Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!")
St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25189] Vr, 06 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi het gevra in antwoord op Johan se stelling):
> Gaan jy se of jy - vereenselwiger met Italiane uit die Middeleeue -
> jou ook vereenselwig met die briljante kerkfilosoof uit die Middeleue,
> Sint. Augustinus?
> Ferdi,

Watter St Augustinus praat jy van? Die een wat ek ken het in die 4de eeu
NC geleef, nou nie juis die "Middeleeue" nie! Ek het die volgende
artikeltjie oor hom raakgeloop in my Microsoft Bookshelf:

"Augustine, Saint
Augustine, Saint (ô´gestên, -tîn; ôgùs´tîn), 354-430, Doctor of the Church,
bishop of Hippo (near present-day Annaba, Algeria); b. near Hippo. Brought
up as a Christian by his mother, St. Monica, Augustine gave up his religion
while at school in Carthage, then converted to MANICHAEISM. He taught
rhetoric in Rome (after 376) and Milan (after 384). In Milan he was drawn
to the teachings of St. AMBROSE and to NEOPLATONISM, and finally embraced
Christianity, returning (387) to a monastic life in Tagaste. In 391 he was
ordained a priest in Hippo, where he remained for the rest of his life,
serving as bishop from 396. St. Augustine's influence on Christianity was
immense, and theologians, both Roman Catholic and Protestant, look upon him
as the founder of theology. His polemics against Manichaeism, Donatism, and
Pelagianism are well known, and his autobiographical Confessions is a
classic of Christian mysticism. On the Trinity systematized Christian
doctrine, and The City of God, his monumental defense of Christianity
against paganism, is famous for its Christian view of history. Feast: Aug.
28.(1)

(1) The Concise Columbia Encyclopedia is licensed from Columbia University
Press. Copyright (c) 1995 by Columbia University Press. All rights
reserved."

Hy is in Afrika gebore en is boonop een van die groot kerkvaders (van die
Protestantse sowel as Katolieke kerke). Hy het byvoorbeeld die idee
gegrondves dat ons moet teruggaan na die Evangelie soos dit deur die
Apostels beleef, bely en verkondig is, en nie soos deur baie van die sektes
en pseudo-kerke van daardie tyd wat baie op persoonlike openbarings ens
gesteun het nie. Die hervormers soos Martin Luther, Ulrich Zwingli, Calvyn
e.a het weer op hulle beurt teruggegryp oor 12 eeue dwarsoor die verworde
Katolieke kerk na Augustinus se uitsprake en beginsels toe hulle die drie
basiese beginsels van die Gereformeerde kerke daargestel het: "Sola
scriptura, sola fide, sola gratia" (Dit kom daarop neer dat ons gered word
alleen deur ons geloof en die genade van God, en dat die (hele) Woord van
God in die Bybel opgeteken staan, weereens (veral) geen "persoonlike
openbarings" soos o.a. deur Mohammed e.a. (veral ook onder die hedendaagse
"Faith Movement" predikers) nie) Interessant genoeg het die Katolieke kerk
in die sg. Teenreformasie ook weer baie treruggegaan na die ou kerkvaders
soos Ambrosius en Augustinus. Daar is nog 'n ander St Augustinus wat van
Itali:e af kom (5de eeu NC) en bekend staan as die "Engelse Apostel"
deurdat hulle reken hy het die kerk in die suide van Engeland gevestig.

