Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ferdi se Voorspelling
Ferdi se Voorspelling [boodskap #28641] So, 02 Januarie 2000 00:00 na volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kan julle nog onthou wat Ferdi, ons eie plaaslike "doomsday" profeet, op
6 Junie te sê gehad het?

Ek haal aan:

"Ideaal langs die piramides in Egipte.

Maar dit sal seker interresat wees om te sien of die ligte nog brand
op 1 Jan!

Ek lees oral dat die VSA ironies die grootste gevaar loop om sonder
elektrisiteit te sit op 1 Jan. Ironies omdat hy so lank reeds
gerekenariseerd is.

So ek hoop Chicago se burgemeester het kerse op sy dinee!

En 'n "shelter" vir die paar dae daarna dat die krag steeds af kan
wees!

Die tydskrif Wired het juis n storie is daaroor. Vertel eintlik aan
die hand van die Kandese "black out" watter chaos dit in die winter in
Noord-Amerika kan wees as die krag ingee - soos baie mense verwag gaan
gebeur op 1 Jan!

Daar word geargumenteer dat daar letterlik miljoene chips in die
elektrisiteits-voorsieningslyne in die VSA is wat krag-lewering
reguleer.
En vreeslik baie van hulle baie oud is en waarskynlik nie die datum
2000 sal kan hanteer nie. Niemand weet eers waar presies sulke chip
geinstalleer is nie.
In talle gevalle bestaan die maatskappye wat hulle gemaak het, nie
eers meer nie.

Dit sal volgens die argument spanning op die kragnet sit - wat gebou
is om bv. eerste die platteland af te sny as daar onderbrekings is.
In Kanada word daar verwag dat hulle krag voor die VSA af sal gaan
omdat hulle krag aan die VSA verkoop en as leweransier die klient
voorop moet stel.

Gloudina, die tydskrif vertel in detail wat in Kanada op die grond
gebeur het begin verlede jaar. Dit word tereg as (as dit alles waar
is) "frozen hell" beskryf.

Geen krag vir dae in ysige toestande, stukkende telefone en later in
Quebec ook water-vorraad wat opraak omdat daar nie krag vir suiwering
is nie.
En natuurlik geen elektroniese betaling nie - net kontant - omdat
ATM's en "swipes" vir kredietkaarte nie werk nie. Jou kar ry ook net
sover as wat daar petrol in die tenk is omdat daar nie krag is om te
pomp by die vulstasies nie.

Nou wonder ek of die yanks nie almal n paar duisend dollar in kontant
gaan trek voor Nuwejaar nie - net "in case".
Sal dit n effek op die bankstelsel he?

(Koop goud ke^rels! Net in geval...!)

(he,he,he....)"
Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28652 is 'n antwoord op boodskap #28641] Ma, 03 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 3 Jan 2000 21:40:43 +0800, "Beta One"
wrote:

Het jy geweet meer geld is in die afgelope drie, vier jaar wereldwyd
bestee om Y2K aanpasbaar te word as wat die hele Tweede Wereldoorlog
gekos het?

[/color]
> Of miskien moet ek maar net laaste lag met 'n lekker he he he...>>
Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28653 is 'n antwoord op boodskap #28641] Ma, 03 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 02 Jan 2000 04:20:08 GMT, Johan wrote:

>[/color]

Johan,
Lees wat ek gepos het. Jy haal dit volledig aan.

Miskien moet jy bietjie beter lees, of hoe?
Dan sal jyb sien dat ek bloot gese het wat Wired geskryf het. Niks
meer nie.

Met ander woorde ek het niks gese nie. Net gese wat andere se.

Net in geval jy nie weet nie, Wired is n Amerikaanse tegnologie
tydskrif. Jy kan hulle op die net kry by www.wired.com of
www.hotwired.com as ek nou reg onthou.

Miskien moet jy soontoe gaan want sien, jou argument is met hulle - en
uiteindelik met die mense in die VSA wat hulle aangehaal het. Nie met
my nie.
Ek het net gese wat hulle argumenteer. Check self hieronder waar jy my
aanhaal.

