Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » The Long Walk of Nelson Mandela
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24128 is 'n antwoord op boodskap #24016] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> roy...@my-deja.com writes:
>
>> Leendert van Oostrum wrote:
>
>>> Wat nou vir _my_ interessant is, is dat Mandela se oordeel van Botha
>>> getel word tot die krediet van Mandela, terwyl dit oënskynlik nie vrae
>>> laat ontstaan oor die algemene verguising van Botha nie.
>>
>>> (m.a.w. - as Mandela dink Botha is 'n "gentleman", dwing dit by ons
>>> bewondering af vir Mandela eerder as vir Botha. Merkwaardig!)
>
>> Aan die ander kant, dit wys natuurlik ook Botha se goeie maniere - dit
>> is die korrekte manier om gaste te verwelkom - ons het almal met goeie
>> maniere (hopelik!) grootgeword, dus was Botha hier net getrou aan sy
>> goeie opvoeding. En as hy anders opgetree het, sou die media wel later
>> daarvan te hore gekom het - en kan jy jou die reaksie voorstel?
>
> Hierdie korrespondensie oor Mandela se
> opmerking dat P.W. Botha 'n gentleman
> was omdat hy sy hand geskud het, wys
> natuurlik net weer Leendert se verwronge
> en belaglike opvattings oor die realiteite
> van "apartheid-SA." Met "gentleman" bedoel
> Mandela net dat PW ten minste die savvy
> gehad het om 'n swart man met die hand
> te groet.

Sjame! Dan stel hy nie vreeslike hoë vereistes aan 'n "gentelman nie,
nie waar nie?

En dan beteken dit dat Royleen se bewondering vir Mandela omdat hy PW
'n "gentleman" noem eintlik heel naief is, dan nie?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24129 is 'n antwoord op boodskap #24016] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Sun, 20 Jun 1999 06:15:58 GMT, roy...@my-deja.com wrote:
>
> > so min tot sy beskikking, en teen die wense van sy mede-gevangenes, kon
>> onderhandel sodat sy mense bevoordeel word ->>>
>
> Ek het met iemand gepraat was vertel het hy is Robben Eiland toe in
> die laat sewentigs as n baie passievolle black consciousness aktivis.
>
> Toe hy uitkom n paar jaar later was hy n aanhanger van non racialism.
>
> He se dit was n proses van daaglikse redenasie en konsepte opweeg en
> beginsels tot op die buitenste punte van rede toets.
>
> Week na week.
>
> Uiteindelik het hy self die krake van sy bewussynsdenke in die groter
> konteks raakgesien.
>
> Dit was die tronk werf waar Nelson koning was.
>

Dit lyk asof jy dink dis beter om 'n aanghanger te wees van "non racialism"
as van "black consciousness". Hoekom?
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24130 is 'n antwoord op boodskap #24016] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> Vat byvoorbeeld die politieke korrekte manier om in Amerika nie meer iemand 'n
> geseende Kersfees toe te wens nie.

Johan, dis mense soos jy wat die mite
skep dat mense in die VSA nie meer
vir mekaar geseende Kersfees kan toewens
nie. Die mense in die VSA is vry om
vir mekaar toe te wens wat hulle wil.
MAAR, in skole waar die kinders uit
diverse kulture en godsdienste kom,
is dit onvanpas as die juffrou en die
meneer net van Kersfees praat. En
in enige publieke plek, waar dinge
plaasvind waarvoor alle belasting-
betalers betaal, is dit onvanpas dat
daar byvoorbeeld net Kersfeesbome en
Kersversiersels verskyn. Soos byvoor-
beeld in hospitale. In die ou dae was
dit natuurlik was dit natuurlik lekker.
Die ou wit omies kon maar maak asof
net wat hulle doen, van belang is en
alle ander mense se kultuur tel nie.
Gelukkig is daardie dae nou verby.
En jy kan praat tot jy blou in die
gesig is, maar die dae toe die ou wit
ooms vir die wereld gedikteer het,
kom nie weer terug nie.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24131 is 'n antwoord op boodskap #24016] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
>> On Sat, 19 Jun 1999 22:42:42 GMT, Leendert van Oostrum
>> wrote:
>
>> > met
>>> ons. En sê ons weereens voor hoe ons moet dink om politiek korrek te
>>> wees.
>
> Uit observasie van die ou Republikeinse
> wit ooms in die VSA, het ek nou tot die
> konklusie gekom dat elkeen wat oor en oor
> die frase "politiek korrek" gebruik as
> 'n wapen om ander aan te val oor hulle
> "politieke korrektheid," eintlik maar net
> wil verklaar: moenie met ons lol nie. Ons
> wil rassisties dink en praat, ons wil
> gewere koop soos ons wil, ons wil vroue
> op hulle plek hou ens ens. Maar hulle
> is te papbroek om eerlik en oop daaromtrent
> te wees. Nou val hulle hulle "vyande"
> aan as politiek korrek. En dis duidelik dat
> die mense wat die frase op hierdie nuusgroep
> as 'n wapen gebruik, dieselfde menings
> huldig. Onthou, meeste mense lees tussen
> die reels. Ons sien wie is die wit ooms,
> met die rassisme en die seksisme skaars
> verbloem in die stiltes wat donderend is
> tussen die reels.
>
>

Sjees Gloudina - was jy nie een van die wat Johan aangeval het omdat hy
ongelukkig was met die manier waarop sommige Amerikaanse Geloofs Groepe
(Is ek PC of is ek PC) hulle vrouens behandel nie en dus seksistiese
teen die vroue sou optree nie? Maar hier skryf jy presies dieselfde. So
moet ons nou daaruit aflei dat jy daarteen mag beswaar maak maar ander
mag nie. So is Johan is nie een van jou dom wit omies nie?

Net soos terloops die aliterasie van jou laaste sin slaat skoonn my asem
weg - al ooit daaraan gedink om gedigte te skryf? Nie? Dankie tog!
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24132 is 'n antwoord op boodskap #24016] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message <

> Elke keer as Mandela en Betsie Verwoerd teedrink,
> is dit Mandela wat die parameters kies, en Betsie
> en haar mense se parameters wat moet aanpas.
> Mandela was 'n ou jakkals, en julle moet nog sien
> watter ou jakkals hy gaan word noudat hy afgetree
> het.

