Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Massamedia...ProPacem
Re: Massamedia...ProPacem [boodskap #24998] Do, 29 Julie 1999 00:00
Marius[2]  is tans af-lyn  Marius[2]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hal-lo Goldie

Nooit gedink ek sal saam met jou stem nie, maar nou is jy reg. 'n Vrye pers
is noodsaaklik. Maar vir die pers om vry te bly sal hulle hulleself moet
reguleer anders sal die regering dit doen. 'n Klassieke voorbeeld is die
konsep van bemagtiging. Op papier is dit wonderlik, omdat dit impliseer dat
die individu in die organisasie aanspreeklikheid aanvaar vir sy/haar dade.
So kan ek bv. vir myself 'n vliegkaartjie na enige bestemming bespreek, by
'n hotel inboek en wat-ook-al doen - alles op die maatskappy se onkoste. Die
fondse is daar vir die voordeel van die mpy. Dit verhoed my nie om by Kariba
te gaan visvang vir 'n week nie, maar ek sal nie want dit is oneerlik - en
daar is gevolge.

So, alhoewel my bewegings nie beperk is nie, en alhoewel ek nie gereguleer
word nie, doen ek dit self omdat ek nie daarvan hou om deur ander
beperk/gereguleer te word nie. So is dit nou maar. Indien ek egter my
vryheid misbruik dan kan ek die ergste gevolge verwag.

Dit gebeur soms, ek het dit al gesien, dat wanneer 'n nuwe aanstelling hier
begin, hy/sy eers 'n keer skeef trap en aangespreek moet word. Dit is nie
omdat hierdie mense agterbaks is nie, maar eerder omdat hulle nie aan hulle
vryheid gewoond is nie. So gaan dit maar met ons "nuwe" media ook. Eers was
dit "verkeerd" om oor rasse-sake te skryf/rapporteer ens. Noudat daardie
inperkinge nie meer geld nie, nou gooi hulle sommer die kleintjie saam met
die badwater uit. Jy onthou mos nog die ou met die hond voor in en die swart
seun agterop die bakkie. Daardie is nou 'n klassieke voorbeeld van
misbruikte vryheid. Ek vereenselwig my ook met die mense wat sê dat dit
onveilig is om gasbottels agterop 'n bakkie te laat lê in transito. Dit IS
onveilig. In die industrie is daar al etlike jare lank regulasies wat die
transportasie van sulke bottels voorskryf. Daar is egter (sov^er my kennis
strek) geen wette wat die vervoer van sulke bottels per se reguleer nie.

Jy hoef maar net na die nuwe OHSA (Occupational Health and Safety Act) te
kyk om te besef dat die industrie homself moet reguleer. In teendeel: die
wet se hele doel is dat industrie self-regulerend moet word. Ek is seker
bevoorreg om (en ek probeer hard) elke week 'n veiligheidsvergadering by te
woon. Hier kry jy insette van spesialiste. Insidente en ongelukke vanoor die
hele wêreld word bespreek en dit is 'n verrykende (alhoewel tydsame)
ervaring. Dan kry ek daardie arme boer jammer. Hy is seker net 'n eenvoudige
man, wat jare lank al boer, en nog nooit in die bevoorregte posisie was
sodat hy kon deel in wêreld klas beste praktyke nie.

Selfs nou, wanneer ons bedryfbaarheids studies doen (en tussen ons is daar 7
of 8 dekades se ondervinding in die industrie) dan huur ons 'n spesialis in.
Dit kos 'n helse klomp geld, maar dit is dit werd. Ek wonder of daardie
verslaggewertjie eers daaraan oorweging geskenk het. Wat was sy doel met
daardie berig? Wou hy 'n positiewe bydrae maak? Ek vind dit
betwyfelenswaardig. Nee, hy wou eerder sensasie soek. Hy het iets gesien; Hy
het gelukkig sy kamera by hom; Hy neem 'n foto; Hy skryf 'n berig. Tipies
van iemand wat met 'n vooropgestelde agenda na 'n situasie kyk. Het hy die
feite in sy artikel genoem? Nee! Slegs 'n foto met 'n beskrywing van sy eie
persepsies daarby.

Ek straf soms my kinders. As jy nou by my kom kuier en my kind is belet om
uit haar kamer te kom, wat sal jou reaksie wees? Wat van: Daardie tiran
kerker sy dogters in hulle kamers omdat die ou vrek bang is dat hy hulle
geld sal moet gee vir die bioskoop/bang is dat die seuns t'e veel belang
stel? Wat het nou geword van: "Ek rapporteer dit soos ek dit sien"?

