Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stem in die mis
Stem in die mis [boodskap #2817] Ma, 27 Oktober 2003 22:50 na volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het vir twee dae nie nuusgroep toegang gehad nie (ek kon nie pos sien of
pos nie), en ek wou so graag nou die aand vir julle vertel van die Rocky
Horror Picture SHow. Dalk is dit 'n goeie ding dat ek gewag het tot ek sober
is:-))

Lorinda
Re: Stem in die mis [boodskap #2818 is 'n antwoord op boodskap #2817] Do, 30 Oktober 2003 16:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Ek het vir twee dae nie nuusgroep toegang gehad nie (ek kon nie pos sien of
> pos nie), en ek wou so graag nou die aand vir julle vertel van die Rocky
> Horror Picture SHow. Dalk is dit 'n goeie ding dat ek gewag het tot ek sober
> is:-))

LOL! Dit klink asof jy 'n heerlike tydjie gehad het. As ek vir julle
moet vertel waarom ek stil was, sou julle dit nie glo nie. Maar ek
sal in elkgeval...ek was besig om my civic duty as Amerikaanse burger
na te kom. Was opgeroep vir jury duty....aaaarrrgh!! :-(
Die keer kon ek nie daaruit kom nie, maar dis gelukkig nou oor, en dit
was nogal interessant. Nou nie soos RHPS interessant nie, maar
nogsteeds...:-)
Re: Stem in die mis [boodskap #2820 is 'n antwoord op boodskap #2817] Do, 30 Oktober 2003 23:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f9d9f3e_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
> Ek het vir twee dae nie nuusgroep toegang gehad nie (ek kon nie pos sien of
> pos nie), en ek wou so graag nou die aand vir julle vertel van die Rocky
> Horror Picture SHow. Dalk is dit 'n goeie ding dat ek gewag het tot ek sober
> is:-))
>
> Lorinda
>
>

:-)) Is jy al sober? Sober genoeg voor een aardig verhaal over rubber
handschoenen en kilopakken rijst?
Vertel ons dit verhaal, hoe jouw haren nog verder van je hoofd af kwamen te
staan van de schrik.:-))
Ik heb zo'n verhaal nodig, want wij zijn hier behoorlijk in mineurstemming:
mijn schoonzusje (46 jaar) is net geopereerd aan borstkanker en heeft te
horen gekregen dat ze een behoorlijk agressieve vorm hiervan heeft. Ik lees
alles wat los en vast zit over deze ziekte. Eén op de tien vrouwen in
nederland krijgt deze ziekte, erg veel dus.

Iedereen heeft het erg druk hier?? Ik ook al, mijn oudste kind is nu bijna
de deur uit, morgen worden de kachels aangesloten en dan zal het zo
langzamerhand wel zover zijn. Maar je weet het maar nooit....:-))
Volgende week ga ik naar een vriendin in Ierland, dan zal ik hier ook al
niet zijn. Maar vóór die tijd wil ik je verhaal horen.
Lorindaaaaaaaaaaa!!!!!

groeten van Roely
Re: Stem in die mis [boodskap #2821 is 'n antwoord op boodskap #2818] Do, 30 Oktober 2003 23:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:b5f2qvksh0hlngv4950r5l7hnbtrc3r5d0@4ax.com...
> sal in elkgeval...ek was besig om my civic duty as Amerikaanse burger
> na te kom. Was opgeroep vir jury duty....aaaarrrgh!! :-(
> Die keer kon ek nie daaruit kom nie, maar dis gelukkig nou oor, en dit
> was nogal interessant. Nou nie soos RHPS interessant nie, maar
> nogsteeds...:-)
> \