Wat is die "parameters" van Betsie Verwoerd en haar mense?

En hoe moet hulle dit aanpas wanneer Nelson en Betsie tee drink?
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24133 is 'n antwoord op boodskap #24016] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> e...@dot.com (Johan) writes:
>
>> Vat byvoorbeeld die politieke korrekte manier om in Amerika
> nie meer iemand 'n
>> geseende Kersfees toe te wens nie.
>
>
> Johan, dis mense soos jy wat die mite
> skep dat mense in die VSA nie meer
> vir mekaar geseende Kersfees kan toewens
> nie. Die mense in die VSA is vry om
> vir mekaar toe te wens wat hulle wil.
> MAAR, in skole waar die kinders uit
> diverse kulture en godsdienste kom,
> is dit onvanpas as die juffrou en die
> meneer net van Kersfees praat.

Waaroor anders wil jy hê moet hulle tydens Kersfees praat?

> En
> in enige publieke plek, waar dinge
> plaasvind waarvoor alle belasting-
> betalers betaal, is dit onvanpas dat
> daar byvoorbeeld net Kersfeesbome en
> Kersversiersels verskyn.

Wat anders moet mens met Kersfees vertoon?

> Soos byvoor-
> beeld in hospitale.

En in winkelsentrums?

> In die ou dae was
> dit natuurlik was dit natuurlik lekker.
> Die ou wit omies kon maar maak asof
> net wat hulle doen, van belang is en
> alle ander mense se kultuur tel nie.

En die wit anties?

> Gelukkig is daardie dae nou verby.
> En jy kan praat tot jy blou in die
> gesig is, maar die dae toe die ou wit
> ooms vir die wereld gedikteer het,
> kom nie weer terug nie.

Siestog, Gloudina. Die feit dat jy jou man toegelaat het om vir jou te
dikteer (tot selfs die taal wat jy in jou huis praat) beteken nie alle wit
anties was so futloos nie.

>
> Gloudina
>
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24134 is 'n antwoord op boodskap #24016] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Sun, 20 Jun 1999 09:29:04 GMT, Leendert van Oostrum
> wrote:
>
>
> >
>
> Kyk jy nou weer TV, Leendert?
>

Nie meer dikwels as tevore nie :-)
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24135 is 'n antwoord op boodskap #24016] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Jun 1999 02:13:25 GMT, wrote:
|e...@dot.com (Johan) writes:
|> Vat byvoorbeeld die politieke korrekte manier om in Amerika
| nie meer iemand 'n
|> geseende Kersfees toe te wens nie.
|
| Johan, dis mense soos jy wat die mite
| skep dat mense in die VSA nie meer
| vir mekaar geseende Kersfees kan toewens
| nie. Die mense in die VSA is vry om
| vir mekaar toe te wens wat hulle wil.

Dis mense soos jy wat nie mooi lees nie en net altyd wil aanval en slegsê wat
lekker pret kommunikasie op die ng belemmer.

Ek praat van die "politieke korrekte manier", wat impliseer dat daar ook nog 'n
politieke nie-korrekte manier is, wat ek nie wil bespreek nie en daarom ook nie
noem nie.

In skole is die mense hier nie "vry om vir mekaar toe te wens wat hulle wil" nie
- jy sê self so.

As jy minder aanvallend is, sal jy eerder 'n bydrae kan maak tot die gesprek in
stede van om iemand anders te probeer afskiet en telkens hopeloos te faal en net
jou eie naam krater te maak.

Jy kon byv eerder jou plasing begin het met:

My ervaring is dat die ... mense in die VSA is vry om
| vir mekaar toe te wens wat hulle wil. ...

Dan word my gebrekkige plasing aangevul en almal kan iets leer, in stede daarvan
dat die hele gesprek 'n reeks aanvalle op mekaar word.

=|:^)

Johan
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24136 is 'n antwoord op boodskap #24016] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Sun, 20 Jun 1999 09:29:04 GMT, Leendert van Oostrum
> wrote:
>
>
> Botha
>> getel word tot die krediet van Mandela, terwyl dit oënskynlik nie vrae
>> laat ontstaan oor die algemene verguising van Botha nie.
>>
>> (m.a.w. - as Mandela dink Botha is 'n "gentleman", dwing dit by ons
>> bewondering af vir Mandela eerder as vir Botha. Merkwaardig!)>>
>
> Ek dink nie jy het ooit verstaan wat Mandela gese het nie.
>

En wat het Mandela gesê, Ferdi? (In die TV-program wat Royleen gesien het?)
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24137 is 'n antwoord op boodskap #24016] Di, 22 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> Leendert van Oostrum
>
>>> Waaroor in jy pissed off?
>>> Met wie stem jy nie saam nie?
>>
>> Nonsens! As jy nie weet ek verwys veral na jou en Gloudina nie, moet jy
>> darem erg stiksienig wees, veral in die lig van wat ek kort tevore vir
>> Gloudina geskryf het oor haar ikoonbehepheid!
>
> Kef, kef, kef. Ai, arme Leendert het
> dit so swaar.

Wat laat jou so iets dink?

> Of hy het te doen met
> iemand binne SA wat nie sy snedige
> opmerkings oor die lewe in SA duld
> nie, en uitwys waar Leendert indrukke
> oor SA manipuleer.

en waar het "iemand" so iets uitgewys? Snipperige "one-liners" het nog
nooit juis gekwalifiseer as retoriese bewysvoering nie, weet jy?

> Of hy het te doen
> met iemand buite SA wat trots op haar
> Afrikaner-inbors is, maar openlik
> daardie mense aanval wat hulle voordoen
> as goeie Afrikaners, maar aanhoudend
> "Afrikanerskap" vir hulle eie agendas
> manipuleer.

O? Jy bedoel iemand wat soos Nazis die "volk" wil "suiwer" van enigeen
met wie sy nie saamstem nie?

> Soos ou Fred Rundle, en
> Frikkie, en Leendert van Oostrum.

Fred is geen Afrikaner nie. Die res van ons is. En Ferdi ook. Oor jou
het ek bedenkinge.

> Leendert werk hard om hom voor te doen
> as iemand wat maar net alles in die
> regte perspektief wil stel. Maar mense
> is slimmer as dit. Hulle sien dwarsdeur
> jou. Ons hoor jou agenda luider as
> jou woorde.