Dink jy Johan sal met hom assosieer? Johan se ware kleure wys so 'n
bietjie, maar ek dink ek weet wat hy probeer sê. Ek beskou myself beslis
nie as 'n Europe:er nie. Ek het wel 'n horde goed aan my wat Europees is,
o.a. my voorkoms, my godsdiens, my van, taal (ook nie heeltemal nie), my
liefde vir klassieke musiek, opera, teater (beslis nie Westerse pop- of
rockmusiek nie). Maar of ek maklik daar sou bly of met hulle sou
assosieer? Ek was vir 'n jaar daar en glo my, ek verstaan nou baie beter
hoekom ons so baie moeilikheid met die Souties en die Hollanders en die
Duitsers het. Ek het natuurlik ook baie dinge van Afrika aan my: my liefde
vir die son, buite, die meer vriendelikheid en openheid waarmee ons hier
leef (ek praat nou nie van die seksie van die bevolking wat misdadig is
nie, hulle leef alles behalwe openlik en vriendelik) waarskynlik het ek
meer as 'n druppel Afrika en Indonesiese bloed in my. Maar grotendeels
deel ek nie die Afrika-kultuur met my mede (swart) landgenote nie. Ek deel
nie in die moderne verbruikerskultuur van die oorgrote meerderheid wit
landsgenote nie Die ANC en sy trawante sê ek is 'n Afrikaan, maar
terselftertyd word ek as 'n Rock of Whitey of Honky uitgekryt, die
polities-korrektes sê ek is 'n Afrikaanse (is dit nie 'n byvoeglike
naamwoord nie?), ek sê ek is 'n Afrikaner. S^e jy nou vir my wat is ek
(behalwe verward)?

Van kultuur gepraat, dink jy (en ouens soos LesWin/Propacem) dat dit 'n
goeie ding is dat die swart bevolkingsgroepe so te sê 'en masse' die
Westerse kultuur omarm en feitlik deur die bank hul eie kultuurgoedere as't
ware weggooi?

Groete,
Dries

>
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25190 is 'n antwoord op boodskap #25189] Vr, 06 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Aug 1999 21:24:23 +0200, "Dries Venter" wrote:

|Watter St Augustinus praat jy van? Die een wat ek ken het in die 4de eeu
|NC geleef, nou nie juis die "Middeleeue" nie! Ek het die volgende
|artikeltjie oor hom raakgeloop in my Microsoft Bookshelf:

Dis ook die ou wat ek in gedagte gehad het wat so baie in preke
aangehaal word.

Ja, ek vereenselwig my met hom.

Dankie vir die inligting, Dries!
|
|Dink jy Johan sal met hom assosieer? Johan se ware kleure wys so 'n
|bietjie, maar ek dink ek weet wat hy probeer sê. Ek beskou myself beslis
|nie as 'n Europe:er nie. Ek het wel 'n horde goed aan my wat Europees is,
|o.a. my voorkoms, my godsdiens, my van, taal (ook nie heeltemal nie), my
|liefde vir klassieke musiek, opera, teater (beslis nie Westerse pop- of
|rockmusiek nie). Maar of ek maklik daar sou bly of met hulle sou
|assosieer? Ek was vir 'n jaar daar en glo my, ek verstaan nou baie beter
|hoekom ons so baie moeilikheid met die Souties en die Hollanders en die
|Duitsers het. Ek het natuurlik ook baie dinge van Afrika aan my: my liefde
|vir die son, buite, die meer vriendelikheid en openheid waarmee ons hier
|leef (ek praat nou nie van die seksie van die bevolking wat misdadig is
|nie, hulle leef alles behalwe openlik en vriendelik) waarskynlik het ek
|meer as 'n druppel Afrika en Indonesiese bloed in my. Maar grotendeels
|deel ek nie die Afrika-kultuur met my mede (swart) landgenote nie.

Sien, dis ook maar wat ek probeer sê: kyk die goed wat jy hier bo
opgenoem het wat raakpunte is wat jy met Europa het - die dinge
waaruit kutuur bestaan en kyk watter raakpunte het jy met Afrika
genoem - nie die mense nie, maar die natuur.

|Van kultuur gepraat, dink jy (en ouens soos LesWin/Propacem) dat dit 'n
|goeie ding is dat die swart bevolkingsgroepe so te sê 'en masse' die
|Westerse kultuur omarm en feitlik deur die bank hul eie kultuurgoedere as't
|ware weggooi?
|
Dis die kommer wat die boek van Peter Makubane ook uitgespreek het wat
ek vroeer aangehaal het - daar het dit bloot gegaan oor dinge wat
verdwyn, en nie watter skade dit aan die bevolking doen nie.

