Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Re Wife's Immegration
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25923 is 'n antwoord op boodskap #25672] Ma, 06 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 03 Sep 1999 15:01:57 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:

|[/color]
> |En hoe stel jy voor moet gewerk word sodat jou vrou
> |voorkeurbehandeling kry bokant swart Afrikane wat ook hierheen wil
> |immigreer EN en ons behou die beginsel van gelykheid voor die reg?
> |
> |
> Baie van die lande wat jy so lekker aanhaal het kwalifikasie vereistes - nie
> almal word voor die voet toegelaat nie - beter gekwalifiseerder mense kry
> voorkeur. So ook mense wat getroud is met landsburgers.>>

Die vraag staan steeds.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25924 is 'n antwoord op boodskap #25672] Ma, 06 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 03 Sep 1999 15:01:57 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:

|[/color]
> |En hoe stel jy voor moet gewerk word sodat jou vrou
> |voorkeurbehandeling kry bokant swart Afrikane wat ook hierheen wil
> |immigreer EN en ons behou die beginsel van gelykheid voor die reg?
> |
> |
> Baie van die lande wat jy so lekker aanhaal het kwalifikasie vereistes - nie
> almal word voor die voet toegelaat nie - beter gekwalifiseerder mense kry
> voorkeur. So ook mense wat getroud is met landsburgers.>>

Die vraag staan steeds.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25952 is 'n antwoord op boodskap #25672] Di, 07 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Larry d'Lion  is tans af-lyn  Larry d'Lion
Boodskappe: 6
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
How about working illegally in SA? Isn't that the obvious "practical"
solution, one which is done in the "first world" all the time, until amnesty
is given, applications approved and/or citizenship happens? I'm sure that if
your wife is highly trained, and highly desirable as an employee, you will
find a "practical" way to work around the SA red tape.

