Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Staak dit tog nou!
Staak dit tog nou! [boodskap #24854] Vr, 23 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Aan Andri net dit: jy maak 'n basiese denkfout om te dink dat die "Afrika
mense" in 1999 al moes ontwikkel het "tot op die 1450 vlak van
Westerlinge" - ons praat hier van twee veskillende soorte ontwikkeling.
Waarom sonder jy byvoorbeeld die Afirkane uit? Wat van die Ooste? Wat van
Egipte - ook deel van Afrika - wat 'n ontwikkelingsvlak bereik het wat heel
anders is as dié van die westerlinge - en in sommige opsigte baie "verder"
gevorder het? Die punt is dat jy appels en pere wil vergelyk, en dan die
appels kwalik neem omdat hulle nie pere is nie. Beskawing en ontwikkeling
kan nie gedefinieer word bloot uit die oogpunt van die persoon wat daaroor
wil skryf nie. Ontwikkeling en beskawing loop ver en uiteenlopende paaie en
bereik uiteenlopende eindpunte.

Maar eintlik gaan dit hier vir my om "Gloudina-bashing". Dit bly maar 'n
rare verskynsel dat mense juis diegene aanval wat bewys gelewer het dat
hulle ver bokant die massa uitgestyg het. Maar nie daarom minder aanvaarbaar
nie. "Gloudina-bashing" het die norm geword hier op die NG. Dis die in ding
om te doen. Val haar aan. Wees persoonlik beledigend. Kraak haar af. As sy
iets skryf, verwerp dit net omdat sy dit skryf. Gebruik woorde soos aasvoël,
volstruis-met-die-kop-in-die-sand en so aan.

Wanner laas het iemand "Lord of the Flies" gelees? Van Piggy wat uitgewerp
en fisies aangeval is weens sy intellek en sy beskawingspeil? En dit net
omdat hy beter as die ander kon sien en onderskei waarop dit werklik aan
kom? Dit bly maar 'n feit dat die hoogste bome die wind vang.

Staak dus die kleinlike aanvalle en persoonlike beledigings. Dit bevuil die
aanvaller meer as die een wat aangeval word.

Met beste groete

Henry
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24867 is 'n antwoord op boodskap #24854] Sa, 24 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kwarantyn" writes:

"Gloudina-bashing" het die norm geword hier op die NG. Dis die in ding
> om te doen. Val haar aan. Wees persoonlik beledigend. Kraak haar af. As sy
> iets skryf, verwerp dit net omdat sy dit skryf. Gebruik woorde soos aasvoël,
> volstruis-met-die-kop-in-die-sand en so aan.

Dankie, Kwarantyn, vir jou woorde. Moet
egter nie vir jou bekommer nie. Ek probeer
die rol van katalis en weerligafleier speel,
en verwag dus die bliksems en die donder.
En as dit moet, dan bliksem ek die bliksems
en die donders.

Gloudina
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24884 is 'n antwoord op boodskap #24854] So, 25 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dankie, Leendert, dat jy jou vaderlike (om nou nie te sê
paternalistiese nie) insigte met my deel. Jy is natuurlik
reg: die hoogheilige Boere verdien dit nie dat iemand
kritiek op hulle uitspreek nie. Dit kom gevaarlik naby aan
Boerebashing, en buitendien is dit, soos jy in 'n ander
plasing daarop wys, in ieder geval "doelbewuste en nalatige
leuens."

My vriendelike groete aan jou ook.

Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24885 is 'n antwoord op boodskap #24854] So, 25 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Kwarantyn" writes:
>
>
> "Gloudina-bashing" het die norm geword hier op die NG. Dis die in ding
>> om te doen. Val haar aan. Wees persoonlik beledigend. Kraak haar af.
> As sy
>> iets skryf, verwerp dit net omdat sy dit skryf. Gebruik woorde soos
> aasvoël,
>> volstruis-met-die-kop-in-die-sand en so aan.
>
>
> Dankie, Kwarantyn, vir jou woorde. Moet
> egter nie vir jou bekommer nie. Ek probeer
> die rol van katalis en weerligafleier speel,
> en verwag dus die bliksems en die donder.
> En as dit moet, dan bliksem ek die bliksems
> en die donders.
>
> Gloudina

Ag nee, wat, Kwarantyn,

So lank as wat Gloudina hierdie nuusgroep gebruik as forum vir Boerebashing,
moet sy verwag om in soortgelyke munt terugbetaal te word.

