Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is
Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24848] |
Fri, 23 July 1999 00:00  |
Marius[1]
Boodskappe: 28 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek het nou so te sê die hele relaas oor Gloudina se uitsprake (sowel as die kritiek daarop) gelees. Man, dit maak my siek. Laat ek dan nou maar ook soos sy maak. Naamlik om totaal ongegronde - ekskuus, gegrond op wat ons in die massamedia lees/sien/hoor - onverantwoordelike en oningeligte uitsprake te maak in die hoop dat nie een van julle intelligent genoeg is om deur dit te sien nie.
Nee! Helaas ek sal nie. Dit is nou maar so dat daar oningeligte mense is! Dit is ongelukkig die realiteit en om dit te ontken sal frustrasie te weeg bring. Dit is juis hieroor dat die massamedia so suksesvol is. "Ons verslaggewer op die toneel sal u op hoogte hou van gebeure soos wat dit gebeur". Ha, bleddie ha. In vertaalde vorm lyk dit heel anders: "Ons verslaggewer, wat ons teen aansienlike koste op die toneel geplaas het, sal aan u al die sensasionele gebeurtenisse bring, gegrond op sy/haar persepsies en die persepsie wat ons graag wil voorhou as die waarheid, met dien verstande dat ons die reg voorbehou om enige situasie uit te buit om dit sensasioneel te laat voorkom wanneer dit ons pas. Dit is ook nie nodig om die feite 100% reg te hê nie solank ons dit net later regstel (verskoning aangeheg) nadat die skade reeds gedaan is. Sodoende kan ons die uitgawe kwalifiseer". U sien, die media is uiteindelik totaal onverantwoordelik maar aanspreeklik. Dit bring dus 'n situasie teweeg waar kinders met vuurhoutjies langs 'n kruitvat speel, en aanspreeklikheid aanvaar wanneer dit ontplof. Kortom: roekeloos.
Ek het oor die afgelope paar weke drie spioenasie boeke gelees. Smiley's people van Le Carre, The Devil's alternative van Frederick Forsythe, en The Aquitaine Progression van Rober Ludlum. Ek kan dus sonder skroom sê dat Le Carre die beste spioenasie skrywer van die drie is. Wat ek egter nie kan doen nie is om te sê dat:
Le Carre die heel beste skrywer is (wat die media doen)
Forsythe en Ludlum swak skrywers is (ontbloot van alle waarheid - wat die media doen)
Al Le Carre se boeke goed is (wat die media doen)
Dat ek, Marius, die W^ereld se kenner is op spioenasie boeke (glad nie waar nie - wat die media doen)
Die feit is dat ek wel kennis het oor hierdie boeke, en dat ek redelik betekenisvol kan saamgesels. Dit is egter waar die kleitjie stop. Tweedens is ek volwasse en intelligent genoeg (let wel: genoeg) om die impak van die massamedia op my eie denkwyse te evalueer. Dit is dan ook die probleem met quasi-intelligensie en diesulkes; Naamlik dat hulle maar doodgewoon aanpas om by hulle omgewing aan te pas en dus nooit werklik emosioneel selfstandig word nie. Dit is dan ook interresant om te merk dat die scenarios hierbo (wat die media doen) nie so onannvaarbaar LYK nie. Le Carre IS dalk die beste skrywer. Forsythe en Ludlum IS dalk swak skrywers. Dit KAN so wees. Dit is juis dít wat so deur die media uitgebuit word. Dit KAN so wees en daarom IS dit so.
Ek wil graag aan Gloudina en ander die uitnodiging rig om tog maar 'n bietjie te besin. Kyk 'n bietjie minder TV en lees meer - daardeur sal jy jou EIE denkwyse verryk. Benewens dit sal jy aan jouself 'n sportiewe geleentheid bied om sinvol aan 'n gesprek mee te doen, sonder dat jy jouself belaglik maak.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24906 is 'n antwoord op boodskap #24848] |
Mon, 26 July 1999 00:00   |
Marius[1]
Boodskappe: 28 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Jy is natuurlik reg Johan...toegegee. Die feit is egter dat die media
toegelaat word om sekere persepsies te skep. Laat ek 'n voorbeeld aanhaal:
Min Trevor Manuel (finansies) het, na aanleiding van regter Heath se
uitlatings, vir regter Heath gedaag om sy syfers (oor hoeveel geld hy die
belastingbetaler [bb] gespaar het) te bewys. Regter Heath het beweer dat hy
vir die bb sowat R1bn gespaar het. Die minister het dit betwyfel, en daar is
'n ondersoek geloods. Die bevinding van die Ouditeur Generaal was dat die
Heath Kommissie vir sowat R1,3bn aan teruggevonde fondse (R400m) en
voorkoming van uitgifte (R900m) verantwoordelik was.