'n Mens hoor so baie kritiek teen die westerse verbruikerskultuur -
veral vanuit Afrika-sosialisme se hoekpunt gesien, maar practice en
preach loop hier ook wyd uiteenlopende paaie. Ek hoor binne die
staatsdepartemente in SA wat so swaar kry, gaan elke kabinetslid
binnekort twee splinternuwe luukse moters ontvang (betaal hulle nie
daarvaar nie?)
Maar binne die kritiek word daar min onder tradisionele swart volke
gedoen om hulle kultuur lewendig te hou. Dis maar dieselfde as met
die regeringsvorm: om die swart volke se regeringstelsels en die
Europese stelsels bymekaar te gooi en met iets suksesval anderkant uit
te kom gaan heelwat geslagte neem.

soos Garrison Keiller sê: "...and that's the news from Lake Woebegone, where the women are strong,
the men are good looking and the children are all about average...."

=|:^)

Johan
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25202 is 'n antwoord op boodskap #25189] Sa, 07 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 Aug 1999 23:27:43 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

>>> On 6 Aug 1999 21:24:23 +0200, "Dries Venter"
> wrote:
>
> |Watter St Augustinus praat jy van? Die een wat ek ken het in die 4de eeu
> |NC geleef, nou nie juis die "Middeleeue" nie! Ek het die volgende
> |artikeltjie oor hom raakgeloop in my Microsoft Bookshelf:
>
> Dis ook die ou wat ek in gedagte gehad het wat so baie in preke
> aangehaal word.
>
> Ja, ek vereenselwig my met hom.>>

Mooi.
Hy was swart.
Van Afrika.
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25208 is 'n antwoord op boodskap #25189] So, 08 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 07 Aug 1999 19:11:11 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:
|>
|>Ja, ek vereenselwig my met hom.>>
|
|
|Mooi.
|Hy was swart.
|Van Afrika.
|
|
Ag jinne seun, pla dit jou nou nog steeds? Ek het darem nou al ook
bietjie oor sy lewe gaan oplees en al is hy in Thagaste gebore beteken
dit nie hy is swart nie.

Daar was baie min swartes in daardie deel van Afrika daardie jare
gewees. Een dokument sê byvoorbeeld dit was 'n dorpie "mit
arabisch-nordafrikanischem Flair" - meer midde oosters dus, sou ek
dink. 'n Ander aanhaling sê: "Augustine's African homeland had been
part of Rome's empire since the destruction of Carthage five hundred
years before his birth. Carthage had been rebuilt by Rome as the
metropolis of Roman Africa, wealthy once again but posing no threat."
en bietjie verder...
"He studied Latin with some enthusiasm but never loved Greek."
...m.a.w. hy kon nie deel wees van swart ASfrika soos ons dit ken nie,
want swart Afrika het tot op hede nie hulle eie geskrewe taal vorendag
gebring nie en ek het nie in Kimberley se museum vir Afrika volke baie
Latynse of Griekse geskrifte sien rondlê nie.

Augustinus word regdeur uitgebeeld as wit, en sy ma ook, en al die
mense om hom in Tagaste.

Onthou ook dat die Romeinse Ryk 'n paar eeue tevore alles waarheen
hulle kon reis om die Meditireense see gekoloniseer het, en dalk was
hy 'n afstammeling van die Romeinse (Italiaanse) koloniste. En
miskien was hy 'n pikswart Italianer - "so what?!?!"

Vergeet jou halstarrige idee dat ek iets teen swart mense het, man.
Wou jy nou hê ek moet my ontstel omdat ek gesê het ek vereenselwig my
met 'n swart man? Jou plannetjie het maar sleg gevou, boetie.

Ek het al baie goeie swart predikers gehoor praat. Hulle kan netso
mooi preek as wit predikante (dalk bietjie meer lank in die oorlosie).

Jy het ook op ander maniere reeds die redenasie spoor byster geraak -
die hele "vereenselwig" storie het gegaan oor die swart mense
waartussen ek gebly het in Afrika (nie die noord-Afrikaanse arabiese
roemeinse koloniste van Algierie van die jaar 354 nie) VS. die
Italianers van vandag (nie die Italianers van 354 nie).