Jy sien, as 'n mens hom uitgee vir 'n toffie, moet hy verwag om gekou te
word.

Groete, Leendert
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24941 is 'n antwoord op boodskap #24854] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Afrikaners en Afrikane kan nie vergelyk word nie.

Kyk na die argument van werkgewer en werknemer. En die
potensiaal van mense. Om die goeie kant vergelyk met die
swakste kant van andere is op jouself op te hef en andere
waarvan ons nie hou nie, af te kraak. Maak nie saak wat die
statistiek bewys nie, elke mens het die potensiaal om
statistiek verkeerd te bewys.

In die Apartheid dae, 1974, het het 'n Swart vrou sien
rondry met 'n wit Mercedes Benz. Sy het glo 10 sjebeens
gehad. Dit het vir my as 'n arm Afrikaner gewys dat jy 'n
sukses van jouself kan maak, ongeag die omstandighede.

Hoeveel Afrikaner werkverskaffers is daar in SA? Oud of
nuwe? Ons gaan soek werk by die Jode, Amerikaners, Britte,
ens. Dan wil ons met statistiek bewys hoe dom die
Swartmense is. Al wat ons probeer wegsteek, is dat
Afrikaners nie werkgewers is nie.

'n Grap van Koos van der Merwe. Hy het op die plattelandse
dorpie gaan werk soek. Hy kom glad nie werk kry nie en gaan
munisipaliteit toe. Koos het net std 4 gehad. Die enigste
job wat die munisipaliteit hom kan aanbied, was jamlorrie
drywer. Maar daarvoor was std 5 nodig. Wel, Koos stap
mismoedig weg, en skop 'n blik per ongeluk raak. Hy maak sy
toon seer en vloek die blik. Toe hy weer kyk, sien hy dis
nogal 'n pragtige blik. Hy gaan verkoop die blik en kry 'n
paar sente daarvoor. En so begin Koos scrap optel en
verkoop. Hy koop vir hom 'n fiets, later 'n bakkie. Later
'n lorrie. Later koop Koos toe die scrapyard. Die TV kom en
hou 'n onderhoud met Koos. Vra vir hom toe die vraag - mnr.
Van der Merwe, sou jy nie 'n groter sukses van jou
besigheid gemaak het as jy std 5 gehad het nie. Koos reken
glad nie, dan sou hy nog 'n jamlorrie drywer gewees het.

There are one hundred men who are seeking security to one
able man who is willing to risk his fortune.
J. Paul Getty (1892 - 1976)
International Herald Tribune

Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24942 is 'n antwoord op boodskap #24854] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees nou al hiedie ng vir langer as 2 jaar, maar het nog
niks gepos nie. Ek probeer beide kante van die argument
insien, maar ek dink ek verstaan eintlik wat aangaan.

Die een vergelyk sy goeie punte en vrese met die ander se
swak punte / vrese, en 'n oor en weer modder gooiery d.m.v.
argument na argument wat al en al in die rondte aangaan. Om
nie heen en weer vernedering te vergeet nie.

Dit kom nerens op 'n punt uit nie. Hoekom kritiseer almal
mekaar? Is dit nie beter vir Gloudina en andere mekaar se
vrese te deel nie, en die res om raad te gee. Dan kan ons
anders by 'n punt uitkom. Gloudina-bashing en
Boere-bashing bly bashing - nie waar nie?

Gloudina wat is jou vrese?
anti-Gloudina deelnemers wat is julle vrese?

Gloudina wet is jou sterk punte?
anti-Gludina deelnemers wat is julle sterk punte.

Het julle die "guts" om dit te deel?

Ek wonder of ek my neus hier moet indruk. Of het Afrikaner
kultuur 'n soort vlou melkpoeier geword. Wat het geword van
Eendrag maak Mag? Bestaan dit nog. Is dit nie beter dat
mense mekaar ondersteun nie. Ons verteenwoordig eintlik
maar net ons ondervindinge.