Ek sien. Enigeen wat jou bevraagteken het 'n "agenda". Dis Nazimaniere,
weet jy?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24152 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

>
> Dis mense soos jy wat nie mooi lees nie en net altyd wil aanval en slegsê wat
> lekker pret kommunikasie op die ng belemmer.
>
> Ek praat van die "politieke korrekte manier", wat impliseer dat daar ook nog 'n
> politieke nie-korrekte manier is, wat ek nie wil bespreek nie en daarom ook nie
> noem nie.
>
> In skole is die mense hier nie "vry om vir mekaar toe te wens wat hulle wil" nie
> - jy sê self so.
>
> As jy minder aanvallend is, sal jy eerder 'n bydrae kan maak tot die gesprek in
> stede van om iemand anders te probeer afskiet en telkens hopeloos te faal en net
> jou eie naam krater te maak.
>
> Jy kon byv eerder jou plasing begin het met:
>
> My ervaring is dat die ... mense in die VSA is vry om
> | vir mekaar toe te wens wat hulle wil. ...
>
> Dan word my gebrekkige plasing aangevul en almal kan iets leer, in stede daarvan
> dat die hele gesprek 'n reeks aanvalle op mekaar word.

O, jy voel heeltemal vry om vir my te
preek en op die vingers te tik, maar
is baie kleinserig as iemand vir jou
vertel dat wat jy praat soms nonsens
is. So, kyk in jou eie boesem, vee
voor jou eie deur, en vergeet die
term "politieke korrektheid." Die
term is passe. Die Christian Coalition
het tou opgegooi. Die Republikeine is
so deurmekaar dat hulle nie weet of
hulle kom of gaan nie. Dink vars.
Dink vars oor die body politic, soos
jou Goewerneur.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24153 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rosenveer  is tans af-lyn  rosenveer
Boodskappe: 6
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in article ...
>

. Ongelukkig het
> die wit republikeinse omies 'n oorwinning
> vandag in die Amerikaanse House of
> Representatives gehad: om die tien
> gebooie in klaskamers op te plak.
> Ek hoop Clinton veto die wet. Dis
> teen die Amerikaanse konstitusie,
> wat voorsiening maak vir die skeiding
> tussen kerk en staat.
>
> Gloudina
>
>
> Ek weer hoop elke klaskamer in die hele bliksemse land
het die tien gebooie teen die klaskamermure. As meer mense
hulle hou by die gebooie (Clinton inkluis) dat was die land baie beter.
Gloudina, as jy hier gewoon het was jy seker n card carrying liberal
Democrat. Blegh.., ek sê bring terug die eerbaarheid en die moraliteit,
die
decency en erken dat n bietjie godsdiens in die klaskamer (selfs n mix van
joods, moslem ens.) kan net goed doen. Ons almal het hulp nodig.

.

l
>
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24154 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

Ek is bevrees ek dink dat Johan 'n wit
> | republikeinse omie is.
>
> MOet mens nie bo 'n sekere ouserdom wees om 'n omie te wees nie !

Nee, sommige wit omies is al ou wit
omies in hulle vroee twintigerjare,
of selfs vroeer. Ou wit omies is
white male chauvinist pigs, wat ook
al hulle ouderdom is.

Gloudina.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24155 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
Leendert van Oostrum wrote:

> En dan beteken dit dat Royleen se bewondering vir Mandela omdat hy PW
> 'n "gentleman" noem eintlik heel naief is, dan nie?

Beslis nie. Jy moet tog toegee dat in die omstandighede PW se optrede
wel vir Mandela sou beindruk het. En in dieselfde omstandighede sou ek
dit nie verwag het dat Mandela vir PW so sou beskryf nie. Daarom my
bewondering vir hom, AS MENS (en nie noodwendig as politikus, soldaat
of diplomaat nie) - dat hy een van sy grootste "vyande" kan erken as 'n
gentleman.

En so terloops, die program wat ek gesien het, het slegs met Mandela se
teenstanders en sy vriende/mede-gevangenes gepraat. En met die skrywer
van sy outobiografie - die aanhaling onder bespreking is deel van sy
boek. Met Mandela self is geen onderhoud gevoer nie. Ek sal vir jou
die outobiografie as Kersfeesgeskenk stuur!

En nog 'n terloops, ek bewonder baie mense regoor die politieke
spektrum op grond van watter soort mense hulle is. B.J. Vorster het
ook my bewondering - AS MENS.

Groete
Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24156 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jun 1999 18:44:38 GMT, wrote:
| pootjie as om liefde te betoon aan hulle
| naastes: dis daarom dat Clinton populer is
| by vrouekiesers en by kiesers wat nie ou
| wit republikeinse mans is nie.
|
Ons het dit duidelik gesien, nè!!!!
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24157 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
roy...@my-deja.com wrote in message ...
>
> En so terloops, die program wat ek gesien het, het slegs met Mandela se
> teenstanders en sy vriende/mede-gevangenes gepraat. En met die skrywer
> van sy outobiografie - die aanhaling onder bespreking is deel van sy
> boek. Met Mandela self is geen onderhoud gevoer nie.

Die enigste persoon wat Mandela se outbiografie kan skryf, is Mandela self.
(Dis wat _outo_-biografie beteken :-) As daar dus 'n onderhoud was met die
skrywer van sy outobiografie, beteken dit daar was inderdaad 'n onderhoud
met Mandela.

