Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Re Wife's Immegration
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25672] Di, 31 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> The application for permanent residence in South
> Africa currently amounts to R10 020.00 and there is no guarantee or refund
> if the application fails. The immigration board is not obliged to give
> reasons for unsuccessful applications.

Presies dieselfde as wat Kanada doen met applikante vir "landedimmigrantship."

> Even if I can get the money from somewhere it would still be a 6-12 month
> wait for an answer.

Dieselfde as in Kanada. Selfs 'n langer periode. Het jy aansoek gedoen omas haar
"sponsor" op te tree?

> II can understand that some developing countries have rather strict criteria
> for immigration, but they at least have something to protect. South Africa
> is a third world country fighting to be recognized as a developing economy.

Ek hoop hulle skop jou uit SA uit! Watter arrogansie.

> All I can think of now is, should I stay or should I go ?

Ek wag vir die kritiek van Kanada se immigrasie-wette, as jy besluit om'n landed
immigrant in Kanada te word.

'n Kanadees wat weet.

>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25673 is 'n antwoord op boodskap #25672] Di, 31 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:37CBCC74.DCD56026@sympatico.ca...

> Dieselfde as in Kanada. Selfs 'n langer periode.

Hey doudie - waarop baseer jy hierdie stelling? Ons het die
"landed immigrant" status verkry in omtrent 3 maande, en ek weet
van ander mense wat dit in ses weke gekry het. Onlangs.

> Ek wag vir die kritiek van Kanada se immigrasie-wette, as jy besluit om'n landed
> immigrant in Kanada te word.
>
> 'n Kanadees wat weet.

Van hoe dinge 30 jaar terug gewerk het?

Ons ondervinding was so positief as wat mens kan hoop om 'n
"papier intensiewe" proses soos die te beleef.

Groete
Bees
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25711 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Daar is dinge in die lewe wat van meer belang is as die koorekte spelling
van my posting.

Ek tik nie met 'n woordeboek oop nie.

@sympatico.ca wrote in message
...
> Francois de Wet wrote:
>
>> DFrancois (Geen skuilnaam)
>>
>> Gloudina ( Handoek )
>
> Gits, Francois, waar kruip jy uit? Jy kan nie "Immigration" in Engelsskryf
> nie, en nie "handdoek" in Afrikaans nie. Wat is jou moedertaal?
>
> Tant Hessie van die Derde Taalbeweging se tugkommissie.
>
>
>>
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25712 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 1 Sep 1999 10:46:40 +0200, "Francois de Wet"
wrote:

[/color]
> Bees jy gee my nuwe hoop vir die proses wat ek nou moet aanpak, want net
> soos baie ander Suid Afrikaners voor my is dit nou tyd om my goed te pak .
>
> Francois de Wet >>

Cheers.
Kan ek dalk geld iewers heen stuur om jou vinniger te laat waai?
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25713 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> Hoe kan ek leef in 'n land waar die staat voorskryf wie my lewensmaat mag
> wees en wat my kwaliteit van lewe is .....

Maar my liewe Francois, dan moes jy mos voor 1994 al opgepak het.
Dis mos toe dat die staat vir jou voorgeskryf het wie jou lewensmaat
mag wees, en wat jou kwaliteit van lewe was

Gloudina

>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25714 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neville Nel  is tans af-lyn  Neville Nel
Boodskappe: 10
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Francois de Wet wrote in message ...
> Dankie Neville,
>
> Ek het nie gedink daar is enige ruggraat in die NG nie, maar jy en 'n paar
> ander is die uitsondering.
>
> As jy van enige iemand weet wat 'n soortgelyke probleem het sal ek graag van
> hulle wil hoor.
>
> Francois (Geen skuilnaam)
>
> Gloudina ( Handoek )
>

Ek ken persoonlik niemand met hierdie spesifieke probleem nie,
maar ek onthou dat die M-Net TV program Carte Blanche so 'n paar
maande gelede 'n artikel oor hierdie einste probleem uitgesaai het.

Dit wil dus vir my voorkom asof jy nie alleen is in jou penarie nie.

Ek het die storie gaan soek, en gevind by:
http://www.mnet.co.za/carteblanche/week/990131_notwanted.jht ml

Ek sien onder op die bladsy het hulle 'n Link ingesluit om
navrae in hierdie verband te hanteer.

Ns.: Ek wonder of Ferdi/Gloudina en al die ander antagoniste ook vir
Carte Blanche uitgetrap het oordat hulle durf hierdie probleem aanspreek.

Groete
Neville
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25715 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 31 Aug 1999 12:35:42 GMT, @sympatico.ca wrote:

|
|Ek wag vir die kritiek van Kanada se immigrasie-wette, as jy besluit om'n landed
|immigrant in Kanada te word.
|
|'n Kanadees wat [dink sy] weet.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25716 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dankie tog daar iemand wat weet waarvan hy praat.

Bees jy gee my nuwe hoop vir die proses wat ek nou moet aanpak, want net
soos baie ander Suid Afrikaners voor my is dit nou tyd om my goed te pak .

