792 is 'n antwoord op boodskap #29749] |
Ma., 10 April 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Reenen van Niekerk wrote:
> Alles word blameer op arpartheid maar ek dink persoonlik dit is pure
> barbaarsheid
Ja-nee, ou Reenen, ek dink ook so. Wouter Basson en al daardie snarewat die
bobbejaan se fetus verwyder het en dit buite Tutu se huis opgehang
het, dit is sommer pure barbaarsheid. Al daardie ouens wat op Vlakplaas
en ander plekke mense gemartel het en hulle stadige dode laat sterf het
en braaivleis gehou het terwyl hulle lyke verbrand, dit was sommer pure
barbaarsheid. Al daardie mense wat wette gemaak het en mense verwyder
het uit plekke waar hulle gebore is en hulle hele lewe gewoon het, en hulle
gestuur
het na barre tuislande, hulle was barbare. Moenie dit op "apartheid" blameer
nie. Mens kan seker apart wees en nog sy selfrespek en menslikheid behou.
Die klomp thugs wat aan die bewind was, veral in die tagtigerjare in SA, hulle
was sommer net pure barbare.
Die tannie wat soek na die verraaiers van die Afrikaner se menslikheid.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: oorseese strontgatte [boodskap #29838 is 'n antwoord op boodskap #29749] |
Do., 13 April 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Reenen van Niekerk wrote:
> Ek wil net vir haar vra hoekom gee
> Kanada en Amerika nie die grond terug aan die oorspronklike bewoners
> nie.
Moenie so praat of jy weet wat gaan aan nie.In Kanada word groot dele van die
land weer
onder die direkte bestuur van verskillende
Eerste Nasies geplaas. (Die Nisga-ooreenkoms
doen dit met 'n baie groot deel van British
Columbia.) Die proses gaan orals aan.
Jy kan ook maar ophou om van die VSA
en Kanada as "wit" te praat. Sulke konsepte
bestaan net in die "wit" breine van "wit"
mense. Dis wel waar dat 'n oorwegende
getal van Kanadese burgers immigrante is
uit ander dele van die wereld. Maar kom
kyk hoe 'n stad soos Montreal lyk. Hulle
praat wel omtrent almal om jou Frans, maar
meer as die helfte van die gesigte in die straat
is swart. En die talk show hosts is omtrent
almal nie-"wit." Dis nog net in die politieke
echelons waar die "wit" Franse vasbyt.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: oorseese strontgatte [boodskap #29839 is 'n antwoord op boodskap #29749] |
Do., 13 April 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Reenen van Niekerk wrote:
> Hier is van hulle wat se dit is reg dat die wit boere se plase in Zimbawe
> afgeneem moet word. As ek reg onthou was dit GLOUDINA wat dit te se gehad
> het. Ek weet nie of se n Suidafrikaner is nie of n Kanadees nie.
> Ek neem aan dat sy wel van hier moet kom.
Wel, Reenen, dis nie net my opinie nie, maar die opinie vandie Britse regering
wat toegestem het om te help met die
grond te herversprei. Daar was glo wette op die Zimbabwiese
boeke wat hierdie landshervorming moes reguleer, en dis glo
nie vinnig genoeg gedoen nie. Hoekom Mugabe nie flinker dit
gedoen het nie, kan ek nie verstaan nie. Moenie vir my vertel
dat ek van Mugabe hou nie. Hy is 'n vorige vryheidsvegter wat
daargestel is deur ou Ian Smith se hardekoejawel-posisie aan
die begin. As ou Ian Smith nie so stupid was en 'n eensydige
onafhanklikheidsverklaring uitgevaardig het en die blankes in
Zimbabwe vir dekades aan bewind gehou het nie, sou daar
miskien vandag 'n ander en meer vredevolle en meer respektabele
Zimbabwe bestaan het. Dieselfde in SA. Dis die apartheidsvarke
se skuld dat hulle 'n vryheidsbeweging uiteindelik aan die bewind
gebring het. As daar volle demokrasie in 1948 in SA ingevoer
is, sou SA vandag anders gelyk het.
Ek weet nie presies wat gebeur in SA op die gebied van
grond-herverspreiding nie. Al wat ek weet is wat iemand vir my
vertel het wat sy gesien het gebeur op die plase om Ficksburg.
Sy vertel dat haar tante goeie geld maak deur met blanke boere
te onderhandel om hulle plase te verkoop (teen blykbaar baie
gunstige pryse). Die grond word dan aan swart boere verkoop
op 'n sisteem wat hulle verbind om oor die jare al die geld weer
aan die regering terug te betaal. My informant (wat geen bewonderaar
van die ANC is nie) kry die arme swart boere jammer wat vir hulle
hele lewe moet terug betaal aan die regering, terwyl die oorspronklike
wit boere daardie land heelwaarskynlik teen 'n appel en 'n eie gekoop
het, of dit vry gekry het. Haar oupa ('n Duitser van oorsprong) se
plaas is al in die familie vir omtrent 'n 150 jaar. Die familie boer nog
op die plaas. Maak goed geld. Word nie deur die ANC van die plaas
afgejaag nie. Maar hulle het die gunstige opsie om te verkoop as
hulle wil.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
| Re: oorseese strontgatte [boodskap #29870 is 'n antwoord op boodskap #29749] |
Vr., 14 April 2000 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
@home.com wrote:
>
> Reenen van Niekerk wrote:
>
>> Hier is van hulle wat se dit is reg dat die wit boere se plase in Zimbawe
>> afgeneem moet word. As ek reg onthou was dit GLOUDINA wat dit te se gehad
>> het. Ek weet nie of se n Suidafrikaner is nie of n Kanadees nie.
>> Ek neem aan dat sy wel van hier moet kom.
>
> Wel, Reenen, dis nie net my opinie nie, maar die opinie vandie Britse regering
> wat toegestem het om te help met die
> grond te herversprei. Daar was glo wette op die Zimbabwiese
> boeke wat hierdie landshervorming moes reguleer, en dis glo
> nie vinnig genoeg gedoen nie.
Ek 'glo' jy praat poefies! Duidelik weet jy 'glo' nie waarvan jy praat
nie!
|
|
|
|