Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kan Afrika opstaan?
Kan Afrika opstaan? [boodskap #26487] |
Mon, 20 September 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek sien die volgende artikel in Beeld en toe kom die vraag by my op: As die
wereld se "paradigm" nie verander nie, gaan dit nie Afrika se ondergeskiktheid
voortsit nie. Al is dit 'n VN verteenwoordiger wat hierdie gesê het, tower dit
die prentjie op van Afrika wat bakhand staan by industriele lande.
Voorsien iemand 'n dag wat Afrika lande neus in die lug sal kan loop met
inwoners wat goed gevoed is en meesal werk het en goeie opvoeding en mediese
dienste? Hoe sou 'n mens prakties begin om so iets te bewerkstellig.
Ek wil graag positiewe reaksie hoor. Kom ons verbeel ons elke ou kan een
voorstel maak, hoe absurd ook al, wat sal waar word, wat sal julle voorstel
Afrika lande moet doen om onafhanklik te raak?
************************************************************ ******
'Krisis kom in Afrika'
Tienie Fourie
Afrika word deur 'n menslike tragedie van ongekende afmetings in die gesig
gestaar en duisende vlugtelinge kan weens hongersnood sterf tensy die
internasionale gemeenskap vinnig 'n plan beraam.
Dié waarskuwing is gister in Pretoria deur mnr. Soren Jessen-Petersen,
assistent- hoë kommissaris van die Verenigde Nasies (VN) se hoë kommissariaat
vir vlugtelinge (VNHV) in Genève, Switserland, gerig. Hy is in Suid-Afrika om
die vlugtelingkrisis in Afrika met die regering te bespreek.
Hy het gesê die feit dat die internasionale gemeenskap Afrika veral sedert die
begin van die jaar vergeet het, lei daartoe dat duisende vlugtelinge op dié
vasteland binnekort sonder kos en skuiling gaan sit.
Tans is daar sowat 7 miljoen vlugtelinge wat veral van die konflikte in die
Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en in Angola vlug.
Die res van die wêreld het egter om veral drie redes van Afrika vergeet. Die
eerste is dat Afrika ná die beëindiging van die Koue Oorlog baie van sy
strategiese waarde verloor het. Die tweede is dat die algemene gevoel posgevat
het dat Afrika meer kan doen om sy eie probleme op te los. Laastens is dit
deesdae moeilik om die Westerse media g'nteresseerd in Afrika te kry.
Die VNHV bestee jaarliks sowat $300 miljoen (sowat R1,8 miljard) in Afrika. Hy
het nie meer nie, aangesien die geldkrane van die Weste nou op Kosowo en ander
gebiede gerig is.
"Dit is 'n uiters ernstige situasie. Daar moet dringend iets aan gedoen word,"
het Jessen-Petersen gewaarsku.
Volgens hom is die VN "heeltemal magteloos" in Angola en loop duisende Angolese
gevaar om te verhonger of op ander maniere in die burgeroorlog om te kom.
|
|
|
|
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26489 is 'n antwoord op boodskap #26487] |
Mon, 20 September 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 20 Sep 1999 19:22:03 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Hier is Johan in al sy volle glorie weer op die "Afrika"- perd.
Hou op verdag maak - ek is eerlik besig om bespreking hieroor te vra - of het jy
nie opinie nie of is jy skaam vir jou opinie oor hierdie aangeleenthede? As jy
nie opinie het nie, bly dan net stil...dan kan die res van ons dit bespreek.
Ek dink nie die onderwerp wat ek aangeroer het, is onvanpas vir die nuusgroep
nie.
En ek het 'n idee ek en jy stem nogal saam oor hierdie een, maar of jy dit ooit
sal erken, weet ek nie. Ek dink 'n klein deeltjie van Afrika se
ondergeskiktheid kom van die houdings van die wit en swart mense van die wereld
af. Praat 'n wit ou soos die een wat ek hierbo aangehaal het, is dit met so 'n
paternalistiese houding. Praat Mbeki oor Amerika, is dit oor "Aid" wat Amerika
moet gee, instede van om te praat oor "how America can benefit from dealing with
South Africa".
| Noudat jy in die VSA
|bly, hoekom analiseer jy nie liewer die situasie in die VSA
|nie.
|
Ons kan dit ook doen, maar ons het ten minste almal Afrika in gemeen, terwyl nie
almal op die nuusgroep ondervinding van Amerika het nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26549 is 'n antwoord op boodskap #26487] |
Tue, 21 September 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan wrote in message ...
