Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Rietsang" deur PETRA MULLER
"Rietsang" deur PETRA MULLER [boodskap #28186] Do, 25 November 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

RIETSANG (elegia juncea : duineriet)
Petra Muller

die riete se naam is elegies
die riete se naam is “elegies”

elegies elegies - die wind en die riete -
deur eeue - die wind as dit vee
deur die riete - die riete wat meegee -
elegies!

elegies.... wat spriet en ... elegies. Riete:
Oktober sal kom, en julle gesny word. Hans Huis
sal die riethuis van nuuts af kom staan maak

en julle sal wag tot die winter gekom het,
en blom, onvermeld, met 'n blom wat sy teerheid
verskuil in 'n hulsel bruin skubbe;

moet niks meer vertel nie, dis alles 'n stilte:
die uintjie, die ribbok, die slangtamarak -
moet niks meer vertel nie : die veld
onvertaalbaar, bly altyd
die veld.
Vorige onderwerp: "Siestog" deur INA ROUSSEAU
Volgende onderwerp: "ballade van die beskawing" deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 06:59:57 MGT 2024