Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "in my kleintyd" deur CHARL DURAND
"in my kleintyd" deur CHARL DURAND [boodskap #28842] Wo, 26 Januarie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

in my kleintyd
die dominee het vertel van die breë en die smal pad, maar hy't niks gesê
van die kronkelpad nie. niks van smal passe waar karavane nie kan ry
nie. hy't niks gesê van padtekens en dronkbestuurders nie. was hy dan
nie heldersiende nie? ek het later jare 'n ateis geword, want wat weet
god. nie ook nie 'n bleek intellektueel nie, maar 'n opregte nikswerd
bier-in-die-vuis ateis. tot eendag het ek 'n dominee opgelaai wat
carnavon toe geryloop het om die sterre te gaan tel. hy kon mooi stories
vertel en op sy visitekaartjie het gestaan: new age moses. nou woon ek
'n voorstedelike dopperkerk by en my vrou sit in die moederskamer. so
word mens ouer, né
Vorige onderwerp: "droom" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Kitaarspeler" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:04:25 MGT 2024