Francois de Wet

Bees wrote in message ...
>
> wrote in message
> news:37CBCC74.DCD56026@sympatico.ca...
>
>> Dieselfde as in Kanada. Selfs 'n langer periode.
>
> Hey doudie - waarop baseer jy hierdie stelling? Ons het die
> "landed immigrant" status verkry in omtrent 3 maande, en ek weet
> van ander mense wat dit in ses weke gekry het. Onlangs.
>
>> Ek wag vir die kritiek van Kanada se immigrasie-wette, as jy
> besluit om'n landed
>> immigrant in Kanada te word.
>>
>> 'n Kanadees wat weet.
>
> Van hoe dinge 30 jaar terug gewerk het?
>
> Ons ondervinding was so positief as wat mens kan hoop om 'n
> "papier intensiewe" proses soos die te beleef.
>
> Groete
> Bees
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25717 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> DFrancois (Geen skuilnaam)
>
> Gloudina ( Handoek )

Gits, Francois, waar kruip jy uit? Jy kan nie "Immigration" in Engelsskryf
nie, en nie "handdoek" in Afrikaans nie. Wat is jou moedertaal?

Tant Hessie van die Derde Taalbeweging se tugkommissie.

>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25718 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Neville,

Ek het nie gedink daar is enige ruggraat in die NG nie, maar jy en 'n paar
ander is die uitsondering.

As jy van enige iemand weet wat 'n soortgelyke probleem het sal ek graag van
hulle wil hoor.

Francois (Geen skuilnaam)

Gloudina ( Handoek )

Neville Nel wrote in message ...
>
> Francois de Wet wrote in message ...
>> Ferdi,
>>
>> Is jy Gloudina se ja-broer of verstaan jy nie wat ek se nie.
>>
>> My kwessie gaan oor xenofobia en nie rassisme soos wat julle dit wil
> uitmaak
>> nie.
>>
>> Francois
>>
>
>
>
> Francois,
>
> Moenie te veel worry oor wat Ferdi kwytraak nie.
> Hy sien enige kommentaar, waarin die ANC nie geprys word nie, as rassisties.
>
> As jy dus die staatsdiens aanval en kla, soos wat dit jou reg is,
> (dit is mos immers staatsDIENS), val jy volgens Ferdi/Gloudina
> vir die ANC aan, en as jy die ANC aanval, moet jy dus apartheid
> ondersteun, en is jy 'n rassis!
>
> Die Engelse benaming is vir my eintlik beter met _PUBLIC SERVICE_.
> Wie is die sogenaamde _Public_? Dit is elke burger van
> Suid Afrika! En as die _Public Service_ nie vir die Public serve nie,
> is dit jou plig om te kla.
>
> Dit is met mense soos Ferdi wat hierdie land agteruit gaan.
> Mense wat nie wil kla oor wat verkeerd is nie, en enige
> teenkanting as rassisteis beskou.
>
> Groete en sterkte met jou planne!
> Neville Nel
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25719 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi (Hartzenberg?),

As dit beter gaan sal ek die eerste een wees wat so se, maar dit is
definatief nie die huidige situasie nie.

Gaan maak jou motor vol petrol sonder om te grom dan praat ons weer.

Wie skreeu ? Ek het iets op die NG gesit om mense te kry wat dieselfde
probleem het.

Al wat ek tot nou toe rekry het is grief....

PS. Dit is my land en ek kan hom beledig as ek wil, ek bly nogsteeds hier
.....(Wel totdat Ferdi en Gloudina my laat uitgooi)

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Wed, 1 Sep 1999 12:34:08 +0200, "Francois de Wet"
> wrote:
>
> >
>> Sarkasme is al wat mens seker sal kry op meeste NG's.
>>
>> Die punt wat ek wou maak is dat Suid Afrika se huidige wetgewing dit nie vir
>> my moontlik maak om hier te leef en werk nie aangesien my vrou nie kan deel
>> in die ervaring nie. Sy is hoogs gekwalifiseerd en ek kan nie van haar
>> verwag om net 'n huisvrou te wees nie, aangesien dit nie haar vrye keuse is
>> nie.
>>
>> Hoe kan ek leef in 'n land waar die staat voorskryf wie my lewensmaat mag
>> wees en wat my kwaliteit van lewe is .....>>
>
> Miskien moet jy minder skreeu en jou eie land beledig?
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25720 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Bees wrote:

> "landed immigrant" status verkry in omtrent 3 maande, en ek weet
> van ander mense wat dit in ses weke gekry het. Onlangs.
>
>
>

Wel ou Bees, my nuwe skoondogter het aan die begin van hierdiejaar vier
maande gewag, en dit nadat my seun as haar "sponsor"
opgetree het (veronderstel om die vinnigste proses te wees.)

Gloudina
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25721 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina ,

Ek het wragtag nie verwag dat jy 'n "rassistise" konotasie so vind nie in
wat ek gese het nie.

In 1994 het ek pas klaar geleer en moes ek agter in die "affirmative action"
tou inval.(no job, for no experience)

Ta

@sympatico.ca wrote in message
...
> Francois de Wet wrote:
>
>> Hoe kan ek leef in 'n land waar die staat voorskryf wie my lewensmaat mag
>> wees en wat my kwaliteit van lewe is .....
>
> Maar my liewe Francois, dan moes jy mos voor 1994 al opgepak het.
> Dis mos toe dat die staat vir jou voorgeskryf het wie jou lewensmaat
> mag wees, en wat jou kwaliteit van lewe was
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25722 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi,

Is jy Gloudina se ja-broer of verstaan jy nie wat ek se nie.

