Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "ballade van die beskawing" deur TOM GOUWS
"ballade van die beskawing" deur TOM GOUWS [boodskap #28193] Vr, 26 November 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

ballade van die beskawing
Tom Gouws

langs ou opstalle en waterlope
is turksvy, wegloopden en mak-sering
tekens van 'n ingedringde
makgemaakte aarde, die doringknope

van ondeurdringbare garingboomlanings
hou indringers veilig buite, maar binne
die vleie, in syerige turflaagtelinne,
groei soetdorings digter binne stanings

as buite. die langbaardpioniers en pagters
van hierdie gramadoelas veg steeds ononderbroke
teen die geil groei daarbuite. hul voorvaderspoke,
sê hulle, onbewaak, is immer wakende wagters

wat onsienlik soos die skurwe boom-aalwyntjies insmelt
met die rantjies van die ruwe vuursteenrotse
buite die toegeëinde bakens, hulle eer God se
kleim op beskawing hier met so 'n skoongekapte veld.
Vorige onderwerp: "Rietsang" deur PETRA MULLER
Volgende onderwerp: "Kersfees in die ouetehuis" deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 04:29:13 MGT 2024