Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Internetuitgang op .za
Internetuitgang op .za [boodskap #26146] Sa, 11 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Fam. Geijtenbeek  is tans af-lyn  Fam. Geijtenbeek
Boodskappe: 5
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dag allemaal!

Verskoon my, dat ek nie correct (krek?) Afrikaans skryf nie, omdat ek
Nederlands is.

My vraag is, hoekom dat die internetadresse in Suid-Afrika alle die uitgang
.za het, als die Engelse woord voor Suid-Afrika 'South Africa' is, en die
Afrikaanse woord ook nie met 'n 'z' begin?
Is dit Nederlandse invloed op het wereldwijde web?
Of is dit Afrikataalinvloed?

Wilbert
Re: Internetuitgang op .za [boodskap #26147 is 'n antwoord op boodskap #26146] Sa, 11 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou raai dat die "SA" alreeds in gebruik was deur
Saudi Arabië. Ek wonder of ZA nie verwar kan word
met Zambie nie?

Pat

Fam. Geijtenbeek wrote in article
...
> Dag allemaal!
>
> Verskoon my, dat ek nie correct (krek?) Afrikaans skryf nie, omdat ek
> Nederlands is.
>
> My vraag is, hoekom dat die internetadresse in Suid-Afrika alle die uitgang
> .za het, als die Engelse woord voor Suid-Afrika 'South Africa' is, en die
> Afrikaanse woord ook nie met 'n 'z' begin?
> Is dit Nederlandse invloed op het wereldwijde web?
> Of is dit Afrikataalinvloed?
>
> Wilbert
>
Re: Internetuitgang op .za [boodskap #26148 is 'n antwoord op boodskap #26146] Sa, 11 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vir so lank as wat ek kan onthou was die "internasionale" afkorting vir
Suid-Afrika ZA - soos byvoorbeeld toe ons eenkeer met vakansie Suid-Rhodesë
toe gegaan het (nou natuurlik Zimbabwe). Toe het my pa (weet nie of dit 'n
vereiste was nie - ek dink half dit was) 'n "internasionale kenteken" op die
motor moes plak, en toe al was dit "ZA". Waarskynlik is dit die Nederlandse
afkorting "Zuid-Afrika". Ek wonder of dit nie maar so algemeen aanvaarbaar
geword het nie, en op dié manier toe ook oral ingesluip het nie.

Die internasionale kenteken vir Suid-Rhodesië was "SR"; nou is dit seker
"Z". Mosambiek s'n was, as ek reg onthou, "MOC".

Terloops, Wilbert, die Afrikaans vir "correct" is "korrek". Verder is jou
sin 100% korrek!

Groete

Henry

Fam. Geijtenbeek skryf in boodskap news:7rdgpr$392$1@news.hccnet.nl...
> Dag allemaal!
>
> Verskoon my, dat ek nie correct (krek?) Afrikaans skryf nie, omdat ek
> Nederlands is.
>
> My vraag is, hoekom dat die internetadresse in Suid-Afrika alle die uitgang
> .za het, als die Engelse woord voor Suid-Afrika 'South Africa' is, en die
> Afrikaanse woord ook nie met 'n 'z' begin?
> Is dit Nederlandse invloed op het wereldwijde web?
> Of is dit Afrikataalinvloed?
>
> Wilbert
>
Re: Internetuitgang op .za [boodskap #26170 is 'n antwoord op boodskap #26146] So, 12 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek het altyd gedink dit is 'n oorblyfsel van die ou Zuid-Afrikaanse Republiek
(ZAR), toe die nederlandse invloed nog op 'n jong afrikaans as Z instede van S
gegeld het.
Re: Internetuitgang op .za [boodskap #26171 is 'n antwoord op boodskap #26146] So, 12 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Nee, eerder Nerderlandse invloed van toentertyd af. Ons naamplaatjies op
die motors (as ons in ander lande ry) is ook "ZA". Die afkorting vir ons
geldeenheid (die Rand) in internasionale handel is "ZAR". Dit is toe maar
net ektrapoleer na die Web toe.

Terloops, die woord waarna jy gesoek het vir "correct" is "korrek". Jy kan
in elk geval maar nederlands ook hier praat, ons verwelkom alle tale. Jy
moet maar net reg wees om te koes as jy in Engels of Nederlands "praat",
want hier is mense op die ng. wat dink omdat die woord "afrikaans" in die
ng. se naam voorkom, moet ons net Afrikaans hier praat.

Groete,
Dries Venter

Fam. Geijtenbeek wrote in article
...
> Dag allemaal!
>
> Verskoon my, dat ek nie correct (krek?) Afrikaans skryf nie, omdat ek
> Nederlands is.
>
> My vraag is, hoekom dat die internetadresse in Suid-Afrika alle die uitgang
> .za het, als die Engelse woord voor Suid-Afrika 'South Africa' is, en die
> Afrikaanse woord ook nie met 'n 'z' begin?
> Is dit Nederlandse invloed op het wereldwijde web?
> Of is dit Afrikataalinvloed?
>
> Wilbert
>
Re: Internetuitgang op .za [boodskap #26228 is 'n antwoord op boodskap #26146] Ma, 13 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Muru  is tans af-lyn  Muru
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Soos ek verstaan is SA internationaal die afkorting vir Saudi Arabië. Ek
neem aan van die Nederlandse invloed is ZA toe aanvaar vir RSA.

> My vraag is, hoekom dat die internetadresse in Suid-Afrika alle die uitgang
> .za het
Re: Internetuitgang op .za [boodskap #26261 is 'n antwoord op boodskap #26146] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Suid-Afrika se internasionale afkorting was al jare lank ZA. En ja, ek het
so 'n vuil spesmaas dat de neerlands een weinig invloed er mee te make had.
Zien, het was mos de Zuid-Afrikaanse Republiek!!
En dit was lank nog voordat daar sprake was van 'n republiek van
Suid-Afrika. Is daar nie een of ander internasionale liggaam wat die
afkortings vir lande beheer nie? Ek vermoed dit sal dalk nou deel van die
VN moet wees. Toe was dit nog seker die ou Volkebond.

As sulke jong bulletjies het ons altyd gesê dat die 'ZA' plaatjie agterop 'n
motor 'gestaan' het vir 'Zijn Achterkant"!!! Toe was dit nog 'n plaatjie
wat mens op die kar se buffer moes vasbout...

Muru wrote in message ...
> Soos ek verstaan is SA internationaal die afkorting vir Saudi Arabië. Ek
> neem aan van die Nederlandse invloed is ZA toe aanvaar vir RSA.
Vorige onderwerp: Nie net na die liggaam
Volgende onderwerp: Re: Re Wife's Immegration
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 23:30:42 MGT 2024