> Ek sal vir jou
> die outobiografie as Kersfeesgeskenk stuur!
>

Hmmm..... Dankie Royleen, belofte maak skuld. Eendag as Mandela sy
outbiogafie skryf, stuur jy my 'n kopie :-)

(Ek het wel 'n kopie van sy biografie - "Long Walk to Freedom". Ek het dit
selfs gelees, en haal soms daaruit aan :-)
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24158 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jun 1999 16:48:11 GMT, wrote:

|e...@dot.com (Johan ) writes:
|
|> ...die een wat alwetend is oor Amerika maak alweer haar naam tottie -

|> Dit het geensinds ten doel gehad om godsdiens uit die skole en
|> openbare plekke te hou nie. Die Amerikaanse konstitusie waarborg vrye
|> godsdiensbeoefening, vir ALMAL, nie net nie-Christene nie.
||
| Ek het, toe ek nog student was op
| Stellenbosch, die Amerikaanse konstitusie
| punt vir punt in die oorspronklike Engels van
| daardie tyd deurgewerk. En van daardie tyd
| af was ek 'n student en bewonderaar van die
| Amerikaanse konstitusie en sy amendemente.

| Jy verstaan ook heelwaarskynlik nie eens
| die subtieliteite van die Amerikaanse
| politiek nie. Die House of Representatives
| se Republikeine het hierdie Ten Commandments
| wet deurgedruk, om vir Clinton 'n lokval te
| stel. As hy dit veto ('n mag wat die
| President het) dan vervreemd hy die verregses.
| As hy dit nie veto nie, vervreem hy sy eie
| demokratiese linkervleuel. So hy sal mooi
| moet dink.
|
I rest my case....... Dankie Gloudina.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24160 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message

> Ongelukkig het
> die wit republikeinse omies 'n oorwinning
> vandag in die Amerikaanse House of
> Representatives gehad: om die tien
> gebooie in klaskamers op te plak.
> Ek hoop Clinton veto die wet. Dis
> teen die Amerikaanse konstitusie,
> wat voorsiening maak vir die skeiding
> tussen kerk en staat.

Snaaks dat dit net teen die wet is in klaskamers. Want die tien gebooie
verskyn teen die mure van baie howe, insluitende die van die Supreme Court.
En die Kongres en Senaat (ook van elke deelstaat) word ge-open met
Christelike seremonies. Hoekom nie skole nie?

Ek dink die "disestablishment clause" in die amerikaanse grondwet is bietjie
meer kompleks as wat jy met jou ongenuanseerde Nazi-idees kan begryp,
Gloudina.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24161 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jun 1999 16:54:04 GMT, wrote:
| Nee, sommige wit omies is al ou wit
| omies in hulle vroee twintigerjare,
| of selfs vroeer. Ou wit omies is
| white male chauvinist pigs, wat ook
| al hulle ouderdom is.
|
| Gloudina.
|
|
Aha, ek kwalifiseer tog!!!! Ek is 'n wit ou omie! Ek ondersteun die
Republikeine en frustreer ou Gloudina!!!!!

Ietwat snaaks - ek besef my vrou staan kaalvoet in die kombuis! (Nee nie in die
ander tyd nie - ons is al te oud vir nog kinders - maar nog nie so oud soos
Gloudina nie.)

Toemaar Gloudina, keer die skuim om jou mond - ons loop almal kaalvoet in die
huis en my vrou is daar om kofie vir haarself te maak.

MSP speel is vir my die lekkerste - dis net mooi die teenoorgestelde van hoe ek
regtig oor die geslagte voel en dit kry tog altyd die vroumense se rughare
op!!!!

Kyk maar hoe gou bestyg Gloudina haar perdjie as iemand sê vroumense sukkel om
logies te dink.... en sy is nie eers so goeie voorbeeld van die spesie nie.
Mens sal hulle nooit verstaan nie - gelukkig hoef 'n mens nie vroumense te
verstaan nie - dis deel van selfbehoud...

=|:^)

Johan
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24162 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes: > @igs.net wrote:

> Sjees Gloudina - was jy nie een van die wat Johan aangeval het omdat hy
> ongelukkig was met die manier waarop sommige Amerikaanse Geloofs Groepe
> (Is ek PC of is ek PC) hulle vrouens behandel nie en dus seksistiese
> teen die vroue sou optree nie? Maar hier skryf jy presies dieselfde. So
> moet ons nou daaruit aflei dat jy daarteen mag beswaar maak maar ander
> mag nie. So is Johan is nie een van jou dom wit omies nie?

Ou Lou, ek dink jy het nie die redenasies
goed gevolg oor die onderwerp van die
lot van vroue en die Amish nie. Johan is
aangeval (nie net deur my nie) omdat hy
hovaardig dit op homself wou neem om te
oordeel of Amish-vroue nou onderdruk word.
Hy het die karakter van die Amish aangeval.

Ek is bevrees ek dink dat Johan 'n wit
republikeinse omie is. Na aanleiding van
sy reaksie op die Amish, na aanleiding van
sy objeksies oor die feit dat Kersfees-
objekte nie in publieke geboue en inrig-
tings toegelaat word nie. Ongelukkig het
die wit republikeinse omies 'n oorwinning
vandag in die Amerikaanse House of
Representatives gehad: om die tien
gebooie in klaskamers op te plak.
Ek hoop Clinton veto die wet. Dis
teen die Amerikaanse konstitusie,
wat voorsiening maak vir die skeiding
tussen kerk en staat.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24163 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in

> So, kyk in jou eie boesem, vee
> voor jou eie deur, en vergeet die
> term "politieke korrektheid." Die
> term is passe.

Lyk nie asof Leswin so dink nie - hy skryf tesisse daaroor op die nuusgroep.

> Die Christian Coalition
> het tou opgegooi. Die Republikeine is
> so deurmekaar dat hulle nie weet of
> hulle kom of gaan nie.

Ek dag jy sê hulle het so pas 'n oorwinning in die kongres gehad?
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24164 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jun 1999 01:18:02 GMT, wrote:
| Ou Lou, ek dink jy het nie die redenasies
| goed gevolg oor die onderwerp van die
| lot van vroue en die Amish nie. Johan is
| aangeval (nie net deur my nie) omdat hy
| hovaardig dit op homself wou neem om te
| oordeel of Amish-vroue nou onderdruk word.
| Hy het die karakter van die Amish aangeval.

Skuim om die mond!!!!!!!! Ek het nie gedink ek val iemand aan
nie..! Sjoe! Ek het net vir iemand vertel wat ek gesien het en hoe
ek daaroor voel.
|
| Ek is bevrees ek dink dat Johan 'n wit
| republikeinse omie is.

MOet mens nie bo 'n sekere ouserdom wees om 'n omie te wees nie !

| Na aanleiding van
| sy reaksie op die Amish, na aanleiding van
| sy objeksies oor die feit dat Kersfees-
| objekte nie in publieke geboue en inrig-
| tings toegelaat word nie.

