Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » The Long Walk of Nelson Mandela
The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24013 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 16 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote

> weeklikse
> huurkoopgeld in te win vir 'n plaaslike meubelwinkel. Die oorgrote meerderheid
> van die spesifieke winkel se kliënte was plaaswerkers, en Vrydae en
> Saterdagoggende het ek tussen tien en vyftien plase besoek. In die drie maande
> wat ek hierdie onsmaaklike werk gedoen het>
>
> Dit my liewe vriende was die werklikheid.

Gisteraand was ons bevoorreg genoeg om die laaste episode van die reeks
oor Nelson Mandela te sien - ek is gebore kort voordat hy tronk toe
gestuur is en al wat ek van hom geweet het, was dat hy 'n "moordenaar,
terroris en saboteur" was, hoogs gevaarlik en dat ons almal baie veilig
kon slaap sedert hy in die tronk opgesluit was. Vir jare het ons nooit
van hom gehoor nie en self het ek nie juis verstaan of selfs
bevraagteken wat hy nou eintlik gedoen het nie. Ek het so grootgeword
en soos 'n goeie dogter aanvaar wat ek deur die grootmense vertel is -
en alles geglo want dit was ook in die geskiedenisboeke op skool wie
die ANC was en hoe gevaarlik hulle is.

Wanneer 'n mens so grootword, met al die vooroordele in jou ingeburger,
en natuurlik niks van die ander kant af hoor of sien om jou begrip uit
te brei nie, dan is dit maklik om te sien hoe die dinge wat jy hierbo
beskryf, kon gebeur. Dit was ongelukkig die werklikheid, van die ander
kant af gesien. Self het ek dit ook gesien (en dit het beslis nie
gehelp om te probeer keer nie - ek het self net ook 'n klap gekry) - en
ek is seker baie ander mense het dieselfde ondervinding gehad. Dit was
hoe hulle (die plaaseienaars) grootgeword het en die behandeling is
deur hulle vaders en voorvaders toegepas. Natuurlik is dit nie 'n
verskoning nie - maar dit is die enigste soort "straf" wat hulle geken
het. En die soort werk wat jy gedoen het, was natuurlik nie baie
gewild nie.

Gisteraand het ek vir die eerste keer werklik verstaan en besef hoe
absoluut blind ek self was, en hoe ek self verkeerdelik vooroordele
gevorm het op grond van dit wat ek gehoor en gelees en op TV gesien
het. Ek besef nou hoe geslaagd die propagandamasjien in SA was. Ek is
nie links nie, en sekerlik ook nie regs nie en ek probeer hier nie
politieke stellings maak nie. Nelson Mandela is voorwaar 'n wonderlike
mens (die program was nie net van een kant af gesien nie, maar baie
gebalanseerd en het met almal, vriend en vyand, gepraat). Ek wens ek
kon die voorreg he om hom te ontmoet. En as hy (wat soveel rede het om
te haat en wraak te neem) kon vergewe en vergeet, dan is dit tyd dat
ons almal dit nou probeer doen.

En soos dikwels tevore, maar vir die eerste keer werklik ernstig, het
ons onsself afgevra: hoe sou SA vandag gelyk het as daar nooit enige
gedagte of wette van apartheid was nie? Sou 'n natuurlike segregasie
ook ingetree het soos in so baie ander lande, of sou almal in vrede
saamgeleef het? Daar is, volgens wat ek kan sien, nie werklik enige
land wat 'n perfekte rolmodel is vir rasseharmonie nie. Ek wonder of
SA so 'n land kon gewees het.

Ja, as... Maar as is verbrande hout, en nou moet ons maar met die
werklikheid leef, soos dit aan ons uitgedeel is. Al wat ons kan doen,
is om dit beter te probeer maak.

Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24014 is 'n antwoord op boodskap #24013] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
roy...@my-deja.com wrote:
>
> Gisteraand het ek vir die eerste keer werklik verstaan en besef hoe
> absoluut blind ek self was, en hoe ek self verkeerdelik vooroordele
> gevorm het op grond van dit wat ek gehoor en gelees en op TV gesien
> het. Ek besef nou hoe geslaagd die propagandamasjien in SA was.

Dink jy die huidige een is minder geslaagd?

> Ek is
> nie links nie, en sekerlik ook nie regs nie en ek probeer hier nie
> politieke stellings maak nie. Nelson Mandela is voorwaar 'n wonderlike
> mens (die program was nie net van een kant af gesien nie, maar baie
> gebalanseerd en het met almal, vriend en vyand, gepraat).

Hmmmmm...... Vergewe my as ek voorbehoude het. Hy is verlede jaar nog
deur 'n hof beoordeel as 'n getuie wie se getuienis nie geglo kan word
nie.

> Ek wens ek
> kon die voorreg he om hom te ontmoet. En as hy (wat soveel rede het om
> te haat en wraak te neem) kon vergewe en vergeet, dan is dit tyd dat
> ons almal dit nou probeer doen.

Nee. Vergewe as jy wil. Moet nooit vergeet nie.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24016 is 'n antwoord op boodskap #24013] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> Leendert van Oostrum writes:
>
>> Hmmmmm...... Vergewe my as ek voorbehoude het. Hy is verlede jaar nog
>> deur 'n hof beoordeel as 'n getuie wie se getuienis nie geglo kan word
>> nie.
>
>> Nee. Vergewe as jy wil. Moet nooit vergeet nie.
>
> Siedaar, Leendert van Oostrum en sy agenda:
> Om Mandela te beswadder sover hy kan,

Nee, wat. Nie beswadder nie. Net bietjie balans behou as almal so in
beswyming gaan heldeverering vir iemand wat pers lot van rekening
steeds 'n ongerehabiliteerde geweldsmisdadiger is.