> Ek sien die volgende artikel in Beeld en toe kom die vraag by my op: As die
> wereld se "paradigm" nie verander nie, gaan dit nie Afrika se ondergeskiktheid
> voortsit nie. Al is dit 'n VN verteenwoordiger wat hierdie gesê het, tower dit
> die prentjie op van Afrika wat bakhand staan by industriele lande.
>
> Voorsien iemand 'n dag wat Afrika lande neus in die lug sal kan loop met
> inwoners wat goed gevoed is en meesal werk het en goeie opvoeding en mediese
> dienste? Hoe sou 'n mens prakties begin om so iets te bewerkstellig.
Hmmm......
Soos wat mens "prakties" begin met Joego-Slawië, Oos-Duitsland, Rusland -
almal maar lekker bakhand?
>
> Ek wil graag positiewe reaksie hoor. Kom ons verbeel ons elke ou kan een
> voorstel maak, hoe absurd ook al, wat sal waar word, wat sal julle voorstel
> Afrika lande moet doen om onafhanklik te raak?
>
Kom "ons" begin deur op te hou om "ons" te verbeel dat "ons" as Westerlinge
die vermoë - of die reg - het om effektiewe "voorstelle" aan Afrikalande te
maak. "Ons" doen dit al meer as honderd jaar, met kennelike gebrek aan
sukses.
(Snaaks - 'n ou met die naam "Verwoerd" het amper vytig jaar gelede al gesê
wat ek hierbo skryf. Wonder wat het van hom geword, nou dat dit die politiek
korrekte ding is om te sê?)
|
|
|
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26550 is 'n antwoord op boodskap #26487] |
Tue, 21 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> Kom "ons" begin deur op te hou om "ons" te verbeel dat "ons" as Westerlinge
> die vermoë - of die reg - het om effektiewe "voorstelle" aan Afrikalande te
> maak. "Ons" doen dit al meer as honderd jaar, met kennelike gebrek aan
> sukses.
>
> (Snaaks - 'n ou met die naam "Verwoerd" het amper vytig jaar gelede al gesê
> wat ek hierbo skryf. Wonder wat het van hom geword, nou dat dit die politiek
> korrekte ding is om te sê?)
Ja, en toe gaan dieselfde ou Verwoerd oor om die grootste ramifikasie
vanonderdrukking te skep wat die wereld lanklaas gesien het. Leendert, ek het
dit ondervind. Toe sy lakeie by Adams College instap (hordes van wit
Transvalers wat swart onderwysers verplaas), toe moet wit en swart aan
verskillende kante van die saal staan by godsdiens in die oggend, en moet
die kinders twee vakke in Afrikaans begin doen.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26555 is 'n antwoord op boodskap #26487] |
Tue, 21 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Francois de Wet wrote:
> Ek het onlangs in 'n Britse koerant gelees dat Verwoerd die enigste een was
> wat 'n Miljoen huise belowe het en dit eintlik laat bou het. Wonder hoe die
> huidige bewind doen ?
Ja, in die kaal haai vlaktes, waar die kranse antwoord gee
Tant Hessie se witperd.
|
|
|
|
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26617 is 'n antwoord op boodskap #26487] |
Wed, 22 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Simon van der Schans wrote:
> J
>
> Hierdie vraag impliseer dat die inwoners van die land waar die
> vraesteller woon, die VSA, "goed gevoed is en meesal werk het en
> goeie opvoeding en mediese dienste" geniet. As 'n mens aanneem
> dat dit wel so is, dan wil ek die vraag met 'n vraag beantwoord.
> Dit klink soos 'n ander vraag is, maar is eintlik dieselfde
> vraag. Die vraag is:
>
> Hoe lank gaan hierdie toestande in die VSA duur? 'n Duisend
> jaar? Vir ewig?
>
> Swart Simon
Die sad ding is, Simon, dat groot gedeeltes van die VSA en diebevolking
daar in dieselfde armoede lewe as die slegste dele
van Afrika. Het jy al tussen JFK en Manhattan gery en sekere
dele van Long Island gesien. Het jy al die meestal swart woon-
buurtes in New Jersey gesien. Het jy al dele van California
gesien. As Johan aan die VSA dink, dink hy net aan wit middel-
klas woonbuurtes. Die ander tel nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26618 is 'n antwoord op boodskap #26487] |
Wed, 22 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
lou wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>>
>> En dis nou interessant: Jy sê dis lank voor Treurnicht dat swart kinders
>> "gedwing" is om sommige vakke deur medium van Afrikaans te doen? '76 se
>> opstande het dus gladnie daaroor gegaan nie?