Op die oog af lyk dit (in die media) asof die minister sy bek verby gepraat
het. Die feite lyk egter heel anders. Trevor Manuel het uit die staanspoor
die bedrag aan KONTANT bevraagteken. Sy siening was (en is nog) dat die
uitgifte wat voorkom is (soos bv. die waarborge van die Mpumalanga
Parkeraad) in elk geval nie deur die Nasionale regering gesanksie sou word
nie.
Hier is nou 'n klink klare voorbeeld van 'n storie wat REG GEKILINK HET,
maar NIE REG WAS NIE. Nog 'n voorbeeld: Max du Preez vat die SABC hof toe
oor die nie-vernuwing van sy kontrak. Tydens die verhore word hy daarvan
beskuldig dat hy 'n rassis is (vra ek jou: hoe? Onthou jy nog die Vrye
Weekblad?). 'n Week later berig 'n snuiter in die Star: "Mr. Max du Preez,
who had been found to be a racist...". Max het hom gebel, die ou sleg oor
die kole gehaal en 'n verskoning gekry. Die feit is egter dat iemand anders
dalk nie die volgende dag die Star gekoop het nie, en dat hy dus nog steeds
onder 'n wanindruk verkeer.
Nou gebeur daar iets, en ek en die laasgenoemde persoon debatteer of Max nou
'n rassis is al dan nie. Die vent weet natuurlik nie die feite nie, net dat
hy dit "^erens gelees" het. Sou ek toevallig nie die feite geken het nie,
sou ek geen verweer gehad het nie. Ek sê "verweer" omdat jy nie 'n verweer
nodig het om iemand swart te smeer nie. Veronderstel nou ek is net so
arrogant soos die k^erel, en ons stem saam dat Max 'n rassis is. Binne weke
het ek ander, ewe arrogante mense oorgehaal om dieselfde te dink; en hulle
weer ander. Binnekort het jy 'n revolusie (ek bedoel in denkrigting) waarby
'n onskuldige ou se lewe hel gemaak word oor 'N FOUTIEWE BERIG IN DIE
KOERANT/MEDIA. So 'n geval het reeds verlede week plaasgevind toe die
Sowetan 'n (wit) man in 'n bakkie, sy hond voor op die sitplek, en 'n
(swart) werknemer agterop die bakkie afgeneem het; Die bakkie se
registrasienommer perfek in die foto. Die arme ou se lewe is hel gemaak. Toe
Rapport egter die storie navors het hulle bevind dat die werknemer agterop
die bakkie was om rollende gasbottels in plek te hou. Hy ry gewoonlik voor
in.
Die PERSEPSIE is dus deur die media geskep dat: Wit man se hond is meer werd
as swart werker. Nou kom ou Gloudinatjie, en diesulkes, en maak allerhande
snert op, gegrond op 'n simpel storietjie wat sensasie veroorsaak (onthou jy
nog die fotos wat in Joubertpark geneem is van "lyke" wat daar rondl^e).
Helaas, ek sal nie doen wat sy doen nie. Fiktiewe naam en 'n fiktiewe e-pos
adres. Klink vir my soos 'n fiktiewe persoon. Nie waar nie? Om nie eens van
die ander moontlikhede te praat nie; Soos: parano"ies ens.
Nee wat, ou maat. Ek is siek en der dagen sat vir hierdie tipe van snert!
Johan wrote in message ...
> On Fri, 23 Jul 1999 10:52:44 +0200, "Marius"
> wrote:
> |Ek wil graag aan Gloudina en ander die uitnodiging rig om tog maar 'n =
> |bietjie te besin. Kyk 'n bietjie minder TV en lees meer - daardeur sal =
> |jy jou EIE denkwyse verryk. Benewens dit sal jy aan jouself 'n sportiewe =
> |geleentheid bied om sinvol aan 'n gesprek mee te doen, sonder dat jy =
> |jouself belaglik maak.
> |
> Ek is nie verdediger vir die TV nie en ook nie voorstaander van te
> veel TV kyk nie, maar jou siening dat die TV verslaggewing nie perfek
> is nie, beteken nie dat alles wat geskryf is, meer akkuraat is nie.
