Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » 'n Klap na ABSA
'n Klap na ABSA [boodskap #27016] Di, 05 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Aan almal:

Ek neem aan almal op hierdie lys is redelik ernstig oor
Afrikaans. Vandag wil ek 'n allemintige klap aan ABSA uitdeel. So 'n
bietjie agtergrond:

Ek doen baie van my banksake elektronies. Tot onlangs het ek Telkom se
Beltel stelsel en ABSA se Compubank fasiliteit gebruik. Dié het nou
doodgeloop weens J2K probleme. Nou moet ek noodgedwonge die 'Net gebruik
en op ABSA (dis my bank) se Webwerf ingaan. Vandaar kry ek as gebruiker
van die Internet Bankdienste 'n spesiale 'logon' om met my eie rekeninge en
so aan te werk. Die groot gestoei is nou dat alles Engels is, terwyl
Compubank op Afrikaans en Engels beskikbaar was. Ek konfronteer toe ABSA
hieroor (op die vorm waarmee ek aansoek gedoen het, word my taalvoorkeur
nogal ewe gevra!) en hulle antwoord getuig van uiterste
onkunde/domastrantheid: "Die Internet is 'n internasionale instelling,
daarom is al ABSA se Internet bladsye Engels sodat alle WWW-gebruikers dit
kan verstaan". Ek kan dié redenasie tot op 'n punt volg, maar my gevoel is
dat as ek eers by die "logon" verby is, is dit mos dieselfde as wat ek by
die bankdeur instap en by die kassier staan. Daar word ek op Afrikaans
gehelp. Ek kan selfs inbel na die Telefoniese Bankdienste toe en daar word
ek ook op Afrikaans gehelp. Wat sou dan nou die probleem wees met die
Internet-bladsye, veral waar dit oor persoonlike banksake gaan?

So, ABSA, hiermee 'n pluimpie dat jy so hier en daar nog 'n bietjie
Afrikaans besig, maar 'n groot, taai klap omdat jy my my taal met minagting
behandel. Meer as helfte van die direkteure op jou briefhoof is Afrikaans.
Afrikanergeld het jou gehelp tot waar jy nou is. Hierdie Afrikaner gaan
nou sy bôl vat en 'n ander swembad soek om in te speel (selfs as dit 'n
Engelse swembad is!). As ander lesers ook so voel, wil julle nie 'n e-pos
aan ABSA stuur nie (ek verwag natuurlik nie dat julle my voorbeeld volg en
'n ander bank gaan soek nie)

MAAR SPREEK JULLESELF UIT TEEN HIERDIE BLATANTE MISKENNING VAN ONS TAAL.

Dries Venter
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27055 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"nomad" wrote:
> Op die Credit Suisse bladsye het jy 'n keuse van Engels, Frans of
> Duits, dus kan dit selfs vir ABSA nie te moeilik wees om ook Afrikaans
> as 'n opsie daar te stel nie.
> Die vraag is seker: WIL hulle? (jou as kliënt behou...)

Ek dink nie hulle wil nie.

Ek oorweeg dit al lank om my rekeninge te verskuif na 'n plek wat
makliker reageer. Miskien het die tyd gekom.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27056 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dit is 'n eenmalige ontwerp vir ABSA en sal hoogstens 10 bladsye meer wees
as die huidige.

Vir my R 18 .00 per maand sal ek laaik om dit in Afrikaans te sien.

Francois

Cyber Sakkie wrote in message ...
> Cyber Sakkie reken:
>
> Hoewel ek julle opinies respekteer, stem ek nie met julle saam nie. Ons
> verstaan almal Engels en Engels is tog die lingua franca van SA se
> besigheidswereld. As ABSA nou ekstra mense indiens moet neem om hulle
> webportaal en ander blaaie in Afrikaans ook te bied en ook addisionele
> toerusting moet kry om die groter webwerf te huisves, gaan die bankkoste net
> weer op en op en op. Dit geld vir al die banke.
>
> "You gets what you pays for" het die man gesê, en as ek betaal is Engels
> goedgenoeg.
>
>
> In article , "nomad" says...
>>
>> Op die Credit Suisse bladsye het jy 'n keuse van Engels, Frans of
>> Duits, dus kan dit selfs vir ABSA nie te moeilik wees om ook Afrikaans
>> as 'n opsie daar te stel nie.
>> Die vraag is seker: WIL hulle? (jou as kliënt behou...)
>>
>> Dries Venter wrote in message
>> news:01bf0f70$a88b04a0$LocalHost@mecer-386...
>>> Aan almal:
>>>
>>> Ek neem aan almal op hierdie lys is redelik ernstig oor
>>> Afrikaans. Vandag wil ek 'n allemintige klap aan ABSA uitdeel. So 'n
>>> bietjie agtergrond:
>
> SNIP
>
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27057 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Was al vir 'n paar rondes in die kryt met ABSA oor verskillende dinge. Ek
moet eerlik se ek dink nie hulle gee om vir 'n privaat klient nie, nie as jy
nie ten minste 'n "elite" klient is nie met baie geld in sy sak nie.

Ek deel nou maar met twee banke gelyktydig en speel die een af teen die
ander as ek beter diens of koers wil he.