Wat is jou case nou eintlik?
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25209 is 'n antwoord op boodskap #25189] So, 08 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Aug 1999 21:24:23 +0200, "Dries Venter" wrote:

NC geleef, nou nie juis die "Middeleeue" nie! >>[/color]

Einste.

Volgens Britannica begin die middeleeue in die 4de eeu na Christus en
duur dit tot die renaissance.

Hulle se dis grootliks n skeiding wat deur die renaissance se denkers
geformuleer is om n skeiding te plaas tussen hulle "herlewing van
denke" en die Romeinse en Griekse antieke kulture.

Rome het finaal geval in die 4de eeu NC - as ek die artikel nou reg
onthou.
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25236 is 'n antwoord op boodskap #25189] Di, 10 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Fri, 06 Aug 1999 23:27:43 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
>
>>>> On 6 Aug 1999 21:24:23 +0200, "Dries Venter"
>> wrote:
>>
>> |Watter St Augustinus praat jy van? Die een wat ek ken het in die 4de eeu
>> |NC geleef, nou nie juis die "Middeleeue" nie! Ek het die volgende
>> |artikeltjie oor hom raakgeloop in my Microsoft Bookshelf:
>>
>> Dis ook die ou wat ek in gedagte gehad het wat so baie in preke
>> aangehaal word.
>>
>> Ja, ek vereenselwig my met hom.>>
>
>
> Mooi.
> Hy was swart.
> Van Afrika.

Alle inboorlinge van Afrika is nie swart nie. Veral nie die lede van die
vele Romeinse, Griekse en Joodse kolonies in Noord-Afrika so tweeduisend tot
eenduisend jaar gelede nie. Augustinus was een van hulle.

(Scipio Africanus, byvoorbeeld, was 'n rasegte Romein.)

In die eeue na 1000nC was dit weer veral die Arabiere wat Noord-Afrika
gekoloniseer het.

In elk geval - anders as wat sommige van die Afrikan-garde se skrywers wil
beweer, is "swart"-mense histories beperk tot die gebiede Suid van die
Sahara - dis nou behalwe die slawe wat na Rome, en later na Portugal, en
veral in groot getalle na Arabië afgevoer is. Volgens sommige skrywers
ongeveer een miljoen.

Ek sou dus graag wou weet op watter gronde jy beweer dat Augustinus "swart"
was. (Nie dat dit saak maak nie, mar dit lyk asof dit vir jou 'n belangrike
punt is :-)
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25237 is 'n antwoord op boodskap #25189] Di, 10 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Aug 1999 21:24:23 +0200, "Dries Venter" wrote:

terselftertyd word ek as 'n Rock of Whitey of Honky uitgekryt, die[/color]
> polities-korrektes sê ek is 'n Afrikaanse (is dit nie 'n byvoeglike
> naamwoord nie?), ek sê ek is 'n Afrikaner. S^e jy nou vir my wat is ek
> (behalwe verward)?>>

Suid-Afrikaner. Afrikaan. Whatever. Jy hoort hier en is deel van die
kontinent, sou ek se. Selfs die wat jou honky noem sal dit waarskynlik
sonder probleme aanvaar.

ware weggooi?>>[/color]

Dis 'n interresante kwessie.
Ek sou se die feit van die Global Village en die heg verweefde
wereld-ekonomie maak dit waarskynlik onvermydelik dat hulle sg.
westers raak.

Ons ook.

Ons oupa's het waarde aan ossewaens geheg, moerkoffie gedrink en kon
nie juis Engels praat nie.

Ek het in die jare 80 een keer op Mosselbaai - die omgewing waar my
oupa en ouma moerkoffie op die Aga-stoof gehad het - gaan soek in die
winkels vir n koffie kan om ENIGEsoort koffie anders as kitskoffie mee
te maak.
Ek kon dit nerens in die hele bleddie dorp kry nie. Net kitskoffie.

Ek is bereik om te wed dat daar vandag "Italiaanse" Coffee Shops is
wat goeie cappuccino maak.

