Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Inflasie
Inflasie [boodskap #27433] |
Tue, 19 October 1999 00:00  |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die nuutste bog uit Suid-Afrika is dat die inflasie nou glo sy laagste punt
in 30 jaar bereik het nl.
1,9 %
Nou dink nou oor die moontlikheid hiervan. Kak man.
Wys jou net hoe die sysfers deur die nuwe AA's bereken word.
Krokkie
|
|
|
|
|
|
Re: Inflasie [boodskap #27473 is 'n antwoord op boodskap #27433] |
Wed, 20 October 1999 00:00   |
Neville Nel
Boodskappe: 10 Geregistreer: September 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
@sympatico.ca wrote in message
...
> Jimmie wrote:
>
>> Is net die huispryse wat regtig nie wil opgaan nie; myne is al ses maande in
>> die mark en ek vra al twintig minder as wat dit werd is.
>
> Nouja, ou Jimmie, as die huispryse besig is om te daal, dan is dit mos'n sekere
> teken dat die inflasie baie min is - dat daar werklik deflasie
> aan die gang is. Dis wat ons hier in Kanada ondervind. Omtrent geen
> mense hier in Ottawa kan hulle prys kry vir huise wat hulle byvoorbeeld
> tien jaar gelede gekoop het nie. Dit tref jongerige mense nogal erg-
> want hulle het huise gekoop toe die pryse hoog was, en as hulle nou
> moet verkoop omdat hulle moet trek, dan kry hulle nie hulle prys nie.
>
> Gloudina
>
>>
Gloudina het toe wragtig in die slaggat getrap!
Jimmie het OOK geskryf..>
> ...In ons
> wonderlike ekonomie beteken dit die koers wat die regering graag sal wil sien.
>
> Hier is nou werklik iets wat Gloudina kan snaaks vind of haarself oor kan
> verwonder of waaroor sy kan wonder.
maar Gloudina reageer net op:
>
> Is net die huispryse wat regtig nie wil opgaan nie; myne is al ses maande in
> die mark en ek vra al twintig minder as wat dit werd is. ...
Jimmie bou verder vir Gloudina 'n slaggat.....
> Die regering het
> seker maar besluit om huispryse te gebruik vir die bepaal van die inflasie
> koers. Dan kan die manual ondersteuners nie kla nie en die regering hoef nie
> te lieg nie en die buiteland sal mos glo wat die regering se en dan so baie
> geld hier by ons kom stort, hoor ek.
Die buiteland is nou seker Gloudina, want sy glo beslis alles wat
die regering van RSA se.
Gloudina, spandeer jy jou geld in Suid Afrika?
Ek is nie daarvan oortuig dat jy 'n geldige inset kan lewer
op hierdie thread nie.
Ek spandeer wel my geld in Suid Afrika, en ek weet beslis
dat 'n trollie kruideniersware nie net 1.9% meer kos as laas
jaar nie. My motor se petroltenk kos ook beslis meer as
1.9% meer om vol te maak as laas jaar.
Al wat wel goedkoper is as laas jaar die tyd, is my huis,
as gevolg van die rentekoerse wat gedaal het sedert Oktober 1998.
Het iemand miskien die beskikbare statistiek wat gebruik is om by
hierdie syfer van 1.9% uit te kom? Watter artikels se pryse is
vergelyk oor die afgelope jaar om by hierdie persantasie waarde
uit te kom.
Neville
|
|
|
|
|
|
Re: Inflasie [boodskap #27478 is 'n antwoord op boodskap #27433] |
Wed, 20 October 1999 00:00   |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: August 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bees,
Is daar baie High Tech besighede in Alberta ?
My keuse is op die oomblik tussen Vancouver en Toronto.
Francois
Bees wrote in message ...
>
> wrote in message
> news:380D2AE4.A1F32428@sympatico.ca...
