Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Jakkalstroue" deur DONALD RIEKERT
"Jakkalstroue" deur DONALD RIEKERT [boodskap #24239] So, 27 Junie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
JAKKALSTROUE
Donald Riekert

Jakkals trou
met wolf se vrou
in die windvlaag geluk
van 'n paar druppels
van die son se skyn

losgeluk vir 'n oujongjakkals

waar die wolke losklos staan
en water afslaan
reis jakkals haarnat gereën
op sy ver wittebrood

in die kromstaandraai
van die reënboog.
Vorige onderwerp: Uit "Blom van die Baaierd" deur DIRK OPPERMAN
Volgende onderwerp: " 'n Bang Gedig" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 23:02:38 MGT 2024