Francois de Wet

nomad wrote in message ...
> Op die Credit Suisse bladsye het jy 'n keuse van Engels, Frans of
> Duits, dus kan dit selfs vir ABSA nie te moeilik wees om ook Afrikaans
> as 'n opsie daar te stel nie.
> Die vraag is seker: WIL hulle? (jou as kliënt behou...)
>
> Dries Venter wrote in message
> news:01bf0f70$a88b04a0$LocalHost@mecer-386...
>> Aan almal:
>>
>> Ek neem aan almal op hierdie lys is redelik ernstig oor
>> Afrikaans. Vandag wil ek 'n allemintige klap aan ABSA uitdeel. So 'n
>> bietjie agtergrond:
>>
>> SNIP
>
>> So, ABSA, hiermee 'n pluimpie dat jy so hier en daar nog 'n bietjie
>> Afrikaans besig, maar 'n groot, taai klap omdat jy my my taal met minagting
>> behandel. Meer as helfte van die direkteure op jou briefhoof is Afrikaans.
>> Afrikanergeld het jou gehelp tot waar jy nou is. Hierdie Afrikaner gaan
>> nou sy bôl vat en 'n ander swembad soek om in te speel (selfs as dit 'n
>> Engelse swembad is!). As ander lesers ook so voel, wil julle nie 'n e-pos
>> aan ABSA stuur nie (ek verwag natuurlik nie dat julle my voorbeeld volg en
>> 'n ander bank gaan soek nie)
>>
>> MAAR SPREEK JULLESELF UIT TEEN HIERDIE BLATANTE MISKENNING VAN ONS TAAL.
>>
>> Dries Venter
>>
>
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27058 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Op die Credit Suisse bladsye het jy 'n keuse van Engels, Frans of
Duits, dus kan dit selfs vir ABSA nie te moeilik wees om ook Afrikaans
as 'n opsie daar te stel nie.
Die vraag is seker: WIL hulle? (jou as kliënt behou...)

Dries Venter skryf in boodskap news:01bf0f70$a88b04a0$LocalHost@mecer-386...
> Aan almal:
>
> Ek neem aan almal op hierdie lys is redelik ernstig oor
> Afrikaans. Vandag wil ek 'n allemintige klap aan ABSA uitdeel. So 'n
> bietjie agtergrond:
>
> SNIP

> So, ABSA, hiermee 'n pluimpie dat jy so hier en daar nog 'n bietjie
> Afrikaans besig, maar 'n groot, taai klap omdat jy my my taal met minagting
> behandel. Meer as helfte van die direkteure op jou briefhoof is Afrikaans.
> Afrikanergeld het jou gehelp tot waar jy nou is. Hierdie Afrikaner gaan
> nou sy bôl vat en 'n ander swembad soek om in te speel (selfs as dit 'n
> Engelse swembad is!). As ander lesers ook so voel, wil julle nie 'n e-pos
> aan ABSA stuur nie (ek verwag natuurlik nie dat julle my voorbeeld volg en
> 'n ander bank gaan soek nie)
>
> MAAR SPREEK JULLESELF UIT TEEN HIERDIE BLATANTE MISKENNING VAN ONS TAAL.
>
> Dries Venter
>
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27059 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Oct 1999 22:32:53 +0200, "Dries Venter" wrote:

>[/color]

Wat 'n pot stront!
Dis tipies die houding van mense wat nog nie n mooi begrip van die
Internet het nie.
Dis amper soos mense wat in die ou tyd net Engels op die telefoon
praat want "dis 'n Engelse uitvinding"!!

Ek kry dit ook soms ook dat mense se: "Die Internet is Engels daarom
moet ons ook Engels wees op die net."

Laat hulle net 'n soekenjin opdrag gee om te soek na "Pablo Neruda"en
kyk wat gebeur: Blad op blad op blad in Spaans!

En eersdaags gaan dit blad op blad op blad in Chinees wees.

Dis goed soos die wat 'n mens laat wens die banke het hulle nie so
goed beskerm deur dit so moeilik te maak om van bank te verwissel nie.
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27060 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Frikkie Potgieter wrote:

> Mede Boere, maak oop julle oë......
> Kontak my persoonlik as jy rigtingloos is

Frikkie die lakei van Fred Rundle, 'n Engelsman wat jouvir sy gewin manipuleer.

> Gloudina, moet nie reageer nie asseblief, want jy het vir jou eie
> nasie uit SA gevlug, so verrot in vrede daar in die vêrte, want dis
> presies wat hier met jou sou gebeur.

Jy kan my darem nie van jou brein afkry nie, ou Frikkie. Ek luinet jou klokkie.

> eens so baie swartes sien verrot in hulle pandokke soos vandag nie.
> Hel man dit is gaoties...

Hulle het sit en verrot in hulle pondokke, jy was maar net in dielekker ou
laertjie wat die militere diktatorskap vir julle geproduseer
het. Het jy ook mens uit vliegtuie uitgegooi toe jy klaar op hulle
ge-eksperimenteer het?

Gloudina

> .
> `
>
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27061 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Cyber Sakkie reken:

Hoewel ek julle opinies respekteer, stem ek nie met julle saam nie. Ons
verstaan almal Engels en Engels is tog die lingua franca van SA se
besigheidswereld. As ABSA nou ekstra mense indiens moet neem om hulle
webportaal en ander blaaie in Afrikaans ook te bied en ook addisionele
toerusting moet kry om die groter webwerf te huisves, gaan die bankkoste net
weer op en op en op. Dit geld vir al die banke.

"You gets what you pays for" het die man gesê, en as ek betaal is Engels
goedgenoeg.