>
> Jou siening van TV verslaggewing is baie sinies - is dit werklik so
> sleg? Ek dink 'n mens moet ook maar besef dat daar goeie en minder
> goeie TV verslaggewers is.
>
> Net soos daar goeie en minder goeie skrywers/redakteurs is....
>
> Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.
>
> =|:^)
>
> Johan
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24932 is 'n antwoord op boodskap #24848] |
Tue, 27 July 1999 00:00   |
Marius[1]
Boodskappe: 28 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Geagte ProPacem
'n Observasie wat 'n antwoord waardig is; ek respekteer jou siening.
Kan ons nou net 'n oomblik op jou vraag dwaal? Wat sou jou antwoord gewees
het? Persoonlik kan ek aan talle redes dink waarom die vraag (oor die
hoofligte) irrelevant is. Jy sien, die vraag is nie gevra om 'n antwoord te
lok nie, maar eerder om debat te ontlok.
Sommige mense sou aanvaar dat (die grote) Einstein die antwoord het, en
daarom sou hulle stilbly uit angs dat hulle eie antwoord verkeerd sou wees.
Die sogenaamde "fear of ridicule". Ander sou weer 'n antwoord wou gee.
Hieroor kan ons net sê: "fools rush in...". Die vraag is dus nie daarop
gemik om jou wiskunde/fisika te toets nie, maar eerder om jou filosofie te
toets. Hierdie filosofie van jou sal jou weggee. Ter verduideliking: Jy kan
'n antwoord poog - "fool"; of jy kan te bang wees om te praat - "papbroek";
of jy kan aan die debat deelneem. As jy sou besluit om aan die debat deel te
neem is die onus op jou om jou fisika/wiskunde reg te doen. So kan jy
byvoorbeeld noem dat dit fisies onmoontlik is om ligspoed te bereik, omdat
jy dan oneindige momentum, dus oneindige energie sal behaal/nodig h^e.
Hierdie stelling is aanvaarbaar. Op grond hiervan kan jy die vraag: "sal die
motor hoofligte nodig h^e?" as 'n arbitr^ere hipotese afmaak. Met ander
woorde: 'n vraag sonder 'n regte antwoord.
Indien ek die vraag sondermeer sou afmaak as 'n "arbitr^ere hipotese" sou ek
myself die teiken van vermaak gemaak het (in die teenwoordigheid van die
grote E=mc^2). Ek glo nie dat hy sotte ligtelik verduur het nie. Maar, omdat
ek my antwoord (wat eintlik nie 'n antwoord is nie) kon kwalifiseer, is dit
geldig en verdien verdere debat.
Dit laat my nog net by die doel van jou pos. In antwoord daarop kan ek net
sê: As jy nie weet nie...vra.
ProPacem wrote in message ...
>> "Marius" mar...@mailbox.co.za
>
> Marius, ek vind dit moeilik om jou argument te volg. Jou voorbeelde maak
> weinig kontekstuele sin, en ten spyte van jou pogings om dinge "deursigtig" te
> maak, vind ek jou argumente óf periferaal tot die onderwerp óf irrelevant
> daarteenoor. Ek dink nie my onvermoë om te verstaan het te doen met my vlak
> van intelligensie nie, alhoewel ek toegee dat jy miskien verbande sien en
> verwoord wat ek nie sien nie (einstein het by geleentheid 'n eksamenvraag
> opgestel: indien general motors 'n motor kon vervaardig wat vinniger as die
> spoed van lig kon beweeg, sou dit nodig wees om hooflampe op die motor te
> installeer - 'n verband wat volkome sin maak indien mens vertroud is met die
> relatiwiteitsteorieë, maar heeltemal nikseggend is indien nie).
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #24964 is 'n antwoord op boodskap #24848] |
Wed, 28 July 1999 00:00   |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Marius skryf...
Nee wat, ou maat. Ek is siek en der dagen sat vir hierdie
tipe van snert!
Marius, ek verstaan jou frustrasie. Die media se job is om
jou as mens, en die Regering af te kraak. En om jou kwaad
te maak. Maak die een teen die ander op, ongeag van kleur,
ras, geloof of geslag. Skep valse openbare menings. Die
"openbare opinie" is dat.... Werk op mense se senuwees.
Hulle is defnitief "intellektuele prostitute". Dit is nie
die joernaliste se menings, maar dit van media se eienaars
s'n. Kyk na CNN. Selfde snert. Dieselfde mening, net 'n
ander kultuur. Halwe feite oor en oor en oor.
As jy vir 'n baas gaan werk, dan is sy mening van belang.
