Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Moord
Oor Moord [boodskap #26921] Do, 30 September 1999 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Interessant die ding van euthanasie, aborsie en moord:

Die Grieke en Romeine wat van ongewenste babas ontslae wou reek, het die
kinders iewers in die veld gesit om van blootstelling dood te gaan. Mens sou
dink dit sou eenvoudiger wees om hulle sommer daar en dan te verwurg of
keelaf te sny.

Eskimo's (voor hulle Inuit geword het) het bejaardes blykbaar op dieselfde
wyse
agtergelaat om aan blootstelling te sterf. Geen genadige dolk in die hart,
of so iets nie.

Attie van Niekerk is deur 'n Sotho vertel hoe hulle 'n bejaarde voor die hek
van die beeskraal sou neersit. Al die lede van die stam jaag dan die beeste
uit om hom dood te trap. Op daardie manier "is niemand skuldig nie".

Lyk my nogal baie soos die 'Ollanners wat die "skuld" vir euthanasie onder
'n span van drie dokters versprei.

Aborsieklinieke verskaf terapeutiese dienste om die "gewetenswroeging"
(aldus Myrte) te besweer.

Hoekom doen ons dan so veel om die feit van ons "dade van genade" te
verberg, verdoesel, verwerk, ens?

Laat mens dink aan Paulus wat daarop gewys het dat, aan die dade van die
heidene, mens kan sien dat God sy wet ook op hulle harte geskryf het.

Van sulke goed gepraat. Ek het iewers gelees dat die voorlaaste (behalwe vir
die windeier met die Amerikaanse vrou) koning van
Engeland (Ou Liesbet se oupa - George V) se
lewe ook "verkort" is met 'n strategiese dosis morfien.

Dit blyk dat die ou aan't sterwe was, en waarskynlik binne enkele ure die
gees sou gee. Dit was laataand en Queen Mary het reggesit in swart vir haar
eerste foto as weduwee en Queen Mother.

Maar die saktyd van The Times het nader gekom, en die ou wou nie vrek nie.
As hy na die saktyd sou sterf, sou die doodsberig eerste in die vulgêre pers
verskyn het, en nie in die ordentlike Ingelsman se koerant, The Times nie.

Nou kan mens jou voorstel - sy hele lewe lank het die Koning waarskynlik sy
dinge beplan met die oog op die saktyd van The Times.

Toe verrig die Koning se lyfarts hom maar 'n laaste diens en gee hom 'n
bietjie ekstra morfien sodat hy The Times kon haal.
Vorige onderwerp: Artikels
Volgende onderwerp: Tweede Wereld Oorlog vlieeniers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 14:20:15 MGT 2024