>
> Dis wat ons hier in Kanada ondervind. Omtrent geen
>> mense hier in Ottawa kan hulle prys kry vir huise wat hulle
> byvoorbeeld
>> tien jaar gelede gekoop het nie. Dit tref jongerige mense nogal
> erg-
>> want hulle het huise gekoop toe die pryse hoog was, en as hulle
> nou
>> moet verkoop omdat hulle moet trek, dan kry hulle nie hulle
> prys nie.
>
> "Ons hier in Kanada" stem nie almal saam nie. Tipies van mense
> wat in 'n plek soos Ottawa bly - dink hulle het die reg om namens
> almal in die land te praat, sonder om eers feite te kontroleer.
> Op die skaal van stede in Kanada tel Ottawa net-net. En ook net
> omdat Parliament Hill daar is.
>
> Doudie, nie net het jy tred verloor met SA nie, ook blykbaar met
> die res van Kanada (soos party politici). Hier in Alberta kook
> dinge. Hier is werk beskikbaar. Huise kos 15% meer as 3 jaar
> terug.
>
> Kanada is groter as Ottawa en jy behoort dit te weet. "Ons hier
> in Alberta" ondervind nie deflasie nie - wel minimale, gesonde
> inflasie van 1 of 2 persent per jaar.
>
> Groete uit die res van Kanada
> Bees
>
> Ps. Eintlik wou jy maar net weer jou ou satgeryde opmerking
> maak - "Moenie kla oor enigiets in SA nie, die res van die wereld
> het presies dieselfde probleme, op presies dieselfde skaal."
> Niemand glo jou meer nie.
>
|
|
|
Re: Inflasie [boodskap #27479 is 'n antwoord op boodskap #27433] |
Wed, 20 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Bees wrote:
> "Ons hier in Kanada" stem nie almal saam nie. Tipies van mense
> wat in 'n plek soos Ottawa bly - dink hulle het die reg om namens
> almal in die land te praat, sonder om eers feite te kontroleer.
> Op die skaal van stede in Kanada tel Ottawa net-net. En ook net
> omdat Parliament Hill daar is.
>
> Doudie, nie net het jy tred verloor met SA nie, ook blykbaar met
> die res van Kanada (soos party politici). Hier in Alberta kook
> dinge. Hier is werk beskikbaar. Huise kos 15% meer as 3 jaar
> terug.
>
Ou Bees, ek wonder of dit nie jy is wat nie weet wat aangaan nie.
Jy daar in jou ryk meestal wit enklaves van Alberta. Hier in Ottawa
is die "hot" huise die baie groot baie luukse huise, waarvan die pryse
glo in die hoogte skiet. Maar in klein dorpies in Ontario is dit 'n
buyers market met pryse wat sterk gedaal het. Een van ons kinders
het 'n huis van oor $200,000 die ander dag vir $150,000 gekoop.
Ons reken dat ons condominium met tenminste $20,000 gedaal het
sedert ons dit vyf jaar gelede gekoop het. Doen jou huiswerk. Wat
gaan in kleindorpse Alberta aan? En Saskatchewan?
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Inflasie [boodskap #27482 is 'n antwoord op boodskap #27433] |
Wed, 20 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Jimmie wrote:
> Baie min van die mense in
> die land koop en verkoop huise,
Jimmie, ou perd, wie was dit nou weer wat vansy huis se verkoop gepraat het? Ly jy aan
alzheimers?
Tant Hessie se Houyhnhnm.
|
|
|
Re: Inflasie [boodskap #27483 is 'n antwoord op boodskap #27433] |
Wed, 20 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Jimmie wrote:
> Is net die huispryse wat regtig nie wil opgaan nie; myne is al ses maande in
> die mark en ek vra al twintig minder as wat dit werd is.