En dis nie ek wat sê hy het gelieg nie. Dis 'n hoë hof wat 'n "adverse
credibility finding" oor hom gemaak het.

Kan jy jou dit voorstel? Die staatshoof - "adverse credibility finding"

> om STIL TE BLY of WEG TE PRAAT alles wat
> vir Mandela vir 26 jaar in die steengroewe
> van Robbeneiland gehou het.

Mandela se geweldsmisdade, waarvoor hy skuldig bevind en gevonnis is,
het hom vir 27 jaar in die tronk laat sit. En mag ek jou herinner dat
selfs Amnesty International hom nie as "prisoner of conscience" wou
klassifiseer nie (ten spyte van groot druk om dit wel te doen).

> Waar Mandela
> vir die outoriteite onder andere aangevra
> het dat hulle vir hom die GROOT VERSEBOEK
> moet laat kry. (Volgens 'n berig in een
> van die Boekewerelde wat ek hier het.Hulle
> verwys na sy korrespondensie.)

Dit verbaas my geensins nie. Mandela het LLB geswot deur Unisa terwyl
hy in die tronk was. Een van die verpligte vakke was (in daardie jare
nog) Afrikaans I. Hy moes klaarblyklik die voorgeskrewe boeke daarvoor
bekom.

Nee wat, Gloudina. 'n Bestelling vir 'n Afrikaanse bloemlesing sal my
nie laat swymel van bewondering vir 'n skelm ou Fingo nie.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24019 is 'n antwoord op boodskap #24016] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum writes:

> Hmmmmm...... Vergewe my as ek voorbehoude het. Hy is verlede jaar nog
> deur 'n hof beoordeel as 'n getuie wie se getuienis nie geglo kan word
> nie.

> Nee. Vergewe as jy wil. Moet nooit vergeet nie.

Siedaar, Leendert van Oostrum en sy agenda:
Om Mandela te beswadder sover hy kan, en
om STIL TE BLY of WEG TE PRAAT alles wat
vir Mandela vir 26 jaar in die steengroewe
van Robbeneiland gehou het. Waar Mandela
vir die outoriteite onder andere aangevra
het dat hulle vir hom die GROOT VERSEBOEK
moet laat kry. (Volgens 'n berig in een
van die Boekewerelde wat ek hier het.Hulle
verwys na sy korrespondensie.)

Gloudina.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24044 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum writes:

>
> Nee wat, Gloudina. 'n Bestelling vir 'n Afrikaanse bloemlesing sal my
> nie laat swymel van bewondering vir 'n skelm ou Fingo nie.

Ja, maar die skelm ou Fingo is 'n man,
en jy is 'n muis. Die skelm ou Fingo
word elke dag 'n paar maal op CNN se
Voices of the Millenium gewys as een
van die "ikone" van hierdie eeu. En
waar is jou helde nou - Verwoerd,
P.W. Botha (onder huisarres)? Wie is
jou nuwe helde, ou Leendert. Vertel
dit vir my.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24045 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> Leendert van Oostrum writes:
>
>>
>> Nee wat, Gloudina. 'n Bestelling vir 'n Afrikaanse bloemlesing sal my
>> nie laat swymel van bewondering vir 'n skelm ou Fingo nie.
>
> Ja, maar die skelm ou Fingo is 'n man,

'n Man?

'n Staatshoof wat soos 'n lui klerk staatsdiensklerk lieg as hy gevra
word of hy die administratiewe takies uitgeover het waarvoor hy betaal
word? Onder eed, in 'n hof?

Net om sy bas te red?

> en jy is 'n muis.

Maar ek's 'n dapper muis! Ek vra waar's die koning se klere!

> Die skelm ou Fingo
> word elke dag 'n paar maal op CNN se
> Voices of the Millenium gewys as een
> van die "ikone" van hierdie eeu.

Ah! Nou verstaan ek. Jy verwar roem met manlikheid en eer met
eerlikheid.

En jy verstaan nie van ikone nie. Jy verwar die denotatiewe met die
konnotatiewe.

> En
> waar is jou helde nou - Verwoerd,
> P.W. Botha (onder huisarres)?

Ek weet nie juis dat enige van hulle ooit vir my "helde" was/is nie. Ek
dink wel albei van hulle het bepaalde waardevolle dinge gedoen. Soos
Mandela ook. En bepaalde skelm dinge gedoen. Soos Mandela ook (maar nie
so blatant nie).

En nee, ou PW is of was nooit onder enige vorm van arres nie (miskien
dink jy aan Vorster wat geïnterneer was). Om die waarheid, te sê, die
ou is op appèl onskuldig bevind op alle aanklagte teen hom.

Miskien is dit jammer vir jou. Siende jou bewondering vir tronkvoëls,
sou dit hom miskien so ietsie laat styg het in jou aansien?

> Wie is
> jou nuwe helde, ou Leendert. Vertel
> dit vir my.

Hmmmm.... Enige outjie of vroutjie wat ten spyte van CNN nog kan
onderskei tussen roem en waarheid.

Vriendelike groete,

Die muis met 'n neus vir skynheiligheid.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24046 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Jun 1999 02:25:10 GMT, wrote:

| Ja, maar die skelm ou Fingo is 'n man,
| en jy is 'n muis. Die skelm ou Fingo
| word elke dag 'n paar maal op CNN se
| Voices of the Millenium gewys as een
| van die "ikone" van hierdie eeu.

Ikone hang in Russiese en Griekse kerke - ek het nog nie een van hulle
gesien regkry om 'n land goed te regeer nie.