Skuim om die mond - net meer en meer.... Ek het gepraat van vakansie
gelukwensings oor die radio en in winkels, het ek gedink, maar ek is
seker maar verkeerd.... Ek hoop net nie ek het die "objekte" op
verkeerde plekke neergesit nie.

| Ongelukkig het
| die wit republikeinse omies 'n oorwinning
| vandag in die Amerikaanse House of
| Representatives gehad: om die tien
| gebooie in klaskamers op te plak.

So iets laat my so lekker kry want ek weet dit grief ou Gloudina!

| Ek hoop Clinton veto die wet. Dis
| teen die Amerikaanse konstitusie,
| wat voorsiening maak vir die skeiding
| tussen kerk en staat.

...die een wat alwetend is oor Amerika maak alweer haar naam tottie -
die skeiding tussen kerk en staat was bedoel om die stelsel wat in
Engeland was, te voorkom, waar die kerk die staat was en ook andersom.

Dit het geensinds ten doel gehad om godsdiens uit die skole en
openbare plekke te hou nie. Die Amerikaanse konstitusie waarborg vrye
godsdiensbeoefening, vir ALMAL, nie net nie-Christene nie.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent, buitenaardse
wezens of enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
neer te sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
nasie, land, kontinent, buitenaardse wezens of enige ander ongenoemde groep nie.
Laaste het dit ook nie ten doel om akademiese proefskrifte te wees nie - meerderwaardige
kritiek is dus onvanpas.

=|:^)

Johan
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24165 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan Markerink) writes:

> Is er niet net een wet in de USA aangenomen die scholen verplicht om de
> Tien Geboden op te hangen?
> Let wel, met als argumentatie oa de schietpartijen op scholen....terwijl
> datzelfde parlement een wet voor strengere wapenwetgeving heeft weten te
> voorkomen.

Ja, dit was Charlton Heston, die
voorsitter van die NRA (National
Rifle Association- wat geen wette
wil toelaat wat gewere-besit beperk
nie) wat die tien gebooie van die
berg Ararat afgebring het en dit
nou in Amerikaanse skole wil ophang.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24166 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> Kyk maar hoe gou bestyg Gloudina haar perdjie as iemand sê vroumense sukkel om
> logies te dink.... en sy is nie eers so goeie voorbeeld van die spesie nie.
> Mens sal hulle nooit verstaan nie - gelukkig hoef ' n mens nie vroumense te
> verstaan nie - dis deel van selfbehoud...

Die spoor van die male
chauvinist pig... moet altyd
vroumense minder ag. Maak
dit jou meer manlik voel? Net
soos as jy altyd oor die siklusse
van die maan praat in 'n
poging om 'n argument te wen.
En ek wens jy kan WERKLIK weet
wat jou vrou van jou dink wanneer
jy so praat. Kyk eendag vinnig
na haar as jy so praat, en jy
sal die kil minagting vir jou
in haar oge sien.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24168 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> En die Kongres en Senaat (ook van elke deelstaat) word ge-open met
> Christelike seremonies. Hoekom nie skole nie?

Ja, dis is werklik eienaardig om te sien hoe
hulle die Senaat elke keer, terwyl hulle
Clinton wou probeer vastrap, open met hierdie
langdradige "gebed" van die Senaat se kapelaan,
wat Protestants is op die oomblik. Hoekom nie
ten minste beurte neem vir die verskillende
"soorte" Christene nie, en dan ook iemand van
die Jode en die Moslems en die Boeddhiste
en die Native American Church in Amerika, en
van die Rooms Katolieke en van die Pentecostals,
en van die Mormone, en van die Mayas en van
die Minnesotans en so aan en so aan en so aan.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24169 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jun 1999 18:54:07 GMT, wrote:

| Die spoor van die male
| chauvinist pig... moet altyd
| vroumense minder ag. Maak
| dit jou meer manlik voel?

...trap sy square in die lokval! Ek sê dan juis ek doen dit net om jou te
verpes - ek's eintlik 'n pro feminis (as dit is wat 'n mens dit noem) - iemand
wat glo aan gelyke regte, betaling, indiensneming, maar nie behandeling nie.
Daar is ek maar nog van die ou skool wat dames eerste deur deure laat loop en so
aan....

| Net
| soos as jy altyd oor die siklusse
| van die maan praat in 'n
| poging om 'n argument te wen.

Nie om argumente te wen nie, maar om te wys waarom jou argumente niks beteken as
die maan vol word nie.

| En ek wens jy kan WERKLIK weet
| wat jou vrou van jou dink wanneer
| jy so praat. Kyk eendag vinnig
| na haar as jy so praat, en jy
| sal die kil minagting vir jou
| in haar oge sien.
|
As ek hier van die maan skryf het dit niks met vroulike siklusse te doen nie,
Gloudina - daardie een is JOU siek afleiding - uiters seksisties!!!! Vir my is
vroulike siklusse nie iets wat hier op 'n openbare forum bespreek word nie - nie
eers joune nie. Dit is iets amper hoogheilig en baie privaat.

Ek het dit eerder hier met hare wat op jou gesig groei en grommende geluide wat
jy daar voor die rekenaar sit en maak as die vol maan deur die venster op jou
skyn. Die skuim en slym wat so by jou "chops" afdrup terwyl jy met histeriese
bloedbelope oë plasings lees, hyg, slowwer en dan naarstiglik antwoorde tik wat
nie veel te doen het met die oorspronklike plasings nie. Die soort van
antwoorde sien ons meermale van jou af as die maan vol raak.

=|:^)

Johan
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24170 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jun 1999 01:27:02 GMT, wrote:
| O, jy voel heeltemal vry om vir my te
| preek en op die vingers te tik, maar
| is baie kleinserig as iemand vir jou
| vertel dat wat jy praat soms nonsens
| is. So, kyk in jou eie boesem, vee
| voor jou eie deur, en vergeet die
| term "politieke korrektheid." Die
| term is passe. Die Christian Coalition
| het tou opgegooi. Die Republikeine is
| so deurmekaar dat hulle nie weet of
| hulle kom of gaan nie. Dink vars.
| Dink vars oor die body politic, soos
| jou Goewerneur.
|
| Gloudina

Ek let nou nie daagliks op na die stand daarvan nie, maar na
aanleiding van die en die vorige plasing moet ek aanvaar die maan
begin groei.....