Dit klinkt baie interessant Katryn! Wij hebben dat systeem niet in Nederland
en kennen het alleen maar van Amerikaanse series als JAG. Ken jij JAG
trouwens? Mijn kinderen kijken graag naar die glamourwereld van mooie
uniformen, F16's en vliegdekschepen. En natuurlijk naar die onderhuidse
aantrekkingskracht tussen Mac en Harm. Wij steken nog heel wat op van de
Amerikaanse juridische termen: Objection! Approach!
Oordelen over iemand zonder dat je daarvoor opgeleid bent lijkt me overigens
erg moeilijk. "Das gesundes Volksempfinden" moet je veroordelen? Ik ben
blij dat we hier een ander rechtssysteem hebben. Maar het blijft
interessant!

groeten van Roely
Re: Stem in die mis [boodskap #2825 is 'n antwoord op boodskap #2821] Vr, 31 Oktober 2003 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" wrote:

> Dit klinkt baie interessant Katryn! Wij hebben dat systeem niet in Nederland

In SA was daar ook so jurie sisteem jare gelede.
My saak was eintlik vervelig, want dit was 'n "sny en droog" saak in
die verkeershof.
Die aangeklaagdes vir verkeersoortredings hier in my county kan kies
of hulle verhoor wil word met 'n jurie teenwoordig of slegs die
"bench".
Dié ou was 'n kansvatter, en ek voel baie goed oor ons wetstelsel
nadese. :-) Maar ek weet wat jy bedoel, en het selfs al baie
bedenkinge gehad oor ons jurie stelsel en die hele ding met die Magna
Carta en so aan.
Ons moes na so ellelange video kyk voor die tyd, en dit het alles so
mooi en duidelik gemaak - as ek nou net meer aandag gegee het, kon ek
dalk vreeslik "slim" geklink het en vir jou al die voordele van ons
stelsel uitwys. ....maar gelukkig is jy dit nou gespaar.
Bottomlime is dat ek nie dink daar is 'n "perfekte" sisteem nie, maar
ek verkies ons stelsel vir verskeie redes. Dan weer....

> en kennen het alleen maar van Amerikaanse series als JAG. Ken jij JAG
> trouwens?

Jammer maar nee, ek ken dit nie.
Ek hou meer van die komedie sitcoms as die meer "ernstige" goed. :-)
Sal bietjie uitkyk vir JAG, Roely. Nou die aand het ek toevallig
afgekom op 'n ander sitcom wat ook mense met uniforms en goete ingehad
het, maar dit was nie JAG nie, ek dink dit was iets oor die vloot.
Ierland!! [boodskap #2826 is 'n antwoord op boodskap #2820] Vr, 31 Oktober 2003 21:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" wrote:

> Volgende week ga ik naar een vriendin in Ierland, dan zal ik hier ook al
> niet zijn.

Roely, ek hoop dat jy alles vir ons sal kom vertel van Ierland. Dit
is nou een land wat ek nog nooit gesien het nie, en wil bittergraag.
So, asseblief kom terug en vertel ALLES!! :-)
Re: Stem in die mis [boodskap #2830 is 'n antwoord op boodskap #2820] Ma, 03 November 2003 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:bns70o$13cbna$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...
> Ik heb zo'n verhaal nodig, want wij zijn hier behoorlijk in mineurstemming:
> mijn schoonzusje (46 jaar) is net geopereerd aan borstkanker en heeft te
> horen gekregen dat ze een behoorlijk agressieve vorm hiervan heeft. Ik lees
> alles wat los en vast zit over deze ziekte. Eén op de tien vrouwen in
> nederland krijgt deze ziekte, erg veel dus.