Jammer, ek is totaal gatvol om dit te lees. Party kan
aanpas in die Nuwe SA. Ander kan nie. Ek dink dit is beter
om eerlik te wees en mense te help om aanpassings te maak.

Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24977 is 'n antwoord op boodskap #24854] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem skryf...
Ai - alweer die ou argument. Hoeveel harder, dink jy, moes
sy werk om daardie benz te besit? En hoeveel ander, dink
jy, kon dieselfde benz ry met gelyke kanse.

Bleddie harder. Maar sy het bo uitgekom. Maar dit was nie
al nie. Sy het my laat fokus verander. Van 'n regse
politieke fokus, na menslike potensiaal filosofie. My pad
het my uiteindelik laat sukses bereik. Nou wil ek terugkom
en dit met andere deel.

Fokus op die politiek, en jy sal jouself frustreer tot in
die afgrond in. Fokus op menslike potensiaal, en jy sal 'n
sukses van jou lewe maak. Sy is Swart en het dit reggekry.
Jy is Blank en kan dit ook regkry.

20 jaar gelede het Swartmense geleer, en na ure klasse
geloop. Nou het hulle dit gemaak, en verdien hulle dit.

Die Swartmense het vir ons 'n voorbeeld gestel, deur hulle
nederigheid. Ons kan hulle voorbeeld volg, en bo uitkom...

Het jy al gesien hoeveel besighede is in die townships.
Weet jy wat verdien 'n minibus-taxi maandeliks. Vind uit.

ProPacem skryf...
Daar is altyd uitsonderings, maar om daardie uitsonderings
dan voor te hou as bewys van wat "almal" kan doen is
foutief. Waarom het dit sosiale en politieke ingryping
genoodsaak om die "armblanke-vraagstuk" aan te spreek
indien "almal" met harde werk kan uitstyg en 'n sukses van
hulself kan maak "ongeag die omstandighede".

Jy het 'n punt. Ek stem saam. Dink jy nie dit is
uitsonderlik nie. As daar een is, dan moet daar meer as
een wees. Ons sien te veel die negatiewe raak. Wat ek
probeer bewys, is dat ons ons fokus moet verander.
Bowendien, ons het nie al die menslike potensiaal boeke
gehad het wat ons nou het nie. En dit was na die 2e
wereldoorlog. Deepak Chopra se "7 spiritual laws of
success" werk fantasties. Least effort, love, pure
potentiality. Alles wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig
het, so veel as wat jy NODIG het, is beskikbaar. Maar jy
sal dit nie kry as jy negatief is nie. Dit is die wetenskap
van wonderwerke, waarna ek so lank soek. Staak die
negatiwiteit. Dit vernietig ons net.

Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24978 is 'n antwoord op boodskap #24854] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie nuusgroep is so morbied - en die politici moet die
skuld kry daarvoor! En julle wil negatief bly. Die mense
kla oor die media, maar in Mauritius kom ek agter die
media is eintlik teen die Staat sowel as die Publiek. Dit
versprei negatiewe gemors, en julle vreet dit soos soetkoek
op. Julle klink na 'n klomp seemeeue wat gemors wil
opvreet. Lees gerus Jonathan Livingston Seagull, deur
Bach. Ons hoef niks van die Swartmense af weg te neem
nie. Hoekom gebruik ons nie hierdie ng om op te staan en
vlieg nie. Dit is baie maklik. Afrikaners, waar is julle
trots, potensiaal, deugde, geloof in julleself en God?
Julle het lou geword, en is uitgespoeg. Ek wil nie oordeel
nie, maar dit lyk so. Julle morbiedheid getuig daarvan.

Maar Lou, ek bedank jou. Daar sit iets goeds in jou. Jammer
dat dit lou is. As jy as mens andere se self-uitdrukking
kan toelaat sodat hulle wil wees wat hulle wil wees, dan
het jy ook die reg om te wees wat jy wil. Wat kan ek doen
om jou te help. Wat begeer jy? Wat vrees jy? Dit is
makliker as wat jy dink.

