Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skoon en Vuil
Skoon en Vuil [boodskap #25296] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina sê
> Daar is sommige van ons wat hunker na die ou dae toe al die
> New Yorkse subway-treine bedek was met graffitti van die een hoek na
> die ander. Dit het dit soveel meer karakter gegee. Guilliani se pogings om
> New York skoon te maak, maak dit net meer intens kommersieel. Soos
> die huidige Times Square.

Nee Gloudina

Skoon is nie dieselfde ding as kommersieel nie. Dit maak ook nie 'n plek noodwendig kommersieel nie. Die "skoonste" plekke op aarde is glad nie kommersieel nie - byna per defenisie. (En andersom.) In elk geval, NYC sal altyd intens kommersieel wees - soos ander volwaardige "wereldstede". (London, Tokyo, ens.) Dit is hulle "raison de être" (sp?)

Ek vemoed jy kon net nie die geleendheid weerstaan om 'n wilde haakhou te gooi na Guilliani nie. Waanneer begin jy met jou "pitch" vir Hillary-babes?

Groete
Bees (Yup, ek is weer terug)
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25297 is 'n antwoord op boodskap #25296] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Bees wrote:

> Nee Gloudina Skoon is nie dieselfde ding as kommersieel nie. Dit
> maak ook nie 'n plek noodwendig kommersieel nie. Die "skoonste" plekke
> op aarde is glad nie kommersieel nie - byna per defenisie. (En
> andersom.) In elk geval, NYC sal altyd intens kommersieel wees - soos
> ander volwaardige "wereldstede". (London, Tokyo, ens.) Dit is hulle
> "raison de être" (sp?)
>
> Nee, Bees, die raison d'etre van London en Parys en
> ek dink
> selfs die ou Nuwe Amsterdam, nou (sic) New York, was
> nie
> in die eerste plek kommersieel nie. Dit was hulle
> geografiese
> posisie wat die determinerende faktor was. En wanneer
> jy,
> soos Guilliani, stede probeer "verander," dan verloor
> jy in
> die proses soms dit wat die stad aantreklik en
> vibrerend
> maak. Soos wat met Montreal gebeur het.
> Ek vemoed jy kon net nie die geleendheid weerstaan om 'n wilde
> haakhou te gooi na Guilliani nie. Waanneer begin jy met jou "pitch"
> vir Hillary-babes?
>
> Hillary-babes kan vir haarself sorg. Bees (Yup, ek is
> weer terug)
>
> Waar was jy die hele tyd?
>
> Gloudina
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25298 is 'n antwoord op boodskap #25296] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
>
> Groete
> Bees (Yup, ek is weer terug)

Yupeeeeeee!

:-)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25299 is 'n antwoord op boodskap #25296] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
>>
>> Nee, Bees, die raison d'etre van London en Parys en
>> ek dink
>> selfs die ou Nuwe Amsterdam, nou (sic) New York, was
>> nie
>> in die eerste plek kommersieel nie. Dit was hulle
>> geografiese
>> posisie wat die determinerende faktor was.

Sorry ou Sympat! Jy's nog steeds so toe soos toe jy igs was.

Die geografiese posisie het hulle juis ekonomies lewensvatbaar gemaak.
Dit was hul kommersiële sukses wat ander aktiwiteite (regering, kerk,
kultuur, onderwys) gelok en moontlik gemaak het.

En wanneer
>> jy,
>> soos Guilliani, stede probeer "verander," dan verloor
>> jy in
>> die proses soms dit wat die stad aantreklik en
>> vibrerend
>> maak. Soos wat met Montreal gebeur het.

Ek ken New York en Montreal gladnie.

Maar hier plaaslik merk ek op hoe misdaad stede kan "verander" - en in
die proses dit verloor wat die stad aantreklik en vibrerend maak.

Om die waarheid te sê, Guilliani se metodes word ywerig bestudeer deur
ons nuwe heeremeesters van die ANC!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25318 is 'n antwoord op boodskap #25296] So, 15 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina sê:
Nee, Bees, die raison d'etre van London en Parys en ek dink
selfs die ou Nuwe Amsterdam, nou (sic) New York, was nie
in die eerste plek kommersieel nie. Dit was hulle geografiese
posisie wat die determinerende faktor was.