Larry
~~~~~~~~~~`

Francois de Wet skryf in boodskap news:7qiv82$7ev$1@news.is.co.za...
> Ag ja well no fine Ferdi,
>
> Sarkasme is al wat mens seker sal kry op meeste NG's.
>
> Die punt wat ek wou maak is dat Suid Afrika se huidige wetgewing dit nie vir
> my moontlik maak om hier te leef en werk nie aangesien my vrou nie kan deel
> in die ervaring nie. Sy is hoogs gekwalifiseerd en ek kan nie van haar
> verwag om net 'n huisvrou te wees nie, aangesien dit nie haar vrye keuse is
> nie.
>
> Hoe kan ek leef in 'n land waar die staat voorskryf wie my lewensmaat mag
> wees en wat my kwaliteit van lewe is .....
>
>
> Ferdi Greyling wrote in message ...
>> On Wed, 1 Sep 1999 10:46:40 +0200, "Francois de Wet"
>> wrote:
>>
>> >>
>>> Bees jy gee my nuwe hoop vir die proses wat ek nou moet aanpak, want net
>>> soos baie ander Suid Afrikaners voor my is dit nou tyd om my goed te pak .
>>>
>>> Francois de Wet >>
>>
>>
>> Cheers.
>> Kan ek dalk geld iewers heen stuur om jou vinniger te laat waai?
>>
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25953 is 'n antwoord op boodskap #25672] Di, 07 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Hy se my land is kak.

Ek se SA se immigrasie se wetgewing is verander om SADEC migrante uit te hou
en ek voel nie dit is op die geval van toepassing nie.

> Hy se hy wil waai.

Ek se dat my vrou reeds emosionele probleme ondervind omdat sy nie mag werk
nie en dat ons finansieel beter af sal wees as alby 'n bydrae kan maak.
Ongelukkig het plan A (bly in SA ) nog geen vrug getoon ten opsigte van meer
'n meer menslike wet of behandeling van Binnelanse Sake nie. Ek hou daarvan
om in sak en as te sit nie, so plan B is om na Kanada toe te gaan waar ons
alby kan werk.

> So ek se cheers. Kan ek jou help om te gaan.

Stuur asb. alle beskikbare fondse na ABN -AMRO Rotterdam vir F . de Wet -
Rek no 60-40-26-897 . Groot dankie.

Nee nie eintlik nie, ek soek eerder mense wat my kan help om die huidige
situasie in terme van die wetgewing te help verander.

> Onderskei hier sy probleem en sy reaksie teenoor Suid-Afrika AS GEVOLG
> VAN sy probleem.

Ek wonder waar presies was dit wat ek geskryf het dat SA 'n kak land is ? Ek
het wel gese dat die regering nie sy sout werd is nie en dat Binnelandse
Sake nie weet wat hulle doen of wil hoor dat hulle verkeerd is nie.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25956 is 'n antwoord op boodskap #25672] Di, 07 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dis reg Johan,

Kanada het 'n "family class" immigrasie wat voorkeur gee aan getroudes en
familie , dit geld in ander lande ook.

Johan wrote in message ...
> On Fri, 03 Sep 1999 13:22:38 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> |
> |En hoe stel jy voor moet gewerk word sodat jou vrou
> |voorkeurbehandeling kry bokant swart Afrikane wat ook hierheen wil
> |immigreer EN en ons behou die beginsel van gelykheid voor die reg?
> |
> |
> Baie van die lande wat jy so lekker aanhaal het kwalifikasie vereistes - nie
> almal word voor die voet toegelaat nie - beter gekwalifiseerder mense kry
> voorkeur. So ook mense wat getroud is met landsburgers.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25957 is 'n antwoord op boodskap #25672] Di, 07 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi,

Jy mis nog steeds die punt, weet jy nie wat is die verskil tussen 'n migrant
en 'n immigrant nie ?

+ kommentaar.....sorry dit is so laat maar ek was siek gewees.

> oor rasisme nie, maar xenophobia en dit is waaraan jy wat Ferdi is lei.>>
>
> Aitsa!
> Nou is dit xeofobia - die vrees vir vreemdelinge as ek dit reg het.
>
> Terwyl al wat ek gese het is wie de hel is jy om my land te beledig.
> En besides, gaan kyk en jy sal dalk 'n onderliggende redes sien hoekom
> dit moeilik is om na SA te immigreer.
>
> > hoekom almal nie dieselfde behandel moet word nie. Ek is bereid om enige
>> toets te deurstaan wat se huwelik is een van "gemak".
>>

>
> Persoonlik dink ek jou vrou behoort sonder probleme te kan immigreer
> as julle huwelik kosher is. Maar dit is iets heel anders as my land
> beledig.
>
So jy stem met my saam oor haar immigrasie. Jy is verkeerd dit is egter nie
so maklik of goedkoop nie. En bonop heel tydrowend.

> Dis toevallig die eerste keer dat ons praat oor hoe ek voel oor die
> soort immigrasie waaroor jy kla, weet jy.
>
Ek praat nog die hele tyd oor dieselfde ding, ek het nog nooit oor
immigrasie in die algemeen gepraat nie. Al waarvoor ek gevra het was of
iemand met my saamstem of weet van mense met dieselfde probleem.

Ek is nie op 'n kruistog vir migrante van SADEC nie, maar eerder vir wettige
(familie) immigrante soos my vrou.

>

Francois
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25990 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Francois de Wet wrote in message ...