Op jou bostaande verbale diaree kan ek maar net vra -
waarom Affirmative Action? Dit is mos op dieselfde premise
gegrond?

Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24979 is 'n antwoord op boodskap #24854] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> lou lo...@hotmail.dinges.com

Ek begin meer en meer dink dat jy my en gloudina nou aanval (uitdaag) bloot
omdat dit ons is. Nietemin.

> Ai die arme ou probeer positief wees maar jy piepie al weer op sy
> battery. Goeie werk! Ons soek niks positiefs op die nuusgroep nie. As hy
> die feit dat iemand uit swakker omstandighede as sy eie kon vooruit
> gaan, kon gebruik om homself te motiveer laat hom!
>

Jy mis die strekking van my plasing. Natuurlik kan hy homself motiveer na
ander se voorbeeld. Wanneer hy egter daardie uitsonderlike voorbeeld as die
norm voorhou, maak hy 'n logiese, sosiologiese, en sielkundige fout en sal ek
hom daarop wys. Na jou argument is die sincere siening wat goeie en ordentlike
mense gehandhaaf het dat tuislande tog die beste geleentheid bied aan swartes
om hulself uit te leef en hul volle potensiaal te realiseer dan nou 'n
positiewe siening en wee die persoon wat daarop "piepie" as onnodig negatief.
Dit is juis in die onverskrokke durf om stereotipe te identifiseer, in die
gesig te staar en te eien dat die potensiaal vir die positiewe lê, en nie in
die onselfgeldende terugskram geleë in "die arme ou" wat positief wil wees nie
en ek is dan nou so naar nie. .

> Op jou bostaande verbale diaree kan ek maar net vra - waarom Affirmative
> Action? Dit is mos op dieselfde premise gegrond?

Waar is jou argument? Natuurlik het AA dit ten doel om die speelvelde gelyk te
maak.
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24980 is 'n antwoord op boodskap #24854] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> reis...@hotmail.com
>

> In die Apartheid dae, 1974, het het 'n Swart vrou sien
> rondry met 'n wit Mercedes Benz. Sy het glo 10 sjebeens
> gehad. Dit het vir my as 'n arm Afrikaner gewys dat jy ‘n
> sukses van jouself kan maak, ongeag die omstandighede.

Ai - alweer die ou argument. Hoeveel harder, dink jy, moes sy werk om daardie
benz te besit? En hoeveel ander, dink jy, kon dieselfde benz ry met gelyke
kanse. Daar is altyd uitsonderings, maar om daardie uitsonderings dan voor te
hou as bewys van wat "almal" kan doen is foutief. Waarom het dit sosiale en
politieke ingryping genoodsaak om die "armblanke-vraagstuk" aan te spreek
indien "almal" met harde werk kan uitstyg en 'n sukses van hulself kan maak
"ongeag die omstandighede".
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24981 is 'n antwoord op boodskap #24854] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem skryf...
Waarom het dit sosiale en politieke ingryping genoodsaak om
die "armblanke-vraagstuk" aan te spreek indien "almal" met
harde werk kan uitstyg en 'n sukses van hulself kan maak
"ongeag die omstandighede".

Dit is 'n feit dat Afrikaners meesal is nie besigheids
orienteerd nie. Daarom is politieke en sosiale ingryping
nodig. Jode en Indiers is natuurlik besigheids orienteerd.
Ons gaam soek by hulle werk. Of by die staat. Engelse mense
is finansieel bewus. Afrikaners het baie later finansieel
bewus geword. Ons is 'n baie jong volk.

Jy word jy betaal om jou werk te doen. Nie om jouself te
ontwikkel nie. Die belastingstelsel gee nie afslag vir
studies nie. So mense wil nie eintlik na ure leer nie. Dit
is die probleem.

Die godsdiens is ook 'n probleem. Mense word grootgemaak
met die idee dat geld 'n sonde is. Die ekonomie het ook
verander van landbou na industrieel.