Nee genade ek weet nie hoe jy die twee kan skei nie. Die stede se geografiese posisie is een groot rede hoekom hulle so suksesvol kommersieel is. Maar my eintlike punt is dat besigheid (geld, as jy wil) die regtige rede vir die bestaan van die stede is. En veilige, "skoon" stede doen beter.

En wanneer jy, soos Guilliani, stede probeer "verander," dan verloor jy in
die proses soms dit wat die stad aantreklik en vibrerend
maak.

Dankie doudie, ek het al 'n paar krediete, maar ek het nog nie my "Verander Stede" badge gekry nie. ;-)

Ek dink egter jy begaan 'n fout deur te dink dat 'n "skoon" stad noodwendig sy aantreklikheid verloor. Karakter en "skoon", in die konteks van 'n stad, is nie noodwendig onderling uitsluitende begrippe nie.

Soos wat met Montreal gebeur het.

`Wat's fout met Montreal? Was 'n paar weke terug daar. Ek het die stad geniet, veral 'n aand uit by 'n restaurant in "Vieux Montreal".

Waar was jy die hele tyd?

Ek was bietjie baie op die pad. (Ek het nog nie by my somervakansie uitgekom nie, maar ek gaan volgende week weer 'n poging aanwend!) Ek was in Montreal, Vancouver, London en verskeie kere in Yellowknife vir werksredes. . En ek en my vrou was in Vancouver een naweek, baie geniet.

Groete

Bees
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25319 is 'n antwoord op boodskap #25296] So, 15 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Aug 1999 23:26:20 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:

|
|Om die waarheid te sê, Guilliani se metodes word ywerig bestudeer deur
|ons nuwe heeremeesters van die ANC!
|
My buurman in die kantoorblok waarin ons is, het drie weke gelede vir
sy neef gaan kuier wat in 'n apartment langs Central Park bly en hy
het teruggekom en baie entoesiasties vertel van sy verblyf daar. Die
neef betaal meer huur vir 'n eenslaapkamer woonstel as wat ek vir my
vierslaapkamer huis per maand betaal. Maar dit klink asof hy 'n baie
ediliese plek het en Don het die kuier baie geniet.

Een ding wat hy genoem het is dat die neef en sy vriende baie
entoesiasties is oor Gulliani se "no tolerance" teenoor enige vorm van
misdaad. Hulle sê dat hulle, as gewone mense op straat kan agterkom
dat die stad veiliger is en nuwe lewe begin kry.
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25335 is 'n antwoord op boodskap #25296] Ma, 16 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article @sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Om die waarheid te sê, Guilliani se metodes word ywerig bestudeer deur
>> ons nuwe heeremeesters van die ANC!
>
> Dis 'n mite dat Guilliani vreeslik baie te doen hetmet die vermindering v=
> an
> misdaad in New York.
> Die misdaadsyfers in die VSA val nou jaar na jaar,
> net soos hulle ook in Kanada val. Dis omdat die
> male babyboomers as 'n groep nou te oud word
> vir misdaad. Dis die male baby boomers (die
> verrotte appels tussen hulle) wat die verhoogde
> misdaadinsidente veroorsaak het die afgelope
> dekades. Kanada het relatief meer babyboomers
> gehad as die VSA. Ons misdaadsyfers daal nou
> vinniger.

Dis nou pragtig! Wragtig pragtig!

Hierdie gesprek het begin met Gloudina wat kla dat die
antimisdaadveldtog van Guilliani so suksesvol was dat die graffiti van
New York se treine af verdwyn het (eiendomsbeskadiging is dus
stopgesit). Op grond hiervan, blameer sy vir Guilliani dat hy mense se
uitinge onderdruk, en daardeur die hele karakter van die stad
ondergrawe.

Met 'n handomkeer, beweer sy nou weer dat Guilliani se metodes geen
effek op misdaad gehad het nie. (Let wel, sodra mense begin goedkeur
wat Guilliani bereik het.) Nou is dit skielik die baby boomers wat oud
en kalm word, en dus nie meer misdade pleeg nie.