In article , "nomad" says...
>
> Op die Credit Suisse bladsye het jy 'n keuse van Engels, Frans of
> Duits, dus kan dit selfs vir ABSA nie te moeilik wees om ook Afrikaans
> as 'n opsie daar te stel nie.
> Die vraag is seker: WIL hulle? (jou as kliënt behou...)
>
> Dries Venter wrote in message
> news:01bf0f70$a88b04a0$LocalHost@mecer-386...
>> Aan almal:
>>
>> Ek neem aan almal op hierdie lys is redelik ernstig oor
>> Afrikaans. Vandag wil ek 'n allemintige klap aan ABSA uitdeel. So 'n
>> bietjie agtergrond:

SNIP
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27062 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Cyber Sakkie wrote:
>
> Cyber Sakkie reken:
>
> Hoewel ek julle opinies respekteer, stem ek nie met julle saam nie. Ons
> verstaan almal Engels en Engels is tog die lingua franca van SA se
> besigheidswereld. As ABSA nou ekstra mense indiens moet neem om hulle
> webportaal en ander blaaie in Afrikaans ook te bied en ook addisionele
> toerusting moet kry om die groter webwerf te huisves, gaan die bankkoste net
> weer op en op en op. Dit geld vir al die banke.
>
> "You gets what you pays for" het die man gesê, en as ek betaal is Engels
> goedgenoeg.

Huh? Wat bedoel jy - as jy betaal is Engels goed genoeg? En as jy nie
betaal nie is Afrikaans goed genoeg?

Ek betaal vir die diens - dit is nie verniet nie - ek stem saam met
Francois - ABSA kan maar daardie ekstra bietjei moeite doen - hulle dêm
server is stadig genoeg!
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27063 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Dries, gaan kyk na die webplek van 'n werklik internasionale finansiële
diens by http://www.oldmutual.co.za

Let daarop dat ons hier praat van 'n groep reeds sêveel groter as wat Absa
ooit kan hoop om te word.

Ervaar dan 'n Afrikaans vriendelike webwerf. Dit is wel grotendeels Engels,
maar Afrikaans word nie afgeskeep nie en elke (soos in elke) e-pos brief wat
ek nog daarheen gestuur het, is in suiwer Afrikaans met die grootste
moontlike hulpvaardigheid beantwoord. Ek korrespondeer op die oomblik oor 'n
spesifieke kwessie met Cynthia Langenhouw by clie...@oldmutual.com en hier
is diens. Afrikaanse Diens!

Ek gee toe dat jou probleem anders is omdat jy van bankkwessies praat en nie
finansiële diens op sigself nie maar die antwoord daarop is die "Ou Mutual
Bank" wat in wording is.

Would anybody from Absa like to respond on this?

Groetnis aan almal en "regards to Absa"

Dave

******************************

Dries Venter wrote in message
news:01bf0f70$a88b04a0$LocalHost@mecer-386...
> Aan almal:
>
> Ek neem aan almal op hierdie lys is redelik ernstig oor
> Afrikaans. Vandag wil ek 'n allemintige klap aan ABSA uitdeel. So 'n
> bietjie agtergrond:
>
> Ek doen baie van my banksake elektronies. Tot onlangs het ek Telkom se
> Beltel stelsel en ABSA se Compubank fasiliteit gebruik. Dié het nou
> doodgeloop weens J2K probleme. Nou moet ek noodgedwonge die 'Net gebruik
> en op ABSA (dis my bank) se Webwerf ingaan. Vandaar kry ek as gebruiker
> van die Internet Bankdienste 'n spesiale 'logon' om met my eie rekeninge en
> so aan te werk. Die groot gestoei is nou dat alles Engels is, terwyl
> Compubank op Afrikaans en Engels beskikbaar was. Ek konfronteer toe ABSA
> hieroor (op die vorm waarmee ek aansoek gedoen het, word my taalvoorkeur
> nogal ewe gevra!) en hulle antwoord getuig van uiterste
> onkunde/domastrantheid: "Die Internet is 'n internasionale instelling,
> daarom is al ABSA se Internet bladsye Engels sodat alle WWW-gebruikers dit
> kan verstaan". Ek kan dié redenasie tot op 'n punt volg, maar my gevoel is
> dat as ek eers by die "logon" verby is, is dit mos dieselfde as wat ek by
> die bankdeur instap en by die kassier staan. Daar word ek op Afrikaans
> gehelp. Ek kan selfs inbel na die Telefoniese Bankdienste toe en daar word
> ek ook op Afrikaans gehelp. Wat sou dan nou die probleem wees met die
> Internet-bladsye, veral waar dit oor persoonlike banksake gaan?
>
> So, ABSA, hiermee 'n pluimpie dat jy so hier en daar nog 'n bietjie
> Afrikaans besig, maar 'n groot, taai klap omdat jy my my taal met minagting
> behandel. Meer as helfte van die direkteure op jou briefhoof is Afrikaans.
> Afrikanergeld het jou gehelp tot waar jy nou is. Hierdie Afrikaner gaan
> nou sy bôl vat en 'n ander swembad soek om in te speel (selfs as dit 'n
> Engelse swembad is!). As ander lesers ook so voel, wil julle nie 'n e-pos
> aan ABSA stuur nie (ek verwag natuurlik nie dat julle my voorbeeld volg en
> 'n ander bank gaan soek nie)
>
> MAAR SPREEK JULLESELF UIT TEEN HIERDIE BLATANTE MISKENNING VAN ONS TAAL.
>
> Dries Venter
>
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27064 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Wie is Fred Rundle ?

Francois

@sympatico.ca wrote in message
...
Frikkie Potgieter wrote:

> Mede Boere, maak oop julle oë......
> Kontak my persoonlik as jy rigtingloos is

Frikkie die lakei van Fred Rundle, 'n Engelsman wat jouvir sy gewin
manipuleer.

> Gloudina, moet nie reageer nie asseblief, want jy het vir jou eie
> nasie uit SA gevlug, so verrot in vrede daar in die vêrte, want dis
> presies wat hier met jou sou gebeur.

Jy kan my darem nie van jou brein afkry nie, ou Frikkie. Ek luinet jou
klokkie.

> eens so baie swartes sien verrot in hulle pandokke soos vandag nie.
> Hel man dit is gaoties...

