Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Advies om: Beskerming van mense regte in Asie te verhoog
Advies om: Beskerming van mense regte in Asie te verhoog [boodskap #28437] So, 12 Desember 1999 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regerings van Sjina en Asie, asook elders op die Planeet,
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die
toekoms. Vir die Persone van Sjina en Asia, asook elders op die
Planeet. Veral in die super beskerming van Sjina en Asie se bevolking,
toeriste en Tibetane. Asook volgende aspekte: Beleid en politieke
stabiliteit, Wisselwerking beheer, Deelname aan die ekonomie,
Belasting, Arbeidsmark, Openbare gesondheid, Sport en ontspanning,
Publieke administrasie, Energie en water verskaffing, Mynbou,
industriele en finansiele hulp bronne, Onderwys en opleiding, Skep en
onderhou van werks geleendhede, Opleidings vaardighede beskikbaar aan
die ekonomie, Kwaliteit en integriteit om wet en orde te handhaaf,
Behuising, Vervoer en infrastruktuur, IT, Tegnologie en
telekommunikasie, Handel, Rasse verhoudinge, Plaaslike en Globale
vriendskappe, Boerdery, Voedsel en drank verskaffing, Programme om
armes te help, Media en bemarking, Tabak industrie, Rook vrye
samelewing, Veiligheid en sekuriteit, veral beskerming teen individuele
en organiseerde misdaad in die volgende aspekte: Dwelm smokkelary,
onwettige wapen handel, voertuig kaping, kinder mishandeling en
ontvoering, ens. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer. Behalwe vir die metode wat Sjina gebruik het om
Tibet in Sjina in te sluit.

Wil graag Mense Regte Organisasies en Aktiviste gelukwens vir die super
sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir Persone van die
Planeet. Veral vir die veldtog om bekostigbare medisyne te bekom, o.a.
vir miv+ / vigs. Asook om die Regerings van die Planeet te ondersteun
om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie
dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om Westerse ondersteuning van
Sjina se pragtige mense regte beleid te verhoog. Behou geloof, hoop en
liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel
ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die
gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik
net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Sal aanbeveel Sjina nooi Mense Regte Spesialiste van regoor die
Planeet, veral VSA, Engeland en Europa uit om Sjina se mense regte
beleid te ondersteun, indien dit nie alreeds gedoen is nie. Asook om
Sjina se pragtige mense regte beleid deur die Media te verhoog.

Ook kan Sjina en Mense Regte Spesialiste 'n Asiese Organisasie begin,
indien dit nie alreeds bestaan nie, om die beskerming van mens regte te
verhoog in die gebied. Sal aanbeveel om alle Asiese Lande uit te nooi
om deel te neem hieraan. Lande kan tegnieke deel hoe hulle mense regte
beskerm. Ook om alreeds goeie verhoudinge met mense regte organisasies
en aktiviste te verhoog, asook om wedersydse ondersteuning in die
toekoms verder te verbeter.

Maak suksesse bekend d.m.v. Media. Veral die Internasionale Media.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Suksesse
bekend gemaak in die Media sal ondersteuning aan Sjina en Asiese lande
vergroot. :) Sjina se ondersteuning van mense regte organisasies en
aktiviste sal vergroot word. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep
word. :)

Lande en Organisasies wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n beter
wereld.

Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu d.m.v.
grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukkige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste
van 'n veranderende situasie kan maak. :)

Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
u Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Re: Advies om: Beskerming van mense regte in Asie te verhoog [boodskap #28493 is 'n antwoord op boodskap #28437] Di, 14 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koki  is tans af-lyn  Koki
Boodskappe: 1
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 12 Dec 1999 13:22:03 -0800, reisiger
wrote:

[Knip!]

> Dit word inniglik waardeer. Behalwe vir die metode wat Sjina gebruik het om
> Tibet in Sjina in te sluit.

Jippie. Ek's bly jy dink nou nie meer dit was pragtig nie.

[Knip!]

> 'n Saak wat na aan die hart raak, is om Westerse ondersteuning van
> Sjina se pragtige mense regte beleid te verhoog. Behou geloof, hoop en
> liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel
> ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die
> gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik
> net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

"Pragtige menseregte beleid" se maai. Is dit vir jou pragtig dat die
arme en vreedsame Falun Gong beoefenaars (asemhalingsoefeninge) as
vyande van die staat gearresteer en opgesluit word?
Jy moet eerder jou kop laat lees.

