Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sommige Ou Tannies-Blues - Koos Kombuis
Sommige Ou Tannies-Blues - Koos Kombuis [boodskap #24673] |
Sat, 10 July 1999 00:00  |
afro...
Boodskappe: 23 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Sommige Ou Tannies-Blues
Deur Koos Kombuis
Ek haat sommige ou tannies
Dus is hierdie die
sommige ou tannies blues
sommige ou tannies hang dikwels rond vir kwaadgeld
in Garlicks se teekamer
en verorber kaaskoek en scones
terwyl hulle Polaroid-kiekies smokkel in hulle handtasse
van oorlede mans en stoutgat bedorwe kleinkinders
op ander kontinente
met hulle sekslose snawels
pik-pik hulle aan borde vol koekkrummels
moers trots op hul borsspelde
oorgeërf van geslag tot geslag
of gekoop op skuld by Clicks
met hoepelbene marsjeer hulle al om die goedkoop
jewelry-toonbanke
op soek na krale wat pas by hulle tuinstoelbekleedsel
in Zonnebloem of Brackenfell
soos poedelhondjies met nat neuse
sit hulle regop agter in busse
en weet nie eers wie was
Benny B. Funk and the Sons of Ghadaffi's Barmitzvah Band
Se baskitaarspeler nie
sommige ou tannies ken geen perke nie
take them away
met hulle mislike groot onderbroeke vol zips en clips
en period-vlekke uit die dertigerjare
en geparfumeerde blackmail-erfporsies
staar hulle verby hulle brille
na hulle kleindogters se nuutste sleezy boyfriends
en vergeet dat hulle ooit jags was
vroeër toe die eerste fanfare van die twintigste eeu
gebars het oor langbroektennisbane en strandverkleehokkies
stuur hulle Robbeneiland toe
dat hulle klippe kap
Ek hou nie van sommige ou tannies nie!!!
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Mar 12 05:14:22 UTC 2025
|