>
> Ek haal aan:
>
> "Ideaal langs die piramides in Egipte.
>
> Maar dit sal seker interresat wees om te sien of die ligte nog brand
> op 1 Jan!
>
> Ek lees oral dat die VSA ironies die grootste gevaar loop om sonder
> elektrisiteit te sit op 1 Jan. Ironies omdat hy so lank reeds
> gerekenariseerd is.
>
> So ek hoop Chicago se burgemeester het kerse op sy dinee!
>
> En 'n "shelter" vir die paar dae daarna dat die krag steeds af kan
> wees!
>
> Die tydskrif Wired het juis n storie is daaroor. Vertel eintlik aan
> die hand van die Kandese "black out" watter chaos dit in die winter in
> Noord-Amerika kan wees as die krag ingee - soos baie mense verwag gaan
> gebeur op 1 Jan!
>
> Daar word geargumenteer dat daar letterlik miljoene chips in die
> elektrisiteits-voorsieningslyne in die VSA is wat krag-lewering
> reguleer.
> En vreeslik baie van hulle baie oud is en waarskynlik nie die datum
> 2000 sal kan hanteer nie. Niemand weet eers waar presies sulke chip
> geinstalleer is nie.
> In talle gevalle bestaan die maatskappye wat hulle gemaak het, nie
> eers meer nie.
>
> Dit sal volgens die argument spanning op die kragnet sit - wat gebou
> is om bv. eerste die platteland af te sny as daar onderbrekings is.
> In Kanada word daar verwag dat hulle krag voor die VSA af sal gaan
> omdat hulle krag aan die VSA verkoop en as leweransier die klient
> voorop moet stel.
>
> Gloudina, die tydskrif vertel in detail wat in Kanada op die grond
> gebeur het begin verlede jaar. Dit word tereg as (as dit alles waar
> is) "frozen hell" beskryf.
>
> Geen krag vir dae in ysige toestande, stukkende telefone en later in
> Quebec ook water-vorraad wat opraak omdat daar nie krag vir suiwering
> is nie.
> En natuurlik geen elektroniese betaling nie - net kontant - omdat
> ATM's en "swipes" vir kredietkaarte nie werk nie. Jou kar ry ook net
> sover as wat daar petrol in die tenk is omdat daar nie krag is om te
> pomp by die vulstasies nie.
>
> Nou wonder ek of die yanks nie almal n paar duisend dollar in kontant
> gaan trek voor Nuwejaar nie - net "in case".
> Sal dit n effek op die bankstelsel he?
>
> (Koop goud ke^rels! Net in geval...!)
>
> (he,he,he....)"
>
Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28654 is 'n antwoord op boodskap #28641] Ma, 03 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Beta one  is tans af-lyn  Beta one
Boodskappe: 12
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
Nouja, wat sal ek se? Die eentonige sinnetjie herhaal wat se "Y2K probleme
is meestal deur die media geskep" of sal ek maar net se " I told you so!"

Of miskien moet ek maar net laaste lag met 'n lekker he he he...

"Johan" wrote in message > Nou wonder ek of die yanks nie almal
n paar duisend dollar in kontant
> gaan trek voor Nuwejaar nie - net "in case".
> Sal dit n effek op die bankstelsel he?
>
> (Koop goud ke^rels! Net in geval...!)
>
> (he,he,he....)"
>
Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28659 is 'n antwoord op boodskap #28641] Di, 04 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Jy het nerens in die stuk gesê dat jy van hulle verskil nie en ek dink dit
is dan veilig om te aanvaar jy ondersteun die aanhaling se strekking, veral
as jy tot die groot moeite gaan om dit te vertaal en oor te vertel, ipv
cut'n'paste.

Is dit so erg om te erken dat jy regtig sou lekkerkry as Amerika probleme
gehad het met hulle krag en rekenaars? Dis heeltemaal jou reg om so
standpunt te hê.

Om nou so erg jou standpunt te wil ontken, vat net van jou
geloofwaardigheid weg:

> Lees wat ek gepos het. Jy haal dit volledig aan.

Ek wou juis nie selektief wees nie.

> Miskien moet jy bietjie beter lees, of hoe?
> Dan sal jyb sien dat ek bloot gese het wat Wired geskryf het. Niks
> meer nie.
> Met ander woorde ek het niks gese nie. Net gese wat andere se.

Maw jy het geen standpunt van jou eie nie...?