> Sal aanbeveel Sjina nooi Mense Regte Spesialiste van regoor die
> Planeet, veral VSA, Engeland en Europa uit om Sjina se mense regte
> beleid te ondersteun, indien dit nie alreeds gedoen is nie. Asook om
> Sjina se pragtige mense regte beleid deur die Media te verhoog.

Soos Yeltsin, miskien? Ek sal aanbeveel die wêreld laat staan sy
dubbele standaarde -- Groot bohaai oor Kosovo, maar die Tsjetsjene
word sommer maar uitgewis. Selfde met Koeweit, maar nie met
Oos-Timor, of Rwanda nie. Groot Geld regeer die wêreld, en as jy
aan hulle olie of strategiese liggings en opslagplekke raak, word jy
uitgewis. Konsekwentheid om "menseregte" te beskerm bestaan nie.
Ons liewe presidentjie Thabo Mbeki bewe eerder voor die magtige
rooi gevaar as om die Dalai Lama te ontmoet, ingeval hy hulle dalk
sou ontstel. Foei tog, en dit nadat die wêreld sy eie volk uit die
verdruking gehelp het, is hy nie bereid om eers te probeer om
dieselfde te doen vir andere nie, die Tibetane, Taiwannese en
Timorese moet maar net gaan bars.

> Ook kan Sjina en Mense Regte Spesialiste 'n Asiese Organisasie begin,
> indien dit nie alreeds bestaan nie, om die beskerming van mens regte te
> verhoog in die gebied.

Ook kan God hulle bietjie straf, vir al wat ek omgee. Wat van 'n groot
vloed, aardbewings en 'n paar pessiektes?

> Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :)

Die dag kom, en hy brand soos 'n oond...

[Knip!]

> My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
> Perfeksie nodig. :)
>
> Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
> u Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
> Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
> Peil. :)

Pienk en Plesierig Poseer ons Ploert-Ploert oor die klawers.

Reisiger besef nie hoeveel onnodige energie hy uitmors om dieselfde ou
vervelige versies oor en oor te pos nie.

Kry nou end, man! Of kry jou ry, magtag.

Ek stel voor jy stig vir jou 'n nuusgroep alt.reisiger.wysheid, en
basta hier!
Re: Advies om: Beskerming van mense regte in Asie te verhoog [boodskap #28494 is 'n antwoord op boodskap #28437] Di, 14 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Koki wrote:

> . Konsekwentheid om "menseregte" te beskerm bestaan nie.
> Ons liewe presidentjie Thabo Mbeki bewe eerder voor die magtige
> rooi gevaar as om die Dalai Lama te ontmoet, ingeval hy hulle dalk
> sou ontstel. Foei tog, en dit nadat die wêreld sy eie volk uit die
> verdruking gehelp het, is hy nie bereid om eers te probeer om
> dieselfde te doen vir andere nie

Ja, hulle doen presies dieselfde hier in Kanada met die Dalai Lama.Die regerings
weier om enigiets met hom te doen te he. Hy word
alleen deur instansies soos kerke (veral die Katolieke Kerk) onder
die vleuels geneem.
Wie laaste lag, lag natuurlik die lekkerste. Terwyl die Boeddhiste nou
uit Tibet uit gedruk is, versprei die Boeddhisme oor die hele wereld.

Gloudina
Re: Advies om: Beskerming van mense regte in Asie te verhoog [boodskap #28566 is 'n antwoord op boodskap #28437] Di, 21 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Koki wrote:
>
>> . Konsekwentheid om "menseregte" te beskerm bestaan nie.
>> Ons liewe presidentjie Thabo Mbeki bewe eerder voor die magtige
>> rooi gevaar as om die Dalai Lama te ontmoet, ingeval hy hulle dalk
>> sou ontstel. Foei tog, en dit nadat die wêreld sy eie volk uit die
>> verdruking gehelp het, is hy nie bereid om eers te probeer om
>> dieselfde te doen vir andere nie
>
> Ja, hulle doen presies dieselfde hier in Kanada met die Dalai Lama.Die regerings
> weier om enigiets met hom te doen te he. Hy word
> alleen deur instansies soos kerke (veral die Katolieke Kerk) onder
> die vleuels geneem.
> Wie laaste lag, lag natuurlik die lekkerste. Terwyl die Boeddhiste nou
> uit Tibet uit gedruk is, versprei die Boeddhisme oor die hele wereld.
>

Ja selfs Bronkhorspruit kan spog met 'n tempel - RODVEHMMV!
Vorige onderwerp: Dankie Sjina
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Sowjet Republieke Mense Regte Alliansie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 11:42:19 MGT 2024