Ons praat vandag goed Engels, dink ossewaens is dof en speel op die
Internet.

Kulture verander - aangedryf deur wat hulle huise, veiligheid, kos en
werk bied.
En dit word vandag gekry vanaf die Westerse ekonomiese model. Nie van
tradisionele modelle nie. Hier sowel as in Maleisie, Hongarye, Rusland
en Peru.

Die Westerse kultuur vandag is self n mengsel van n moerse klomp
invloede. Alles verander en hervorm gedurig.

Die vraag is hoeveel van die swart mense se kultuur goedere - en ons
as sg. Afrikaners s'n - gaan sinryk saamgeneem in ingeweef word.

Ons agterkleinkinders sal eendag weet. Dan is ons nog net n paar
woorde in n digitale argief.
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25244 is 'n antwoord op boodskap #25189] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Johan,

As jy iets op UseNet pos, sit jy dit _JUIS_ daar dat ons dit moet
interpreteer, ons kan nie jou gedagtes lees nie. Soos ek tevore gesê het,
ek dink ek weet wat jy bedoel het, maar, bygesê, die (oorgrote?)
meerderheid mense op hierdie nuusgroep sal jou opsetlik verkeerd verstaan!
Borduur bietjie meer voort op hoekom jy meer raakpunte met Ital:ie as
Afrika het, inaggenome die taamlike taalprobleem. Taal is nie noodwendig
kultuur nie, maar dit is een van die belangrikste bydraers daartoe.

Groete,
Dries

Johan wrote in article ...
> On Wed, 11 Aug 1999 14:47:11 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> |'n Belangrike punt daarin dat Johan hom nie kan vereenselwig met die
> |sg. agterlikheid van Afrika nie
>

> Ek neem eksepsie dat jy my woorde so verdraai om my in 'n slegte lig te stel -
> ek sal self skryf wat ek bedoel en iemand soos jy met baie swak of geen
> redenasie vermoë moet dit asseblief nie probeer interpreteer nie.
>
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25245 is 'n antwoord op boodskap #25189] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Aug 1999 14:47:11 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
|'n Belangrike punt daarin dat Johan hom nie kan vereenselwig met die
|sg. agterlikheid van Afrika nie

Dis JY wat hier die term "agterlikheid" aan die Afrika kultuur wil koppel -
moenie woorde in my mond lê wat ek nie geskryf het nie. Dis JOU agenda wat heel
skeef is - gaan lees weer my vorige antwoord op jou plasing om mooi te verstaan.

Ek neem eksepsie dat jy my woorde so verdraai om my in 'n slegte lig te stel -
ek sal self skryf wat ek bedoel en iemand soos jy met baie swak of geen
redenasie vermoë moet dit asseblief nie probeer interpreteer nie.
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25246 is 'n antwoord op boodskap #25189] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Aug 1999 20:21:32 +0200, "Dries Venter" wrote:

|Johan,
|
|Borduur bietjie meer voort op hoekom jy meer raakpunte met Ital:ie as
|Afrika het, inaggenome die taamlike taalprobleem. Taal is nie noodwendig
|kultuur nie, maar dit is een van die belangrikste bydraers daartoe.
|
Simon van der Schans wrote in message > En wat maak
dan soveel sin daarin vir iemand wie se voorgeslagte
> (neem ek aan) reeds vir eeue aan die suidpunt van Afrika woon, om
> hom te beroem op die prestasies van 'n Italianer uit die 15de
> eeu? Hoeveel Italiaanse bloed het hy in hom? Of is dit maar net
> omdat hy, soos Leonardo, 'n wit vel het?
>
Of dit sin maak of nie - en of dit polities korrek is of nie - dit weet ek
nie, maar ek vereenselwig my eerder met die 15de eeuse Italianer as met 'n
hedendaagse swart Afrikaan. En let wel, ek sê nie beroem nie (ek weet nie
wat jy wil beroem nie, Simon).
My taal en kultuur het meer raakvlakke met die Italianers as met die swart
inwoners van Afrika.