CNN is ook nou nie juis die end-all en be-all van gesaghebbendes nie.
Maar nou ja, dis seker maar "populere opinie"?

| En
| waar is jou helde nou - Verwoerd,
| P.W. Botha (onder huisarres)?

Sy apel het lankal geslaag en hy is vrygespreek, Gloudina. Jy's
alweer effe "agter" met die nuus, né! :-)

Die BBC se opinion poll wys dat 44% dink Mandela was 'n goeie leier en
56% dink hy was nie. Ek dink Mandela is soos 'n Tretshikoff skildery
- jy hou of van hom of jy hou nie van hom nie.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent, buitenaardse
wezens of enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
neer te sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
nasie, land, kontinent, buitenaardse wezens of enige ander ongenoemde groep nie.
Laaste het dit ook nie ten doel om akademiese proefskrifte te wees nie - meerderwaardige
kritiek is dus onvanpas.

=|:^)

Johan
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24047 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Leendert van Oostrum writes:
>
>>
>> Nee wat, Gloudina. 'n Bestelling vir 'n Afrikaanse bloemlesing sal my
>> nie laat swymel van bewondering vir 'n skelm ou Fingo nie.
>
> Ja, maar die skelm ou Fingo is 'n man,
> en jy is 'n muis. Die skelm ou Fingo
> word elke dag 'n paar maal op CNN se
> Voices of the Millenium gewys as een
> van die "ikone" van hierdie eeu. En
> waar is jou helde nou - Verwoerd,
> P.W. Botha (onder huisarres)?

Is PW Botha onder huisarres? Waarvoor? Maar dan weet Gloudina als wat in
SA aangaan.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24049 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote:
>
> In article ,
> wrote:
>> Leendert van Oostrum writes:
>>
> En dis nie ek wat sê hy het gelieg nie. Dis 'n hoë hof wat 'n "adverse
> credibility finding" oor hom gemaak het.
>
> Kan jy jou dit voorstel? Die staatshoof - "adverse credibility finding"

Leendert - kan jy vir ons daai berig pos - ek is seker ons vriend Ferdi
sal ook belang stel :)
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24050 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
lo...@hotmail.dinges.com wrote:
> @igs.net wrote:
>>
>> Leendert van Oostrum writes:
>>
>>>
>>> Nee wat, Gloudina. 'n Bestelling vir 'n Afrikaanse bloemlesing sal my
>>> nie laat swymel van bewondering vir 'n skelm ou Fingo nie.
>>
>> Ja, maar die skelm ou Fingo is 'n man,
>> en jy is 'n muis. Die skelm ou Fingo
>> word elke dag 'n paar maal op CNN se
>> Voices of the Millenium gewys as een
>> van die "ikone" van hierdie eeu. En
>> waar is jou helde nou - Verwoerd,
>> P.W. Botha (onder huisarres)?
>
> Is PW Botha onder huisarres? Waarvoor? Maar dan weet Gloudina als wat in
> SA aangaan.
>

Dis seker haar familie en vriende wat haar sulke goeie inlingting voer.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24051 is 'n antwoord op boodskap #24016] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
lo...@hotmail.dinges.com wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>>
>> In article ,
>> wrote:
>>> Leendert van Oostrum writes:
>>>
>> En dis nie ek wat sê hy het gelieg nie. Dis 'n hoë hof wat 'n "adverse
>> credibility finding" oor hom gemaak het.
>>
>> Kan jy jou dit voorstel? Die staatshoof - "adverse credibility finding"
>
> Leendert - kan jy vir ons daai berig pos - ek is seker ons vriend Ferdi
> sal ook belang stel :)
>

Gaan lees die uitspraak van die Grondwetlike hof oor die aansoek van
Luyt dat vyf regters hulself van die saak moet onttrek. Dis op Wits se
regsfakulteit se webblad

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24061 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 18 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 18 Jun 1999 10:38:09 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

|On Thu, 17 Jun 1999 04:29:00 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
|
|
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24062 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 18 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 16 Jun 1999 05:06:34 GMT, roy...@my-deja.com wrote:

werklikheid leef, soos dit aan ons uitgedeel is. Al wat ons kan doen,[/color]
> is om dit beter te probeer maak.>>

Die "thread" wat uit jou pos ontstaan het, is seker interresant vir
jou.

Dit wys nogal n heersende "state of mind" onder n sekere groep mense.

Veral hulle houding teenoor dinge soos aanvaarding en versoening.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24063 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 18 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 17 Jun 1999 08:57:00 +0200, lou wrote:

sal ook belang stel :) >>[/color]

Lou ek sien jou leier is nou in die Parlement.
Was seker n trotse dag vir jou toe Dik Louis daar inloop met sy drie
setels.

Pos gerus die uitspraak.
Pos gerus al die uitsprake in die saak, ook die finale een.

Maar nou dat ons daaroor praat, was dit nie jy laas wat gese het die
saak se uitspraak in "finaal" nie?
Was dit nie jy wat niks wou weet van die idee dat die saak eers klaar
is as die laaste hof daaroor uitspraak gegee het nie?

En hier maak jy jou nou reg om breed te gaan sit op n verdere
uitspraak!!

Maar pos die uitspraak asb. hier.
Laat ons dit ten volle kan lees in plaas van "one liners" van iemand
wat wat gelees het.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24064 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 18 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 17 Jun 1999 04:29:00 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24065 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 18 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Thu, 17 Jun 1999 08:57:00 +0200, lou
> wrote:
>
> Ferdi
>> sal ook belang stel :) >>
>
> Lou ek sien jou leier is nou in die Parlement.
> Was seker n trotse dag vir jou toe Dik Louis daar inloop met sy drie
> setels.

Seker vir jou 'n bitter pil gewees om te sluk ne? En ek sien jou leier
is nie :) en ek sien jy lieg nog maar steeds soos altyd.