Lees gerus Clem Sunter "The New Century" van wat aan die
kom is. Kyk na Khayalitsha se maandelikse opbrengste. In
die Weermag ek het baie tuis-besighede in Swartmense se
huise gesien. In SA is 'n tuisnywerheid te doen met koekies
bak, maar dis beter om te verander. So daar kan beslis iets
goeds uit die huidige situasie kom. Ons kan baie by die
Swartmense leer.

Hoekom negatief wees en mense se potensiaal knak? Red nou
'n volk met so 'n nasie.

Moet eerklik se, dit is wonderlik om uit politieke
gemaksoontjies te klim en doelwitte te bereik.

Jy sal moet baie harder piepie as jy my vuur wil blus.

Re: Staak dit tog nou! [boodskap #24982 is 'n antwoord op boodskap #24854] Wo, 28 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> reis...@hotmail.com
>>
>
>> In die Apartheid dae, 1974, het het 'n Swart vrou sien
>> rondry met 'n wit Mercedes Benz. Sy het glo 10 sjebeens
>> gehad. Dit het vir my as 'n arm Afrikaner gewys dat jy ‘n
>> sukses van jouself kan maak, ongeag die omstandighede.
>
> Ai - alweer die ou argument. Hoeveel harder, dink jy, moes sy werk om daardie
> benz te besit? En hoeveel ander, dink jy, kon dieselfde benz ry met gelyke
> kanse. Daar is altyd uitsonderings, maar om daardie uitsonderings dan voor te
> hou as bewys van wat "almal" kan doen is foutief. Waarom het dit sosiale en
> politieke ingryping genoodsaak om die "armblanke-vraagstuk" aan te spreek
> indien "almal" met harde werk kan uitstyg en 'n sukses van hulself kan maak
> "ongeag die omstandighede".

Ai die arme ou probeer positief wees maar jy piepie al weer op sy
battery. Goeie werk! Ons soek niks positiefs op die nuusgroep nie. As hy
die feit dat iemand uit swakker omstandighede as sy eie kon vooruit
gaan, kon gebruik om homself te motiveer laat hom!

Op jou bostaande verbale diaree kan ek maar net vra - waarom Affirmative
Action? Dit is mos op dieselfde premise gegrond?
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25008 is 'n antwoord op boodskap #24854] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> reis...@hotmail.com

> . Jode en Indiers is natuurlik besigheids orienteerd.

Natuurlik? Soos in geneties?
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25009 is 'n antwoord op boodskap #24854] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek veronderstel jy is Blank. "Assumption" is die moeder van
alle "stufups". Daar is jy reg.

Die argument gaan hier oor potensiaal, en hoe om die
struikelblokke in jou lewe te oorbrug.

Ons is almal eenders - ek glo alle persone word met 'n
reeks struikel blokke gebore - innerlik en uiterlik - wat
hulle kan oorbrug as hulle na hulle vrese kyk as
rigtingwysers en dit oorkom. Ons almal het die vermoee om
dit te doen, maar vrese hou ons in ons gemak sones. Daarom
is ons paranoies, wat totaal onnodig is. Konfronteer ons
ons vrese, en ons oorwin dit, dan ontwikkel ons meer en
meer self vertroue. En terselfder tyd behaal ons sukses -
persoonlik en as 'n groep.

Vir haar was ras nie 'n struikel blok nie, maar 'n
geleendheid. Ons kyk na ras as 'n struikelblok, maar besef
nie hoe baie ooreenkomste daar is nie - die 16e Desember
argument wat elke jaar gepos word, maar bitter min
beantwoord word. Rekonsiliasie is moontlik. Maar ons
verstaan nie groepe nie.

Dit is nogal interressant om in 'n land te lewe as Blanke
waar die politieke meerderheid van kleur verander het - dit
wys jou die ooreenkomste en verskille tussen mense en
groepe, en hoe ons van mekaar kan leer. Jammer mense kyk
negatief daarna. En konsentreer op 'n "struggle". Die een
se geskiedenis probeer homself herhaal in die ander - beide
'n minderheids groep.

Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25010 is 'n antwoord op boodskap #24854] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> lou lo...@hotmail.dinges.com
>
> Ek begin meer en meer dink dat jy my en gloudina nou aanval (uitdaag) bloot
> omdat dit ons is. Nietemin.
>
>> Ai die arme ou probeer positief wees maar jy piepie al weer op sy
>> battery. Goeie werk! Ons soek niks positiefs op die nuusgroep nie. As hy
>> die feit dat iemand uit swakker omstandighede as sy eie kon vooruit
>> gaan, kon gebruik om homself te motiveer laat hom!
>>
>
> Jy mis die strekking van my plasing. Natuurlik kan hy homself motiveer na
> ander se voorbeeld. Wanneer hy egter daardie uitsonderlike voorbeeld as die
> norm voorhou, maak hy 'n logiese, sosiologiese, en sielkundige fout en sal ek
> hom daarop wys. Na jou argument is die sincere siening wat goeie en ordentlike
> mense gehandhaaf het dat tuislande tog die beste geleentheid bied aan swartes
> om hulself uit te leef en hul volle potensiaal te realiseer dan nou 'n
> positiewe siening en wee die persoon wat daarop "piepie" as onnodig negatief.
> Dit is juis in die onverskrokke durf om stereotipe te identifiseer, in die
> gesig te staar en te eien dat die potensiaal vir die positiewe lê, en nie in
> die onselfgeldende terugskram geleë in "die arme ou" wat positief wil wees nie
> en ek is dan nou so naar nie. .

OHOPOHO!!!!

>
>> Op jou bostaande verbale diaree kan ek maar net vra - waarom Affirmative
>> Action? Dit is mos op dieselfde premise gegrond?
>
> Waar is jou argument? Natuurlik het AA dit ten doel om die speelvelde gelyk te
> maak.

Maar terug na die punt - jy gee die ou geen kans nie. JY mis die
strekking van SY plasing. Wat weet jy per slot van rekening van hom. As
iemand iets oor swart of liewer nie-wit mense sê (al is dit positief)
is jy onmiddelik op jou perdjie en split af op 'n tanget. Hy het die
geval wat hy genoem het gebruik om homself te motiveer. Dit sal jou dalk
nie motiveer nie en my ook nie - maar hy het sy siening. Daai tjip op
jou skouer - hoe sien jy verby die dem ding?

Terug na AA en die "armblanke-vraagstuk" - dit het dieselfde doel - om
een groep bo 'n ander te bevoordeel.

Verder - waar het 'my argument' iets van tuislande gesê? Jy lees darem
baie in my vorige pos. Net soos jy in 'reisger' sin gesien het.

Cheers
Lou
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25011 is 'n antwoord op boodskap #24854] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem skryf..
Dit is juis in die onverskrokke durf om stereotipe te
identifiseer, in die gesig te staar en te eien dat die
potensiaal vir die positiewe lj, en nie in die
onselfgeldende terugskram gelek in "die arme ou" wat
positief wil wees nie en ek is dan nou so naar nie

Identifiseer stereotipes. Dit is reg. Stereotipes
veroorsaak paranoia. Dit is wat ons nie wil hê nie. Gaan
voort. Mense gee hulle oor aan paranoiese steriotipes wat
die vrees in andere wil injaag. Maak die een groep teen die
ander op, vertel mekaar hulle gaan mekaar doodmaak. Leef en
laat hulle beef van vrees, en lag in jou mou vir hulle. Nie
leef en laat leef nie. So werk hulle verotte uitdrukking
van leierskap. Dan wil hulle 'n genesings filosofie van
2000 jaar gelede verdraai en mense laat konsentreer op die
Romeinse teer en veer. Hulle wil vir jou wys die duiwel sit
buite, maar hulle verwronge haat en vermoee om aan te pas
is die diuwel binne hulle. Hulle verstaan nie eers die kern
nie. Laat die massas aanhou in sirkels rondhardloop, en een
keer 'n week tyd mors hulle tyd met vergifnis van sonde.

Hoe meer onverskrokke hoe beter. Kerf diep, ProPacem.
Geniet dit.

Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25012 is 'n antwoord op boodskap #24854] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com

> Nee ou Leswin, baie van ons het al vir jou gesê hoe liggeraak (Chip on the
> shoulder) ons jou ervaar - en jy het saamgestem daaroor.