> Net in geval jy nie weet nie, Wired is n Amerikaanse tegnologie
> tydskrif. Jy kan hulle op die net kry by www.wired.com of
> www.hotwired.com as ek nou reg onthou.
>
> Miskien moet jy soontoe gaan want sien, jou argument is met hulle - en
> uiteindelik met die mense in die VSA wat hulle aangehaal het. Nie met
> my nie.
> Ek het net gese wat hulle argumenteer. Check self hieronder waar jy my
> aanhaal.
>>
>> Ek lees oral dat die VSA ironies die grootste gevaar loop om sonder
>> elektrisiteit te sit op 1 Jan. Ironies omdat hy so lank reeds
>> gerekenariseerd is.

Jy lees "oral"? Ek dog dis net in Wired? Ek sou nou nie die ou Wired
tydskriffie die eer gee om hulle as "oral" te beskou nie!

>> So ek hoop Chicago se burgemeester het kerse op sy dinee!

Aanhalingstekens sou hierdie sin minder laat klink of dit net jy alleen is
wat dit sê

>> Nou wonder ek of die yanks nie almal n paar duisend dollar in kontant
>> gaan trek voor Nuwejaar nie - net "in case".

Jy, of die yanks? In Wired?

Ferdi, wees maar saam met ons bly daar was nie kragonderbrekings wat mense
se lewens in gevaar gestel het nie. Wees maar eerder saam met ons bly dat
die hele ding so sonder voorval gebeur het.

Johan
Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28660 is 'n antwoord op boodskap #28641] Di, 04 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Het jy geweet meer geld is in die afgelope drie, vier jaar wereldwyd
> bestee om Y2K aanpasbaar te word as wat die hele Tweede Wereldoorlog
> gekos het?

Is dit nie wonderlik nie!!! Hierdie keer kon die mensdom geld spandeer om
lewens te red!!

En as bonus is die rekenaar stelsels ook sommer weer 'n slag opgradeer. Geld
kon skaars beter spandeer wees. Jy het regtig hier 'n soeklig op die saak
gesit waaraan ek nog nooit gedink het nie!

En dan natuurlik al die werksgeleenthede en groei in die ekonomie wat
veroorsaak is deur al daardie besteding!

Ek verstaan net Rusland en daardie lande om hom het nie so baie gebaat nie,
omdat hulle nie so gerekenariseerd is as die res van die wereld nie.

Groete!
Johan
Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28661 is 'n antwoord op boodskap #28641] Di, 04 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 04 Jan 2000 04:37:42 GMT, Johan wrote:



Ook nie dat ek saamstem nie.
En dit was my posisie - dat ek nie verskil of saamstem nie.
Maar dat ek sure as hell Oujaarsaand gaan opbly om te kyk wat gebeur.

is dan veilig om te aanvaar jy ondersteun die aanhaling se strekking, veral[/color]
> as jy tot die groot moeite gaan om dit te vertaal en oor te vertel, ipv
> cut'n'paste.>>

Nee. Eenvoudig dat ek gedink het - en steeds dink - dat dit 'n
fassinerende situasie was. n Reuse bedreiging en 'n moerse poging om
dit op te los.
En dat mense in die VSA - programmeerders onder meer - reken die
probleem gaan wen.

gehad het met hulle krag en rekenaars? Dis heeltemaal jou reg om so[/color]
> standpunt te hê.>>

Ek sou 'n klein rukkie lekker gekry het, ja. Maar dit sou getemper
gewees het deur die wete dat as die VSA crash dan crash Wall Street.
En as Wall Street crash dan crash the JSE. En as die JSE crash dan
verloor my bietjie spaargeld in unit trusts waarde asof dit uit die
mode gaan, styg die huis-paaiemente skielik en kry en waarskynlik geen
verhoging vanjaar nie.

geloofwaardigheid weg:>>[/color]

En dit vat geloofwaardigheid in jou weg om standpunte toe te dig wat
duidelik nie bestaan nie. En om klaarblyklik te dink dat mens met iets
moet verskil of saamstem en dat jy nie bewus daarvan kan wees sonder
om "kant te kies" nie.

Soos: Dink jy daar is spanning in terme van kernwapens tussen Indie en
Pakistan? Is Kashmir n potensiele "flash point"?

Dink jy mens kan daarvan bewus wees en jou selfs daaroor bekommer
sonder om aan of Indie of Pakistan "se kant te wees"?