Hierdie argument is so gek soos om te beweer dat die koms van
antibiotika mense in een geslag geneties so verander het dat hulle nie
meer weerstand het teen bakterieë nie - dis gewoon logies onmoontlik.

Net soos dit uiters onwaarskynlik is dat die baby boomers in New York
almal skielik gedurende die vierjaartermyn van een burgemeester oud en
kalm geword het.

> Was daar 'n merkbare baby boom in
> SA na die Tweede Wereldoorlog?

Yep. Maar, snaaks genoeg, die misdaad in Suid-Afrika het tydens die
termyn van Guilliani in New York _gestyg_. Skrikwekkend gestyg.

Maar dankie, Gloudina, daar het vir my 'n lig opgegaan. Ek het nog
altyd ongemaklik gevoel met jou manier van argumenteer. Dis nie 'n
Afrikaanse manier nie. Nou, toe ek jou argumente weer in die konteks
van Noord-Amerikaanse politiek sien, het ek besef hoekom: Jy het die
Noord-Amerikaanse manier van politiek aangeleer.

Die een ding wat my nog altyd verwonder het oor Amerikaanse (insluitend
Kanadese) politiek, is hoe die mense prontuit kan lieg, sonder om 'n
oog te knip, en die mees teenstrydige standpunte kan handhaaf, so lank
dit maar net hul politieke agenda bevorder.

So het ek al gesien hoe 'n goeie Amerikaanse Christen openlik
internasionele regsdokumente foutief aanhaal - om sy standpunt beter te
laat lyk. Toe ek hom daarmee konfronteer, verklaar hy: "Toemaar, baie
min van my lesers sal die oorspronklike gaan lees"! Hoe Amerikaanse
wetenskaplikes lieg oor aspekte van hul wetenskap. Gekonfronteer, het
hulle privaat beken dat hulle, om politieke redes, nie kan bekostig om
anders te praat nie. Die nuwe premier van Mpumalanga hier by ons het
hom laat mislei om in die openbaar te verklaar dat dit aanvaarbaar is
vir politici om te lieg. Toe selfs die Mail&Guardian begin aandring op
sy ontslag, het hy Bill Clinton as voorbeeld aangehaal! (Hy is nog
steeds in sy pos.)

Dit lyk vir my asof die algmene standpunt op daardie kontinent gegrond
is op die idee dat, hoe langer en hoe meer dikwels mens iets herhaal,
hoe beter sal mense dit glo - ongeag hoe waar of onwaar dit mag wees.

In elk geval, nou verstaan ek Gloudina se standpunte op hierdie
nuusgroep vir die eerste maal. Dis die Amerikaanse perspektief wat maak
dat sy voortdurend dieselfde leuens bly verkondig en versprei, en
heeltemal onoortuigbaar is van enigiets wat nie pas in haar
vooropgesette idees nie - die idee van die wetenskaplikes hierbo dat
mens dit nie "polities kan beskostig" om iets anders as die "party
line" te verkondig nie, al moet jy daarvoor lieg.

Guilliani kan niks goeds doen nie want hy is van die - vir Gloudina -
"verkeerde" party. Clinton kan niks slegs doen nie (selfs al bely hy
self dat hy hom soos 'n vark gedra het) want hy behoort aan die - vir
Gloudina - "regte" party.

Nou kom sy met daardie benadering en verkondig wyd en syd haar insigte
oor Suid-Afrika - van Malan en Verwoerd (wat niks goeds kan doen nie)
tot Biko (wat niks slegs kan doen nie - sy beskou dit selfs as
heiligskennis as ek Biko met goedkeuring aanhaal). En nou het sy
allerlei perspektiewe oor insidente soos dié van Angelina en die
onderwyser wat Herman Charles Bosman met sy leerlinge behandel het. In
albei die laaste gevalle was dit nie vir haar nodig om te weet wat die
feite is nie. Die Afrikaners was sommer dadelik die varke in die
verhale, sonder dat sy nodig gehad het om te wag vir besonderhede.