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent, buitenaardse
wezens of enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
neer te sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
nasie, land, kontinent, buitenaardse wezens of enige ander ongenoemde groep nie.
Laaste het dit ook nie ten doel om akademiese proefskrifte te wees nie - meerderwaardige
kritiek is dus onvanpas.

=|:^)

Johan
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24171 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

>
> | Jy verstaan ook heelwaarskynlik nie eens
> | die subtieliteite van die Amerikaanse
> | politiek nie. Die House of Representatives
> | se Republikeine het hierdie Ten Commandments
> | wet deurgedruk, om vir Clinton 'n lokval te
> | stel. As hy dit veto ('n mag wat die
> | President het) dan vervreemd hy die verregses.
> | As hy dit nie veto nie, vervreem hy sy eie
> | demokratiese linkervleuel. So hy sal mooi
> | moet dink.

> I rest my case....... Dankie Gloudina.

En wat is jou case? Dit lyk of jy saamstem
dat die republikeine dit nie soseer oor die
tien gebooie het nie, maar besig is om 'n
lokval vir Clinton te stel.

Nou, ou Johan, ons weet nou dat die klomp
ou wit omies van die republikeine plat op
hulle bakkies val elke keer as hulle vir
Clinton wil probeer vasvat. Hulle het dit
met seks en Monica probeer, en dit het hulle
niks gehelp nie. Hulle het dit met Whitewater
en Filegate en Travelgate and Chinesegate
gedoen en dit het niks gehelp nie. Nou probeer
hulle dit doen met gungate en kosovogate en
so aan en so aan, en help dit hulle nou.
Want sien, hulle harte is verkeerd. Dis meer
belangrik vir hulle om hulle "vyande" te
pootjie as om liefde te betoon aan hulle
naastes: dis daarom dat Clinton populer is
by vrouekiesers en by kiesers wat nie ou
wit republikeinse mans is nie.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24172 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> ...die een wat alwetend is oor Amerika maak alweer haar naam tottie -
> die skeiding tussen kerk en staat was bedoel om die stelsel wat in
> Engeland was, te voorkom, waar die kerk die staat was en ook andersom.
>
> Dit het geensinds ten doel gehad om godsdiens uit die skole en
> openbare plekke te hou nie. Die Amerikaanse konstitusie waarborg vrye
> godsdiensbeoefening, vir ALMAL, nie net nie-Christene nie.

Wel, ou Johan, ek sal nou maar nie begin
om vir jou te verduidelik wat die Amerikaanse
konstitusie waarborg en hoeveel kere dit al
deur die Amerikaanse Hoogsgeregshof ondersteun
is teen die aanvalle van die wit "Christelike"
omies nie. Ek het, toe ek nog student was op
Stellenbosch, die Amerikaanse konstitusie
punt vir punt in die oorspronklike Engels van
daardie tyd deurgewerk. En van daardie tyd
af was ek 'n student en bewonderaar van die
Amerikaanse konstitusie en sy amendemente.
So, moenie na minder as twee jaar in die
VSA nou begin die Amerikaanse konstitusie
interpreteer nie.

Jy verstaan ook heelwaarskynlik nie eens
die subtieliteite van die Amerikaanse
politiek nie. Die House of Representatives
se Republikeine het hierdie Ten Commandments
wet deurgedruk, om vir Clinton 'n lokval te
stel. As hy dit veto ('n mag wat die
President het) dan vervreemd hy die verregses.
As hy dit nie veto nie, vervreem hy sy eie
demokratiese linkervleuel. So hy sal mooi
moet dink.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24190 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes: > On 23 Jun 1999 18:54:07 GMT,

wrote:
>
> | Die spoor van die male
> | chauvinist pig... moet altyd
> | vroumense minder ag. Maak
> | dit jou meer manlik voel?
>
> ...trap sy square in die lokval! Ek sê dan juis ek doen dit net om jou te
> verpes - ek's eintlik 'n pro feminis (as dit is wat 'n mens dit noem) - iemand
> wat glo aan gelyke regte, betaling, indiensneming, maar nie behandeling nie.
> Daar is ek maar nog van die ou skool wat dames eerste deur deure laat loop en so
> aan....

Ek lag so vir die feit dat "om dames
eerste by deure te laat ingaan" nou
ook 'n strydkreet geword het van die
ou wit ooms wat dit het teen alle
sogenaamde "liberales" of teen sogenaamde
feministe, ensovoorts ensovoorts ad nauseam.
Asof almal behalwe hulle nou nie meer
"terugstaan vir dames nie." Hulle lewe in
'n cloud cuckoo land geskep deur hulle
eie vooroordele en miskonsepsies.

Ek wonder, Johan, kan jy die kere opnoem
wanneer dit volgens die ou etiket-reels eintlik
boers en ongeleerd is om terug te staan
en vir die dame eerste te laat deurgaan?
Daar is meer as een geval.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24191 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> Dis lekker om 'n ou wit omie te wees wat nog hierdie soort van goed doen en goed
> voel daaroor.

Wat wel gebeur, Johan, is dat meeste mans
presies dieselfde doen as jy - die deur vir
dames oophou, ensovoorts, ensovoorts, maar
nie dink dat hulle so spesiaal is nie. Die
ou wit omies staan gewoonlik met 'n smirk
op hulle gesigte ewe met groot gebaar vir
jou en wag om eerste in te gaan, en veroor-
loof hulle dan om jou op en af te eye, want
hulle dink die vroumens skuld hulle nou
iets. Dit irreteer vroumense.

Dit verbaas my ook hoeveel van die wit omies
nie weet dat hulle eerste in die hysbak moet
ingaan, en eerste in 'n restaurant, en eerste
in nog 'n hele klomp plekke, volgens die
tradisionele Britse etiket nie. Ek verduidelik
dit altyd so aan my man en kinders: as julle
my voorstoot, dan beteken dit dat die leeu my
eerste opeet (as daar 'n leeu in die hysbak
is.) Meeste van hierdie dinge is nie vreeslik
belangrik nie, maar dis onvergeeflik om nie
eerste in te stap in 'n restourant nie. Ek
gee nie om om my stoel uit te trek nie, maar
ek hou daarvan as mans voorloop in 'n
eetplek of by konserte. Wanneer ons net vroue
is, doen ek dieselfde: as daar iemand ouer as
ek is, dan baan ek die weg vir hulle. As daar
vroue jonger as ek is, hoop ek dat hulle die
leiding sal neem. Maak natuurlik ook saak wie
die gasheer of gasvrou is.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24192 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Jun 1999 13:54:02 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

|>e...@dot.com (Johan)
|
|> ek's eintlik 'n pro feminis
|
|>iemand
|>wat glo aan gelyke regte, betaling, indiensneming, maar nie behandeling nie.
|
|Slegs Johan kan nie die kontradiksie raaksien nie.