ProPacem skryf in boodskap news:19990730011744.03788.00002898@ng-cs1.aol.com...
> Jy vereenselwig jou eerder met 'n Italianer as 'n Swart Afrikaan?

Ja, is dit so moeilik om te glo?

> En jou taal
> en kultuur het meer raakvlakke met Italianers as Swart Suid-Afrikaners?

Dis my ervaring, ja.

> Watter
> deursigtige verskoning vir die raakvlak waaroor dit werklik gaan - melanien en
> pigment.

Moenie alweer rassisme hier insleep nie, Leswin.

> Met wie dink jy praat jy Afrikaans hier. Is ek nie 'n Swart Afrikaan
> nie en is dit nie ONS taal nie?

Watter swart bevolkingsgroep kom jy uit, Leswin? Is jy 'n Zulu, Sotho of
dalk Venda? Watter initiasie skool het jy begewoon? Ek was onder die indruk
jy is afkomstig uit die bruin gemeenskap van die Kaap..?

> En eet beide jy en afrikane nie boerewors, biltong,

Nee, swart mense het eers leer boerewors en biltong eet nadat Europeers dit
in SA begin maak en verkoop het.

> mopaniewurms,

...defnitief nie!!!!!!

> kaapse kerrie nie of drink castle, Klipdrift en fanta orange nie - als
kultuurgoed.

Nie juis dinge wat die Europeers hier kom kry het wat eie was aan die swart
volke voor die Europeers dit aan hulle bekend gestel het nie, né

> En wanneer jy die grond in Namakwaland ruik na
> die eerste lentereëns weet jy nie, nes die swart afrikaan langs jou, dat geen
> ander plek ter wêreld sê ruik nie?

Elke plek in die wêreld ruik anders en dit het niks te doen met watter
kultuurgroep ek my vereenselwig nie.

> Of wanneer jy mor en por oor Amerikaners
> wat nie so sosiaal en geredelik oor en weer kuier nie, of hul oumense in
> ouetehuise sit, of hul kinders wat nie "respek" het vir hul ouer meerderes nie,
> weet jy nie dat jy 'n kulturele bakermat met daardie swart afrikaan deel
nie?

Die mor en por het jy by iemand anders gehoor - nie by my nie!

> Julle geskiedenis oor drie eeue heen is intiem met mekaar verstrengel.

Ons geskiedenis, ja, maar nie ons kultuur nie.

> Maar
> nee - jy vereenselwig jou met 'n Italiaanse taal en kultuur.

...eerder as 'n swart kutuur - ek het spesifiek die twee met mekaar
vergelyk.

> Praat jy Italiaans?

Nee, maar Afrikaans het meer in gemeen met die Europese tale - almal - as
met Afrika tale.
Ek luister eerder Italiaanse opera en volg die libretto in Italiaans as wat
ek na tradisionele swart Afrika musiek sal luister.

> Is daar 'n erfresep in jou familie
> vir Portabello sampioene en mozzarella?

Ja, ek het Ouma Elsie se Macaroni resep in my boek - baie lekkerder as die
standaard Macaroni en Kaas.
En Anette Human se pizza resep (nou nie 'n erf resep nie, maar darem 'n
Italiaanse dis - Amerikaans/Italiaans - wat al deel van my kultuur geword
het).

> Het jy al ooit wakkergeskrik in die Italiaanse Alpe en
> besef dat jy tuis is - of 'n sonsondergang in Sicilië gadegeslaan en in jou
> binneste geweet dat jou wortels dáár is?

Baie naby - in Venesie het ek gaan soek na kant makers en my ma soontoe
geneem en daar besef hoe 'n klein wêreldjie ons bewoon - waar ons en die
Italiaanse vroue mekaar glad nie kon verstaan wat die taal betref nie, maar
dat die kant wat my ouma en ma met die hand maak, dieselfde steke en metodes
deel as die kant wat wat daardie vrouens daar sit en maak het.
Ek en my pa het dit geniet om te sien hoeveel van ons godsdiens se
geskiedenis in Italië afgespeel het - en ons kultuur se kunsgeskiedenis.