Ek dink regtig nie dat Afrikaans, Afrikaners, of Suid-Afrika baat by
die invoer van hierdie soort onverdraagsaamheid nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25336 is 'n antwoord op boodskap #25296] Ma, 16 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Dis nou pragtig! Wragtig pragtig!
>
> Hierdie gesprek het begin met Gloudina wat kla dat die
> antimisdaadveldtog van Guilliani so suksesvol was

Nee, Leendert, die anti-misdaadveldtog vanGuilliani en die
val van die misdaad in die VSA (dus
ook in Philadelphia en Boston en Los Angeles) is nie
een en dieselfde nie. Die misdaad het geval (ook in
Kanada) omdat die baby boomers verouder. Die
sogenaamde anti-misdaadveldtog van Guilliani was
'n politieke ploy van die Republikein Guilliani om sy
eie stempel op die stad af te druk. Neem die
graffitti weg - ou wit ooms hou nie daarvan nie. Dit
bedreig hulle met die viriliteit wat sulke graffitti
vertoon. Meer en meer word Guilliani nou aangeval
vir die rasse-tipering wat sy polisiemag openbaar.
Daar is ook nog maar grootskaalse korrupsie,
so what is new?

> Dit lyk vir my asof die algmene standpunt op daardie kontinent gegrond
> is op die idee dat, hoe langer en hoe meer dikwels mens iets herhaal,
> hoe beter sal mense dit glo - ongeag hoe waar of onwaar dit mag wees.

En het jy nou klaar gebraak?As mens na die inhoud van jou woorde-opgooi
kyk (sies),
dan dryf daar altyd stukkies "Angelina" en "Charles Herman
Bosman" en "Verwoerd" en dies meer in. En alles in 'n poging
om die aandag af te trek van die feit dat jy apologie wil maak
vir 'n regime wat sy mense belieg en bedrieg het, en vir 'n
huidige faksie van die suid-afrikaanse bevolking (met lede soos
Mevrou Derby-Lewis) wat rassisme vir hulle eie bate probeer
aanjaag. Hoekom is Mevrou Derby-Lewis jou heldin, Leendert?
Sy wat saam met haar man rasse-oorlog probeer bewerkstellig
het. Hoekom is jou heldin nie die vrou wat met haar skerp
observasie verantwoordelik was vir die vang van Derby-Lewis
en Walusz nie, en op so 'n manier heelwaarskynlik rasse-oorlog
verhoed het.

Gloudina

>
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25337 is 'n antwoord op boodskap #25296] Ma, 16 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Om die waarheid te sê, Guilliani se metodes word ywerig bestudeer deur
> ons nuwe heeremeesters van die ANC!

Dis 'n mite dat Guilliani vreeslik baie te doen hetmet die vermindering van
misdaad in New York.
Die misdaadsyfers in die VSA val nou jaar na jaar,
net soos hulle ook in Kanada val. Dis omdat die
male babyboomers as 'n groep nou te oud word
vir misdaad. Dis die male baby boomers (die
verrotte appels tussen hulle) wat die verhoogde
misdaadinsidente veroorsaak het die afgelope
dekades. Kanada het relatief meer babyboomers
gehad as die VSA. Ons misdaadsyfers daal nou
vinniger. Was daar 'n merkbare baby boom in
SA na die Tweede Wereldoorlog?

Gloudina

>

>
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25359 is 'n antwoord op boodskap #25296] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> (Jou pa en jou man moes jou darem baie skade gedoen het om jou so hatig
>> op ou wit ooms te maak.)
>
> Ja-nee, hier kom ou wit oom Leendert weer aan met een vandie gifpyle.
> Probeer iemand van die vroulike geslag te beledig
> deur vir haar as slagoffer te teken, as iemand wat beskadig
> kan word. Nee Leendert, my pa was nie 'n wit omie nie, en
> my man is nie 'n wit omie nie. Dis verbasend hoe min Afrikaner-
> mans ou wit omies is. Jy kry baie ou wit omies hier in Noord-
> Amerika.