[/color]
> Maw jy het geen standpunt van jou eie nie...?>>>

Nie voor 31 Des. of Y2K "gaan gebeur" of nie. Ek het te min geweet
daarvan. In fact om trent al die kenners wat ek mee gepraat het
daaroor was ewe onseker.

>Ek lees oral dat die VSA ironies die grootste gevaar loop om
sonder
>>> elektrisiteit te sit op 1 Jan. Ironies omdat hy so lank reeds
>>> gerekenariseerd is.
>
> Jy lees "oral"? Ek dog dis net in Wired? >>

Nee Johan. Nie net in Wired nie. Daar was nogal baie oor die Y2K
probleem geskryf, weet jy.

>So ek hoop Chicago se burgemeester het kerse op sy dinee!
>
> Aanhalingstekens sou hierdie sin minder laat klink of dit net jy alleen is
> wat dit sê>>

Jy sou dit ook nie verstaan het nie.

>Nou wonder ek of die yanks nie almal n paar duisend dollar in
kontant
>>> gaan trek voor Nuwejaar nie - net "in case".
>
> Jy, of die yanks? In Wired?>>

Miskien het jy al gehoor van die miljarde dollars wat die Amerikaanse
reserwe bank voor 1 Jan gedruk en beskikbaar gestel het? Raai hoekom.
Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28664 is 'n antwoord op boodskap #28641] Wo, 05 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 05 Jan 2000 04:33:13 GMT, Johan wrote:

die neutraliteit wat jy hier bo kleim. Gaan lees weer jou oorspronklike plasing[/color]
> in geheel en ek is seker jy sal my moet toegee dat dit baie maklik is om daarin
> te lees dat jy nie neutraal is nie.>>

Kom ons kom ooreen dat ons verskil oor wat ek dink.

Neewat Ferdi, dis so regte Huisgenooterigge storie. Daar was geen run op die[/color]
> banke nie,>>

Lyk my daar was n run op jou verbeelding. Moenie so op loop gaan nie.
n Run op n bank vereis juis dat daar NIE VOORAF voorsienieng gemaak
word vir uitermate kontant-onttrekkings nie. n Run is ook wanneer
almal al hul geld dadelik wil he en die bank dit nie dadelik kan lewer
nie omdat die geld elders bele is.

Wat in die VSA gebeur het - en moenie my woord daarvoor vat nie, bel
julle treasury of bel n koerant of iets, vind self uit - is dat daar
teen die einde van die jaar meer geld as gewoonlik beskikbaar gemaak
is in fisieke vorm - m.a.w. in die vorm van note en nie net as syfers
wat in rekeninge verander kan word nie - omdat daar vewag was dat
Amerikaners voor 1 januarie meer as gewoonlik kontant gaan trek. Let
wel - nie al hul geld nie. Net meer as gewoonlik.

As jy nie daarvan hou dat die geld toe beskikbaar gestel is nie is ek
jammer. Ek weet nie wat ek kan doen om dit vir jou makliker te maak
nie. Maar dis ongelukkig die waarheid dat daar meer geld beskikbaar
gestel is vir groter verwagte onttrekkings.
Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28665 is 'n antwoord op boodskap #28641] Wo, 05 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:

> En om klaarblyklik te dink dat mens met iets
> moet verskil of saamstem en dat jy nie bewus daarvan kan wees sonder
> om "kant te kies" nie.
>
> Soos: Dink jy daar is spanning in terme van kernwapens tussen Indie en
> Pakistan? Is Kashmir n potensiele "flash point"?
>
> Dink jy mens kan daarvan bewus wees en jou selfs daaroor bekommer
> sonder om aan of Indie of Pakistan "se kant te wees"?
>

Ek is bereid om die standpunte wat jy hier stel almal te aanvaar, behalwe vir
die neutraliteit wat jy hier bo kleim. Gaan lees weer jou oorspronklike plasing
in geheel en ek is seker jy sal my moet toegee dat dit baie maklik is om daarin
te lees dat jy nie neutraal is nie.

En waar hoor jy die volgende rumour???!!!
Neewat Ferdi, dis so regte Huisgenooterigge storie. Daar was geen run op die
banke nie, en as kontant tuis gehou is, was die bedrae laag. Amerikaners is te
gewoond om met tjeks te betaal, en oral is tjeks op die 31ste aanvaar, asook op
die 1ste. Al my kollegas (Amerikaans) met wie ek kon praat, het voor die voet
gesê hulle het bietjie gebottelde water en 'n paar kerse gekoop. Hier was baie
kragopwekkers op die rakke en bleikbaar nie 'n groot stormloop daarop nie.