My kwessie gaan oor xenofobia en nie rassisme soos wat julle dit wil uitmaak
nie.

Francois

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Wed, 01 Sep 1999 11:52:50 GMT, @sympatico.ca wrote:
>
> >
>>> Hoe kan ek leef in 'n land waar die staat voorskryf wie my lewensmaat mag
>>> wees en wat my kwaliteit van lewe is .....
>>
>> Maar my liewe Francois, dan moes jy mos voor 1994 al opgepak het.
>> Dis mos toe dat die staat vir jou voorgeskryf het wie jou lewensmaat
>> mag wees, en wat jou kwaliteit van lewe was>>
>
>
> Inderdaad ja!!
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25723 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ag ja well no fine Ferdi,

Sarkasme is al wat mens seker sal kry op meeste NG's.

Die punt wat ek wou maak is dat Suid Afrika se huidige wetgewing dit nie vir
my moontlik maak om hier te leef en werk nie aangesien my vrou nie kan deel
in die ervaring nie. Sy is hoogs gekwalifiseerd en ek kan nie van haar
verwag om net 'n huisvrou te wees nie, aangesien dit nie haar vrye keuse is
nie.

Hoe kan ek leef in 'n land waar die staat voorskryf wie my lewensmaat mag
wees en wat my kwaliteit van lewe is .....

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Wed, 1 Sep 1999 10:46:40 +0200, "Francois de Wet"
> wrote:
>
> >
>> Bees jy gee my nuwe hoop vir die proses wat ek nou moet aanpak, want net
>> soos baie ander Suid Afrikaners voor my is dit nou tyd om my goed te pak .
>>
>> Francois de Wet >>
>
>
> Cheers.
> Kan ek dalk geld iewers heen stuur om jou vinniger te laat waai?
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25724 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 1 Sep 1999 12:34:08 +0200, "Francois de Wet"
wrote:

[/color]
> Sarkasme is al wat mens seker sal kry op meeste NG's.
>
> Die punt wat ek wou maak is dat Suid Afrika se huidige wetgewing dit nie vir
> my moontlik maak om hier te leef en werk nie aangesien my vrou nie kan deel
> in die ervaring nie. Sy is hoogs gekwalifiseerd en ek kan nie van haar
> verwag om net 'n huisvrou te wees nie, aangesien dit nie haar vrye keuse is
> nie.
>
> Hoe kan ek leef in 'n land waar die staat voorskryf wie my lewensmaat mag
> wees en wat my kwaliteit van lewe is .....>>

Miskien moet jy minder skreeu en jou eie land beledig?
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25725 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Daar is dinge in die lewe wat van meer belang is as die koorekte spelling
van my posting.

Ek tik nie met 'n woordeboek oop nie.

@sympatico.ca wrote in message
...
> Francois de Wet wrote:
>
>> DFrancois (Geen skuilnaam)
>>
>> Gloudina ( Handoek )
>
> Gits, Francois, waar kruip jy uit? Jy kan nie "Immigration" in Engelsskryf
> nie, en nie "handdoek" in Afrikaans nie. Wat is jou moedertaal?
>
> Tant Hessie van die Derde Taalbeweging se tugkommissie.
>
>
>>
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25726 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Bees wrote:

> Hey doudie - waarop baseer jy hierdie stelling? Ons het die
> "landed immigrant" status verkry in omtrent 3 maande, en ek weet
> van ander mense wat dit in ses weke gekry het. Onlangs.

Ek dink daar is verskillende wagtye vir mense wat na verskillendedele
van Kanada immigreer. Dunbevolkte dele kry vinniger hulle
"landed immigrants." Dus sal ek aanneem dat iemand wat na die
dunbevolkte dele van Alberta wil emigreer, vinniger gehelp sal
word. (Die prairies se noordelike klein dorpies is vol Suid-Afrikaners)
Maar in Ontario, waar die helfte van Kanada se bevolking is, is dit
anders. In die dunbevolkte dele van noordelike Ontario word jy
miskien ook vinniger gehelp.

Onthou dat ek vir jou vertel hoe ek my landed immigrant-status binne
drie uur op die Montreal lughawe gekry het. Dis 'n te lang storie om
hier te vertel.

Gloudina

>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25727 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 01 Sep 1999 11:52:50 GMT, @sympatico.ca wrote:

[/color]
>> Hoe kan ek leef in 'n land waar die staat voorskryf wie my lewensmaat mag
>> wees en wat my kwaliteit van lewe is .....
>
> Maar my liewe Francois, dan moes jy mos voor 1994 al opgepak het.
> Dis mos toe dat die staat vir jou voorgeskryf het wie jou lewensmaat
> mag wees, en wat jou kwaliteit van lewe was>>

Inderdaad ja!!
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25728 is 'n antwoord op boodskap #25672] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neville Nel  is tans af-lyn  Neville Nel
Boodskappe: 10
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Francois de Wet wrote in message ...
> Ferdi,
>
> Is jy Gloudina se ja-broer of verstaan jy nie wat ek se nie.
>
> My kwessie gaan oor xenofobia en nie rassisme soos wat julle dit wil uitmaak
> nie.
>
> Francois
>

Francois,

Moenie te veel worry oor wat Ferdi kwytraak nie.
Hy sien enige kommentaar, waarin die ANC nie geprys word nie, as rassisties.