Wel ek is heeltemaal bereid om met die "kontardiksie" saam te leef. Vir my is
dit wonderlik dat Miesies Dole ewe maklik president kan word as Bush. Dat vroue
posiesies van profesionele en verkose leierskap bereik, pla my nie - ek
verwelkom dit - vrouens se bydrae in ons samelewing is baie spesiaal en enige
een wat dit nie erken nie, is 'n "fool".
Maar, ek is nie bereid om op te hou om 'n deur vir 'n dame oop te hou dat sy
eerste kan deurstap nie. Netsoos wat ek dit vir 'n ouer man sal doen. En ek
dink ook nie daar is noodwendig soveel kontradiksie in nie. Basiese respek
teenoor die vrouegeslag hoef nie te verdwyn net omdat hulle gelyke geleenthede
met mans deel nie.

Lyk vir my of jy maar net weer besig is om moeilikheid te soek waar daar nie is
nie.
|
|>Vir my is
|>vroulike siklusse nie iets wat hier op 'n openbare forum bespreek word nie
|
|Maar mans se "vools", "l@t", macho viriliteit en 'n reeks soortgelyke
|verwysings (waaronder 'n grap wat jy self hier vertel het) is wel toelaatbaar.

Ek het nie daardie grappies vertel nie. Dis nie grappies wat ek sou vertel het
voor dames nie.

Lyk vir my of jy maar net weer besig is om moeilikheid te soek waar daar nie is
nie.
|
| >Ek het dit eerder hier met hare wat op jou gesig groei
|
|So what as hare op iemand se gesig groei - vroue inkluis?

...dan gebruik lelike mense sulke behaarde kreature om kinders mee bang te maak
of hulle maak flieks daaroor en noem die goed weerwolwe .....

| Wat in hemelsnaam is
|jou punt?

As jy 'n humorsin gehad het en die hele paragraaf gelees het en minder liggeraak
was, sou jy verstaan het. Jy het ons al vroeër baie duidelik laat verstaan dat
jy nie 'n humorsin het nie - toe dit so breedvoerig bespreek is - so, aanvaar
dus maar dat jy nooi sal verstaan nie.
My plasings is nie vir julle hiperintelekueles bedoel nie - dis vir gewone
mense.

Ek het hier vir Gloudina angespreek en ek het aanvaar sy is slim genoeg om te
weet waarvan ek praat.

=|:^)

Johan
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24193 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes: > @igs.net wrote:
>
>> Sjees Gloudina - was jy nie een van die wat Johan aangeval het
> omdat hy
>> ongelukkig was met die manier waarop sommige Amerikaanse
> Geloofs Groepe
>> (Is ek PC of is ek PC) hulle vrouens behandel nie en dus
> seksistiese
>> teen die vroue sou optree nie? Maar hier skryf jy
> presies dieselfde. So
>> moet ons nou daaruit aflei dat jy daarteen
> mag beswaar maak maar ander
>> mag nie. So is Johan is nie een van jou dom wit omies nie?
>
> Ou Lou, ek dink jy het nie die redenasies
> goed gevolg oor die onderwerp van die
> lot van vroue en die Amish nie. Johan is
> aangeval (nie net deur my nie) omdat hy
> hovaardig dit op homself wou neem om te
> oordeel of Amish-vroue nou onderdruk word.
> Hy het die karakter van die Amish aangeval.

Nou is dit nie presies wat ek hiebo sê nie? Ek dink JY het nie so mooi
die redenasie gevolg nie! S^e jy dus dat die seksisme teen Amish vroue
wat hulle 'op hulle plek hou' dus reg is? Jy het dus die reg om ander
mense van seksisme te beskuldig maar Johan mag nie.? Is dit nou soos in
'n nie wit persoon kan nooit rassisties wees nie? Verduidelik bietjie -
ek verstaan blykbaar nie jou redenasie so mooi nie??

Net so terloops - wanneer gaan jy 'n ordentlike nuusleser kry sodat dit
die lys wys van vorige bydraes op die thread soos in standaard News
Group praktyk? Elke keer as jy pos val jy heeltemal uit die thread uit.
Maar dan val jy in elk geval elke keer uit die bus uit ...
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24194 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , wrote:
> lou writes: > @igs.net wrote:
>
>> Sjees Gloudina - was jy nie een van die wat Johan aangeval het
> omdat hy
>> ongelukkig was met die manier waarop sommige Amerikaanse
> Geloofs Groepe
>> (Is ek PC of is ek PC) hulle vrouens behandel nie en dus
> seksistiese
>> teen die vroue sou optree nie? Maar hier skryf jy
> presies dieselfde. So
>> moet ons nou daaruit aflei dat jy daarteen
> mag beswaar maak maar ander
>> mag nie. So is Johan is nie een van jou dom wit omies nie?
>
>
> Ou Lou, ek dink jy het nie die redenasies
> goed gevolg oor die onderwerp van die
> lot van vroue en die Amish nie. Johan is
> aangeval (nie net deur my nie) omdat hy
> hovaardig dit op homself wou neem om te
> oordeel of Amish-vroue nou onderdruk word.
> Hy het die karakter van die Amish aangeval.
>
> Ek is bevrees ek dink dat Johan 'n wit
> republikeinse omie is. Na aanleiding van
> sy reaksie op die Amish, na aanleiding van
> sy objeksies oor die feit dat Kersfees-
> objekte nie in publieke geboue en inrig-
> tings toegelaat word nie. Ongelukkig het
> die wit republikeinse omies 'n oorwinning
> vandag in die Amerikaanse House of
> Representatives gehad: om die tien
> gebooie in klaskamers op te plak.
> Ek hoop Clinton veto die wet. Dis
> teen die Amerikaanse konstitusie,
> wat voorsiening maak vir die skeiding
> tussen kerk en staat.