> maar jy vereenselwig jou met 'n
> Italiaanse taal en kultuur en het nie "raakvlakke" met swart afrikane nie.

Nie soveel as met die Europeers nie, nee.

Vir my beteken "vereenselwig met" dieselfde as "met wie ek my assosieer" - die
groep waarvan ek makliker sal deel word as ek moes. Die groep met wie ek voel
ek meer ooreenkomste het as met 'n ander. Die groep wat my makliker sal
verstaan en wie ek makliker sal verstaan (ek praat nie van taal nie). Die groep
onder wie ek makliker sal kan gaan woon.

On Sun, 1 Aug 1999 01:48:34 +0200, "Simon van der Schans" wrote:

|Ek wonder hoeveel kulturele raakpunte sekere lede van hierdie
|nuusgroep voel dat hulle met hierdie Germane het.
|
Moenie wonder nie, SS. Jy verwys na my en ek sal jou vertel: Ek is
baie trots op my merendeels Duitse afkoms (westvale, Duitsland) -
hoewel jy moet onthou dat Duitsland as sulks maar 'n moderne begrip is
en ek eerder daarvan hou om van Europa te dink as een groot dinamies
kontinent, veral as daar sulke groot tydsperiodes ter sprake is.

Die groot verskil lê in die 1900 jaar wat jy daar noem. Ek lees nou
'n boek met die titel "Vanishing Cultures of SA" - met 'n Mandela
voorwoord in - laas jaar geskryf deur Peter Magubane - en daarin is
groot parralelle met jou beskrywing van die Duitsers van 1900 jaar
gelede. Die swart stamme wat beskryf word se huidige kultuur word
beskryf.

Ek vereenselwig my dus eerder met Europeers wie se kultuur ek
grotendeels ge-erf het, as met mense met wie ek 'n ruk lank geografie
gedeel het, maar wie se kultuur in 1900 jaar nie juis verander het
nie.
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25247 is 'n antwoord op boodskap #25189] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Tue, 10 Aug 1999 23:06:29 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> "swart"
>> was. (Nie dat dit saak maak nie, mar dit lyk asof dit vir jou 'n belangrike
>> punt is :-) >>
>
> 'n Belangrike punt daarin dat Johan hom nie kan vereenselwig met die
> sg. agterlikheid van Afrika nie (hoewel hy self van daar is

Johan laat mens ongelukkig met min twyfel oor sy eie agterlikheid.

> en kom van
> n volk wat nie veel oorspronkliks opgelewer het nie)

Hmmmm..... Dan is hy seker nie 'n Afrikaner nie - ek dink daar is min
volkies van 3 miljoen wat soveel opgelewer het waaroor mense praat -
met goed- of afkeuring :-)

> maar hom gaan
> staan en vereenselwig met Italie in die rainnessance - klaarblyklik
> omdat dit die intellektuele krag verteenwoordig waarop hy reken hy as
> n witvellige natuurlik geregtig is.

Die renaissance het ons natuurlik merendeel aan die bedrywighede van
Turkse krygers, en vlugteling-Grieke te danke :-)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25248 is 'n antwoord op boodskap #25189] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Aug 1999 23:06:29 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
<<>Ek sou dus graag wou weet op watter gronde jy beweer dat Augustinus "swart"
> was. (Nie dat dit saak maak nie, maar dit lyk asof dit vir jou 'n belangrike
> punt is :-) >>

'n Belangrike punt daarin dat Johan hom nie kan vereenselwig met die
sg. agterlikheid van Afrika nie (hoewel hy self van daar is en kom van
n volk wat nie veel oorspronkliks opgelewer het nie) maar hom gaan
staan en vereenselwig met Italië in die rainnessance - klaarblyklik
omdat dit die intellektuele krag verteenwoordig waarop hy reken hy as
n witvellige natuurlik geregtig is.
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25260 is 'n antwoord op boodskap #25189] Do, 12 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Aug 1999 17:34:57 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:
<<>Ek neem eksepsie >>>

oooooooooo....!