Bedank jy en gaan na 'n ander plek, dan verander jy weer
van mening. Nou is die nuwe baas weer reg, en jy pas jou
sienswyse by die nuwe firma aan.
Wat voel die media? Probeer maar net die publiek af te
kraak deur wan indrukke te skep. Hulle idee van
kreatiwiteit is om dit af te breek. Vgl.'n kreatiewe boek,
bv. Emotional Intellegence met enige media braaksel.
Verkoop halwe feite. Jy moet baie lees om feite agter te
kom. Op die ou einde drop jy die media.
Kyk bv. van die ekonomie en die Regering se punt: Die media
hou nie van die regering nie - hulle is onderdrukkend. Nou
word die regering vervang met 'n ander velkleur. Nog nie
goed genoeg nie. Nou word verkoop hoe "onbevoeg" hulle is.
Ons (Wit en Swart) het almal goeie en slegte punte. Maar
hulle konsentreer op die goeie punte net voor verkiesing na
gelang van wie hulle in die Parlement wil he, en na 'n paar
weke is ons weer terug by die "onbevoegde" regering. Maar
nie saak watter land jy na toe gaan nie.
Hoeveel politici se oge word nie deur die flitsende kameras
opgeneuk nie. Kyk na Lady Di en die papparazzi? Hoe is sy
nie ge-terroriseer nie - todat sy 'n senuwee ineenstorting
gekry het.
Leer hoe om hulle vernedering om te swaai in voordeel. Dat
hulle vuil is, is nie te betwyfel nie. Maar versterk jou
geestelik, en jy swaai alles om - alles. Dit vat net tyd.
Dan leer jy hoe om hulle teen hulself te gebruik. Waar is
die "swart gevaar"? Dit is al 1999. Moet dit nie vergeet
nie. Ons is ons 2e demokratiese verkiesing deur.
Die media toets maar net die sterkte van ons emosies.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25001 is 'n antwoord op boodskap #24848] |
Thu, 29 July 1999 00:00   |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert skryf..
Lyk my, in jou geval het dit "die mediagevaar" geword.
Beslis. Die media is 'n politieke drukgroep in SA. Hulle
jaag emosionalisme aan. Om nie van party malles op hierdie
ng te praat nie. Kyk na Max se voorbeeld. Hy het rassisme
beveg, intelligensie komplotte oop gevlek, nou lyk dit asof
hulle hom wegjaag. Het hy dit verwag? Nie oor sy dooie
liggaam sou dit gebeur het nie, nou gebeur dit oor sy
lewende liggaam, om uit sy koerant aan te haal. Het het
mure help afbreek - en nou probeer hulle hom afbreek.
Gaan dit oor rassisme, of gaan dit oor Afrikaners?
Die man met die bakkie. Een insident, en dit word verdraai.
Geen politieke kant nie. Net aannames. Miskien was hy 'n
liberalis - wie weet. Wat is die verskil tussen mense wat
op Broederstroom bly en mense wat op Brits bly. Ons weet
nie vir wie het hy gestem nie. Hulle het saam voor gery.
Dit kon net sowel 'n vriend van Max gewees het. Of een van
diegene wat glo vir my wil bid.
Ek het apartheid jare gelede verwerp, en glo nie aan
tuislande nie. Maak wette wat rasse verbied om by mekaar
uit te kom, en ons bou mure wat paranoia veroorsaak. Die
een verdink die ander aanhoudend wat sy mag wil wegvat.
Spioenasie heen en weer. Ek verafsku apartheid. 'n Sosiale
integreerde samelewing is meer opwindend. Ek wil dit nie
net in 'n burgeroorlog sien ontplof nie.
Miskien verstaan ek beide kante van die argument, en
probeer om Gloudina en Frikkie te rekonsilieer. Miskien
mors ek my tyd om met semels gemeng te word. Raamwerk van
persepsie - nogal interressant. Waar lees jy dit as ek mag
vra?
|
|
|
|
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25004 is 'n antwoord op boodskap #24848] |
Thu, 29 July 1999 00:00   |
reisiger
Boodskappe: 645 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek stem heel hartiglik saam. 'n Neutrale standpunt is slegs
moontlik as ons alle koerante lees - daardeur balanseer ons
onsself.
