Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Comrades en Swartmense is goeie mense
Comrades en Swartmense is goeie mense [boodskap #25183] Do, 05 Augustus 1999 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Die hele aspek waaroor die vryheidstryd gegaan het, is om
die reg om mens te wees, en nie uitgesluit te word uit die
SA gemeenskap in tuislande nie. M.a.w. om in 'n integreerde
samelewing in SA te leef. Hulle het die reg om mens te
wees, en om soos alle ander mense behandel te word. Daarmee
is niks verkeerd nie.

Het hulle baie gehelp in die rekenaar industrie, na hulle
geluister, geleer en respekteer van waar hulle kom. Het
hulle my werk ook geleer, en "short-cuts" gewys. Daarom kan
'n mens deur hardlopende optogte ry, strikes, toyi-toyi
ens. Behandel hulle met respek, net soos andere, en jou
lewe verander totaal. Lees gerus postings in
soc.culture.south-africa.

Baie politiek met Xhosas gepraat, om te verstaan wat
aangaan, en hulle punt in te sien. En die formule gekry vir
vreedsame naasbestaan. Nou wil ek dit met andere deel.
Hulle kan dieselfde werk net so goed doen, en verdien
gelyke betaling. Ek weet. Is 'n programmeerder en stelstel
ontleder, en het 3 pakkette - Mapics, BPCS en JBA -
installeer by talle fabrieke en finansiele instellings.
Alle modules. En die politiek en geestelike aspekte
bestudeer. Swartmense het my baie gehelp in SA - werk en
na werk. Nou is dit my beurt om hulle te help. Daarvoor sê
ek dankie - veral die internet en die media wat my help om
'n beter diens te lewer.

Nie meer 'n regse tier nie, net 'n mens soos almal hier. Ek
weier om 'n wapen te besit. My pad is die van die hart, om
lief te hê en genesing te bring. Al maak ek foute, vergewe
my, ek sal opstaan en weer probeer. Vir julle sê ek
dankie. Veral vir julle vriendelikheid, en saggeaardheid
van menswees, wat net so sensitief soos ek is.

Wat gister in 'n tronk gewees. My ma gesoek terwyl ons
gewag het. 'n Swartman het my na haar gewys.
Tronkbewaarders was vriendelik. Vir hom gesê iemand soos
hy kan hierdie hele plek genees. Grappe vertel. Die mense
het dit geniet.

Vorige onderwerp: Aan REISIGER
Volgende onderwerp: Profesiee oor SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 11:56:47 MGT 2024