Hulle het sit en verrot in hulle pondokke, jy was maar net in dielekker ou
laertjie wat die militere diktatorskap vir julle geproduseer
het. Het jy ook mens uit vliegtuie uitgegooi toe jy klaar op hulle
ge-eksperimenteer het?

Gloudina

> .
> `
>
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27065 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> Gloudina,
>
> Wie is Fred Rundle ?

Soek die sit wat Frikkie 'n ruk gelede op die nuusgroep gepos het.
Tagtigpersent van die artikels is deur Fred Rundle.

Gloudina

>
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27066 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kom ons almal email hulle met so 'n versoek 'n 1000 keer elke dag na
dir...@absa.co.za en kyk dan of hulle reageer

Krokkie

Leendert van Oostrum wrote in message
...
> In article , Cyber Sakkie
> wrote:
>> Cyber Sakkie reken:
>> Hoewel ek julle opinies respekteer, stem ek nie met julle saam
>> nie. Ons
>> verstaan almal Engels en Engels is tog die lingua franca van SA se
>> besigheidswereld.
>
> Dis OK, maar Engels is nie my "lingua" nie. Ek verkies om my besigheid
> in Afrikaans te doen en as daar iemand is wat my daardie keuse gee sal
> ek daardie een kies.
>
>> As ABSA nou ekstra mense indiens moet neem om
>> hulle
>> webportaal en ander blaaie in Afrikaans ook te bied en ook
>> addisionele
>> toerusting moet kry om die groter webwerf te huisves, gaan die
>> bankkoste net
>> weer op en op en op. Dit geld vir al die banke.
>
> Die paar blaaie wat ter sprake is, behels 'n paar 100 kilogreep
> maksimum. Die grafiese ontwerp en die bladuitleg is klaar gedoen. Om
> dit aan te pas sal nie meer as 'n paar 100 Rand kos nie.
>
> Die grootste deel van die webblad is 'n databasistoepassing, wat
> hoegenaamd nie geraak word nie.
>
>> "You gets what you pays for" het die man gesê, en as ek betaal is
>> Engels
>> goedgenoeg.
>
> Dis jou keuse. Ek kies anders :-)
>
>
> * Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's Discussion Network
*
> The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!
>
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27067 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article , Cyber Sakkie
wrote:
> Cyber Sakkie reken:
> Hoewel ek julle opinies respekteer, stem ek nie met julle saam
> nie. Ons
> verstaan almal Engels en Engels is tog die lingua franca van SA se
> besigheidswereld.

Dis OK, maar Engels is nie my "lingua" nie. Ek verkies om my besigheid
in Afrikaans te doen en as daar iemand is wat my daardie keuse gee sal
ek daardie een kies.

> As ABSA nou ekstra mense indiens moet neem om
> hulle
> webportaal en ander blaaie in Afrikaans ook te bied en ook
> addisionele
> toerusting moet kry om die groter webwerf te huisves, gaan die
> bankkoste net
> weer op en op en op. Dit geld vir al die banke.

Die paar blaaie wat ter sprake is, behels 'n paar 100 kilogreep
maksimum. Die grafiese ontwerp en die bladuitleg is klaar gedoen. Om
dit aan te pas sal nie meer as 'n paar 100 Rand kos nie.

Die grootste deel van die webblad is 'n databasistoepassing, wat
hoegenaamd nie geraak word nie.

> "You gets what you pays for" het die man gesê, en as ek betaal is
> Engels
> goedgenoeg.

Dis jou keuse. Ek kies anders :-)

Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27069 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet werklik nie hoekom almal so kla oor Afrikaans, petrolpryse ,
alles, alles en nog meer alles nie.....
Is dit dan nie wat almal wou gehad het nie....Nee, daar is van ons wat
dit nie so wou hê nie, selfs swartes wat nou kla.....
Wat gaan ons nou doen is die vraag.... Nee wat ons ploeter maar saam,
ek het darem nog `n werk en `n huis.
Vra jouself die vraag af... Wat van oor 5 jaar... Ag dis mos darem nog
lank. Ek sal sien wat dan gaan gebeur....
Nee Meneer, dis nie so lank nie. Hoop net jy leef nog 5 jaar saam met
hierdie kommunistiese land om wel te sien dat jy ook moontlik volgende
maand op die hoek van die straat staan en bedel vir `n stukkie brood
vir jou kinders om die aand te eet.
Mede Boere, maak oop julle oë......
Kontak my persoonlik as jy rigtingloos is, maar hou op om speletjies
te speel.
Gloudina, moet nie reageer nie asseblief, want jy het vir jou eie
nasie uit SA gevlug, so verrot in vrede daar in die vêrte, want dis
presies wat hier met jou sou gebeur.

Julle wat so baie te sê gehad het dat apartheid verkeerd was...Ja, in
`n groot mate was diit verkeerd, maar selfs daardie jare het ek nie
eens so baie swartes sien verrot in hulle pandokke soos vandag nie.
Hel man dit is gaoties...
.
`n Busbestuurder destyds moes 5-10 jaar ondervinding gehad het net
soos `n skeepskaptein voordat hy bestuur het.
Wat nou...On the JOB TRAINING ne!!!!!!!!!!! Lees maar die koerante en
kyk wat het die laaste paar weke in hierdie land gebeur....

PAS OP !!!!!!!!