Ag siestog. Dis nou 'n retoriese tegniek wat ek laas op die speelgrond
van die laerskool gesien het - aan die dogtertjies se kant: As mens jou
nou behoorlik vasgepraat het en nie meer weet wat om te doen nie, dan
onthul jy skielik dat jy nog al die tyd gewone woorde met jou eie,
geheime betekenisse gebruik het.

Nou lyk dit my wit ou anties gebruik dit ook.

Vertel weer vir ons hoe sake op Stellenbosch se kampus vergerger het
sedert jou dae, Gloudina?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25360 is 'n antwoord op boodskap #25296] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> (Jou pa en jou man moes jou darem baie skade gedoen het om jou so hatig
> op ou wit ooms te maak.)

Ja-nee, hier kom ou wit oom Leendert weer aan met een vandie gifpyle.
Probeer iemand van die vroulike geslag te beledig
deur vir haar as slagoffer te teken, as iemand wat beskadig
kan word. Nee Leendert, my pa was nie 'n wit omie nie, en
my man is nie 'n wit omie nie. Dis verbasend hoe min Afrikaner-
mans ou wit omies is. Jy kry baie ou wit omies hier in Noord-
Amerika.

Gloudina

>
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25361 is 'n antwoord op boodskap #25296] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Aug 1999 18:26:32 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Leendert van Oostrum wrote:
|
|> (Jou pa en jou man moes jou darem baie skade gedoen het om jou so hatig
|> op ou wit ooms te maak.)
|
|Ja-nee, hier kom ou wit oom Leendert weer aan met een vandie gifpyle.
|Probeer iemand van die vroulike geslag te beledig
|deur vir haar as slagoffer te teken, as iemand wat beskadig
|kan word. Nee Leendert, my pa was nie 'n wit omie nie, en
|my man is nie 'n wit omie nie.

Watter kleur is hulle dan????
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25362 is 'n antwoord op boodskap #25296] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
>
> --------------5B56B1C5758457C664AC3886
> Content-Type: text/plain; charset=us-ascii
> Content-Transfer-Encoding: 7bit
>
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Dis nou pragtig! Wragtig pragtig!
>>
>> Hierdie gesprek het begin met Gloudina wat kla dat die
>> antimisdaadveldtog van Guilliani so suksesvol was
>
> Nee, Leendert, die anti-misdaadveldtog vanGuilliani en die
> val van die misdaad in die VSA (dus
> ook in Philadelphia en Boston en Los Angeles) is nie
> een en dieselfde nie.

Natuurlik nie. Guilliani se aanspraak is beperk tot die val van misdaad
in New York.

> Die misdaad het geval (ook in
> Kanada) omdat die baby boomers verouder.

Waarop grond jy hierdie bewering?

Hoeveel het die misdaadsyfers in die VSA as geheel gedaal - en hoeveel
in New York?

Wat is die verhouding "baby boomers" in die bevolking van die VSA - en
wat is dit in New York?

> Die
> sogenaamde anti-misdaadveldtog van Guilliani was
> 'n politieke ploy van die Republikein Guilliani om sy
> eie stempel op die stad af te druk.

Waarop grond jy hierdie bewering?

Kan jy bewys dat dit nie dalk 'n verkiesingsbelofte was nie - op grond
waarvan New York se kiesers hom verkies het omdat hulle siek en sat vir
misdaad was nie?

Gestel jy is reg. Dan is die ANC-regering mos baie dom om sy metodes te
ondersoek vir aanwending in Hilbrow?

> Neem die
> graffitti weg - ou wit ooms hou nie daarvan nie. Dit
> bedreig hulle met die viriliteit wat sulke graffitti
> vertoon.

Waarop grond jy hierdie stelling? Was daar wetenskaplike ondersoek wat
dit bevind het, of is dit die mening van 'n feministiese joernalis by
'n Demokratiesgesinde koerant?

(Jou pa en jou man moes jou darem baie skade gedoen het om jou so hatig
op ou wit ooms te maak.)

> Meer en meer word Guilliani nou aangeval
> vir die rasse-tipering wat sy polisiemag openbaar.

Die Britse polisie word ook hiervan beskuldig - en die Nederlandse, en
die Belgiese. Ook die polisie in Los Angeles, onthou?