Iemand by ons kerk het blykbaar voor die tyd sowat $3000 spandeer om homself
voor te berei met kragopwekker en kos en water en sy vrou het vertel dat niemand
hom ernstig opneem nie.

Meeste ous se kommentaar was na die tyd: O wel, nou het my flits weer na jare
nuwe batterye.

> Miskien het jy al gehoor van die miljarde dollars wat die Amerikaanse
> reserwe bank voor 1 Jan gedruk en beskikbaar gestel het? Raai hoekom.

Soos ek kon aflei, en volgens my beperkte ervaring, was die hele Y2K episode
nogal baie soos die 94 verkiesing: 'n paar ekstremiste het oorreageer en die
oorgrote meerderheid het weinig gepanic en nog minder gedoen. Hier was 'n
stille gerustheid, tot so mate dat ek self eers teen vyfuur die aand besef het
ek het net $60 in my beursie en toe ek en my vrou daaroor praat, het ons
doodeenvoudig besluit dat as ons iets nodig het, ons met 'n kaart of dan 'n tjek
kan betaal.
Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28667 is 'n antwoord op boodskap #28641] Do, 06 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Beta one  is tans af-lyn  Beta one
Boodskappe: 12
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi,

Dis nogal groot geld in enige ou se taal. Ek wil dit miskien net duidelik
maak dat ek nie gese het dat die Y2K probleem 'n figment van iemand se
verbeelding was nie. Ek het dit teen die amperse massa histerie wat die
media ontlok het, en natuurlik ook Hollywood wat so bietjie "ingecash" het
op die tema.

Ek het dit teen die doemprofete wat gese het jou mikrogolf oond sal nie meer
werk nie en vliegtuie sal uit die lug val. Ek het dit teen mense wat die
boodskap verdoesel het dat Y2K net 'n datum is en nie mooi verduidelik het
hoe 'n DATUM jou toebehore sal beiinvloed nie. (van wanneer af hou 'n DATUM
'n vliegtuig in die lug? Ek het altyd gedog dis aerodinamika..)

Indien enige bank (bv.) sou nalaat om Y2K aanpasbaar te word dan sou daar
inderdaad miljoene verlore kon gegaan het. Maar erens het 'n paar ou
gierigaards die gap gesien en lekker geld gemaak op slapende honde wat met
rus gelaat kon word.

Beta.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:387cc9c1.19946106@news.icon.co.za...
> On Mon, 3 Jan 2000 21:40:43 +0800, "Beta One"
> wrote:
>
> Het jy geweet meer geld is in die afgelope drie, vier jaar wereldwyd
> bestee om Y2K aanpasbaar te word as wat die hele Tweede Wereldoorlog
> gekos het?
>
> >
>> Of miskien moet ek maar net laaste lag met 'n lekker he he he...>>
>
Re: Ferdi se Voorspelling [boodskap #28668 is 'n antwoord op boodskap #28641] Do, 06 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
> > Neewat Ferdi, dis so regte Huisgenooterigge storie. Daar was geen run op die
>> banke nie,>>
>
> Lyk my daar was n run op jou verbeelding. Moenie so op loop gaan nie.
> n Run op n bank vereis juis dat daar NIE VOORAF voorsienieng gemaak
> word vir uitermate kontant-onttrekkings nie. n Run is ook wanneer
> almal al hul geld dadelik wil he en die bank dit nie dadelik kan lewer
> nie omdat die geld elders bele is.
>

'n Run op 'n bank betken bloot dat mense hul geld in depositos in
kontant wil omskakel maar probleem is bloot dat die bank nie soveel
likiede bates het om aan die vereistes te voldoen nie, omdat die bankwet
slegs vereis dat 'n bank 'n persentasie van die depositos wat hy neem
beskikbaar sal hê as likiede bates. As almal nou na 'n bank toe gaan en
hul geld aanvra sal die bank nie genoeg geld waarde op sy boeke hê om
aan die versoeke te voldoen nie sonder dat die kontant eers ter sprake
kom.
Vorige onderwerp: cape malay chicken breyani (with lentils)
Volgende onderwerp: Re: the only solution for ZA- Partition
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 11:51:06 MGT 2024