Groete
Frikkie

On Wed, 6 Oct 1999 14:00:09 +0200, "Francois de Wet"
wrote:

> Was al vir 'n paar rondes in die kryt met ABSA oor verskillende dinge. Ek
> moet eerlik se ek dink nie hulle gee om vir 'n privaat klient nie, nie as jy
> nie ten minste 'n "elite" klient is nie met baie geld in sy sak nie.
>
> Ek deel nou maar met twee banke gelyktydig en speel die een af teen die
> ander as ek beter diens of koers wil he.
>
> Francois de Wet
>
> nomad wrote in message ...
>> Op die Credit Suisse bladsye het jy 'n keuse van Engels, Frans of
>> Duits, dus kan dit selfs vir ABSA nie te moeilik wees om ook Afrikaans
>> as 'n opsie daar te stel nie.
>> Die vraag is seker: WIL hulle? (jou as kliënt behou...)
>>
>> Dries Venter wrote in message
>> news:01bf0f70$a88b04a0$LocalHost@mecer-386...
>>> Aan almal:
>>>
>>> Ek neem aan almal op hierdie lys is redelik ernstig oor
>>> Afrikaans. Vandag wil ek 'n allemintige klap aan ABSA uitdeel. So 'n
>>> bietjie agtergrond:
>>>
>>> SNIP
>>
>>> So, ABSA, hiermee 'n pluimpie dat jy so hier en daar nog 'n bietjie
>>> Afrikaans besig, maar 'n groot, taai klap omdat jy my my taal met minagting
>>> behandel. Meer as helfte van die direkteure op jou briefhoof is Afrikaans.
>>> Afrikanergeld het jou gehelp tot waar jy nou is. Hierdie Afrikaner gaan
>>> nou sy bôl vat en 'n ander swembad soek om in te speel (selfs as dit 'n
>>> Engelse swembad is!). As ander lesers ook so voel, wil julle nie 'n e-pos
>>> aan ABSA stuur nie (ek verwag natuurlik nie dat julle my voorbeeld volg en
>>> 'n ander bank gaan soek nie)
>>>
>>> MAAR SPREEK JULLESELF UIT TEEN HIERDIE BLATANTE MISKENNING VAN ONS TAAL.
>>>
>>> Dries Venter
>>>
>>
>
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27099 is 'n antwoord op boodskap #27016] Do, 07 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 6 Oct 1999 18:27:09 +0200, "Francois de Wet" wrote:
> Wie is Fred Rundle ?>>

As dit dieselfde een is wat ek onthou dan is hy 'n KP politikus wat in
Jhb in die jare tagtig in die munisipale politiek as 'n KP-kandidaat
betrokke was en daarna op beperkte skaal op nasionale vlak.
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27156 is 'n antwoord op boodskap #27016] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dit gaan vir my 'n bietjie verder as net bloot Engels verstaan, al dan nie.
In die besigheidswêreld is daar talle plekke waar wetlike implikasies
sterk na vore tree. As ek nou 'n Engelse term "verstaan", maar ek verstaan
hom verkeerd omdat dit nie my eie taal is nie, wat gebeur nou as ek en die
betrokke instansie (nie noodwendig ABSA nie!) nou in die hof land oor my
"misverstaan"? Het ek nog 'n (regs)voet om op te staan? Ek weet nie, maar
ek sal dan liewers sulke soort van goed op Afrikaans wil hê.

Groete,
Dries

Cyber Sakkie wrote in article
...
> Cyber Sakkie reken:
>
> Hoewel ek julle opinies respekteer, stem ek nie met julle saam nie. Ons
> verstaan almal Engels en Engels is tog die lingua franca van SA se
> besigheidswereld. As ABSA nou ekstra mense indiens moet neem om hulle
> webportaal en ander blaaie in Afrikaans ook te bied en ook addisionele
> toerusting moet kry om die groter webwerf te huisves, gaan die bankkoste net
> weer op en op en op. Dit geld vir al die banke.
>
> "You gets what you pays for" het die man gesê, en as ek betaal is Engels
> goedgenoeg.
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27158 is 'n antwoord op boodskap #27016] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Oct 1999 02:55:42 -0700, Cyber Sakkie wrote:

Sepedi vertaal? Sepedi is tog ook 'n amptelike taal. Wat dan van Tswana,[/color]
> Sotho, Zulu, Xhosa ..........? >>

Ja, in al daai tale as die kliente dit vra.
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27160 is 'n antwoord op boodskap #27016] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek merk in my daaglikse handel en wandel op dat die meeste Europese
webblaaie in meer as een taal beskikbaar is.

Groete,
Dries Venter

nomad wrote in article
...
> Op die Credit Suisse bladsye het jy 'n keuse van Engels, Frans of
> Duits, dus kan dit selfs vir ABSA nie te moeilik wees om ook Afrikaans
> as 'n opsie daar te stel nie.
> Die vraag is seker: WIL hulle? (jou as kliënt behou...)
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27161 is 'n antwoord op boodskap #27016] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Die werklik betekenis van die bepaalde woord word aanvaar, of mens nou verstaan
het of nie. Wat gebeur as mens nie weet wat 'n Latynse woord in die kontrak
beteken nie? Kontrakte is tog gewoonlik deurspek met Latynse woorde.

Vir dieselfde argument kan mens redeneer wat van die Sepedi sprekers, moet banke
en ander instansies soos versekeraar dan ook hulle webwerwe, kontrakte ens. in
Sepedi vertaal? Sepedi is tog ook 'n amptelike taal. Wat dan van Tswana,
Sotho, Zulu, Xhosa ..........? Of is ons Afrikaanssprekendes (saam met die
Engelse) eerste klas burgers en die ander wat nie Engels en Afrikaans as
huistaal besig nie dan tweede en derde klas burgers?

My punt is bloot dat my kultuur en my taal vir MY belangrik is. Maar daar is
nog tien ander kulture en tien amptelike landstale. Kom ons wees prakties en
gebruik waar nodig Engels vir besigheid (saam met die oorgrote meerderheid in
die res van die wereld).