Ek het altyd gedink "chip on the shoulder" beteken iets anders. Ek lees toe
jou pos en gaan soek dit op in die woordeboek, waar dit aangedui word as
"challenging or belligerent attitude". As sodanig is jy reg - ek is liggeraak
(chip on the shoulder) waar dit stereotipe en vooroordeel aangaan. Ek besef
dus dat ek hierdie uitdrukking vir ietsie meer as drie dekades heeltemal
verkeerd verstaan en gebruik het. Dankie.
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25013 is 'n antwoord op boodskap #24854] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem skryf in boodskap news:19990729133628.29217.00003821@ng-cd1.aol.com...
>> Daai tjip op
>> jou skouer - hoe sien jy verby die dem ding?
>
> Weer eens - jou beoordeling. Myne, nou weer, is verbasing na hoe jy dit regkry
> om met blinkers na die wêreld te kyk, maar so wetend uitsprake wil lewer op
> dinge buite jou sigsveld.
>
Nee ou Leswin, baie van ons het al vir jou gesê hoe liggeraak (Chip on the
shoulder) ons jou ervaar - en jy het saamgestem daaroor.
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25014 is 'n antwoord op boodskap #24854] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> eis...@hotmail.com

> Sy is Swart en het dit reggekry.
> Jy is Blank en kan dit ook regkry.
>

Nou wat laat jou dink dat ek "blank" is?
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25015 is 'n antwoord op boodskap #24854] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> lou lo...@hotmail.dinges.com

> OHOPOHO!!!!

Ek vermoed hierdie is 'n kuberafkorting, maar ek weet nie wat dit beteken nie.

> JY mis die
> strekking van SY plasing

Wel ons verskil hieroor.

> Wat weet jy per slot van rekening van hom.

Ek het slegs gereageer op wat hy geskryf het.

> As
> iemand iets oor swart of liewer nie-wit mense sê (al is dit positief)
> is jy onmiddelik op jou perdjie en split af op 'n tanget.

Nee. Jy beoordeel dit as positief en wil dan voorgee dat dit absolute waarheid
is. Ek het by 'n vorige geleentheid gesê dat ek vooroordeel en stereotipering
probeer aanspreek wanneer ek dit teëkom, ongeag of dit te make het met ras,
etnisiteit, geslag, seksuele oriëntasie, ens. Jou aanklag dat ek slegs reageer
indien swart mense ter sprake is, is 'n blatante onwaarheid. Ek daag jou uit
om my reaksies op hierdie en ander groepe in die argiewe na te gaan as verdere
bewys van die leuen waarmee jy hier smous.

> Daai tjip op
> jou skouer - hoe sien jy verby die dem ding?

Weer eens - jou beoordeling. Myne, nou weer, is verbasing na hoe jy dit regkry
om met blinkers na die wêreld te kyk, maar so wetend uitsprake wil lewer op
dinge buite jou sigsveld.

> Terug na AA en die "armblanke-vraagstuk" - dit het dieselfde doel - om
> een groep bo 'n ander te bevoordeel.

Twak. Jy verstaan klaarblyklik nie die eerste aannames, doele, of werkswyses
van AA nie.

> Verder - waar het 'my argument' iets van tuislande gesê

Jy het nie. Dit was bloot 'n voorbeeld van hoe jou argument ingespan kan word.
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25050 is 'n antwoord op boodskap #24854] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Goedkoop vakansie - miskien. Hoe oud is jy?
Word jou eie reisagent - besoek www.lonelyplanet.com
Koop LP Mauritius vir SA Rand R 150 +-
Al die hotelle te pryse, foon en faks nommers is daarin
As jy alleen is - koop 'n backpack.
En ry op die busse, gesels met die mense, en besoek dorp na
dorp. Dit is fantasties. En jy verloor nogal baie gewig.
Snorkeling fantasties op Perybere.
Scuba diving pragtig - die water is so helder soos
in aqauriums. Jy kan 'n scuba diving kursus daar gedoen, en
'n video van jouself teruggebring.

Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25051 is 'n antwoord op boodskap #24854] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 29 Jul 1999 13:32:29 -0800, reisiger wrote:

>[/color]

Die ontneming van grond in die Anglo Boere-oorlog.