Nouja, ou Jimmie, as die huispryse besig is om te daal, dan is dit mos'n sekere
teken dat die inflasie baie min is - dat daar werklik deflasie
aan die gang is. Dis wat ons hier in Kanada ondervind. Omtrent geen
mense hier in Ottawa kan hulle prys kry vir huise wat hulle byvoorbeeld
tien jaar gelede gekoop het nie. Dit tref jongerige mense nogal erg-
want hulle het huise gekoop toe die pryse hoog was, en as hulle nou
moet verkoop omdat hulle moet trek, dan kry hulle nie hulle prys nie.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Inflasie [boodskap #27538 is 'n antwoord op boodskap #27433] |
Thu, 21 October 1999 00:00   |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ProPacem wrote in message
news:19991021220323.16253.00000261@ng-
> Ag komaan, Bees. Hierdie is darem te simplisties 'n argument. Mens kan
> besorgd, selfs passievol besorgd, wees oor hulpbronne, die omgewing en dies
> meer, en verhitting gebruik. Misbruik is 'n ander storie.
Gedog jy is weg, Leswin.
Presies. Mens moet egter nie (sonder balans, of insae) eenvoudig
voor-die-voet gal braak oor mense wat in die kommoditeite
industrie is nie, al is jy hoe passievol or die omgewing. of
enigiets anders. Sy het mense - "oliebase en hulle tranwante"
noem sy ons so 'n ruk terug - aangevat bloot op grond van wat ons
doen. En dit is wat ek bedoel met "moralisties" raak terwyl mens
in die stilligheid die produk gebruik.
'n Ekstreme voorbeeld: 'n paar jaar gelede vlieg ek na Santiago
de Chile vanaf Madrid. Langs my sit 'n persoon wat, al smullende,
al drinkende, 35,000 voet hoog in 'n metaal vliegtuig, met
energie verskaf deur hidro-koolstowwe, byna letterlik braak
bo-oor enigiets wat met die mynwese en die oliewese te doen het.
Groete,
Bees.
Ps. Ek wonder nog steeds oor stereotipering. Is daar iets
soos'"regverdige stereotipering"? Is alle stereotipering nie, per
defenisie, onregverdig nie?
|
|
|
Re: Inflasie [boodskap #27539 is 'n antwoord op boodskap #27433] |
Thu, 21 October 1999 00:00   |
Francois de Wet
Boodskappe: 226 Geregistreer: August 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Huis paleis pondok, een van die dae soek ek een ok !
Francois
@sympatico.ca wrote in message
...
> Bees wrote:
>
>> "Ons hier in Kanada" stem nie almal saam nie. Tipies van mense
>> wat in 'n plek soos Ottawa bly - dink hulle het die reg om namens
>> almal in die land te praat, sonder om eers feite te kontroleer.
>> Op die skaal van stede in Kanada tel Ottawa net-net. En ook net
>> omdat Parliament Hill daar is.
>>
>> Doudie, nie net het jy tred verloor met SA nie, ook blykbaar met
>> die res van Kanada (soos party politici). Hier in Alberta kook
>> dinge. Hier is werk beskikbaar. Huise kos 15% meer as 3 jaar
>> terug.
>>
>
> Ou Bees, ek wonder of dit nie jy is wat nie weet wat aangaan nie.
> Jy daar in jou ryk meestal wit enklaves van Alberta. Hier in Ottawa
> is die "hot" huise die baie groot baie luukse huise, waarvan die pryse
> glo in die hoogte skiet. Maar in klein dorpies in Ontario is dit 'n
> buyers market met pryse wat sterk gedaal het. Een van ons kinders
> het 'n huis van oor $200,000 die ander dag vir $150,000 gekoop.
> Ons reken dat ons condominium met tenminste $20,000 gedaal het
> sedert ons dit vyf jaar gelede gekoop het. Doen jou huiswerk. Wat
> gaan in kleindorpse Alberta aan? En Saskatchewan?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Inflasie [boodskap #27545 is 'n antwoord op boodskap #27433] |
Thu, 21 October 1999 00:00   |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
wrote in message
news:380E909E.ABB3C6A9@sympatico.ca...
> Jy sit daar met jou opgepofte inflasie-vere en speel kewademan, net
> omdat die prys van olie nou weer styg. Wys net hoeveel Alberta 'n aberrasie in
> die totaal van Kanada is. Of moet ek liewer se, die wit enklaves van Alberta
> is 'n aberrasie.
Doudie - jy gaan my sowaar iets leer. Wat op God's akker is is 'n
kewademan?
