Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die betekenis van kuil/kuyl
Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28874] |
Mon, 31 January 2000 00:00  |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Halfpad tussen Kaapstad en Stellenbosch is daar 'n plek wat
Kuilsrivier genoem word. Dit lê aan 'n rivier (of eerder 'n
stroompie) met dieselfde naam. Reeds in die vroeë VOC-dae
(1680's) was daar 'n vee-pos met die naam De Kuilen (of, in
sommige tekste, "De Kuylen"). Kuyler of Kuylen kom natuurlik ook
voor as 'n agternaam of van, maar ek twyfel of die plek na 'n
persoon genoem is. Sommige mense sê dat die rivier sy naam gekry
omdat dit vol gate (kuile) was. Ek het ook iewers gehoor dat die
woord "kuil" in die VOC-dae 'n soort van riet beteken het wat op
rivier-oewers groei, maar ek kan geen bevestiging hiervoor kry in
woordeboeke nie.
Weet iemand iets meer oor die herkoms van die naam?
Swart Simon
|
|
|
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28875 is 'n antwoord op boodskap #28874] |
Mon, 31 January 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Simon van der Schans wrote:
> Ek het ook iewers gehoor dat die
> woord "kuil" in die VOC-dae 'n soort van riet beteken het wat op
> rivier-oewers groei, maar ek kan geen bevestiging hiervoor kry in
> woordeboeke nie.
>
> Weet iemand iets meer oor die herkoms van die naam?
>
> Swart Simon
Ja, ek sal ook graag wil weet of die plekname wat op -kill eindigin New
York Staat (Catskill, Peekskill) na dieselfde woord verwys.
Ek het nog altyd aangeneem dat dit na die Nederlandse woord
"kuil" verwys, maar die Catskills is laerige berge, en ek dink nie
daar is 'n Catskill-rivier nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28917 is 'n antwoord op boodskap #28874] |
Fri, 04 February 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
PAT wrote:
> Nou is ons lekker besig om woordoorspronge te ondersoek. Ek ken
> glad nie die woord "'pap" in n rietkonteks nie, maar ek sou wou
> weet,
> wat is die verskil tussen n riet en n biesie.
Bosman en Van der Merwe vertaal "bulrush" as"biesie, matjiesgoed,
papkuil." Hier in Kanada
praat ons van "bulrushes" wanneer ons van dit
praat wat ons langs die Oranje-rivier "spaansriet"
genoem het. (Dis nou die goed met die bruin kers-
agtige ding aan die einde van die steel.Hulle groei
oral hier in Kanada.)
Ek het langs die water van die Oranje-rivier
grootgeword, maar ken glad nie die woord "papkuil"
nie. As biesies en matjiesgoed dieselfde is, is al
daardie matjieshuise dan van biesies gemaak (wat
langs water moet groei"?
Die American Heritage Dictionary verklaar
"bulrush" soos volg: "Any of various grasslike sedges
of the genus Scirpus, growing in wet places. Broadly,
any of various marsh plants, such as the cattail."
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28930 is 'n antwoord op boodskap #28874] |
Sat, 05 February 2000 00:00   |
Kobbe
Boodskappe: 34 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Simon van der Schans schreef in
berichtnieuws 87flke$2i48$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
| @home.com wrote in message
| ...
|
| >[Gloudina:]
| >Bosman en Van der Merwe vertaal "bulrush" as"biesie,
| >matjiesgoed, papkuil." Hier in Kanada
| >praat ons van "bulrushes" wanneer ons van dit
| >praat wat ons langs die Oranje-rivier "spaansriet"
| >genoem het. (Dis nou die goed met die bruin kers-
| >agtige ding aan die einde van die steel.Hulle groei
| >oral hier in Kanada.)
|
| [Simon:]
| So 'n halm met 'n bruin "katstert" aan die end word glo ek
| in Nederlands (of is dit die Nederlands van die17-de eeu?)
| 'n "spier" genoem. 'n Grafiese voorstelling van 'n paar
| van sulke "spiere" verskyn in die embleem van die
| Spier-landgoed - 'n wyn-landgoed naby Stellenbosch,
| langs die Eerste-rivier. Dit | dateer uit die 17-de eeu.
|
| Swart Simon
|
[Kobbe:] Uit etymologisch woordenboek :
'halm, lichaamsdeel, lange paal', vergelijk
middelnederlands 'halmpunt, aar', oudengels
'rietstengel', oudnoors 'stengel, dunne stam'.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #28947 is 'n antwoord op boodskap #28874] |
Mon, 07 February 2000 00:00   |
Arthur Hagen
Boodskappe: 559 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Maarten Jansonius ...
>
> Arthur Hagen schreef:
>
>>>
>>> Die vraag is of dit in die Nederlands van die 17-de eeu ook 'n
>>> ander betekenis gehad het - en miskien anders gespel is (bv.
>>> kuyl).
>>
>> De enige andere kuil die ik ken is een soort visnet. Ik weet niet precies
>> wat voor 'n soort net het is, maar het vissen met kuilen is al een jaar of
>> 20 op het IJsselmeer verboden, dus zal het wel niet zo'n erg "nette" manier
>> van vissen zijn geweest.
>
> Ik heb dit al eerder gepost, maar misschien is het bericht niet
> aangekomen:
>
> Volgens mijn woordenboek Nederlands (Van Dale, 12e druk) heeft 'kuil'
> verscheidene
> betekenissen, waaronder: maalstroom. Dit lijkt me een aannemelijke
> oorsprong voor de naam 'Kuilsrivier', zeker als dit een woelige rivier
> is.
>
Je bericht was al wel aangekomen (31 januari, bericht
38961A70...@sci.kun.nl), maar de discussie was intussen rustig verder
gekabbeld.
De herkomst van de naam 'Kuilsrivier' zal inderdaad wel met het
bovenstaande verklaard kunnen worden, maar ik reageerde specifiek op de
vraag of er nog andere betekenissen voor kuil waren. Aangezien jij
maalstroom al had aangehaald, bleef er nog één niet genoemde betekenis over,
die van visnet.
Misschien dat deze betekenis van kuil een verklaring is voor de naam
'papkuil' voor een soort riet: een soort riet waarvan je geen stevig net kon
vlechten (toegegeven, het is wel erg vergezocht).
Groeten,
Arthur
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die betekenis van kuil/kuyl [boodskap #120254 is 'n antwoord op boodskap #28874] |
Mon, 09 November 2015 07:28  |
cederber...
Boodskappe: 1 Geregistreer: November 2015
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hierdie is nog 'n kop raaisel!
Resident on the farm " Driehoek gelegen aan de groote Kuile
Kuile ? nou waarvan verwys hul hier ?
Cederberg area hier het ons matjies goed,kadette en maalgat/gate.
Enige inligting sal baie help.
Kock, Johann Matthias. -- Bergholz in Brandenburg. Arr. 1744 as so., stable-boy 1747-50, b. 1750. -- 1.5.1763 Elisabeth Maria Sas (Marr. Reg. of Swartland). 7 children. Resident on the farm " Driehoek gelegen aan de groote Kuile ". + 1799.
Dankie
Groete
Dawie Burger
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:54:31 UTC 2025
|