Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Re: 'n Klap na ABSA - Is nie werklik 'n klap nie !?
Re: 'n Klap na ABSA - Is nie werklik 'n klap nie !? [boodskap #27068] Wo, 06 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Kondor  is tans af-lyn  Kondor
Boodskappe: 8
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
Wel, kyk asseblief mooi na die bewoording op die blad waarop jy moet
registreer:

Language

You are about to be registered on ABSA Direct Internet Banking. This process
will only be allowed to be performed if you are an individual, however, you
can register a business on Internet Banking by visiting your Branch.

Your registration process will include registration on ABSA Direct Telephone
Banking to add value to your service. (Assisting you to maintain your
service - adding accounts or beneficiaries, enquiries. etc.)

Pending an identification call from ABSA Direct, the following transactions
will not be permitted for security purposes.

Bill Payments (Physical payment only)
Own defined payments (Physical payment only)
Creation of future-dated payment instructions
Stop order creation / change

Although the Internet Banking service is only available in English, the
registration process is available in both Afrikaans and English.

Please select your preferred registration language to continue.

------------------
Although the Internet Banking service is only available in English, the
registration process is available in both Afrikaans and English.
------------------


Hulle het 'n besluit geneem om vir eers die skerms in Engels te ontwikkel,
maar stel die gebruiker wel daarvan in kennis dat die internet-blaaie net in
Engels is, hoewel hulle versoek dat kliënte hulle taalvoorkeur moet invul.
Hierdie aanduider kan dan later gebruik word. Onthou dat die poskantoor sy
produk wat gebruik is om die COMPUBANK mee te betree, gestaak het. ABSA was
noodgedwonge om alternatiewe stappe in plek te sit om die kliënte nogsteeds
'n diens te bied, en waar moontlik, nog beter as in die verlede. Ek dink in
die gegewe tyd tot hulle beskikking het hulle 'n baie goeie stelsel tot die
publiek beskikbaar gestel en persoonlik verwag ek dat die taalkwessie wel
aangespreek gaan word (onthou - laasgenoemde is my persoonlike opinie).

Indien julle nog vrae het, kontak my gerus by kon...@mail.com

Terloops, gaan kyk asseblief op die volgende blad as julle 'n kansie kry:
http://home.mweb.co.za/ed/eddien/fotografie.html

Groete,
KONDOR

-----------------------------------------------------------

Dries Venter wrote in message ...
> Aan almal:
>
> Ek neem aan almal op hierdie lys is redelik ernstig oor
> Afrikaans. Vandag wil ek 'n allemintige klap aan ABSA uitdeel. So 'n
> bietjie agtergrond:
>
> Ek doen baie van my banksake elektronies. Tot onlangs het ek Telkom se
> Beltel stelsel en ABSA se Compubank fasiliteit gebruik. Dié het nou
> doodgeloop weens J2K probleme. Nou moet ek noodgedwonge die 'Net gebruik
> en op ABSA (dis my bank) se Webwerf ingaan. Vandaar kry ek as gebruiker
> van die Internet Bankdienste 'n spesiale 'logon' om met my eie rekeninge en
> so aan te werk. Die groot gestoei is nou dat alles Engels is, terwyl
> Compubank op Afrikaans en Engels beskikbaar was. Ek konfronteer toe ABSA
> hieroor (op die vorm waarmee ek aansoek gedoen het, word my taalvoorkeur
> nogal ewe gevra!) en hulle antwoord getuig van uiterste
> onkunde/domastrantheid: "Die Internet is 'n internasionale instelling,
> daarom is al ABSA se Internet bladsye Engels sodat alle WWW-gebruikers dit
> kan verstaan". Ek kan dié redenasie tot op 'n punt volg, maar my gevoel is
> dat as ek eers by die "logon" verby is, is dit mos dieselfde as wat ek by
> die bankdeur instap en by die kassier staan. Daar word ek op Afrikaans
> gehelp. Ek kan selfs inbel na die Telefoniese Bankdienste toe en daar word
> ek ook op Afrikaans gehelp. Wat sou dan nou die probleem wees met die
> Internet-bladsye, veral waar dit oor persoonlike banksake gaan?
>
> So, ABSA, hiermee 'n pluimpie dat jy so hier en daar nog 'n bietjie
> Afrikaans besig, maar 'n groot, taai klap omdat jy my my taal met minagting
> behandel. Meer as helfte van die direkteure op jou briefhoof is Afrikaans.
> Afrikanergeld het jou gehelp tot waar jy nou is. Hierdie Afrikaner gaan
> nou sy bôl vat en 'n ander swembad soek om in te speel (selfs as dit 'n
> Engelse swembad is!). As ander lesers ook so voel, wil julle nie 'n e-pos
> aan ABSA stuur nie (ek verwag natuurlik nie dat julle my voorbeeld volg en
> 'n ander bank gaan soek nie)
>
> MAAR SPREEK JULLESELF UIT TEEN HIERDIE BLATANTE MISKENNING VAN ONS TAAL.
>
> Dries Venter
>
Re: 'n Klap na ABSA - Is nie werklik 'n klap nie !? [boodskap #27157 is 'n antwoord op boodskap #27068] Vr, 08 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Twee sake:

1) Toe ek my tak vra oor die "voorkeurtaal" (dis op die gewone papiervorm
ook) het hulle aan my gesê dat dit net vir gebruik op die
telefoonbankdienste is, wat as 'n rugsteun vir die Internetbankdienste
gebruik word.

2) ABSA se Internetbankdienste bestaan al meer as 'n jaar, so hulle het nie
sommer net gou iets aanmekaargeslaan omdat Beltel/Compubank gaan doodloop
nie. Die hoeveelheid webblaaie wat betrokke sou wees by 'n
vertalingsaksie, en die gepaardgaande aantal Engelse terme is werklik
minimaal. Verstaan my mooi, ek vra nie dat die hele ABSA webwerf Afrikaans
moet wees nie (dit sal 'n groot pluspunt wees!), net die gedeelte waar ek
as't ware "in die bank" is.

Groete,
Dries

Kondor wrote in article
...
> Wel, kyk asseblief mooi na die bewoording op die blad waarop jy moet
> registreer:
>
> Language

> Although the Internet Banking service is only available in English, the
> registration process is available in both Afrikaans and English.
>
>
> Please select your preferred registration language to continue.

> Hierdie aanduider kan dan later gebruik word. Onthou dat die poskantoor sy
> produk wat gebruik is om die COMPUBANK mee te betree, gestaak het. ABSA was
> noodgedwonge om alternatiewe stappe in plek te sit om die kliënte nogsteeds
> 'n diens te bied, en waar moontlik, nog beter as in die verlede. Ek dink in
> die gegewe tyd tot hulle beskikking het hulle 'n baie goeie stelsel tot die
> publiek beskikbaar gestel en persoonlik verwag ek dat die taalkwessie wel
> aangespreek gaan word (onthou - laasgenoemde is my persoonlike opinie).
Vorige onderwerp: Re: 'n Klap na ABSA (julle mis die punt!)
Volgende onderwerp: Re: 'n Klap na ABSA - die adresse!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 20:05:26 MGT 2024