>
> Pos gerus die uitspraak.
> Pos gerus al die uitsprake in die saak, ook die finale een.
>
> Maar nou dat ons daaroor praat, was dit nie jy laas wat gese het die
> saak se uitspraak in "finaal" nie?
> Was dit nie jy wat niks wou weet van die idee dat die saak eers klaar
> is as die laaste hof daaroor uitspraak gegee het nie?

Ag sjym Ferdi - lyk my jy vergeet vreeslik gou. Ek herhaal wat ek toe
gesê het. "Die uitspraak van die saak staan totdat die Appel hof sy
uitspraak gelewer het." Maar terwyl ons nou daaroor praat :) - waar het
ek gesê die uitspraak is finaal?

>
> En hier maak jy jou nou reg om breed te gaan sit op n verdere
> uitspraak!!

Ek het niks ge^e van 'n verdere uitspraak nie. Lyk my jou leesvermoe"e
gaan nou met rase skrede agteruit. (Sien vorige poste die week).

Maar die noem van Dik Louis en die Ou Man se hofsaak laat Ferdi soos 'n
klein foksterrier'tjie reageer wat 'n kat gesien het. Hy weet nie of hy
moet blaf, hol of piepie of sommer al drie tergelyk nie!
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24070 is 'n antwoord op boodskap #24016] Sa, 19 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Jun 1999 16:06:11 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

'n "goeie Christenmens" was, 'n "voorbeeldige gesinsman" en 'n[/color]
> "volksleier".)
>
> Nou het ons hierdie wonderlike era waarin elkeen kan dink soos hy goeddink,
> en die beste van alles: Almal respekteer elkeen se reg om te dink soos hy
> wil!
>
> En die pragtigste van alles is hoe daardie Afrikaners wat vroeër vir
> "andersdenkendes" uitgekryt en uitgewerp is ons vandag almal voorgaan deur
> Afrikaners aan te moedig om hul eie gedagtes te dink en volgens hul eie
> oortuiging op te tree! Hulle is tog so 'n goeie voorbeeld van hoe om die reg
> op vrye mening te respekteer!
>
> Hulle demonstreer daagliks vir ons hoe om te AANVAAR en te VERSOEN, sommer
> so binne die ou volkskringetjie. Daarmee demonstreer hulle so mooi vir ons
> hoe mens die volgende stappie kan neem en KRUISKULTUREEL kan aanvaar en
> versoen!>>>

Hoekom klink jy dan soos n Broederbond geskrewe hoofartikel vol "kode"
en skuins verwysings?
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24071 is 'n antwoord op boodskap #24016] Sa, 19 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Wed, 16 Jun 1999 05:06:34 GMT, roy...@my-deja.com wrote:
>
> > werklikheid leef, soos dit aan ons uitgedeel is. Al wat ons kan doen,
>> is om dit beter te probeer maak.>>
>
> Die "thread" wat uit jou pos ontstaan het, is seker interresant vir
> jou.
>
> Dit wys nogal n heersende "state of mind" onder n sekere groep mense.
>
> Veral hulle houding teenoor dinge soos aanvaarding en versoening.
>

Btw, heeft Mbeki onlangs werkelijk gezegd dat armoede bestreden moet
worden, zodat mensen niet meer *gedwongen* worden te bedelen, stelen en
moorden, omdat anders hun gezin omkomt van de honger?

Met dat 'gedwongen' & 'moorden' heeft'ie misschien een eeuwigdurende
verzoeningskommissie in gedachten....en de weerstand tegen de doodstraf
klinkt ook een beetje hol zo....het een afkeuren en het ander
vergoeilijken....

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24072 is 'n antwoord op boodskap #24016] Sa, 19 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 18 Jun 1999 12:55:55 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

Greyling) wrote:[/color]
>
> |On Thu, 17 Jun 1999 04:29:00 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
> |
> | jy maar lui om jou eie navorsing te doen né.
>
> Gaan kyk self by
>
> http://news1.thdo.bbc.co.uk/hi/english/talking_point/default .asp >>

Ek het toe - soos n goeie joernalis - gaan kyk.
En dit lyk my Johan, jy het die kat heeltemal aan die gat beet. En jy
verstaan ook nie - lyk dit my - die ding van n verteenwoordigende
peilings nie. En die een van geografiese of media-konteks nie!

Wat dit eintlik is, is die BBC wat op hulle site aan mense wat daar
uitkom, vra hulle moet gou stem oor ....."Is Nelson Mandela the
greatest leader the world has known? "

Bietjie anders as "dink hulle hy was n goeie leier", of hoe?
En dan net die op die Internet wat by daai deel van die BBC se site
uitkom. En die moeite doen om te stem.

(By the way: Toe ek nou-nou gaan kyk het, het 49% gedink hy is wel.)
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24073 is 'n antwoord op boodskap #24016] Sa, 19 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 18 Jun 1999 16:27:34 +0200, lou wrote:
.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24074 is 'n antwoord op boodskap #24016] Sa, 19 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Wed, 16 Jun 1999 05:06:34 GMT, roy...@my-deja.com wrote:
>
> > werklikheid leef, soos dit aan ons uitgedeel is. Al wat ons kan doen,
>> is om dit beter te probeer maak.>>
>
> Die "thread" wat uit jou pos ontstaan het, is seker interresant vir
> jou.
>
> Dit wys nogal n heersende "state of mind" onder n sekere groep mense.
>
> Veral hulle houding teenoor dinge soos aanvaarding en versoening.
>

Hmmm......

Dis wat so lekker is daarvan om deesdae 'n Afrikaner te wees. Daar is soveel
verskillende menings oor alles!

