Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bep Nieuwhof -oorseese strontgatte
Bep Nieuwhof -oorseese strontgatte [boodskap #29864] Do, 13 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jy is van die gelukkiges wat kon gaan maar jy moet onthou hier sit van ons
wat nie kan gaan nie.

My storie oor die oorseese strontgatte is mense wat ook weg is uit Suid
Afrika en Mense wat nog nooit hier was nie en alles wil afkraak en maak dat
ons wittes die skuld het vir alles in die land.

Die probleem met ons in die land en dan is dit van die Voortrekkers se tyd
is dat ons nooit saam kon staan nie. Daar moet altyd een wees wat ander kant
toe moet trek.Nou waneer ons moet saamstaan gaan dit nog so.

Wat in Zimbabwe gebeur is verkeerd maar niemand gaan by die paar mense staan
nie. Hulle gaan alles verloor . Alles waarvoor hulle jare gewerk het en die
klomp luigatte wat nie wil werk nie voorsien het van kos gaan nou die plase
vat .

Ek hoop jy verstaan my verduideliking wat ek bedoel by oorsee se strontgatte

Reenen van Niekerk
Re: Bep Nieuwhof -oorseese strontgatte [boodskap #29880 is 'n antwoord op boodskap #29864] Vr, 14 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Reenen van Niekerk"

> Jy is van die gelukkiges wat kon gaan maar jy moet onthou hier sit van ons
> wat nie kan gaan nie.
>

Snaaks, dis weinig dat ek myself gelukkig ag in die sin wat jy voorstel -
naamlik om suid-afrika te "ontsnap", om dit te "ontglip". Ek sien nog steeds
my verblyf in die VSA as tydelik en mis suid-afrika daagliks (dit na agt jaar
in die vsa). Ek is wel gelukkig in die ervaring wat ek opdoen, en in velerlei
ander geleenthede wat hul voordoen hier, maar NIE in jou omskrywing wat
suid-afrika as benepe tronk voorstel nie.

> Die probleem met ons in die land en dan is dit van die Voortrekkers se tyd
> is dat ons nooit saam kon staan nie.

Hoe jammer dat jou ons so nou gedefinieer word. Ek wil so graag dat "ons"
eerstens en primer verwys na suid-afrikaners alvorens dit verwys na xhosa of
afrikaner of zulu of wat nie nog nie.
Vorige onderwerp: oorseese strontgatte
Volgende onderwerp: Re: Re Gloudina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 18:09:02 MGT 2024