Die meeste mense in Kanada is behoorlik ekonomies aktief, en
genereer rykdom vir Kanada en sy mense. Party provinsies (of
"enclaves", noem ons wat jy wil) soos Alberta doen dit met olie,
ander met logging, ander met graanverbouing, ander met industrie,
gewoonlik gekoppel aan kommoditieite. Yup, daai aaklige goed wat
ons huise warm maak in die winter, ons pense vol, en karre en
vliegtuie gee om mee te speel.
Kom ek vertel jou wat 'n aberrasie in Kanada is. Ottawa. Met al
sy politici, lobby groups, and ander blind-ondankbare parasiete.
QED.
Volgende keer as jy "gas" ingooi, dink aan ons. Nog 'n paar bucks
vir Alberta.
Groete
Bees
ps. Voor jy weer met my moralisties raak oor mense wat hulpbronne
ontgin, gaan skakel jou verhitting af. Die hele winter.
|
|
|
|
|
Re: Inflasie [boodskap #27548 is 'n antwoord op boodskap #27433] |
Thu, 21 October 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Bees wrote:
> Verkeerd. Hulle het 'n $150,000 huis vir $150,000 verkoop. As dit
> 'n $200,000 huis was sou hulle $200,000 gekry het. Die markprys
> is al wat tel. Soos 'n barrel olie wat op die oomblik US$20+ werd
> is. Die feit dat dit 'n ruk terug US$10 werd was is
> oergeskiedenis.
>
>
O, ekskuus tog. Maar as die huis vir tien tot vyftien jaar vir oor die
$200,000op die mark is, en nou skielik bekombaar word vir $150,000, wat
moet
mens dan van die sakie dink? As die huis wat ons vyf jaar gelede in 'n
ander
provinsie vir 'n stywe som verkoop het, nou baie minder op die mark sou
haal, wat moet ek dink?
Jy sit daar met jou opgepofte inflasie-vere en speel kewademan, net
omdat
die prys van olie nou weer styg. Wys net hoeveel Alberta 'n aberrasie in
die
totaal van Kanada is. Of moet ek liewer se, die wit enklaves van Alberta
is 'n
aberrasie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Inflasie [boodskap #27776 is 'n antwoord op boodskap #27433] |
Mon, 01 November 1999 00:00  |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> "Bees" be...@vleis.com
> Gedog jy is weg, Leswin.
Jammer vir die respons-oponthoud, Bees. Maar jy is gedeeltelik reg - ek kom
deesdae so weinig by hierdie nuusgroep uit, en wanneer ek dan sien dat daar
twee of driehonderd boodskappe is, druk ek maar die delete knoppie en hoop dat
ek later weer tyd sal he om die nuusgroep meer gereeld te besoek.
> Mens moet egter nie (sonder balans, of insae) eenvoudig
> voor-die-voet gal braak oor mense wat in die kommoditeite
> industrie is nie, al is jy hoe passievol or die omgewing. of
> enigiets anders
Terwyl ek in essensie saamstem (my skoonpa, goeie mens, is 'n grootkop in die
oliebedryf), kan ek egter nie myself in sodanige bedryf sien nie - juis omdat
ek taamlik passievol voel daaroor . Vandaar is dit maar 'n hop en 'n huppel om
die motivering en waardes van mense in die bedryf te bevraagteken. Weer eens,
egter, gee ek toe dat sodanige standpunt min gewig dra as ek self "in die
stilligheid" die produk misbruik. Ek het jou woord verander (van gebruik na
misbruik).
> Ps. Ek wonder nog steeds oor stereotipering. Is daar iets
> soos'"regverdige stereotipering"? Is alle stereotipering nie, per
> defenisie, onregverdig nie?
ek onthou ons vorige bespreking hieroor, en ek gaan ;n raincheck neem waar dit
'n respons aangaan - bloot omdat ek letterlik voor die duiwel uithardloop om
alles gedaan te kry hier. Gee my so 'n week of wat, okay.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 02:14:58 UTC 2025
|