Grond is steeds vandag die basis van ekonomiese mag.

Plaas dit nou oor op swartmense en 'n paar dinge helder op.
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25052 is 'n antwoord op boodskap #24854] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
reisiger wrote:
>
> Hierdie nuusgroep is so morbied - en die politici moet die
> skuld kry daarvoor! En julle wil negatief bly. Die mense
> kla oor die media, maar in Mauritius kom ek agter die
> media is eintlik teen die Staat sowel as die Publiek.

>
> Maar Lou, ek bedank jou. Daar sit iets goeds in jou. Jammer
> dat dit lou is.

????

> As jy as mens andere se self-uitdrukking
> kan toelaat sodat hulle wil wees wat hulle wil wees, dan
> het jy ook die reg om te wees wat jy wil. Wat kan ek doen
> om jou te help. Wat begeer jy? Wat vrees jy? Dit is
> makliker as wat jy dink.

Jy kan vir my 'n goedkoop vakansie in Mauritius organiseer ...
Re: Staak dit tog nou! [boodskap #25135 is 'n antwoord op boodskap #24854] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> lou lo...@hotmail.dinges.com
>
>> OHOPOHO!!!!
>
> Ek vermoed hierdie is 'n kuberafkorting, maar ek weet nie wat dit beteken nie.
>
>> JY mis die
>> strekking van SY plasing
>
> Wel ons verskil hieroor.

Duidelik verskil hy ook!

>
>> Wat weet jy per slot van rekening van hom.
>
> Ek het slegs gereageer op wat hy geskryf het.

Nee jy het gereageer op jou eie noue gesigspunt.

>
>> As
>> iemand iets oor swart of liewer nie-wit mense sê (al is dit positief)
>> is jy onmiddelik op jou perdjie en split af op 'n tanget.
>
> Nee. Jy beoordeel dit as positief en wil dan voorgee dat dit absolute waarheid
> is. Ek het by 'n vorige geleentheid gesê dat ek vooroordeel en stereotipering
> probeer aanspreek wanneer ek dit teëkom, ongeag of dit te make het met ras,
> etnisiteit, geslag, seksuele oriëntasie, ens. Jou aanklag dat ek slegs reageer
> indien swart mense ter sprake is, is 'n blatante onwaarheid. Ek daag jou uit
> om my reaksies op hierdie en ander groepe in die argiewe na te gaan as verdere
> bewys van die leuen waarmee jy hier smous.

OK ek sal my stelling herfraseer: Gewoonlik as iemand iets oor swart of
liewer nie-wit mense sê (al is dit positief) is jy onmiddelik op jou
perdjie en split af op 'n tanget.

>> Daai tjip op
>> jou skouer - hoe sien jy verby die dem ding?
>
> Weer eens - jou beoordeling. Myne, nou weer, is verbasing na hoe jy dit regkry
> om met blinkers na die wêreld te kyk, maar so wetend uitsprake wil lewer op
> dinge buite jou sigsveld.

Verbasend - hoe gaan dit daar in die VSA?

>
>> Terug na AA en die "armblanke-vraagstuk" - dit het dieselfde doel - om
>> een groep bo 'n ander te bevoordeel.
>
> Twak. Jy verstaan klaarblyklik nie die eerste aannames, doele, of werkswyses
> van AA nie.

Vir 'n persoon wat in die VSA bly jy blykbaar ook nie. Die teorie en die
praktyk verskil partykeer jy weet?? Natuurlik bevoordeel AA een persoon
bo die ander op grond van sy kleur. DIT is die definisie van AA.

>
>> Verder - waar het 'my argument' iets van tuislande gesê
>
> Jy het nie. Dit was bloot 'n voorbeeld van hoe jou argument ingespan kan word.

Met ander woorde jy het gejok??? So jy vat my argument en verander dit
om jou gesigsveld te pas ten spyte daarvan dat dit totaal onwaar is??
Practise what you preach!
Vorige onderwerp: Boodskap aan die ANC
Volgende onderwerp: Gaan dit regtig uitwerk? Ek wonder....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 08:21:21 MGT 2024