En die nare ou dae is verby toe die meningsmafia ons almal in een keurslyfie
probeer indwing het - dat almal dieselfde moes dink oor alles (onthou?
Broederbond wat die goedgekeurde menings "deurgegee" het, veldskole wat die
jeug daarin geskool het, ens. Die tyd toe 'n Minister nog per definisie ook
'n "goeie Christenmens" was, 'n "voorbeeldige gesinsman" en 'n
"volksleier".)

Nou het ons hierdie wonderlike era waarin elkeen kan dink soos hy goeddink,
en die beste van alles: Almal respekteer elkeen se reg om te dink soos hy
wil!

En die pragtigste van alles is hoe daardie Afrikaners wat vroeër vir
"andersdenkendes" uitgekryt en uitgewerp is ons vandag almal voorgaan deur
Afrikaners aan te moedig om hul eie gedagtes te dink en volgens hul eie
oortuiging op te tree! Hulle is tog so 'n goeie voorbeeld van hoe om die reg
op vrye mening te respekteer!

Hulle demonstreer daagliks vir ons hoe om te AANVAAR en te VERSOEN, sommer
so binne die ou volkskringetjie. Daarmee demonstreer hulle so mooi vir ons
hoe mens die volgende stappie kan neem en KRUISKULTUREEL kan aanvaar en
versoen!

Vriendelike groete,

Leendert (dit sal die bleddie dag wees!)
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24075 is 'n antwoord op boodskap #24016] Sa, 19 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Sat, 19 Jun 1999 16:06:11 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> > 'n "goeie Christenmens" was, 'n "voorbeeldige gesinsman" en 'n
>> "volksleier".)
>>
>> Nou het ons hierdie wonderlike era waarin elkeen kan dink soos hy goeddink,
>> en die beste van alles: Almal respekteer elkeen se reg om te dink soos hy
>> wil!
>>
>> En die pragtigste van alles is hoe daardie Afrikaners wat vroeër vir
>> "andersdenkendes" uitgekryt en uitgewerp is ons vandag almal voorgaan deur
>> Afrikaners aan te moedig om hul eie gedagtes te dink en volgens hul eie
>> oortuiging op te tree! Hulle is tog so 'n goeie voorbeeld van hoe om die reg
>> op vrye mening te respekteer!
>>
>> Hulle demonstreer daagliks vir ons hoe om te AANVAAR en te VERSOEN, sommer
>> so binne die ou volkskringetjie. Daarmee demonstreer hulle so mooi vir ons
>> hoe mens die volgende stappie kan neem en KRUISKULTUREEL kan aanvaar en
>> versoen!>>>
>
> Hoekom klink jy dan soos n Broederbond geskrewe hoofartikel vol "kode"
> en skuins verwysings?
>

Want dis presies wat _nie_ gebeur nie. Die meningsmafia is weereens met
ons. En sê ons weereens voor hoe ons moet dink om politiek korrek te
wees.

En die ironie is dat die groot honde van die meningsmafia juis daardie
mense is wat voorgee dat hulle vryheid van denke en spraak voorstaan -
dikwels dieselfde mense wat hoog opgee oor hoe hulle in 'n vorige
bedeling "andersdenkend" was.

Is dit nou beter?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24076 is 'n antwoord op boodskap #24016] Sa, 19 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rosenveer  is tans af-lyn  rosenveer
Boodskappe: 6
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Junior Lid
lou wrote in article
...
> Ferdi Greyling wrote:
>
> Ag sjym Ferdi - lyk my jy vergeet vreeslik gou. Ek herhaal wat ek toe
> gesê het. "Die uitspraak van die saak staan totdat die Appel hof sy
> uitspraak gelewer het." Maar terwyl ons nou daaroor praat :) - waar het
> ek gesê die uitspraak is finaal?
.

> Maar die noem van Dik Louis en die Ou Man se hofsaak laat Ferdi soos 'n
> klein foksterrier'tjie reageer wat 'n kat gesien het. Hy weet nie of hy
> moet blaf, hol of piepie of sommer al drie tergelyk nie!

===============================
Now now boys, kom ons hou dinge koel. Moet
nie so driftig raak nie.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24083 is 'n antwoord op boodskap #24016] So, 20 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

Die "thread" wat uit jou pos ontstaan het, is seker interresant vir
> jou.
>
> Dit wys nogal n heersende "state of mind" onder n sekere groep mense.
>
> Veral hulle houding teenoor dinge soos aanvaarding en versoening.

Interessant, ja. Maar ook teleurstellend. Want ek het nie Mandela se
leierskap probeer besing nie, of probeer se dat hy sonder foute is nie
(wys my 'n politieke leier sonder foute en een wat nie lekker lieg om
homself te red nie). Ek het die "ander kant" gesien, vir die eerste
keer sonder dat die program sy politieke vyande probeer besmeer het
deur allerhande beskuldigings te maak, in my opinie 'n heel
gebalanseerde program. En 'n man wat vir 27 jaar in die tronk kon sit
en dan kon uitstap en vir P.W. Botha 'n "gentleman" noem omdat hy hom
met uitgestrekte hand begroet het by hul eerste ontmoeting, dis 'n man
wat my bewondering afdwing. Selfs al het ek nie geweet hulle praat van
Nelson Mandela nie, sou dit my vreeslik beindruk het. Geen haat of
wraakgedagtes of vergelding nie - net die beste vir sy mense voorop in
sy gedagtes. Nie sy eie lyding nie. En een wat op sy eie manier, met
so min tot sy beskikking, en teen die wense van sy mede-gevangenes, kon
onderhandel sodat sy mense bevoordeel word - dit se vir my dat hy
wel 'n uitstekende staatsman is en dat hy in daardie opsig ons
bewondering verdien.