As jy dan Afrikaans wil gebruik by ABSA, gaan binne in die bank in.

In article , "Dries says...
>
> Dit gaan vir my 'n bietjie verder as net bloot Engels verstaan, al dan nie.
> In die besigheidswêreld is daar talle plekke waar wetlike implikasies
> sterk na vore tree. As ek nou 'n Engelse term "verstaan", maar ek verstaan
> hom verkeerd omdat dit nie my eie taal is nie, wat gebeur nou as ek en die
> betrokke instansie (nie noodwendig ABSA nie!) nou in die hof land oor my
> "misverstaan"? Het ek nog 'n (regs)voet om op te staan? Ek weet nie, maar
> ek sal dan liewers sulke soort van goed op Afrikaans wil hê.
>
> Groete,
> Dries
>
> Cyber Sakkie wrote in article
> ...
>> Cyber Sakkie reken:
>>
>> Hoewel ek julle opinies respekteer, stem ek nie met julle saam nie. Ons
>> verstaan almal Engels en Engels is tog die lingua franca van SA se
>> besigheidswereld. As ABSA nou ekstra mense indiens moet neem om hulle
>> webportaal en ander blaaie in Afrikaans ook te bied en ook addisionele
>> toerusting moet kry om die groter webwerf te huisves, gaan die bankkoste net
>> weer op en op en op. Dit geld vir al die banke.
>>
>> "You gets what you pays for" het die man gesê, en as ek betaal is Engels
>> goedgenoeg.
>
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27162 is 'n antwoord op boodskap #27016] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie,

In antwoord op jou stellings:

Cyber Sakkie wrote in article
...
> Die werklik betekenis van die bepaalde woord word aanvaar, of mens nou verstaan
> het of nie. Wat gebeur as mens nie weet wat 'n Latynse woord in die kontrak
> beteken nie? Kontrakte is tog gewoonlik deurspek met Latynse woorde.
Daardie einste Latynse woorde is nie net woorde nie, maar het 'n hele stel
reëls en betekenisse agter hulle, baie wyer as die bloot letterlike
betekenis van die woorde. Kontrakte is in elk geval 'n ding waaraan ek 'n
boetie dood het, by wyse van spreke. Vir wat moet die goed altyd in so 'n
totaal onverstaanbare gehingel van woorde opgestel word? Ek dink dis net
om ons te konfoes, en natuurlik om hulle (prokureurs, ens) beroepe te
beskerm. (Nou sal ek seker maar my brandweertoerusting moet aantrek en in
die bomskuiling moet ingaan...)

> Vir dieselfde argument kan mens redeneer wat van die Sepedi sprekers, moet banke
> en ander instansies soos versekeraar dan ook hulle webwerwe, kontrakte ens. in
> Sepedi vertaal? Sepedi is tog ook 'n amptelike taal. Wat dan van Tswana,
> Sotho, Zulu, Xhosa ..........? Of is ons Afrikaanssprekendes (saam met die
> Engelse) eerste klas burgers en die ander wat nie Engels en Afrikaans as
> huistaal besig nie dan tweede en derde klas burgers?
Ek het, om die waarheid te sê, vrede met Sepedi, Zoeloe ens. As hulle wil
aandring om in hul eie taal gehelp te word, staan dit hulle vry om, net
soos ek, daarvoor te veg. Feit is meeste van hulle, net soos meeste
Afrikaanssprekendes ("Afrikaners"?) gee nie 'n snars om nie en tou maar ewe
gedwee agter die Engelse aan.

> My punt is bloot dat my kultuur en my taal vir MY belangrik is. Maar daar is
> nog tien ander kulture en tien amptelike landstale. Kom ons wees prakties en
> gebruik waar nodig Engels vir besigheid (saam met die oorgrote meerderheid in
> die res van die wereld).
Stem saam dat daar nog ander kulture ook betrokke is (maar sien my antwoord
hierbo), en my kultuur is vir my ook belangrik, maar hoekom gee jy dan so
min om vir jou taal dat jy nie bereid is om jou rug styf te maak teen die
opsigtelike verengelsing nie, maar eerder "prakties" wil wees? Jou taal is
tog deel van jou kultuur, dan nie? As ons nou rêrig prakties wil wees (tot
die uiterstes toe) moet ons almal Mandaryns praat, die Chinese is tog die
oorgrote meerderheid in die wêreld.

Ek wonder wat sou van Afrikaans geword het as dit nie juis vir die mense
was wat met doelbewuste ywer in die verskeie taalbewegings juis daarvoor
baklei het dat Afrikaans oral in die land en onder watter omstandigheid
ookal gebruik kan word nie. Dit sou waarskynlik nog geleef het, maar as
een of ander obskure dialek onder die Kaapse Kleurlinge/slawe-afstammelinge
(siende dat die mense vir ons sê dis hulle wat dit die eerste gebruik het)
en ons sou almal Engels gepraat het.

> As jy dan Afrikaans wil gebruik by ABSA, gaan binne in die bank in.
So jy ontsê my die reg om die Internetbankdienste te gebruik, omdat ek
aandring om op Afrikaans bedien te word? Hoe lank, dink jy, sal dit wees
voordat ek (en jy) ook nie eens binne die bank op Afrikaans bedien kan word
nie? En dis nie asof ek die diens verniet kry nie, ek betaal daarvoor.