> Daar is ook nog maar grootskaalse korrupsie,
> so what is new?

Het die korrupsie onder Guilliani gestyg, gedaal, of dieselfde gebly?

>
>> Dit lyk vir my asof die algmene standpunt op daardie kontinent gegrond
>> is op die idee dat, hoe langer en hoe meer dikwels mens iets herhaal,
>> hoe beter sal mense dit glo - ongeag hoe waar of onwaar dit mag
wees.
>
> En het jy nou klaar gebraak?As mens na die inhoud van jou woorde- opgooi
> kyk (sies),
> dan dryf daar altyd stukkies "Angelina" en "Charles Herman
> Bosman" en "Verwoerd" en dies meer in.

En waarteen is dit wat jy beswaar maak, of is dit bloot teen die feit
dat ek sulke name gebruik?

> En alles in 'n poging
> om die aandag af te trek van die feit dat jy apologie wil maak
> vir 'n regime wat sy mense belieg en bedrieg het,

Ek sien. Dis onaanvaarbaar (politek onkorrek) om daarop te wys dat jy
lieg as jy beweer dat die behandeling van swartmense op US vergerger
het sedert die tyd dat jy daar was. Dit is onaanvaarbaar om
kontroleerbare inligting te verskaf wat toon dat jou beweringe 'n klomp
akkies is.

As mens jou wilde leuens met inligting weerlê, "maak 'n mens apologie"
vir 'n "regime".

Dis nou egte Amerikaanse politiekery waarmee jy besig is, Gloudina.
Daar is geen teken dat jy belangstel in wat werklik gebeur het nie - jy
wil net jou vooropgesette idees bevestig sien.

> en vir 'n
> huidige faksie van die suid-afrikaanse bevolking (met lede soos
> Mevrou Derby-Lewis) wat rassisme vir hulle eie bate probeer
> aanjaag. Hoekom is Mevrou Derby-Lewis jou heldin, Leendert?

Ek sou haar nie as "heldin" beskryf nie. Ek vind dit bloot veelseggend
dat sy Afrikaans kan praat. Iets wat jou kinders nie kan doen nie. In
daardie opsig, dink ek, doen hierdie girl meer vir die bevordering van
Afrikaans as jy.

> Sy wat saam met haar man rasse-oorlog probeer bewerkstellig
> het. Hoekom is jou heldin nie die vrou wat met haar skerp
> observasie verantwoordelik was vir die vang van Derby-Lewis
> en Walusz nie, en op so 'n manier heelwaarskynlik rasse-oorlog
> verhoed het.

Daar is vele vroue wie se bydraes ek waardeer, Gloudina. Selfs sommige
van joune.

Dit beteken egter nie dat ek, soos 'n tipiese Amerikaner, alles en
almal net in ongeskakeerde swart en wit moet sien nie - wat jy
klaarblyklik van my verwag om te pas by jou eie modus van persepsie.

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25363 is 'n antwoord op boodskap #25296] Di, 17 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 Aug 1999 21:49:25 GMT, @sympatico.ca [eintlik
Gloudina!!!!!!] wrote:

| Nee, Leendert, die anti-misdaadveldtog vanGuilliani en die
|val van die misdaad in die VSA (dus
|ook in Philadelphia en Boston en Los Angeles) is nie
|een en dieselfde nie. Die misdaad het geval (ook in
|Kanada) omdat die baby boomers verouder. Die
|sogenaamde anti-misdaadveldtog van Guilliani was
|'n politieke ploy van die Republikein Guilliani om sy
|eie stempel op die stad af te druk.

Seker maar 'n vreeslik skewe wereld wat 'n mens betrag deur sulke
Demokraties gekleurde brille van 'n ander land as die een waarin jy
bly, met so brilraam van vrees....
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25374 is 'n antwoord op boodskap #25296] Wo, 18 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Ag siestog. Dis nou 'n retoriese tegniek wat ek laas op die speelgrond
> van die laerskool gesien het - aan die dogtertjies se kant: As mens jou
> nou behoorlik vasgepraat het en nie meer weet wat om te doen nie, dan
> onthul jy skielik dat jy nog al die tyd gewone woorde met jou eie,
> geheime betekenisse gebruik het.