En ek wens ek kon hom ontmoet sodat ek my vingers in sy wonde kon druk
(soos Thomas) en self kon seker maak dat hy is soos hy in die program
geskilder is. Want die ongelowiges onder ons sal maar altyd wonder.

Groete
Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24084 is 'n antwoord op boodskap #24016] So, 20 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
roy...@my-deja.com wrote:
> In article ,
> ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
>
> Die "thread" wat uit jou pos ontstaan het, is seker interresant vir
>> jou.
>>
>> Dit wys nogal n heersende "state of mind" onder n sekere groep mense.
>>
>> Veral hulle houding teenoor dinge soos aanvaarding en versoening.
>
> Interessant, ja. Maar ook teleurstellend.

Stel dit jou teleur dat almal nie met jou saamstem nie? Dink jy dit is
'n fout?

> Want ek het nie Mandela se
> leierskap probeer besing nie, of probeer se dat hy sonder foute is nie
> (wys my 'n politieke leier sonder foute en een wat nie lekker lieg om
> homself te red nie).

Nee jy het nie. Jy het meer gedoen. Soos bevestig deur die stukkie
hieronder, wat ek beplan om te raam!

> Ek het die "ander kant" gesien, vir die eerste
> keer sonder dat die program sy politieke vyande probeer besmeer het
> deur allerhande beskuldigings te maak, in my opinie 'n heel
> gebalanseerde program. En 'n man wat vir 27 jaar in die tronk kon sit
> en dan kon uitstap en vir P.W. Botha 'n "gentleman" noem omdat hy hom
> met uitgestrekte hand begroet het by hul eerste ontmoeting, dis 'n man
> wat my bewondering afdwing.
> Selfs al het ek nie geweet hulle praat van
> Nelson Mandela nie, sou dit my vreeslik beindruk het.

Wat nou vir _my_ interessant is, is dat Mandela se oordeel van Botha
getel word tot die krediet van Mandela, terwyl dit oënskynlik nie vrae
laat ontstaan oor die algemene verguising van Botha nie.

(m.a.w. - as Mandela dink Botha is 'n "gentleman", dwing dit by ons
bewondering af vir Mandela eerder as vir Botha. Merkwaardig!)

> Geen haat of
> wraakgedagtes of vergelding nie -

Al wat dit wys is dat hy 'n goeie soldaat is. Jy kry presies dieselfde
tussen voormalige vyande wat nou saam in die weermag dien. Een openbare
voorbeeld hiervan is die houding van die familie van Nyanda, die
weermaghoof, oor amnestie vir die mense wat sy broer vermoor het. Hulle
beskou die moord op hul broer as 'n logiese aspek van die stryd waarin
hy hom begewe het, en staan daarom nie amnestie teen nie.

> net die beste vir sy mense voorop in
> sy gedagtes. Nie sy eie lyding nie. En een wat op sy eie manier, met
> so min tot sy beskikking, en teen die wense van sy mede-gevangenes, kon
> onderhandel sodat sy mense bevoordeel word - dit se vir my dat hy
> wel 'n uitstekende staatsman is en dat hy in daardie opsig ons
> bewondering verdien.

Ek dink nie Mandela se vaardighede as politikus was nog ooit in gedrang
nie. Maar ek dink nie dit weeg juis op teen die politieke kragtoer van
'n FW de Klerk om _sy_ kieserskorps te oortuig om hom te steun in waty
hy gedoen het nie.

>
> En ek wens ek kon hom ontmoet sodat ek my vingers in sy wonde kon druk
> (soos Thomas) en self kon seker maak dat hy is soos hy in die program
> geskilder is. Want die ongelowiges onder ons sal maar altyd wonder.

Die krag van die ikoon darem! (En die krag van die TV-medium.) Jy sal
my vergewe as ek, in die lig van hierdie stelling, bietjie wonder oor
hoe eerlik jy is as jy hierbo verklaar: "Want ek het nie Mandela se
leierskap probeer besing nie, of probeer se dat hy sonder foute is nie"

Hierdie stukkie gaan ek raam!

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24095 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan) wrote:
> On Sat, 19 Jun 1999 22:42:42 GMT, Leendert van Oostrum

> wrote:
>
> |Want dis presies wat _nie_ gebeur nie. Die meningsmafia is weereens met
> |ons. En sê ons weereens voor hoe ons moet dink om politiek korrek te
> |wees.
> |
> Jy kla daaroor terwyl dit presies beskryf wat jy hier op die ng doen. Jy is een
> ou wat groot onverdraagsaamheid toon teenoor die opinies wat ander hier
> uitspreek.

Hmmm.. Net teenoor opinies wat hooghartig en neerbuigend is.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24096 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Jun 1999 22:42:42 GMT, Leendert van Oostrum wrote:

|Want dis presies wat _nie_ gebeur nie. Die meningsmafia is weereens met
|ons. En sê ons weereens voor hoe ons moet dink om politiek korrek te
|wees.
|
Jy kla daaroor terwyl dit presies beskryf wat jy hier op die ng doen. Jy is een
ou wat groot onverdraagsaamheid toon teenoor die opinies wat ander hier
uitspreek.

=|:^)

Johan
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24097 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Fri, 18 Jun 1999 16:27:34 +0200, lou
> wrote:
> .
> soos 'n
>> klein foksterrier'tjie reageer wat 'n kat gesien het. Hy weet nie of hy
>> moet blaf, hol of piepie of sommer al drie tergelyk nie!>>
>
> Oeee!! Loutjie is kwaaaad.....

Nee Ferdietjie :) - ek lag maar net elke keer as iemand van ou Louis
praat - want dan is jy gou by om jou voet in jou mond te sit.