>
> en 'n dawerende stilte sak toe ..
Nee, Lou. Ek het op 'n ander plek geantwoord. Jaap Strydom het ditop Adams
College (verdoop Amanzimtoti High School, ens.) uitprobeer,
toe dit nog nie algemene beleid was in die departement nie. Hy het
werksboeke geskryf, dit op die skool se equipment afgerol, en dit
dan aan die studente vir profyt verkoop. In 1976 was hy in bevel
van dinge in Soweto. Hy wou seker toe weer dieselfde doen.
The rest is history.
Gloudina
> .
|
|
|
|
|
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26621 is 'n antwoord op boodskap #26487] |
Wed, 22 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> En dis nou interessant: Jy sê dis lank voor Treurnicht dat swart kinders
> "gedwing" is om sommige vakke deur medium van Afrikaans te doen? '76 se
> opstande het dus gladnie daaroor gegaan nie?
Ja, sien ou Leendert, Jaap Strydom is toe net op 28 jarige leeftyd bevorder
totdie hoof van Adams College (oor beter en ouer kandidate) (volgens die
grapevine
omdat sy vrou dogter was van iemand in die upper echelons van Bantoe-Onderwys)
en hy besluit toe, lank voor 1976, om sy planne op Adams uit te traai. Teen 1976
was hy in bevel in Soweto. The rest is history.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26710 is 'n antwoord op boodskap #26487] |
Thu, 23 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Francois de Wet wrote:
> Ek moet se dat ek nog nooit 'n Amerikaner gesien het wat lyk soos 'n
> Ethiopier nie. Die enigste maergatte is die wat jy op die TV sien.
>
>
Wel, ou Francois, ek dink nie die Ethiopiers wil lyk soos die
Amerikaners nie. Die meeste Ethiopiers wat ek deesdae sien,
is die ouens wat langafstand-hardloop in die Marathons en
ander wedstryde (mans en vrouens) - en hulle wen gewoonlik
Gloudina
|
|
|
Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26711 is 'n antwoord op boodskap #26487] |
Thu, 23 September 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , @sympatico.ca
wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>> A>en hy besluit toe, lank voor 1976, om sy planne op
> Adams uit te
>>> traai.
>>
>> Was hy gemagtig om so op te tree? Indien hy
> ongemagtig opgetree het, hoe het
>> _jy_ opgetree?
>>
> Hy het vir my voor die personeelvergadering, waar hy
> die invoer
> van die twee vakke in Afrikaans sou aankondig, na sy
> kantoor
> geroep en vir my vertel wat gaan gebeur, en vir my
> beveel om
> nie iets daaroor te sê nie. Hy het aangedui dat
> bespreking
> of beswaar nie sal help nie. Toe hy dit in die
> stafvergadering
> aankondig, het almal net met verslae gesigte gesit. Ek
> het,
> sonder dat ek dit kon help, begin huil. Nou in
> retrospek, is
> ek bly dat ek ten minste so aan my swart kollegas kon
> wys
> wat ek voel daaroor. Ons het eers later uitgevind dat
> geen
> ander skool in Natal Afrikaans ingevoer het nie - hy
> het
> dit bloot op sy eie gedoen.
Ek lei af jy bedoel hy het buite sy magte opgetree.
En, behalwe om 'n paar polities winsgewende trane te stort,
het _jy_ niks daaromtrent gedoen nie.
> Maar toemaar, Jaap Strydom
> op sy manier was verantwoordelik vir die eindelike "val
> van apartheid" en 1994. So kry elke hond sy dag,
> boontjie
> kry sy loontjie. Hy is vroeg in sy lewe aan kanker
> dood,
> maar nie voor 'n seun van hom nog deur die apartheids-
> regime voor die hof gedaag is oor 'n miljoen rand
> swendelary van die Bantoe-Onderwys departement nie.
Jy sê die "apartheidsregime" het swendelaars vervolg? Ek
dag jy't tevore beweer hulle het die land geplunder vir hul
eie voordeel (so geplunder dat Mbeki nou namens ander
Afrikalande kan pleit vir die vergewing van hul skuld, want
SA het nie noemenswaardige skuld wat vergewe kan word nie).
> Dis sulke mense wat die apartheids regime in SA in die
> onderwys ingelok het.
Nou wat moet ons nou dink van die ANC-regime wat oënskynlik
nog meer (of dommer, volgens die Heath-kommissie)
swendelaars lok?
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (4): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:49:14 UTC 2025
|