Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Siestog" deur INA ROUSSEAU
"Siestog" deur INA ROUSSEAU [boodskap #28059 is 'n antwoord op boodskap #28060] Sa, 20 November 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Siestog
- deur Ina Rousseau

Hoe lank al
tjank en tjank die bure se hond ?
Of juister gesê, sing hy sy lied
van ellende, en word ek gedwing
om swyend daarna te luister ?
Sy mense het preie en sprietuie
gaan haal by die Potugees
se kleinhoewe, maar hy glo vas
hulle het finaal verkas
na Coimbra, en hom onteien.
Nou dring hy sy droewige mare,
wat erger is as 'n geblaf,
op aan die stad se strate.
Soos akrobate klouter sy stemklanke
bo die toonleer op en af:
Van die donker gesteun en gedreun
van 'n basso profundo
tot by die Hoë C van 'n sopraan,
van die langste snaar van 'n altviool
tot by die ylste tinkelklank
van 'n piccolo -
En uur nà uur hou dit aan
Hond, hond, kry tog nou end.
Jou gesanik is ongesond. Jy skuur
jou strottehoof rou, jou stembande
is besig om te verrafel.
Dit klink al klaar of daar visgrate
vassteek in jou farinks. Hond,
hoor hierso, jou ongemak is hoeka
nie uniek nie: Ons voel almal,
hoe ook al, op die een
of ander manier soms verlate
Re: "Siestog" deur INA ROUSSEAU [boodskap #28060 is 'n antwoord op boodskap #28059] Sa, 20 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @home.com wrote:
> Siestog
> - deur Ina Rousseau
> Hoe lank al
> tjank en tjank die bure se hond ?
> Of juister gesê, sing hy sy lied
> van ellende, en word ek gedwing
> om swyend daarna te luister ?
> Sy mense het preie en sprietuie
> gaan haal by die Potugees
> se kleinhoewe, maar hy glo vas
> hulle het finaal verkas
> na Coimbra, en hom onteien.
> Nou dring hy sy droewige mare,
> wat erger is as 'n geblaf,
> op aan die stad se strate.
> Soos akrobate klouter sy stemklanke
> bo die toonleer op en af:
> Van die donker gesteun en gedreun
> van 'n basso profundo
> tot by die Hoë C van 'n sopraan,
> van die langste snaar van 'n altviool
> tot by die ylste tinkelklank
> van 'n piccolo -
> En uur n=E0 uur hou dit aan
> Hond, hond, kry tog nou end.
> Jou gesanik is ongesond. Jy skuur
> jou strottehoof rou, jou stembande
> is besig om te verrafel.
> Dit klink al klaar of daar visgrate
> vassteek in jou farinks. Hond,
> hoor hierso, jou ongemak is hoeka
> nie uniek nie: Ons voel almal,
> hoe ook al, op die een
> of ander manier soms verlate

Begin die dag met liefde.
Vul die dag met liefde.
Eindig die dag met liefde.
Dit is die weg na God toe.

Miskien het die hond net 'n drukkie nodig. :)

Re: "Siestog" deur INA ROUSSEAU [boodskap #28091 is 'n antwoord op boodskap #28060] Ma, 22 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , "Thys de Wet"
wrote:
> reisiger wrote in message
> ...
>> Begin die dag met liefde.
>> Vul die dag met liefde.
>> Eindig die dag met liefde.
>> Dit is die weg na God toe.
>>
> Die enigste weg na God is deur Jesus Christus, Sy enigste Seun.
> Jesus het van homself gesê: "Ek is die weg die waarheid en die
> Lewe.
> Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie."
> (Johannes 14:6)
> Praat jy van die 'agape' liefde, of die 'eros' liefde?
> Effense verskil tussen die twee.
>>
>> Miskien het die hond net 'n drukkie nodig. :)
> 3 maal dank aan 'n buurman wat ook sulke lieftallige
> 'leeuvangers' vir honde het.
> O die gekef, die gekef
> maak my nog mal
> Sal die brak ook 'n drukkie wil gee
> een wat hom sy laaste asem sal laat asem
> om nie meer my ore
> met sy gekef-kef-kef
> te laat besoedel
> Thys op Stellembos (soos ons dit sê)

Lees die gedig in isolasie, en die bydrae in isolasie. Die probleem
ontstaan dat andere bydraes ingelees word, wat onnodig is. Daar word
van die 'agape' liefde bedoel.

Re: "Siestog" deur INA ROUSSEAU [boodskap #28092 is 'n antwoord op boodskap #28060] Ma, 22 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
reisiger wrote in message ...
> Begin die dag met liefde.
> Vul die dag met liefde.
> Eindig die dag met liefde.
> Dit is die weg na God toe.

>
Die enigste weg na God is deur Jesus Christus, Sy enigste Seun.
Jesus het van homself gesê: "Ek is die weg die waarheid en die Lewe.
Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie."
(Johannes 14:6)
Praat jy van die 'agape' liefde, of die 'eros' liefde?
Effense verskil tussen die twee.

>
> Miskien het die hond net 'n drukkie nodig. :)
3 maal dank aan 'n buurman wat ook sulke lieftallige
'leeuvangers' vir honde het.

O die gekef, die gekef
maak my nog mal
Sal die brak ook 'n drukkie wil gee
een wat hom sy laaste asem sal laat asem
om nie meer my ore
met sy gekef-kef-kef
te laat besoedel

Thys op Stellembos (soos ons dit sê)
Vorige onderwerp: "Troue" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Rietsang" deur PETRA MULLER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 01:33:02 MGT 2024