Maar ek sien die res van my pos het by jou verby gegaan?
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24098 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
Leendert van Oostrum wrote:

Wat my teleurstel, Leendert, is dat mense so baie dinge kan
misinterpreteer en sommer dadelik kan aanneem hulle weet presies watter
soort mens ek is en wat ek dink. Ek is goddank bly dat ons nie almal
saamstem nie - verveeldheid is een ding wat ek nie kan uitstaan nie.
En wat my teleurstel is as mense my eerlikheid in twyfel trek - as jy
my geken het, sou jy geweet het dit is die een ding wat vir my die heel
belangrikste karaktertrek is. En wat baie mense my vyande maak omdat
hulle nie eerlik kan wees nie.

> Wat nou vir _my_ interessant is, is dat Mandela se oordeel van Botha
> getel word tot die krediet van Mandela, terwyl dit oënskynlik nie vrae
> laat ontstaan oor die algemene verguising van Botha nie.

> (m.a.w. - as Mandela dink Botha is 'n "gentleman", dwing dit by ons
> bewondering af vir Mandela eerder as vir Botha. Merkwaardig!)

Ai, jai jai, Leendert, jy laat my nou besef ek moet mooi helder my
gedagtes uitspreek hier, anders word allerhande dinge daarin gelees wat
ek nooit self eers aan gedink het nie. Natuurlik dwing Mandela se
beskrywing bewondering af - dit is ten minste hy wat so lank in die
tronk gesit het! En P.W. Botha, as een van die "uitvoerders" van die
Apartheidsbeleid, was in 'n mate tog vir Mandela se lot
verantwoordelik, of ten minste vir die langdurigheid van sy
gevangeneskap. En in die lig van die "rassehaat" sou Mandela sekerlik
nie Botha se gedrag verwag het nie. Daarom sekerlik sy verbasing en
waardering vir Botha se groet.

Aan die ander kant, dit wys natuurlik ook Botha se goeie maniere - dit
is die korrekte manier om gaste te verwelkom - ons het almal met goeie
maniere (hopelik!) grootgeword, dus was Botha hier net getrou aan sy
goeie opvoeding. En as hy anders opgetree het, sou die media wel later
daarvan te hore gekom het - en kan jy jou die reaksie voorstel?

> Al wat dit wys is dat hy 'n goeie soldaat is.

Gee hom ten minste krediet daarvoor, dan.

> Maar ek dink nie dit weeg juis op teen die politieke kragtoer van
> 'n FW de Klerk om _sy_ kieserskorps te oortuig om hom te steun in waty
> hy gedoen het nie.

Die meeste NP ondersteuners was/is ondersteuners vir geslagte - hulle
het so grootgeword en nooit self eers daaraan gedink om vir enige ander
party te stem nie. Ek weet, want my ouers was so - nooit enigiets
bevraagteken nie en daarom dus outomaties vir die NP bly stem. Self
het Mandela nie juis vir FW vertrou nie (sekerlik ook andersom) - FW
het self nie enigiets begin nie - hy moes net voortbou op wat PW begin
het anders sou hy 'n rewolusie op sy hande gehad het. Regtig dus nie
juis 'n "kragtoer" nodig gehad nie. Natuurlik het die kiesers nou,
soos die hele politieke situasie in SA, heeltemal verander en (hopelik)
vir hulself begin dink.

> Die krag van die ikoon darem! (En die krag van die TV-medium.) Jy sal
> my vergewe as ek, in die lig van hierdie stelling, bietjie wonder oor
> hoe eerlik jy is as jy hierbo verklaar: "Want ek het nie Mandela se
> leierskap probeer besing nie, of probeer se dat hy sonder foute is
nie"

Al wat ek hiermee probeer se het (blykbaar nie duidelik genoeg nie -
lyk my nie subtiele verwysings werk hier nie) is dat ek graag
eerstehandse kennis sou wou gehad het - want wat 'n mens se het altyd
meer geloofwaardigheid as jy dit persoonlik kan bewys en nie op
boekekennis of ander media (soos TV programme) moet steun nie. Ons het
almal foute, ou Seun. En ons almal betwyfel altyd maar ander mense se
dade of voornemens. In Mandela se eie woorde: "I was not a Messiah,
but an ordinary man who had become a leader because of extraordinary
circumstances".

Gee die duiwel(!) wat hom toekom.

En ek sal baie bevoorreg voel as jy wat ek skryf, wil raam. 'n Groot
kompliment. En laat my weet as jy van my ander "werk" ook afskrifte wil
he (ha-ha).

Groete
Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24099 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 20 Jun 1999 09:29:04 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:

getel word tot die krediet van Mandela, terwyl dit oënskynlik nie vrae[/color]
> laat ontstaan oor die algemene verguising van Botha nie.
>
> (m.a.w. - as Mandela dink Botha is 'n "gentleman", dwing dit by ons
> bewondering af vir Mandela eerder as vir Botha. Merkwaardig!)>>

Ek dink nie jy het ooit verstaan wat Mandela gese het nie.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24100 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
roy...@my-deja.com wrote:

> Natuurlik het die kiesers nou,
> soos die hele politieke situasie in SA, heeltemal verander en (hopelik)
> vir hulself begin dink.
>

Met inagneming van die huidige regerende party se 'track record' van die
vorige vyf jaar - as ons in ag neem die aantal beloftes wat nie
gemateraliseer het nie, bedrog ens. - dan wonder hulle seker wat hulle
moet doen om stemme te verloor.

Lyk nie vir my na mense wat dink nie!
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24101 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
roy...@my-deja.com wrote in message
...