As jy dus die staatsdiens aanval en kla, soos wat dit jou reg is,
(dit is mos immers staatsDIENS), val jy volgens Ferdi/Gloudina
vir die ANC aan, en as jy die ANC aanval, moet jy dus apartheid
ondersteun, en is jy 'n rassis!

Die Engelse benaming is vir my eintlik beter met _PUBLIC SERVICE_.
Wie is die sogenaamde _Public_? Dit is elke burger van
Suid Afrika! En as die _Public Service_ nie vir die Public serve nie,
is dit jou plig om te kla.

Dit is met mense soos Ferdi wat hierdie land agteruit gaan.
Mense wat nie wil kla oor wat verkeerd is nie, en enige
teenkanting as rassisteis beskou.

Groete en sterkte met jou planne!
Neville Nel
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25786 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Krokkie,

Ek sal graag jou opinie wil weet, want dit lyk my jy stel redelik in die
politiek en die wet belang.

Dink jy my uitlandse vrou behoort hier in SA te kan werk sonder te veel
moeilikheid of onkoste van Dept. Binnelandse Sake of moet sy maar eeder haar
graad vat en terug gaan Kanada toe?

Dink jy R 10 020.00 is redelike aangesien ek reeds belasting betaal ?

As die Dept Binnelandse Sake dan reken hulle vra die huidige fooi omdat
sekere mense 'n "marriage of conveniance " aangaan met SA burgers, wat de
hel het dit met my uit te waai ?

En hoekom reel hulle dan nie net vir 'n onderhoud of gereelde inspeksie nie,
soos in Amerika nie ?

Francois

Krokkie wrote in message ...
> Hieeer kommmm Glouuudinna weeeeer die ou suuuuur knollll. As jy wil sal ons
> vir jou organizeeeee dat jy kom vraestelle merk. Die matrieks se eksamen is
> om die draai en hulle kort mense soos jy. Hierdie NG is nie 'n klaskamer nie
> en jy is defenetief nie aangestel om ander uit te kryt oor TYPO's, SPELO's
> en andere nie.
>
>
> SPEeeeLFoooOUT GROETttttTE
>
> Krokkie
>
>
>
>
>
> @sympatico.ca wrote in message
> ...
>> Francois de Wet wrote:
>>
>>> DFrancois (Geen skuilnaam)
>>>
>>> Gloudina ( Handoek )
>>
>> Gits, Francois, waar kruip jy uit? Jy kan nie "Immigration" in
> Engelsskryf
>> nie, en nie "handdoek" in Afrikaans nie. Wat is jou moedertaal?
>>
>> Tant Hessie van die Derde Taalbeweging se tugkommissie.
>>
>>
>>>
>>
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25787 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi,

Ek gee persoonlik nie om wat jy is nie. Dit het net so leker van die tong af
rerol, dit is nie net die ANC wat xenophobies is nie, ook die NP en DP tel
onder hulle.

Ek verwag 'n lywige antwoord aangesien iemand seker NP of DP is, maar as jy
my nie glo nie gaan kyk na hulle "policy " dokumente en pers
verklarings.......

Ons SA'ers is so knypgat want ons weet dit is nie meer veel verder voor ons
onder is nie.

Hier sit ons alweer net soos met die Groot Trek(Groot Dwarstrek) ; Afrikaner
teen Afrikaner.

Al wat ek wil he is om in vrede te leef saam met my vrou in SA en jy wil my
oor dieselfde kam skeer as die boorlinge van die noorde.

"I am not a rasist ; I hate everybody equally..." Elke nasie het sy asblik.

Francois

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Wed, 1 Sep 1999 16:50:49 +0200, "Francois de Wet"
> wrote:
>
> >
>
> Jou nuut gevonde vriend Neville sê ek is ANC. Kan julle asb. julle
> kollektiewe mind opmaak?
>
> > definatief nie die huidige situasie nie.>>
>
> Miskien moet jy 'n slag kernsyfers gaan kyk? Soos inflasie en so meer?
> En staatsbesteding?
>
> weer.>>
>
> Jy bedoel nou nie net 'n toelaatbare 10 liters op n slag soos in die
> ou SA by tye nie?
>
> In elk geval verstaan ek nie mooi hoe jy die Opec-lande se besluit om
> minder olie te produseer sodat die prys wereldwyd kan opgaan, voor
> Suid-Afrika se deur kan le nie.
>
> Jy weet tog sekerlik dat dit die rede vir die styging in petrolpryse
> is?
>
> > probleem het.>>
>
> Jy skreeu.
>
> > .....(Wel totdat Ferdi en Gloudina my laat uitgooi) >>
>
> En dis my land ook en ek kan jou uitkak as jy dit beledig, ne?
> En ek behoort dit te kan doen sonder dat ongevraagde politieke motiewe
> aan my patriotisme geheg word, ne? Soos KP of ANC, ne?
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25788 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert,

Jy sal my seker nooit glo as ek vir jou se dat dit presies is wat ek wou he.
'n Ope forum om SA se immigrasie beleid te bespreek , op 'n beskaafde
manier.