Groete,
Dries
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27216 is 'n antwoord op boodskap #27016] Ma, 11 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Cyber Sakkie wrote:
> Ek dink die Engelse sê "be careful, you may get what you ask for!" Dan kan ons
> almal weer ons waens in 'n laer trek en bokker die res van die wereld.
>
> In article , ferd...@icon.co.za says...
>>
>>> Sepedi is tog ook 'n amptelike taal. Wat dan van Tswana,
>>> Sotho, Zulu, Xhosa ..........? >>
>>
>> Ja, in al daai tale as die kliente dit vra.
>>

Interessant:

Herman Gilliomee vertel in 'n toespraak (http://www.fak.org.za) dat
baie mense met die koms van die internet gedink het dat die tyd van
etnisiteit finaal verby is - alle kultuurverskille sou nou verdwyn.

Die teendeel het gebeur, beweer hy. Dit blyk glo dat die internet
kommunikasie _binne_ etniese groepe verbeter het en, in werklikheid,
help om etniese identiteite te versterk en te bevorder.

My eie indruk is dat internet en veral die www publikasie baie goedkoop
gemaak het (saam met CD-tegnologie). Dit beteken dat dit moontlik is om
vir 'n veel kleiner mark te publiseer. Die gevolg is dat klein
taalgroepe meer in hul eie taal kan publiseer.

En nee. Verbeterde intra-groepkommunikasie beteken nie noodwendig
"laertrek" nie. Ek dink juis dat dit die vrees vir dominasie deur
groter groepe kan teëwerk - en mense daardeur oopstel vir
intergroepkommunikasie. Dit kan, veronderstel ek, selfs mobiliteit
tussen groepe "sielkundig" makliker maak.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27217 is 'n antwoord op boodskap #27016] Ma, 11 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Beste Dries,

Ek kan een vir een antwoord op die individuele punte wat jy maak, maar jou
standpunte is interessant en samehangend en daarom wil liewer daarop reageer in
die geheel.

Wat my belangstelling geweldig prikkel en waaroor ek graag wil uitvra is jou
benadering om aan te dring op diens in Afrikaans. Vir my persoonlik is diens
gelyk aan diens, solank ek met die diensleweraar kan komminikeer. Ek sal maklik
aanpas en voel nie te nagekom nie. Daarom is my vraag: hoekom is die beginsel
van diens op jou moedertaal vir jou belangrik? Ek weet daar is baie mense wat
so voel en ek sal graag wil verstaan hoekom dit vir hulle belangrik is? Kan jy
dalk help?

Wat egter ook hierby gevoeg kan word is dat swak diens geheel en al
onaanvaarbaar is. Ek word rasend woedend! As voorbeeld: nou die ander dag moes
ek binne 'n vol McDonalds vyf keer op welluidende duidelik ge-artikuleerde
Engels (nie eens Afrikaans nie) my gesin se eenvoudige bestelling herhaal - en
dit van die beperkte spyskaart af! Nog steeds kon die blerrie bediener nie
verstaan nie. Eers toe iemand anders (wat nog in 'n ordentelike skool was)
bykom kon ek 'n eenvoudig bestelling plaas. Die vraag is nou: gaan dit oor swak
diens by 'n bepaalde instelling of gaan dit oor die beginsel van diens op 'n
bepaalde taal?

Groetnis

Sakkie

NS: Oor prokureurs en so kan ek nou nie baie praat nie, probeer maar net so nu
en dan geld maak uit die klomp!

In article , "Dries says...
>
> Sakkie,
>
> In antwoord op jou stellings:
>
> Cyber Sakkie wrote in article
> ...
>> Die werklik betekenis van die bepaalde woord word aanvaar, of mens nou verstaan
>> het of nie. Wat gebeur as mens nie weet wat 'n Latynse woord in die kontrak
>> beteken nie? Kontrakte is tog gewoonlik deurspek met Latynse woorde.
> Daardie einste Latynse woorde is nie net woorde nie, maar het 'n hele stel
> reëls en betekenisse agter hulle, baie wyer as die bloot letterlike
> betekenis van die woorde. Kontrakte is in elk geval 'n ding waaraan ek 'n
> boetie dood het, by wyse van spreke. Vir wat moet die goed altyd in so 'n
> totaal onverstaanbare gehingel van woorde opgestel word? Ek dink dis net
> om ons te konfoes, en natuurlik om hulle (prokureurs, ens) beroepe te
> beskerm. (Nou sal ek seker maar my brandweertoerusting moet aantrek en in
> die bomskuiling moet ingaan...)
>
>> Vir dieselfde argument kan mens redeneer wat van die Sepedi sprekers, moet banke
>> en ander instansies soos versekeraar dan ook hulle webwerwe, kontrakte ens. in
>> Sepedi vertaal? Sepedi is tog ook 'n amptelike taal. Wat dan van Tswana,
>> Sotho, Zulu, Xhosa ..........? Of is ons Afrikaanssprekendes (saam met die
>> Engelse) eerste klas burgers en die ander wat nie Engels en Afrikaans as
>> huistaal besig nie dan tweede en derde klas burgers?
> Ek het, om die waarheid te sê, vrede met Sepedi, Zoeloe ens. As hulle wil
> aandring om in hul eie taal gehelp te word, staan dit hulle vry om, net
> soos ek, daarvoor te veg. Feit is meeste van hulle, net soos meeste
> Afrikaanssprekendes ("Afrikaners"?) gee nie 'n snars om nie en tou maar ewe
> gedwee agter die Engelse aan.
>
>> My punt is bloot dat my kultuur en my taal vir MY belangrik is. Maar daar is
>> nog tien ander kulture en tien amptelike landstale. Kom ons wees prakties en
>> gebruik waar nodig Engels vir besigheid (saam met die oorgrote meerderheid in
>> die res van die wereld).
> Stem saam dat daar nog ander kulture ook betrokke is (maar sien my antwoord
> hierbo), en my kultuur is vir my ook belangrik, maar hoekom gee jy dan so
> min om vir jou taal dat jy nie bereid is om jou rug styf te maak teen die
> opsigtelike verengelsing nie, maar eerder "prakties" wil wees? Jou taal is
> tog deel van jou kultuur, dan nie? As ons nou rêrig prakties wil wees (tot
> die uiterstes toe) moet ons almal Mandaryns praat, die Chinese is tog die
> oorgrote meerderheid in die wêreld.
>
> Ek wonder wat sou van Afrikaans geword het as dit nie juis vir die mense
> was wat met doelbewuste ywer in die verskeie taalbewegings juis daarvoor
> baklei het dat Afrikaans oral in die land en onder watter omstandigheid
> ookal gebruik kan word nie. Dit sou waarskynlik nog geleef het, maar as
> een of ander obskure dialek onder die Kaapse Kleurlinge/slawe-afstammelinge
> (siende dat die mense vir ons sê dis hulle wat dit die eerste gebruik het)
> en ons sou almal Engels gepraat het.
>
>> As jy dan Afrikaans wil gebruik by ABSA, gaan binne in die bank in.
> So jy ontsê my die reg om die Internetbankdienste te gebruik, omdat ek
> aandring om op Afrikaans bedien te word? Hoe lank, dink jy, sal dit wees
> voordat ek (en jy) ook nie eens binne die bank op Afrikaans bedien kan word
> nie? En dis nie asof ek die diens verniet kry nie, ek betaal daarvoor.
>
> Groete,
> Dries
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27218 is 'n antwoord op boodskap #27016] Ma, 11 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie,