Dankie dat jy die positiewe aspek van die media uitwys. Ons
lewe op aarde in 'n polere raamwerk: 2 ore, 2 neusgate, 2
bene, ens. Beide positief en negatief. Mense kritiseer jou,
deur na jou negatiewe te kyk, sonder om jou te
komplementeer vir jou hoogstaande Afrikaanse letterkundige
bydraes. Hulle projekteer wat hulle lees van 'n handvol
"lelike" liberaliste wat hulle gemaksones bedreig, wat
hulle glo probeer beheer, waaroor hulle geen beheer het,
waarmee hulle nooit sosialiseer nie, en dan soek hulle
iemand soos jy uit wat min of meer dieselfde taal praat, en
hulle maak van jou die ikoon wat hulle bedreig, deur jou te
laster en allerhande vieslike byname te noem. Hulle weet
nie eers hoe om aan te pas nie, en soek aanhoudend
verskoning om terug te kraam na die verlede toe.
Ons almal dink ons weet wat die waarheid is, maar dit is
deurdrenk met donker kolle (Eng. scotomas). Die feite is
die totale prentjie. Sien ons die een kant raak, mis ons
die ander helfte. Links of Regs. Nooit eenheid nie. Die een
kant word verdink teen die ander kant. En haat is altyd 'n
gevolg. Hulle wil nie die goeie in andere raak sien nie.
Volgens hulle is iemand is of goed of sleg.
|
|
|
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25005 is 'n antwoord op boodskap #24848] |
Thu, 29 July 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lou writes:
> Sit terug en watch ... dis nou as jy 'n paar honderd jaar het.
>
> En slaat al die skoenlappers dood.
>
> 'The flapping of a single butterfly's wing today produces a tiny change
> in the state of the atmosphere. Over a period of time, what the
> atmosphere actually does diverges from what it would have done. So, in a
> month's time, a tornado that would have devastated the Indonesian coast
> doesn't happen. Or maybe one that wasn't going to happen, does. (Ian
> Stewart, Does God Play Dice? The Mathematics of Chaos)'
Dis nie nodig om die skoenlappers dood
te maak nie, Lou.
Ek dink altyd aan die geval van Derby-Lewis
en Walusz, wat gehoop het dat hulle moord
van Hani 'n algemene rasse-oorlog tot gevolg
sou h^e. Toe, ongelukkig vir hulle, loop daar
'n Afrikanervrou met 'n vinnige oog in die
straat en neem hulle lisensie, en hulle word
gevang, en die feit dat dit 'n Afrikanervrou
is wat gehelp het, laat die mense twee keer
dink voordat hulle wittes daarvan beskuldig
dat hulle Hani se dood sou begeer. Het die
vrou (het haar naam vergeet, dink dit was
Retha) daardie dag gedink dat haar teenwoordig-
heid in daardie straat landswye gevolge sou
h^e?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is [boodskap #25047 is 'n antwoord op boodskap #24848] |
Fri, 30 July 1999 00:00   |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
>> Sit terug en watch ... dis nou as jy 'n paar honderd jaar het.
>>
>> En slaat al die skoenlappers dood.
>>
>> 'The flapping of a single butterfly's wing today produces a tiny change
>> in the state of the atmosphere. Over a period of time, what the
>> atmosphere actually does diverges from what it would have done. So, in a
>> month's time, a tornado that would have devastated the Indonesian coast
>> doesn't happen. Or maybe one that wasn't going to happen, does. (Ian
>> Stewart, Does God Play Dice? The Mathematics of Chaos)'
>
> Dis nie nodig om die skoenlappers dood
> te maak nie, Lou.
>
> Ek dink altyd aan die geval van Derby-Lewis
> en Walusz, wat gehoop het dat hulle moord
> van Hani 'n algemene rasse-oorlog tot gevolg
> sou h^e. Toe, ongelukkig vir hulle, loop daar
> 'n Afrikanervrou met 'n vinnige oog in die
> straat en neem hulle lisensie, en hulle word
> gevang, en die feit dat dit 'n Afrikanervrou
> is wat gehelp het, laat die mense twee keer
> dink voordat hulle wittes daarvan beskuldig
> dat hulle Hani se dood sou begeer. Het die
> vrou (het haar naam vergeet, dink dit was
> Retha) daardie dag gedink dat haar teenwoordig-
> heid in daardie straat landswye gevolge sou
> h^e?
>
> Gloudina
Gloudina ek dink elke goeie landsburger sou dit gedoen het. Ek sou, jy
sou ens. Maar ek het gedog dat ons bietjie oor iets anders sou praat,
maar hier is ons maar weer ...
Anyway gee jy ons tog jou siening van van die Feministiese denkwyse in
terme van die Chaos Teorie met spesifieke verwysing na Newton se
teori"e?
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:47:02 UTC 2025
|