Dit is hierdie tipe van roekelose gedrag wat tans in die SA media te bespeur
is. Ek wil nie sinies voorkom nie, maar mag ek asseblief vra hoeveel keer
per week jy 'n SA koerant lees. Hoeveel keer per week jy na 'n SA nuusberig
kyk/luister. Kom kuier 'n bietjie in jou Vaderland. Dinge het verander, en
is glad nie soos jy dit voorstel nie. In teendeel, hier waar ek sit word jou
pos deur mense van kleur as rassistiese propaganda afgemaak. Glo jy dit?

En dan is daar die voortvarende ventjie genaamd ProPacem. Hy het my ronduit
gevra wie die SB was wat my gevange geneem en aangehou het. Ek wonder of hy
weet dat SB staan vir "Stasie Bevelvoerder". Hy is o"enskynlik onder die
indruk dat SBs arrestasies uitvoer. Dit lyk vir my dat al so lank in die
buiteland is dat hy skoon vergeet het van NID en AMI. Ek sal hom dinge
vertel wat sy tande sal laat uitval. Onder andere toe ek een aand amper in
Randburg doodgeskiet is n'a 'n vergadering. Of hoedat ek een aand in my eie
woonstel aangehou is deur faksielede. Of hoedat ek 'n sluipskutter omgepraat
het om my lewe te spaar. Nou wil hy my vertel hoe dit voel om verneder te
word.

Fok jou ProPacem! en jou honde. Ek het bo my omstandighede uitgerys. Iets
wat jy nooit sal regkry nie...want jy is 'n eenvoudige bliksem. Maak my die
moer in - maar kom doen dit hier voor my. Jy sal dit nie weer doen nie. Dit
is 'n belofte.

@igs.net wrote in message ...
> reisiger writes:
>
>
>> Die media toets maar net die sterkte van ons emosies.
>
>
> Die media is die "Fifth Estate," en hulle
> funksie is om die lig van openbare ondersoek
> op alles te vestig, sodat die publiek so
> veel moontlik insig in sake kan kry. Dus is
> 'n vrye pers noodsaaklik in 'n vrye land,
> sodat baie verskillende opinies oor alles
> en nog wat gelewer kan word. Dis wat 'n
> diktatorskap (soos wat ons in SA in die
> apartheidsjare gesien nie) so gevaarlik
> maak. Die eerste ding wat hulle doen is
> om die vrye pers te bekamp en hulle eie
> insigte op die publiek af te dwing. En dis
> die burger se eie plig om te weet watter
> standpunte die verskeie media verteenwoordig.
> Moenie ophou koerant lees nie. Lees meer as
> een koerant.
>
> Dit is dus stupid vir Leendert om gedureig
> teen Beeld uit te vaar. Al wat ons daardeur
> leer is dat Leendert nie hou van die
> standpunt wat Beeld verteenwoordig nie, en
> dat Leendert graag Beeld se mond wil snoer.
>
> Gloudina
>
Re: Massamedia...ProPacem [boodskap #25002 is 'n antwoord op boodskap #24998] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Marius" mail.m...@mailbox.co.za

> Onder andere toe ek een aand amper in
> Randburg doodgeskiet is n'a 'n vergadering. Of hoedat ek een aand in my eie
> woonstel aangehou is deur faksielede. Of hoedat ek 'n sluipskutter omgepraat
> het om my lewe te spaar

Daai spioenasierillers wat jy so lees gaan na jou kop toe. Wie was die
faksies? Die CIA en die KGB? Of miskien was jy op die "Jackal" se
sluipskutterslys? Daar is heel effektiewe medisyne beskikbaar vir Paranoise
Skisofrenie. Praat met jou psigiater.
Re: Massamedia...ProPacem [boodskap #25006 is 'n antwoord op boodskap #24998] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Marius" mail.m...@mailbox.co.za

> En dan is daar die voortvarende ventjie genaamd ProPacem.
> Ek wonder of hy
> weet dat SB staan vir "Stasie Bevelvoerder"

Sot. Enigiemand wat enigsins aktief betrokke was by die
anti-apartheidsbeweging en aangehou was (soos jy voorgee) sal weet dat SB soos
ek dit gebruik het staan vir Special Branch, wat wel arrestasiemagte gehad het.

> Fok jou ProPacem!
> Maak my die
> moer in - maar kom doen dit hier voor my. Jy sal dit nie weer doen nie. Dit
> is 'n belofte.

Geweldsbeloftes eh. Maar ek dog dan jy het soveel geleer en jouself so
ge-aktualiseer en gerealiseer. Jou misrabele soom wys, ou bees, en wat ek sien
is weinig meer as 'n knie-ruk barbaar. Ek wag nou nog dat jy substantief op my
argumente reageer, instede van die kleinlike en kinderagtige vergryp aan die
vuis en narsissistiese ego-verdedigings.
Vorige onderwerp: Advies vir persoonlike balans
Volgende onderwerp: Geskiedenis en toekomsvisie vir hierdie ng
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 08:58:17 MGT 2024