Jy't my nou aan die dink gesit (wat maar stadig gaan by my!). Ek gaan jou
nie nou dadelik antwoord nie, alhoewel ek die antwoord reeds reg het. Ek
wil hom so 'n bietjie skaaf (net ingeval jy dalk dink ek rek my bek en
hardloop dan weg) en bepeins. Ek dink daar is veel meer in as net die
voor-die-handliggende rede(s). So ek gaan hierdie so 'n wyle laat
oorstaan. Ek gaan buitendien nou op 'n toer deur die 2de Vryheidsoorlog se
slagvelde, hopelik kan ek 'n paar kakies as trofeë kry... (Dalk gee dit vir
jou die rede!) Kom eers vlg. Sondag terug

Groete,
Dries

Cyber Sakkie wrote in article
...
> Beste Dries,
>
> Ek kan een vir een antwoord op die individuele punte wat jy maak, maar jou
> standpunte is interessant en samehangend en daarom wil liewer daarop reageer in
> die geheel.
>
> Wat my belangstelling geweldig prikkel en waaroor ek graag wil uitvra is jou
> benadering om aan te dring op diens in Afrikaans. Vir my persoonlik is diens
> gelyk aan diens, solank ek met die diensleweraar kan komminikeer. Ek sal maklik
> aanpas en voel nie te nagekom nie. Daarom is my vraag: hoekom is die beginsel
> van diens op jou moedertaal vir jou belangrik? Ek weet daar is baie mense wat
> so voel en ek sal graag wil verstaan hoekom dit vir hulle belangrik is? Kan jy
> dalk help?
>
> Wat egter ook hierby gevoeg kan word is dat swak diens geheel en al
> onaanvaarbaar is. Ek word rasend woedend! As voorbeeld: nou die ander dag moes
> ek binne 'n vol McDonalds vyf keer op welluidende duidelik ge-artikuleerde
> Engels (nie eens Afrikaans nie) my gesin se eenvoudige bestelling herhaal - en
> dit van die beperkte spyskaart af! Nog steeds kon die blerrie bediener nie
> verstaan nie. Eers toe iemand anders (wat nog in 'n ordentelike skool was)
> bykom kon ek 'n eenvoudig bestelling plaas. Die vraag is nou: gaan dit oor swak
> diens by 'n bepaalde instelling of gaan dit oor die beginsel van diens op 'n
> bepaalde taal?
>
> Groetnis
>
> Sakkie
>
> NS: Oor prokureurs en so kan ek nou nie baie praat nie, probeer maar net so nu
> en dan geld maak uit die klomp!
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27219 is 'n antwoord op boodskap #27016] Ma, 11 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink die Engelse sê "be careful, you may get what you ask for!" Dan kan ons
almal weer ons waens in 'n laer trek en bokker die res van die wereld.

In article , ferd...@icon.co.za says...
>
> On 8 Oct 1999 02:55:42 -0700, Cyber Sakkie
> wrote:
>
> > en ander instansies soos versekeraar dan ook hulle webwerwe, kontrakte ens. in
>> Sepedi vertaal? Sepedi is tog ook 'n amptelike taal. Wat dan van Tswana,
>> Sotho, Zulu, Xhosa ..........? >>
>
> Ja, in al daai tale as die kliente dit vra.
>
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27493 is 'n antwoord op boodskap #27016] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teresa Gilliam  is tans af-lyn  Teresa Gilliam
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Cyber Sakkie wrote in message ...

So do you listen to Valiant Swart?
TG
Re: 'n Klap na ABSA [boodskap #27549 is 'n antwoord op boodskap #27016] Do, 21 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Oh ever so frequently! But today (and just for today) I'm turning myself into
Supra Sakkie (as in Supra Man of Joseph Heller's famous Catch-22).

However, originally I had to consider calling myself either Cyber Sakkie or
Kuber Koos. But Kuber Koos is a doos, so I became Cyber Sakkie!

Regards,

Supra Sakkie

In article , "Teresa says...
>
>
> Cyber Sakkie wrote in message ...
>
> So do you listen to Valiant Swart?
> TG
>
Vorige onderwerp: Re: Inflasie
Volgende onderwerp: Re: Inflasie - die regte inflasiekoers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 21:29:24 MGT 2024