In 'n mate wil ek sien of enige iemand belang stel en wat hulle opinie is
oor immigrasie, maar ook of hulle dink ek is blerrie mal as ek dink ek is
die uitsondering op die reel.

Francois de Wet

>
> In die bepaalde geval, dink ek, is dit deel van 'n openbare debat oor
> die immigrasiebeleid van die owerheid wat dit feitlik onmoontlik maak
> vir Suid-Afrikaners om met buitelanders te trou as hulle Suid-
> Afrikaners wil bly.
>
> Om hierdie man te wil stilmaak (of wegjaag) dra nie by tot 'n gesonde
> demokratiese samelewing nie, dink ek.
>
> Dis onderdrukkend, sou ek sê :-)
>
>> Donderende dominees in swart pakke, swewende swami's in lakens, wat's
>> die fokken verskil op die einde.
>
> :-) :-)
>
> Hoewel ek nie noodwendig met jou siniese perspektief saamstem nie, hou
> ek van jou stelwyse!
>
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25789 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 1 Sep 1999 16:50:49 +0200, "Francois de Wet"
wrote:

>

Jou nuut gevonde vriend Neville sê ek is ANC. Kan julle asb. julle
kollektiewe mind opmaak?

definatief nie die huidige situasie nie.>>[/color]

Miskien moet jy 'n slag kernsyfers gaan kyk? Soos inflasie en so meer?
En staatsbesteding?

>

Jy bedoel nou nie net 'n toelaatbare 10 liters op n slag soos in die
ou SA by tye nie?

In elk geval verstaan ek nie mooi hoe jy die Opec-lande se besluit om
minder olie te produseer sodat die prys wereldwyd kan opgaan, voor
Suid-Afrika se deur kan le nie.

Jy weet tog sekerlik dat dit die rede vir die styging in petrolpryse
is?

>[/color]

Jy skreeu.

>[/color]

En dis my land ook en ek kan jou uitkak as jy dit beledig, ne?
En ek behoort dit te kan doen sonder dat ongevraagde politieke motiewe
aan my patriotisme geheg word, ne? Soos KP of ANC, ne?
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25790 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 1 Sep 1999 18:08:28 +0200, "Neville Nel" wrote:

maar ek onthou dat die M-Net TV program Carte Blanche so 'n paar[/color]
> maande gelede 'n artikel oor hierdie einste probleem uitgesaai het.
>
> Dit wil dus vir my voorkom asof jy nie alleen is in jou penarie nie.>>

Inderdaad nie alleen nie.

Duisende onwettige immigrante word elke week gerepatrieer. En die
aansoeke vanuit die lande om ons is skrikwekkend baie.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25791 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi,

Jy mis iets hier. Daar is 'n verskil tussen migrante en immegrante. Al die
SADEC plakkers wat ons hier het wil nie in die vormele sektor werk he nie
hulle vat werk weg by ons ongeskoolde werkers.

Hulle smokkel dwelms, mense ens oor die grens en stel belang daarin om
wettig hier te wees nie.

So ver as ek weet is die ANC en IVP in 'n koaliesie.

Sy is 'n immigrant , maar sy is ook my vrou. Dit spreek reeds boekdele oor
wat haar intensies is, sy sal graag permanent in SA wil bly en 'n positiewe
bydrae wil maak, maar nie as 'n huisvrou nie.

Ek wens sy kan jou werk vat Ferdi, want soos ek reeds gese het dit gaan nie
oor rasisme nie, maar xenophobia en dit is waaraan jy wat Ferdi is lei.

As hulle op die selfde gronde in Suid Afrika aankom dan sien ek geen rede
hoekom almal nie dieselfde behandel moet word nie. Ek is bereid om enige
toets te deurstaan wat se huwelik is een van "gemak".

Dr. Kulo Mbata (Ek is nie seker hoe mens dit spel nie) stel voor dat daar
spesiale uitsonderings moet wees vir sokkerspelers en vermaaklikheids
kunstenaars van oorsee, op Radio Metro......

Francois
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25792 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 1 Sep 1999 16:44:12 +0200, "Neville Nel" wrote:

[/color]
> Moenie te veel worry oor wat Ferdi kwytraak nie.
> Hy sien enige kommentaar, waarin die ANC nie geprys word nie, as rassisties.
>
> As jy dus die staatsdiens aanval en kla, soos wat dit jou reg is,
> (dit is mos immers staatsDIENS), val jy volgens Ferdi/Gloudina
> vir die ANC aan, en as jy die ANC aanval, moet jy dus apartheid
> ondersteun, en is jy 'n rassis!>>

En kyk wie sleep die ANC in??!!

Jy!

So. Lyk my dit gaan vir JOU oor die ANC!

Doen bietjie selfondersoek.

Wie is die sogenaamde _Public_? Dit is elke burger van[/color]
> Suid Afrika! En as die _Public Service_ nie vir die Public serve nie,
> is dit jou plig om te kla.>>

En leer bietjie dieper kyk?