>
>> Hy se hy wil waai.
>
> Ek se dat my vrou reeds emosionele probleme ondervind omdat sy nie mag werk
> nie

So ver ek weet is daar niks wat haar verhoed om onbetaalde vrywilligerwerk
in haar veld te doen nie - en daar is min velde waar daar nie geleentheid is
vir so iets nie, en waar mens nie groot bevrediging uit kan put nie. Dit kan
help om die emosionele probleme te hanteer tot jy die wet verander gekry het
(mag dalk selfs help om die wet verander te kry - of miskien juis nie :-)

En ongeag haar veld - dalk wil sy 'n aktivis word vir die regte van
immigrante. Daar kan geen wet op wees nie, en as dit probleme skep met die
toekenning van 'n werk/verblyfpermit kan mens lekker baklei oor vryheid van
spraak en gewete, vryheid van assosiasie. Dan versprei mens die issues, en
skep sommer 'n klomp aspekte waarop daar teen haar gediskrimineer word :-)

> en dat ons finansieel beter af sal wees as alby 'n bydrae kan maak.

Hmmm...... nie noodwendig nie. Baie mense bereken nie die (finansiële)
koste daarvan om albei eggenote te laat werk nie - veral as daar kinders is.
Ek weet van heelwat gevalle waar die besteebare inkomste die hoogste is as
een eggenoot net genoeg inbring om nie belasting te hoef te betaal nie.

Maar intussen - oorweeg die verskille (vir julle; dit sal sekerlik verskil
van persoon tot persoon) tussen lewensgehalte en die sg. "lewensstandaard".
Lyk my baie mense handhaaf 'n "lewensstandaard" ten koste van lewensgehalte.

Dis nou terwyl jy nog moet baklei om die reg te hê om te kies :-)

Groete, Leendert
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #26042 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Tobie skryf in boodskap news:7qnjf7$kpj$2@ctb-nnrp2.saix.net...

> (het eenkeer gehoor van die politikus wat in vraetyd 'n moeilike vraag nie
> kon of wou beantwoord het nie. Hy stel dit toe aan vraer: 'slaan jy nog jou
> vrou?' )
Het dieselfde gehoor. En het al gehoor dat dit baie keer al gebruik is. Het
ook gehoor dat 'n antwoord daarop gegee was van "Nee! Nie seederd ek en jy
besluit het ons doen dit nie meer nie. Het jy al opgehou?"

Groete
Ernest
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #26103 is 'n antwoord op boodskap #25672] Vr, 10 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert,

Sy is nie 'n bakleierige persoon soos ek nie. En ja sy het al vrywillige
werk gedoen.

Ek het nou maar vir haar 'n vliegtuigkaartjie gekoop om haar werkspermit in
Kanada te gaan probeer kry, wonder net of Gloudina haar miskien by die
lughawe sal oplaai !

Nee wat in die geval sal 'n tweede inkomste die gepaste uitwerking aangesien
daar geen kinders is nie. "Geld wat stom is maak reg wat krom is "

> So ver ek weet is daar niks wat haar verhoed om onbetaalde vrywilligerwerk
> in haar veld te doen nie -

> En ongeag haar veld - dalk wil sy 'n aktivis word vir die regte van
> immigrante.

Immigrante , Ja - Migrante, Nee

Daar kan geen wet op wees nie, en as dit probleme skep met die
> toekenning van 'n werk/verblyfpermit kan mens lekker baklei oor vryheid van
> spraak en gewete, vryheid van assosiasie. Dan versprei mens die issues, en
> skep sommer 'n klomp aspekte waarop daar teen haar gediskrimineer word :-)
>
Juis waarmee ek nou besig is.

Francois
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #26302 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Frikkie Potgieter wrote:

> Krokkie,
> Wat dink jy kry `n mens as jy `n NIKS vat en IETS wil wees...
> Dan kry jy gloudina.....
>
>
>
>
>
>

Hier is my ou Frikkie-pel weer.Gooi jy ook die handdoek in?
Lui ek nog altyd jou klokkie, ou Frikkie?

Gloudina
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #26303 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Krokkie,
Wat dink jy kry `n mens as jy `n NIKS vat en IETS wil wees...
Dan kry jy gloudina.....

On Thu, 2 Sep 1999 08:09:21 +0200, "Krokkie" wrote:

> Hieeer kommmm Glouuudinna weeeeer die ou suuuuur knollll. As jy wil sal ons
> vir jou organizeeeee dat jy kom vraestelle merk. Die matrieks se eksamen is
> om die draai en hulle kort mense soos jy. Hierdie NG is nie 'n klaskamer nie
> en jy is defenetief nie aangestel om ander uit te kryt oor TYPO's, SPELO's
> en andere nie.
>
>
> SPEeeeLFoooOUT GROETttttTE
>
> Krokkie
>
>
>
>
>
> @sympatico.ca wrote in message
> ...
>> Francois de Wet wrote:
>>
>>> DFrancois (Geen skuilnaam)
>>>
>>> Gloudina ( Handoek )
>>
>> Gits, Francois, waar kruip jy uit? Jy kan nie "Immigration" in
> Engelsskryf
>> nie, en nie "handdoek" in Afrikaans nie. Wat is jou moedertaal?
>>
>> Tant Hessie van die Derde Taalbeweging se tugkommissie.
>>
>>
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Internetuitgang op .za
Volgende onderwerp: Knysna
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 15:20:06 MGT 2024