<<dat jy my woorde so verdraai om my in 'n slegte lig te stel -
> ek sal self skryf wat ek bedoel en iemand soos jy met baie swak of geen
> redenasie vermoë moet dit asseblief nie probeer interpreteer nie.>>

Go for it china, jy kort die oefening.
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25261 is 'n antwoord op boodskap #25189] Do, 12 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 12 Aug 1999 09:35:15 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:
|Maar dit aside, vertel ons asb. van Afrika se kultuur die afgelope
|1900 jaar. Ek sou graag wou hoor van iemand met so n wye kennis.
|
|Deel dit met ons, asb.
|
|Nog beter: Vertel ons gou eers van die diverse Afrika-kulture. Sommer
|net die eeu - voor jy begin uitbrei na die afgelope 1900 jaar toe en
|hoe dit mekaar beinvloed het en wat die kenmerke daarvan was.
|
Ek gaan werklik nie vir jou boeke oorskryf hier nie - gaan lees maar
self op - as beginpunt stel ek voor jy kry 'n boek met die titel
"Vanishing Cultures of SA" - met 'n Mandela
voorwoord in - laas jaar geskryf deur Peter Magubane.

Dit sal meeste van jou vrae beantwoord.
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25262 is 'n antwoord op boodskap #25246] Do, 12 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Aug 1999 19:25:21 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:

grotendeels ge-erf het, as met mense met wie ek 'n ruk lank geografie[/color]
> gedeel het, maar wie se kultuur in 1900 jaar nie juis verander het
> nie.>>

Ek dink nou net: Was dit nie jy wat aan Gloudina of iemand
gevra/genoem het dat swartmense van Afrika nie dieselfde dinge an die
Europeers "kon uitvind" nie - of soe iets?
So half in dieselfde argument.

Maar dit aside, vertel ons asb. van Afrika se kultuur die afgelope
1900 jaar. Ek sou graag wou hoor van iemand met so n wye kennis.

Deel dit met ons, asb.

Nog beter: Vertel ons gou eers van die diverse Afrika-kulture. Sommer
net die eeu - voor jy begin uitbrei na die afgelope 1900 jaar toe en
hoe dit mekaar beinvloed het en wat die kenmerke daarvan was.

(Ha, ha, ha,...)
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25268 is 'n antwoord op boodskap #25189] Vr, 13 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 13 Aug 1999 08:26:31 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

|On Thu, 12 Aug 1999 12:52:53 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
|
|self op - as beginpunt stel ek voor jy kry 'n boek met die titel
|>"Vanishing Cultures of SA" - met 'n Mandela
|>voorwoord in - laas jaar geskryf deur Peter Magubane.>>
|
|Maar hy is dan n fotograaf, Johan....!
|
|En jy het gepraat van AFRIKA die afgelope 1 900 (een duisend nege
|honderd) jaar.
|
|Nou verwys jy my na n boek van n Johannesburgse fotograaf!
|
|Is dit n foto-boek, Johan? Van die koffietafel-soort, dalk?
|
|Is dit die kennis waarmee die soort sweeping statements maak??!!
|
|
Gaan kyk self - die swart en wit goetertjies tussen die prentjies, is wat jy
maar gerus kan lees....
Re: St Augustinus en vereenselwiging (Was "Gloudina weet dalk iets!") [boodskap #25269 is 'n antwoord op boodskap #25189] Vr, 13 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 12 Aug 1999 12:52:53 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

self op - as beginpunt stel ek voor jy kry 'n boek met die titel[/color]
> "Vanishing Cultures of SA" - met 'n Mandela
> voorwoord in - laas jaar geskryf deur Peter Magubane.>>

Maar hy is dan n fotograaf, Johan....!

En jy het gepraat van AFRIKA die afgelope 1 900 (een duisend nege
honderd) jaar.

Nou verwys jy my na n boek van n Johannesburgse fotograaf!

Is dit n foto-boek, Johan? Van die koffietafel-soort, dalk?

Is dit die kennis waarmee die soort sweeping statements maak??!!
Vorige onderwerp: Re: Help uit asb!
Volgende onderwerp: Digkuns in beweging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:31:22 MGT 2024