Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 'n Bang Gedig" deur CHARL DURAND
" 'n Bang Gedig" deur CHARL DURAND [boodskap #24242] So, 27 Junie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
'N BANG GEDIG
Charl Durand

wonder of ek sal doodgaan
voor my tyd
engele dans
in die somer onder die blomkersies
spoke vra vrae

ek wonder wie tred hou met ons
ek wonder wie die spel dophou
ek het 'n klein nagmerrie
speel met die sonskyn
lees bybel

almal word al kleiner
saans as ek alleen is
soms skree die antwoordmasjien
soms is ek hier vir geld
soms alleen

water kring om my
in die middel van die heelal kring ek uit
in die graf lê sy
om my krimp die wereld ineen
'n yl gesprek, yl

teken vir my bestaan
sonder 'n hemel en volgende week
lank na 'n kranige fees
vir ons almal oor is
en ek terugloop

so hoor, daar's stilte
verskillende soorte, mooi en bang
en ek wat sit en luister
grootoog en verbouereerd
soos 'n kind
Vorige onderwerp: "Jakkalstroue" deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: "Seekoevlei" deur N.P. van Wyk Louw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 14:25:59 MGT 2024