Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans gaan na die honde?
Afrikaans gaan na die honde? [boodskap #25378] Wo, 18 Augustus 1999 00:00
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Die volgende interessante nuusbrokkie het vanoggend in die pers
verskyn:

Die eerste tak van die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging
(ATKV) in Soweto is laas-naweek geopen. Die voorsitter, Elliot
"Boerseun" Mashinini (geen familie van Tsietsi Mashinini, die
studente-leier van die 1976 Soweto-opstand teen die geforseerde
gebruik van Afrikaans in swart skole nie) se doelstelling: Om
die liefde vir die Afrikaanse taal onder sy mense te versprei.
Die tak het reeds 23 lede.

Volgens berigte het Boerseun se passie vir die taal onstaan toe
'n Afrikaanse familie, met wie se kinders hy as kind gespeel het,
'n hond aan hom persent gegee het. Hy besluit toe om sy kennis
van die taal te verbeter, sodat hy die hond beter kon onderrig.

Ek het altyd al 'n suspisie gehad dat honde baie beter Afrikaans
kan verstaan as ander tale. Vat maar 'n woord soos "voetsek".

Swart Simon
Vorige onderwerp: Hardekoolvuur
Volgende onderwerp: Hardekoolvuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 18:14:50 MGT 2024