Gaan dit nie oor immigrante nie?

En streng maatreels rekande immigrante?

Jy weet mos. Al die Mosambiekers en Angolese en Zimbabwiers en
Nigeriers en so aan wat so maklik die land ingekom het en mense - soos
jy dalk ? - toe de moer in gemaa het?

Toe het ons minister van Binnelandse Sake (wie's hy nou weer? O ja!
dr. Mangosuthu Buthelezi, die Inkatha Vryheidsparty-leier)
immigreer-maatreels versperk en dit kmoeiliker gemaak om in SA te kom
bly.

Haai, maar weet jy, ek dink net: Miskien het jy nooit swart immigrante
en wit immigrante gelyk gestel nie! Kan dit wees? Laat weet asb.

Mense wat nie wil kla oor wat verkeerd is nie, en enige[/color]
> teenkanting as rassisteis beskou.>>

En met mense soo jy?
Wat nie weet dat die IVP nie die ANC is nie?
Wat nie weet van groot openbare druk om immigrasie in SA nie so maklik
te maak nie?

.....wat dalk dink WIT immigrante moet anders behandel word as SWART
immigrante, hmmmmm?
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25793 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Wed, 1 Sep 1999 16:34:43 +0200, "Francois de Wet"
> wrote:
>
> >
>> Is jy Gloudina se ja-broer of verstaan jy nie wat ek se nie.
>>
>> My kwessie gaan oor xenofobia en nie rassisme soos wat julle dit wil uitmaak
>> nie.>>
>
> En my kwessie gaan oor ongeskiktheid en n geskel teen Suid-Afrika.
> Lyk my nie JY verstaan mooi nie.
>

En elders skryf Ferdi ook:

> Swaer dis nie my probleem nie.
> My probleem is die vrees om een stel warra warra interpretasies te
> vervang met 'n ander stel.
> Om een onderdrukkings-instrument uit te gooi en 'n ander een in te
> voer.

Van onderdrukking-instrumente gepraat:

Ongeskiktheid en geskel, selfs teen die Staat, is geen misdryf in Suid-
Afrika nie. Om die waarheid te sê, dit word in demokratiese samelewings
beskou as iets beter as die alternatief.

In die bepaalde geval, dink ek, is dit deel van 'n openbare debat oor
die immigrasiebeleid van die owerheid wat dit feitlik onmoontlik maak
vir Suid-Afrikaners om met buitelanders te trou as hulle Suid-
Afrikaners wil bly.

Om hierdie man te wil stilmaak (of wegjaag) dra nie by tot 'n gesonde
demokratiese samelewing nie, dink ek.

Dis onderdrukkend, sou ek sê :-)

> Donderende dominees in swart pakke, swewende swami's in lakens, wat's
> die fokken verskil op die einde.

:-) :-)

Hoewel ek nie noodwendig met jou siniese perspektief saamstem nie, hou
ek van jou stelwyse!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25794 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Neville,

Ek weet van die program en ek wag al drie maande vir die video band wat
Carte Blanche my belowe het.

Daar was ook al artikels in verskye koerante en glo dit as jy wil ook in
Cosmopolitan.....

Ons het dit darem ook al tot op e-TV se nuus gemaak , ek was die enigste wit
gesig wat saam met my kleurling broers/susters in die Kaap geprotesteer het
teen sekere deportasie orders.

Die huidige saak Dawood vs.Dept. Home Affairs in die Konstitutionele Hof is
nou al meer as 'n jaar aan die gang en die regter wil nie uitspraak gee nie.
Hy weet seker dat maak nie saak in wie se guns jy besluit nie, hy gaan groot
branders maak.

NS. Jammer ek skryf soos sou praat en nie assof dit 'n "gediggie" is nie. Ek
dink Gloudina sal met niks minder as Hoog Hollands tevrede wees nie.

Francois

Neville Nel wrote in message ...
>
> Francois de Wet wrote in message ...
>> Dankie Neville,
>>
>> Ek het nie gedink daar is enige ruggraat in die NG nie, maar jy en 'n paar
>> ander is die uitsondering.
>>
>> As jy van enige iemand weet wat 'n soortgelyke probleem het sal ek graag
> van
>> hulle wil hoor.
>>
>> Francois (Geen skuilnaam)
>>
>> Gloudina ( Handoek )
>>
>
>
> Ek ken persoonlik niemand met hierdie spesifieke probleem nie,
> maar ek onthou dat die M-Net TV program Carte Blanche so 'n paar
> maande gelede 'n artikel oor hierdie einste probleem uitgesaai het.
>
> Dit wil dus vir my voorkom asof jy nie alleen is in jou penarie nie.
>
> Ek het die storie gaan soek, en gevind by:
> http://www.mnet.co.za/carteblanche/week/990131_notwanted.jht ml
>
> Ek sien onder op die bladsy het hulle 'n Link ingesluit om
> navrae in hierdie verband te hanteer.
>
>
> Ns.: Ek wonder of Ferdi/Gloudina en al die ander antagoniste ook vir
> Carte Blanche uitgetrap het oordat hulle durf hierdie probleem aanspreek.
>
>
>
> Groete
> Neville
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25795 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 1 Sep 1999 16:34:43 +0200, "Francois de Wet"
wrote:

[/color]
> Is jy Gloudina se ja-broer of verstaan jy nie wat ek se nie.
>
> My kwessie gaan oor xenofobia en nie rassisme soos wat julle dit wil uitmaak
> nie.>>

En my kwessie gaan oor ongeskiktheid en n geskel teen Suid-Afrika.
Lyk my nie JY verstaan mooi nie.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25796 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hieeer kommmm Glouuudinna weeeeer die ou suuuuur knollll. As jy wil sal ons
vir jou organizeeeee dat jy kom vraestelle merk. Die matrieks se eksamen is
om die draai en hulle kort mense soos jy. Hierdie NG is nie 'n klaskamer nie
en jy is defenetief nie aangestel om ander uit te kryt oor TYPO's, SPELO's
en andere nie.

SPEeeeLFoooOUT GROETttttTE

Krokkie

@sympatico.ca wrote in message
...
> Francois de Wet wrote:
>
>> DFrancois (Geen skuilnaam)
>>
>> Gloudina ( Handoek )
>
> Gits, Francois, waar kruip jy uit? Jy kan nie "Immigration" in Engelsskryf
> nie, en nie "handdoek" in Afrikaans nie. Wat is jou moedertaal?
>
> Tant Hessie van die Derde Taalbeweging se tugkommissie.
>
>
>>
>
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25797 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 1 Sep 1999 18:05:25 +0200, "Francois de Wet"
wrote:

van my posting.>>[/color]

A! 'n Besige en belangrike man!!

Nie die tyd om kooooorek te spel nie...
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25798 is 'n antwoord op boodskap #25672] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neville Nel  is tans af-lyn  Neville Nel
Boodskappe: 10
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...



> Wat nie weet van groot openbare druk om immigrasie in SA nie so maklik
> te maak nie?
>
> .....wat dalk dink WIT immigrante moet anders behandel word as SWART
> immigrante, hmmmmm?
>

Ferdi,

Dink jy nie dat ons land al reeds 'n groot deel van sy bekwame mense
na die buiteland verloor het nie hmmmmmm?

Dink jy nie ons land sal baat deur mense vanaf die buiteland in te
kry om hierdie verliese tee te werk nie hmmmmmm?

Dink jy nie dat WIT immegrante, moontlik vanaf Kanada, Engeland, Duitsland,
Amerika, eerder hierdie leemte sal vul as SWART immigrante vanaf Mosambiek
nie hmmmmmm?

Ek sê weer, mense soos jy, wat 'n rassistiese basis in gaan soek in andere
se probleme, veroorsaak agteruitgang in hierdie land, want voordat jy jou
oë uitvee, raak nog 'n paar WIT kundiges GATVOL vir jou houding, en vat
ook die pad.

Neville
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25847 is 'n antwoord op boodskap #25672] Vr, 03 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 03 Sep 1999 13:22:38 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
|
|En hoe stel jy voor moet gewerk word sodat jou vrou
|voorkeurbehandeling kry bokant swart Afrikane wat ook hierheen wil
|immigreer EN en ons behou die beginsel van gelykheid voor die reg?
|
|
Baie van die lande wat jy so lekker aanhaal het kwalifikasie vereistes - nie
almal word voor die voet toegelaat nie - beter gekwalifiseerder mense kry
voorkeur. So ook mense wat getroud is met landsburgers.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25848 is 'n antwoord op boodskap #25672] Vr, 03 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 2 Sep 1999 15:10:13 +0200, "Neville Nel" wrote:

[/color]
>
>> Wat nie weet van groot openbare druk om immigrasie in SA nie so maklik
>> te maak nie?
>>
>> .....wat dalk dink WIT immigrante moet anders behandel word as SWART
>> immigrante, hmmmmm?
>>
>
>
> Ferdi,
>
> Dink jy nie dat ons land al reeds 'n groot deel van sy bekwame mense
> na die buiteland verloor het nie hmmmmmm?
>
> Dink jy nie ons land sal baat deur mense vanaf die buiteland in te
> kry om hierdie verliese tee te werk nie hmmmmmm?
>
> Dink jy nie dat WIT immegrante, moontlik vanaf Kanada, Engeland, Duitsland,
> Amerika, eerder hierdie leemte sal vul as SWART immigrante vanaf Mosambiek
> nie hmmmmmm?
>
> Ek sê weer, mense soos jy, wat 'n rassistiese basis in gaan soek in andere
> se probleme, veroorsaak agteruitgang in hierdie land, want voordat jy jou
> oë uitvee, raak nog 'n paar WIT kundiges GATVOL vir jou houding, en vat
> ook die pad.
>
> Neville>>

Interresant dat jy wel die onderskeid maak tussen wit en swart ne?

Jy se wat jy wil Nevile, maar JY maak die onderskeid. Dit staan hier
bo lewensgroot.