Roely ek is jammer ek sien nou eers jou pos, en nou sit jy seker in Ierland.
Ek het vir 'n hele ruk verdere probleme met hierdie groep gehad, ek het
eenvoudig nie nuwe pos gesien nie. Uiteindelik na 'n gesukkel en 'n geheen
en weer e-possery met die webmaster is dit nou weer reg. Ek is baie jammer
om te hoor van jou skoonsuster. Dit is 'n siekte wat ook algemeen in
Brittanje voorkom, so dis seker maar oral 'n yslike vrees vir vrouens. Wat
is die persentasie in die VSA Katryn? Dit was juis laas Vrydag "borskanker
dag" waar baie mense pienk lintjies aan hulle lapelle speld, en geld skenk
aan navorsing oor die siekte. Daar is ook een maal per jaar die "Moonwalk"
wanneer duisende vrouens (en party mans) om middernag deur die strate loop
vanaf Battersea Park na sentraal Londen in hulle bras (geleende bras in die
geval van die mans) om geld in te samel vir 'n borskanker charity.

>
> Iedereen heeft het erg druk hier?? Ik ook al, mijn oudste kind is nu bijna
> de deur uit, morgen worden de kachels aangesloten en dan zal het zo
> langzamerhand wel zover zijn. Maar je weet het maar nooit....:-))
> Volgende week ga ik naar een vriendin in Ierland, dan zal ik hier ook al
> niet zijn. Maar vóór die tijd wil ik je verhaal horen.

Teen die tyd wat jy hierdie pos sien is jy seker al terug - ek hoop jy het
dit vreeslik geniet. My ma, twee van my susters, ouma, tantes, ooms niggies
en neefs bly almal in Ierland en ek gaan so twee keer per jaar soontoe.
Vertel asseblief waar jy gekuier het en wat jy daarvan dink.

Lorinda
Re: Stem in die mis [boodskap #2831 is 'n antwoord op boodskap #2825] Ma, 03 November 2003 18:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:mnj5qv8a9mftus26lkpt2fdfi28b9poava@4ax.com...
>
> In SA was daar ook so jurie sisteem jare gelede.
> My saak was eintlik vervelig, want dit was 'n "sny en droog" saak in
> die verkeershof.
> Die aangeklaagdes vir verkeersoortredings hier in my county kan kies
> of hulle verhoor wil word met 'n jurie teenwoordig of slegs die
> "bench".

Daar is ook in Engeland nog die jurie sisteem. Het julle hom toe skuldig
bevind Katryn? En het julle van die begin af saamgestem of het julle vir ure
gestry?:-)

Lorinda
Re: Stem in die mis [boodskap #2833 is 'n antwoord op boodskap #2831] Ma, 03 November 2003 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Daar is ook in Engeland nog die jurie sisteem. Het julle hom toe skuldig
> bevind Katryn? En het julle van die begin af saamgestem of het julle vir ure
> gestry?:-)

Ai, ek wens ek kon my verbeelding op loop laat gaan het, en 'n
vreeslike interessante storie met 'n kinkel in die kabel opgemaak het,
maar helaas, dit was 'n erg vervelige saak, en daar was nie eens 'n
gestryery nie. Ek het probeer hoor - hard probeer, want so
geleentheid kom mos nie elke dag nie? :-))) Probleem was dat die
meeste van die jurie lede was professionele mense, en hulle wou nie
onnodig lank wegbly van hulle verantwoordelikhede nie. Anders as ek
wat mos deeltyds huisvrou is, en uitsien na dinge wat nie alledaags is
nie. :-))
Mens moet nou seker nie die saak beskryf nie, maar wie sal nou
afrikaans kan lees wat betrokke was?
Laat ek dit so stel - die ou het die county gedagvaar vir 'n klomp
geld omdat hy oor 'n slaggat gery het en sy motor beskadig het. Sy
passasier het ook mediese sorg nodig gehad, en daar was pyn en lyding
en you name it. :-)
Maar daar was duidelike padwerk tekens, en die spoed beperking
bordjies was duidelik opgestel. Die ou het die slaggat getref teen
55mpu!! Hy was ook onder die invloed van drank. Nee wat, daar is nie
baie mense wat simpatie het met mense wat dronk bestuur en dan nog ook
padtekens verontagsaam nie. Of hoe? Ek dink dit was uiters arrogant
van hom om almal se tyd te gemors het met die hofsaak. hehehe...dit
was basies wat die regter ook gesê het aan die einde. :-)
Re: Stem in die mis [boodskap #2835 is 'n antwoord op boodskap #2833] Ma, 03 November 2003 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:318dqv4o49ipcijjq24va21v7vrg2cv949@4ax.com...

