Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wat is die doel (PAT en Leendert) ???
Re: Wat is die doel (PAT en Leendert) ??? [boodskap #25583] Do, 26 Augustus 1999 00:00
Boerboel  is tans af-lyn  Boerboel
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
Viva Afrikaans, Viva die nuwe geslag Afrikaners, Viva!!

Is dit Hans wat griffel?
>
> Hier IS regtig 'n nuwe geslag Afrikaner teenwoordig - met 'n leef en laat
> leef uitkyk op die lewe ; wat weier om hom te laat aftrek na minderwaardige
> standaarde ; wat iets doen vir die uitbouing van sy taal ; wat iets DOEN
> om Afrikaans (alle aspekte) deur te gee na die jeug want anders sal
> Afrikaans by hierdie geslag ophou. (Wanneer mens die dinge nalaat, is
> sulke goed soos ou "reisigertjie", sterretjies in die oë, met sy onsinnige
> verloopte snert argumente, die resultaat.)
>
> ***
Re: Wat is die doel (PAT en Leendert) ??? [boodskap #25584 is 'n antwoord op boodskap #25583] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
PAT griffel :

> Ons wat in die buiteland sit hoor NOOIT Afrikaans nie, en baie
> van die gedigte spreek ons aan op maniere wat ons nie kan verduidelik >nie.
>
Ek veronderstel die "ons" in jou sin hier bo het slegs betrekking op PAT en
haar gesin (??)

Toegegee en geen probleem daarmee nie.

'n Paar vrae :
Watter huistaal besig jy en jou huismense daar waar jy is ?
Het jy nie Afrikaanse kontakte daar nie ?
Benewens hierdie ng, handhaaf jy kontak met die "agtergeblewenes"
in Suid Afrika - soos familie of vriende ?
Kan jou kinders Afrikaans praat ?
Wat DOEN jy om jou kinders in Afrikaans te onderrig ?
Wil jy dalk hulp hê daarmee ? **** (Sien latere opmerking)

> Ek kan liewers vra wat maak julle wat in Suid-Afrika woon op
> hierdie nuusgroep?

Stadig oor die klippe, sussie. Na die beste van my wete is hierdie ng NIE
'n eksklusiewe klub vir julle oor die water nie. Dat dit vir sommige van
julle as naelstring met SA dien, is gewis. Die "uitgeweke" Afrikaners wat
hier deelneem, is getallegewys negeerbaar klein in aanmerking geneem die
aantal Afrikaners in die buiteland - self al tel jy ook die by wat net hier
lees.

> Soek julle pen pelle?
Nee. Net interessante geselskap. Ons deel graag julle ervarings waar
julle is. Stuur ook vir julle (op aanvraag) resepte van SA kos wat so baie
van julle daar mis nou. Ook al pakkies weggestuur vir nuutgevonde
vriende - Afrikaanse musiek op CD's, "Black & White" pyptabak, ens. en op
my beurt weer goedjies terug ontvang wat hier onbekombaar duur is maar
anderkant goedkoop is........... Moet ek aangaan met opnoem ???

> Ons wat oorsee woon behoort aan hierdie groep om ons taal te probeer
> behou, en gedigte is groot deel daarvan.

Dis EEN manier - ongelukkig ontoereikend - en JY sal meer moet doen. As jy
belangstel, kan ek jou verwys na adresse waar werklik lewendige
taalbesprekings aan die gang is. Jy kan net baat daarby.

> En ja, ek voel ook nie lekker oor die Leendert en Gloudina
> gevegte nie, en ek wil geensins kant kies nie, maar dit voel my net dat
> Leendert goed te persoonlik aantrek

Gun hom sy styl - jy doen jou dinge ook op jou manier. Hy verwoord in elk
geval baie dinge wat die meeste van ons in die hart voel en baie te bang is
om hardop te sê. Veral die polities korrektes. Dis onmoontlik om eerlik
te wees en tegelykertyd oral aanvaarbaar te wees ook. Ek verkies
eerlikheid.

Miskien kan ek bietjie perspektief hier gee :

Hier IS regtig 'n nuwe geslag Afrikaner teenwoordig - met 'n leef en laat
leef uitkyk op die lewe ; wat weier om hom te laat aftrek na minderwaardige
standaarde ; wat iets doen vir die uitbouing van sy taal ; wat iets DOEN
om Afrikaans (alle aspekte) deur te gee na die jeug want anders sal
Afrikaans by hierdie geslag ophou. (Wanneer mens die dinge nalaat, is
sulke goed soos ou "reisigertjie", sterretjies in die oë, met sy onsinnige
verloopte snert argumente, die resultaat.)

***
Wat die meeste van julle NIE weet nie, is dat Leendert AKTIEF landswyd
betrokke is by tuisonderrig van kinders. Leiding neem om ouers toe te rus
vir die onderwystaak wat tuisonderrig op hulle plaas. Gaan steek maar
gerus kers by hom op AS jy enigsins erns het daarmee dat jou kinders
Afrikaans sal bly. Leendert sal jou kan help met materiaal en verwysings
na ander hulpbronne. Kultuur word nie oorgedra na jou nageslag bloot deur
Afrikaans te praat in die huis nie - julle daar oorkant het meer as dit
nodig.
(As jy regtig wil weet hoe jy jou kultuur oorgedra het na jou kinders, kyk
of jy iets van jouself in jou kleinkinders kan herken)

> en dan val hy Gloudina persoonlik aan.
As iemand so intens by die sinvolle uitbou en behoud van sy kultuur betrokke
is, kan mens ook sy ongeduld en irritasie verstaan .......en party mense HET
net die talent om te irriteer hetsy deur hulle logika/kennis of gebrek
daaraan.

> Kan mens nie stry sonder om nasty en persoonlik te raak nie?

Perfek moontlik - maar min mense het die kuns aangeleer. En selfs dan nog
kan die punt bereik word dat mens taal moet gebruik wat aan die ander kant
verstaan word.

>
Omie.

NS.
Nee. Leendert het my NIE betaal om bostaande te skryf nie. Ek gee net
krediet waar dit toekom. Die laaste wat ons paadjies gekruis het, het ek
hom nog 'n oorveeg gegee.
Vorige onderwerp: Vir PAT
Volgende onderwerp: Re: Wat is die doel (PAT en Leendert) ???
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 04:27:20 MGT 2024