Scheiding tussen wapenindustrie en staat lijkt me belangrijker....

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24196 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:

Ek vra nederig om verskoning vir die foutiewe gebruik van die woord
outobiografie - dit moet dus "biografie" wees. Soos Liewe Heksie, moet
ek se ek het 'n bietjie vergeet van die verskil tussen die twee woorde -
ek word ook nie jonger nie..

> Die enigste persoon wat Mandela se outbiografie kan skryf, is Mandela self.
> (Dis wat _outo_-biografie beteken :-)

> (Ek het wel 'n kopie van sy biografie - "Long Walk to Freedom". Ek het dit
> selfs gelees, en haal soms daaruit aan :-)

Jy is my een voor - hier kry mens nie meer 'n kopie nie - uitverkoop.
Het jy dalk al jou outobiografie geskryf? Ek sou dit graag wou lees...

Groete
Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24197 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , wrote:
> e...@dot.com (Johan) writes:
>
>> Vat byvoorbeeld die politieke korrekte manier om in Amerika
> nie meer iemand 'n
>> geseende Kersfees toe te wens nie.
>
>
> Johan, dis mense soos jy wat die mite
> skep dat mense in die VSA nie meer
> vir mekaar geseende Kersfees kan toewens
> nie. Die mense in die VSA is vry om
> vir mekaar toe te wens wat hulle wil.
> MAAR, in skole waar die kinders uit
> diverse kulture en godsdienste kom,
> is dit onvanpas as die juffrou en die
> meneer net van Kersfees praat.

Is er niet net een wet in de USA aangenomen die scholen verplicht om de
Tien Geboden op te hangen?
Let wel, met als argumentatie oa de schietpartijen op scholen....terwijl
datzelfde parlement een wet voor strengere wapenwetgeving heeft weten te
voorkomen.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24198 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> ek's eintlik 'n pro feminis

> iemand
> wat glo aan gelyke regte, betaling, indiensneming, maar nie behandeling nie.

Slegs Johan kan nie die kontradiksie raaksien nie.

> Vir my is
> vroulike siklusse nie iets wat hier op 'n openbare forum bespreek word nie

Maar mans se "vools", "l@t", macho viriliteit en 'n reeks soortgelyke
verwysings (waaronder 'n grap wat jy self hier vertel het) is wel toelaatbaar.

>Ek het dit eerder hier met hare wat op jou gesig groei

So what as hare op iemand se gesig groei - vroue inkluis? Wat in hemelsnaam is
jou punt?
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24199 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Jun 1999 14:32:17 GMT, wrote:
| Ek lag so vir die feit dat "om dames
| ee ********....snip - snip (alles net driwwel) ....************deur hulle
| eie vooroordele en miskonsepsies.
|
| Ek wonder, Johan, kan jy die kere opnoem
| wanneer dit volgens die ou etiket-reels eintlik

ek weet nie waarvan jy praat nie....?

| boers en ongeleerd is om terug te staan
| en vir die dame eerste te laat deurgaan?

As ek laaste in 'n vol hysbak ingestap het, stap ek eerste uit, ongeag wie
daarin is en wil uitkom.
As dit makliker is om 'n deur vir 'n vrou "van buite" oop te hou is dit baie
keer beter om eers uit te stap en dan die deur vir haar oop te hou om deur te
kom.

Dis lekker om 'n ou wit omie te wees wat nog hierdie soort van goed doen en goed
voel daaroor.

=|:^)

Johan
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24200 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , wrote:
> e...@dot.com (Johan ) writes:
>
>> ...die een wat alwetend is oor Amerika maak alweer haar naam tottie -
>> die skeiding tussen kerk en staat was bedoel om die stelsel wat in
>> Engeland was, te voorkom, waar die kerk die staat was en ook andersom.
>>
>> Dit het geensinds ten doel gehad om godsdiens uit die skole en
>> openbare plekke te hou nie. Die Amerikaanse konstitusie waarborg vrye
>> godsdiensbeoefening, vir ALMAL, nie net nie-Christene nie.
>
>
> Wel, ou Johan, ek sal nou maar nie begin
> om vir jou te verduidelik wat die Amerikaanse
> konstitusie waarborg en hoeveel kere dit al
> deur die Amerikaanse Hoogsgeregshof ondersteun
> is teen die aanvalle van die wit "Christelike"
> omies nie. Ek het, toe ek nog student was op
> Stellenbosch, die Amerikaanse konstitusie
> punt vir punt in die oorspronklike Engels van
> daardie tyd deurgewerk. En van daardie tyd
> af was ek 'n student en bewonderaar van die
> Amerikaanse konstitusie en sy amendemente.

Waren het niet de amendementen die de laatste poging tot strengere
wapenwetgeving heeft gedwarsboomd, zodat zelfs democraten uiteindelijk
tegen moesten stemmen?

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24218 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> Ek probeer maar op my stupid manier al die goeie maniere uithaal wat
> my ma my geleer het en wat ek in ettiket boeke gesien het, en as vroue
> nie daarvan hou nie, hoef hulle net te sê, dan verander ek hoe ek
> optree - dis hulle voorreg om ander gedrag te vra, want hulle is aan
> die ontvangkant.

My punt is nog steeds: Waar kom dit
vandaan dat vroumense kwaad word as
mans deure vir hulle oophou? Ek het
gister vir my man uitgevra oor die
verskynsel, en hy verklaar dat hy in
sy lewe nog nooit in die gesig gevat
is deur 'n vrou wat nie wil hê dat
hy beleefd die deur vir haar oophou
of die stoel vir haar uittrek nie.
So al wat ek kan dink is dat dit een
van hierdie male chauvinist pig
urban legends is dat vroumense nou
skielik objekteer as mans deur vir
hulle oophou. Waaroor ek en ander
vroue objekteer, is as 'n man op 'n
vreeslike oordadige manier sy
attensies op my afdruk, onder die
dekmantel dat hy nou so beleefd die
deur vir my oophou of die stoel vir my
uittrek.

Gloudina
Vorige onderwerp: Gloudina beweer sy is 'n "dame"
Volgende onderwerp: Re: "hou van het leven" van André van Duin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 06:54:48 MGT 2024