| Boodskap aan die ANC [boodskap #25037 is 'n antwoord op boodskap #25040] |
Vr., 30 Julie 1999 00:00  |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: Julie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Ek wil graag Mnr. Mandela bedank dat hy bereid was om ANC
rewolusie politiek te laat vaar, en SA in 'n demokratiese
land met 'n amper geweldlose demokratiese verkiesing te
laat ingaan. Vir diegene wat saamgewerk het, wil ek graag
bedank. Maar hou nie van die ANGSTIGE tydperk wat dit was
nie. Kon dit nie meer vredevol hanteer gewees het, as alle
politieke partye daarvan verwittig was, glo ek.
SA was toe die domino wat nie omgeval het, soos wat al ons
Regses gedink het sou gebeur het, maar die domino wat
genesing gaan bring aan die res van Afrika.
Die Media wil ek graag bedank vir die pragtige kers
presedent wat julle in Edleen, Kemptonpark op pale gegee
het: Mbeki gaan oor Afrikaners loop. Media, moenie my
gathare taai maak nie. Het julle gesien hoe loop ek oor
julle. Julle sal julle gatte sien. Julle het nie sneeubal
se hoop in die hel nie.
Wat eintlik in die koerante gedruk was, is dat die ANC oor
Afrikaners sal loop as hulle hul aan kriminele
handelinge oorgee. Wat is fout om die selfde aan die ANC te
doen? Pelindaba aan Sjina te verkoop.
|
|
|
|
|
|
| Re: Boodskap aan die ANC [boodskap #25039 is 'n antwoord op boodskap #25037] |
Vr., 30 Julie 1999 00:00   |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: Julie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Maar dit is vergeldings politiek van my kant. Maar die ANC
nnem die voortou en stel die politieke voorbeeld. 'n
Kernaanleg is nie 'n Luyt rugbybal nie. Dit raak aan
internasionale groepsregte. Dit is lelike politiek.
Maar vir die Swartmense, wat in Ubuntu Liefde my meermale
laat deur optogte ry, deur toy-toy stap, deur onlus gebiede
ry, by 'n garage in Soshanguwe in onrus tyd laat petrol
ingee, vir julle sê ek dankie. Julle gun my my
menseregte. Vir julle menseregte sal ek veg ek vir vigs.
David Patient skree al jare vir vigs, maar niks gebeur nie.
Hy word ignoreer. Maar die tyd het gekom om vir ons as
Afrikaners, vir mense regte op te staan, want ek is nie
meer die rassis van 20 jaar gelede nie. De hel daarmee.
Hiermee wil ek graag die ANC bedank dat hulle
internasionale grense oopgemaak het vir SA, sodat ek na
enige land op hierdie planeet kan reis.
Indaba my Children
Let not my Country die
Umuntu Ubuntu A'Bantu (as ek dit reg gespel het)
Love all Serve all - keep the rainbow nation alive.
Travelling Johan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Boodskap aan die ANC [boodskap #25105 is 'n antwoord op boodskap #25040] |
So., 01 Augustus 1999 00:00  |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: Julie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina is reg. Ons kan net balanseerd wees as ons alles
lees, m.a.w. linkse en regse media. Maak dan jou eie opinie
op waat aangaan. Dan staan ons ewe sterk op twee bene. Maak
dan jou eie opinie op waat aangaan.
Maar dit is nie nodig om mekaar met modder die hele tyd te
gooi nie, soos wat ek in die verlede gedoen het en hoop op
nie weer in die toekoms te doen nie. Ek het as 'n
swartsmeerder opgetree, i.p.v. 'n rigting wyser. Ons as
reenboognasie is soos 'n zebra - nie wit en swart nie, maar
verskillende kleure. Ons kan nie stabiel wees en mekaar
seermaak nie. Daar is ons nog baie siek. Ons is die wereld
in een land. Dit kan maklik ontplof, maar ook dit kan werk.
Daarvoor moet ons eers die drake in onsself oorkom, voordat
ons die drake buite ons kan oorkom. Dit is 'n baie lang
pad.
|
|
|
|