Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie is ek eintlik?
Wie is ek eintlik? [boodskap #25045] Vr, 30 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Iemand wie se pad geestelike ontwikkeling is, wat gemak
sones verstaan, en geniet om dit te vernietig, en buite
hulle beweeg. Maar ek is lief vir almal hier. Almal. Ware
naasteliefde. As Afrikaner is politiek my hoogste
godsdienstige en geestelike uitdrukking.

Jy kan nie normaal wees nie, net uniek. Om normaal te wees
is om ons tyd te mors, want ten die tyd dat ons my daardie
beeld uitkom, het dit klaar verander.

Lief vir almal hier.
Resigende Johan

Re: Wie is ek eintlik? [boodskap #25083 is 'n antwoord op boodskap #25045] Sa, 31 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 30 Jul 1999 10:29:05 -0800, reisiger wrote:

|Iemand wie se pad geestelike ontwikkeling is, wat gemak
|sones verstaan, en geniet om dit te vernietig, en buite
|hulle beweeg.

"drift" klink na 'n beter term.....as beweeg. "Beweeg" impliseer dat
jy doelbewus van een plek na 'n ander gaan.

|Maar ek is lief vir almal hier. Almal. Ware
|naasteliefde.

Dit sluit nou die pers uit wat nie jou g@thare moet taai maak nie, né!

| As Afrikaner is politiek my hoogste
|godsdienstige en geestelike uitdrukking.

Hier het ek nou uiteindelik 'n Afrikaner teegekom wat aan 'n ander
groep Afrikaners as ek bestaan, as daar meer as een van sy soort is.
|
|Jy kan nie normaal wees nie, net uniek.

Jy moet maar liewer die "jy" met "ek" vervang.

|Om normaal te wees
|is om ons tyd te mors, want ten die tyd dat ons my daardie
|beeld uitkom, het dit klaar verander.
|
....en sommer so woer-woer slip die ou weer van die spoor af.

|Lief vir almal hier.
|Resigende Johan
|
"Dwalende" Johan sou ek hom eerder noem, sheim!
Re: Wie is ek eintlik? [boodskap #25107 is 'n antwoord op boodskap #25045] So, 01 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"drift" klink na 'n beter term.....as beweeg. "Beweeg"
impliseer dat jy doelbewus van een plek na
'n ander gaan.

Kan jou punt insien - ons kan net balanseerd wees as
ons die negatiewe en die positiewe in alles raaksien,
en in onsself. Kyk na die skaduwee en goeie in beide
onsself en andere. Geen wonder die wereld is so deurmekaar
nie. Ek verander glad nie van standpunt nie, maar jy is reg
vir jou, en ek is reg vir my. Maar as ons nie besef ons het
beide skaduwees nie, en daarna kyk nie, sal hiedie argument
al en al in die rondte gaan, en nerens uitkom nie.
Ikoondrywers is beide positief en nagatief. Elke gemaksone
verteenwoordig 'n ikoondrywer - so verwerp hulle as hulle
nie meer nodig is nie, en vervang hulle met nuwes wat ons
groei kan verbreed.

Maar ek is lief vir almal hier. Almal. Ware
naasteliefde.

Dit sluit nou die pers uit wat nie jou g@thare moet taai
maak nie, ni!

'n Emosionele uitbarsting van opgehoopte vernedering.
Dankie dat jy dit uitwys. Die pers val ons aan op beide ons
goeie en slegte punte. En ons word deurmekaar. Die pers is
'n inligtingsdiens, maar verskaf nie al die inligting nie.
Daarom is Gloudina reg - lees alle koerante. Dit is nie
genoeg nie. Lees baie boeke. Dit is onmootlik vir die media
om al die feite te publiseer oor 'n onderwerp. Hulle het
nie genoeg spasie daarvoor nie.

As Afrikaner is politiek my hoogste
godsdienstige en geestelike uitdrukking.

Hier het ek nou uiteindelik 'n Afrikaner teegekom wat aan
'n ander groep Afrikaners as ek bestaan, as daar meer as
een vansy soort is.

Maar as ons as Afrikaners nie bereid om na ons skaduwee te
kyk nie, en nie met andere volke praat nie, en besluite
neem sonder om hulle standpunt te respekteer, sal ons
aanhou om andere seer te maak, sonder dat ons dit weet. Dan
is ons politieke uitdrukking die laagste aspek van ons
geestelike uitdrukking.

Jy kan nie normaal wees nie, net uniek.

Jy moet maar liewer die "jy" met "ek" vervang.
Om normaal te wees
is om ons tyd te mors, want ten die tyd dat ons my
daardie beeld uitkom, het dit klaar verander.

Dit kom van Vrymesselaar Buckminister Fuller af. Hy het die
geodesiese koepel ontdek, en baie andere uitvindsels.

.....en sommer so woer-woer slip die ou weer van die spoor
af. Lief vir almal hier.

"Dwalende" Johan sou ek hom eerder noem, sheim!

Ontdekkersreisiger na menswees. Wie ons ons eitlik?

Vorige onderwerp: Boodskap aan die AEB
Volgende onderwerp: Siener van Rensburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 14:33:53 MGT 2024