> Probleem was dat die
> meeste van die jurie lede was professionele mense, en hulle wou nie
> onnodig lank wegbly van hulle verantwoordelikhede nie.


Dit laat my nou dink aan 'n saak waar 'n vriendin van my a jurie lid was
laas jaar. Die aanklag was diefstal - die ou het bakstene van 'n building
site verwyder vir eie gebruik. Anders as die mense saam met jou was heelwat
van haar mede jurie lede nie professionele mense nie (of dalk nie in die
gewone sin van die woord nie:-) en dit het hulle ure geneem om tot 'n
beslissing te kom, want die ouens het die heeltyd goed gesê soos "it isn't
even a crime... EVERYBODY does that..." :-)) Hulle het hom toe darem op die
ou einde skuldig bevind, maar met 'n gesukkel.

Lorinda
Re: Stem in die mis [boodskap #2836 is 'n antwoord op boodskap #2833] Ma, 03 November 2003 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:318dqv4o49ipcijjq24va21v7vrg2cv949@4ax.com...

> Maar daar was duidelike padwerk tekens, en die spoed beperking
> bordjies was duidelik opgestel. Die ou het die slaggat getref teen
> 55mpu!! Hy was ook onder die invloed van drank. Nee wat, daar is nie
> baie mense wat simpatie het met mense wat dronk bestuur en dan nog ook
> padtekens verontagsaam nie. Of hoe? Ek dink dit was uiters arrogant
> van hom om almal se tyd te gemors het met die hofsaak. hehehe...dit
> was basies wat die regter ook gesê het aan die einde. :-)

Jy is reg, hy kon nie veel simpatie verwag nie, hy moes maar aangeneem het
dat sy kaiings sou braai....:-)
Re: Stem in die mis [boodskap #2837 is 'n antwoord op boodskap #2835] Ma, 03 November 2003 19:35 Na vorige boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Dit laat my nou dink aan 'n saak waar 'n vriendin van my a jurie lid was
> laas jaar. Die aanklag was diefstal - die ou het bakstene van 'n building
> site verwyder vir eie gebruik. Anders as die mense saam met jou was heelwat
> van haar mede jurie lede nie professionele mense nie (of dalk nie in die
> gewone sin van die woord nie:-) en dit het hulle ure geneem om tot 'n
> beslissing te kom, want die ouens het die heeltyd goed gesê soos "it isn't
> even a crime... EVERYBODY does that..." :-)) Hulle het hom toe darem op die
> ou einde skuldig bevind, maar met 'n gesukkel.

LOL!! Jou arme vriendin. Sy was seker erg frustreerd om dit sagkens
te stel? :-) LOL...bid jou aan - almal doen dit. As ek dit maar net
voorheen geweet het, kon ek darem baie geld gespaar het!! :-))
Daar is juis so projekkie wat ons wil aanpak, en ons het heelwat
bakstene nodig. Goed dat ek nou weet dis nie onwettig om die buurman
se bakstene te gebruik nie. :_)))

Dis wanneer mens sulke dinge hoor wat mens die jurie stelsel in twyfel
trek. Daar was mos ook onlangs 'n fliek gemaak "runaway jury" waar
hulle wys hoe die jurie gekoop kan word. Ek het dit die naweek gaan
kyk. Ek wonder of sulke dinge rerig gebeur. Heel waarskynlik wel.
:-(
Vorige onderwerp: Skeidsregter
Volgende onderwerp: MOEILIKHEID OP DIE PLAAS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 07:34:20 MGT 2024