Ha,ha, ha. Wat 'n biografiese insig gee bostaande skryweryvan Leendert vir
ons in die lewe van die ou seuntjie wat al
van sy dag af met almal en nog wat wou argumenteer . Al
vroeg al het hy uitgevind dat meisies die hele oppervlakte
van hul breine gebruik, en nie net sekere dele nie. Het jy
nie een slag verduidelik dat jy die enigste seun tussen
'n klomp dogters was in jou gesin nie, Leendert. Hoekom
sien jy nie die lig nie?

Gloudina

>
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25401 is 'n antwoord op boodskap #25296] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Ag siestog. Dis nou 'n retoriese tegniek wat ek laas op die speelgrond
>> van die laerskool gesien het - aan die dogtertjies se kant: As mens jou
>> nou behoorlik vasgepraat het en nie meer weet wat om te doen nie, dan
>> onthul jy skielik dat jy nog al die tyd gewone woorde met jou eie,
>> geheime betekenisse gebruik het.
>
> Ha,ha, ha. Wat 'n biografiese insig gee bostaande skryweryvan Leendert vir
> ons in die lewe van die ou seuntjie wat al
> van sy dag af met almal en nog wat wou argumenteer .

Net wanneer mense aan my perdekuttels vir vye wil verkoop

> Al
> vroeg al het hy uitgevind dat meisies die hele oppervlakte
> van hul breine gebruik, en nie net sekere dele nie.

Is _dit_ jou verskoning vir jou onvermoë om jou wilde stellings op
hierdie nuusgroep te verantwoord, Gloudina? (Verduidelik weer hoe die
omstandighede vir swartmense op Steleenbosch vererger het sedert jou
dae?)

En nee. Ek het nog nie agter gekom dat alle meisies net so oppervlakkig
dink as jy nie.

> Het jy
> nie een slag verduidelik dat jy die enigste seun tussen
> 'n klomp dogters was in jou gesin nie, Leendert.

Nee, ek het nie. Nou dat jy Windows '98 bedryf kan jy self gaan opsoek
wat ek wel gesê het, so daar is nou nie meer verskoning as jy my
verkeerd aanhaal nie. Ek sal moet aanvaar dit is kwaadwillig.

> Hoekom
> sien jy nie die lig nie?

Wat jy as "lig" beskou, Gloudina, lyk meer na flitse van kortsluitings
in daardie brein van jou wat so oppervlakkig dink :-)

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25402 is 'n antwoord op boodskap #25296] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 18 Aug 1999 23:54:52 GMT, @sympatico.ca wrote:

|van sy dag af met almal en nog wat wou argumenteer . Al
|vroeg al het hy uitgevind dat meisies die hele oppervlakte
|van hul breine gebruik

....so op die oppervlakte. Wonder hoekom sê 'n mens iemand is vlak?
Nou sê Gloudina hier so 'n lelike ding oor vroumense, of is dit nou
net meisies. Moet ons nou verder verstaan dat die wat nie blond is
nie, later van jare effe dieper as net die oppervlakte van hulle
breine gebruik?

soos Garrison Keiller sê: "...and that's the news from Lake Woebegone, where the women are strong,
the men are good looking and the children are all about average...."

=|:^)

Johan
Re: Skoon en Vuil [boodskap #25430 is 'n antwoord op boodskap #25296] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...

> ....so op die oppervlakte. Wonder hoekom sê 'n mens iemand is vlak?
> Nou sê Gloudina hier so 'n lelike ding oor vroumense, of is dit nou
> net meisies. Moet ons nou verder verstaan dat die wat nie blond is
> nie, later van jare effe dieper as net die oppervlakte van hulle
> breine gebruik?

Dis nou hoe iemand sal praat wat nie enige grysstof in sy brein
het nie.

Swart Simon
Vorige onderwerp: Hardekoolvuur
Volgende onderwerp: Re: Pierre du Plessis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 18:36:33 MGT 2024