N.S. Gaan check bietjie die dokters, entrepeneurs ens. wat van Afrika
inkom. Hulle is swart, weet jy.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25849 is 'n antwoord op boodskap #25672] Vr, 03 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 2 Sep 1999 16:06:54 +0200, "Francois de Wet"
wrote:

oor dieselfde kam skeer as die boorlinge van die noorde.>>[/color]

En hoe stel jy voor moet gewerk word sodat jou vrou
voorkeurbehandeling kry bokant swart Afrikane wat ook hierheen wil
immigreer EN en ons behou die beginsel van gelykheid voor die reg?
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25850 is 'n antwoord op boodskap #25672] Vr, 03 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Thu, 02 Sep 1999 14:01:45 GMT, Leendert van Oostrum
> wrote:
>
>
> Waar het ek hom stilgemaak?
> Of gese hy moet stilbly?

Hm..... Ek dink, dat om vir 'n burger van die land te sê: "Sonder jou
soort immigrant kan ons gerus bly", omdat jy nie hou van wat hy sê nie,
is 'n poging tot "stilmaak" - imdat jy hom die regte van 'n burger
misgun, tensy hy praat op 'n manier wat jou pas.

>
> Die reg om te kerm neem nie reg weg om die kermers te kritiseer oor
> hulle gekerm nie, weet jy?

Stem. Vat hom aan op die feite.

>
> Talking about instrumente van onderdrukkiing......
>
> Of wil jy se die goed om te kerm maar sleg om die kermers aan te vat?

Ek reken dis goed om te kerm - as die saak dit regverdig. Ek reken die
onderhawige saak regverdig dit.

Ek reken _nie_ dis verkeerd om kermers aan te vat nie (ek doen dit self
amper elke dag hier :-) Maar dit help om dit op grond van die feite te
doen.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25851 is 'n antwoord op boodskap #25672] Vr, 03 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 02 Sep 1999 14:01:45 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25852 is 'n antwoord op boodskap #25672] Vr, 03 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 2 Sep 1999 15:57:33 +0200, "Francois de Wet"
wrote:

[/color]
> Jy mis iets hier. Daar is 'n verskil tussen migrante en immegrante. Al die
> SADEC plakkers wat ons hier het wil nie in die vormele sektor werk he nie
> hulle vat werk weg by ons ongeskoolde werkers.
>
> Hulle smokkel dwelms, mense ens oor die grens en stel belang daarin om
> wettig hier te wees nie.>>

Presies.
En dit is hoekom daar druk gekom het om immigrasie te beheer.
Want as jy immigrasie maklik maak, maak jy dit maklik vir almal.
En dan kom almal makliker in - en wettig.
En dit is hoekom dit moeilike is om na SA te immigreer.
Dit is toevallig ook hoekom dit moeilik is om na Frankryk te immigreer
ook.
Waarskynlik Duitsland ook.

Dit is as gevolg van openbare druk. Mense wat "Mosambiekers wil keer"
en so aan.

wat haar intensies is, sy sal graag permanent in SA wil bly en 'n positiewe[/color]
> bydrae wil maak, maar nie as 'n huisvrou nie.
>
> Ek wens sy kan jou werk vat Ferdi, >>>

Sy sal eers Afrikaans moet magtig raak. Ek sal aanbeveel jy kry egter
iemand anders om haar te leer spel as jy want jy spel werklik beroerd.

>[/color]

Aitsa!
Nou is dit xeofobia - die vrees vir vreemdelinge as ek dit reg het.

Terwyl al wat ek gese het is wie de hel is jy om my land te beledig.
En besides, gaan kyk en jy sal dalk 'n onderliggende redes sien hoekom
dit moeilik is om na SA te immigreer.

toets te deurstaan wat se huwelik is een van "gemak".[/color]
>
> Dr. Kulo Mbata (Ek is nie seker hoe mens dit spel nie) stel voor dat daar
> spesiale uitsonderings moet wees vir sokkerspelers en vermaaklikheids
> kunstenaars van oorsee, op Radio Metro......>>

Vat dit met hom op. Nie met my nie.

Persoonlik dink ek jou vrou behoort sonder probleme te kan immigreer
as julle huwelik kosher is. Maar dit is iets heel anders as my land
beledig.

Dis toevallig die eerste keer dat ons praat oor hoe ek voel oor die
soort immigrasie waaroor jy kla, weet jy.
Re: Re Wife's Immegration [boodskap #25922 is 'n antwoord op boodskap #25672] Ma, 06 September 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 03 Sep 1999 16:07:56 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:

>

Oor die jare Leendert, oor die jare....

In gees. In praktyk. In reaksie. Ook in die antwoord van jou.

Waar het ek hom stilgemaak?
>> Of gese hy moet stilbly?
>
> Hm..... Ek dink, dat om vir 'n burger van die land te sê: "Sonder jou
> soort immigrant kan ons gerus bly", omdat jy nie hou van wat hy sê nie,
> is 'n poging tot "stilmaak" - imdat jy hom die regte van 'n burger
> misgun, tensy hy praat op 'n manier wat jou pas.>>

So?
Hy se my land is kak.
Hy se hy wil waai.
So ek se cheers. Kan ek jou help om te gaan.

Onderskei hier sy probleem en sy reaksie teenoor Suid-Afrika AS GEVOLG
VAN sy probleem.
Vorige onderwerp: Internetuitgang op .za
Volgende onderwerp: Knysna
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 10:09:41 MGT 2024