>> Die krag van die ikoon darem! (En die krag van die TV-medium.) Jy sal
>> my vergewe as ek, in die lig van hierdie stelling, bietjie wonder oor
>> hoe eerlik jy is as jy hierbo verklaar: "Want ek het nie Mandela se
>> leierskap probeer besing nie, of probeer se dat hy sonder foute is
> nie"
>
> Al wat ek hiermee probeer se het (blykbaar nie duidelik genoeg nie -
> lyk my nie subtiele verwysings werk hier nie) is dat ek graag
> eerstehandse kennis sou wou gehad het - want wat 'n mens se het altyd
> meer geloofwaardigheid as jy dit persoonlik kan bewys en nie op
> boekekennis of ander media (soos TV programme) moet steun nie. Ons het
> almal foute, ou Seun.

My genade! Ou Leendert word al glad "Seun" met 'n hoofletter
genoem! Hou Hy dalk van skrynwerk? En het Hy al probeer om op
die water te loop?

Swart Simon
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24102 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
roy...@my-deja.com writes:

> Leendert van Oostrum wrote:

>> Wat nou vir _my_ interessant is, is dat Mandela se oordeel van Botha
>> getel word tot die krediet van Mandela, terwyl dit oënskynlik nie vrae
>> laat ontstaan oor die algemene verguising van Botha nie.
>
>> (m.a.w. - as Mandela dink Botha is 'n "gentleman", dwing dit by ons
>> bewondering af vir Mandela eerder as vir Botha. Merkwaardig!)


> Aan die ander kant, dit wys natuurlik ook Botha se goeie maniere - dit
> is die korrekte manier om gaste te verwelkom - ons het almal met goeie
> maniere (hopelik!) grootgeword, dus was Botha hier net getrou aan sy
> goeie opvoeding. En as hy anders opgetree het, sou die media wel later
> daarvan te hore gekom het - en kan jy jou die reaksie voorstel?


Hierdie korrespondensie oor Mandela se
opmerking dat P.W. Botha 'n gentleman
was omdat hy sy hand geskud het, wys
natuurlik net weer Leendert se verwronge
en belaglike opvattings oor die realiteite
van "apartheid-SA." Met "gentleman" bedoel
Mandela net dat PW ten minste die savvy
gehad het om 'n swart man met die hand
te groet. Dis die manier waarop nie-wittes
in apartheid-SA die wittes getriage het -
die onkundige veragtelike wittes wat nie
eens sy gelyke nie-witte se hand wou
skud nie, en die wittes wat ten minste
die ordentlikheid gehad het om nie-wittes
die hand te skud. Die woord "gentleman" in
Suid-Afrikaanse nie-blanke Engels het
'n ander betekenis gehad as wat dit vir 'n
wit stoere boer SA het.

Dit was ook 'n baie slim manier waarop
Mandela die parameters van die daaropvolgende
interaksie met PW wou beinvloed. Deur sy
opponent te doop as 'n "gentelman" wou Mandela
daarop dui - OK, ons speel hierdie game wolgens
die beskaafde reels van die weste. Ek doop jou
'n gentleman, en jy beter nou optree as
gentleman. Mens moet nooit die manipulatiewe
karakter van Mandela se metodes onderskat nie.
Elke keer as Mandela en Betsie Verwoerd teedrink,
is dit Mandela wat die parameters kies, en Betsie
en haar mense se parameters wat moet aanpas.
Mandela was 'n ou jakkals, en julle moet nog sien
watter ou jakkals hy gaan word noudat hy afgetree
het.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24103 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Jun 1999 16:43:18 GMT, wrote:
| elkeen wat oor en oor
| die frase "politiek korrek" gebruik as
| 'n wapen om ander aan te val oor hulle
| "politieke korrektheid," eintlik maar net
| wil verklaar: moenie met ons lol nie.

Het jy al daaraan gedink dat politieke korrektheid ook deur baie ouens misbruik
word en net die teenoorgestelde uitwerking het as waarvoor dit seker bedoel is?

Vat byvoorbeeld die politieke korrekte manier om in Amerika nie meer iemand 'n
geseende Kersfees toe te wens nie. Dit sou dan diskrimmineer teen die wat nie
Christene is nie. Maar as jy nou kyk hoe dit wan gebruik word, pleeg dit maar
dieselfde oortreding as wat wit dan kwansuis sou vermei: Elke jaar hoor ek hier
oor die media en in die winkels : "Happy holidays, happy Kwanzaa and happy
Hanuka".

Ek het niks daarteen dat die beoefenaars van Kwanzaa geluk gewens word nie, of
die Jode met Hanuka nie, maar hoekom dan nie maar ook die Christene (wat die
meerderheid van hierdie land uitmaak) direk aanspreek nie?

Soos dit dan nou "polities korrek" gebruik word, word die meerderheid nou liewer
beledig as om 'n minderheid uit te sluit.

| Ons
| wil rassisties dink en praat, ons wil
| gewere koop soos ons wil, ons wil vroue
| op hulle plek hou ens ens. Maar hulle
| is te papbroek om eerlik en oop daaromtrent
| te wees. Nou val hulle hulle "vyande"
| aan as politiek korrek. En dis duidelik dat
| die mense wat die frase op hierdie nuusgroep
| as 'n wapen gebruik, dieselfde menings
| huldig.

Meeste politieke korrektheid vandag is vals - dit verbloem werklike gevoelens -
of daardie gevoelens nou reg of verkeerd is.

Moet ons samelewing nie eerder geleer word om openlik en eerlik te wees nie en
dan daarmee saam ook mense in vrede te aanvaar wat nie soos ons lyk of dink nie?
Verskans politieke korrektheid nie net verskille, sonder dat mense geleer word
hoe om die verskille te hanteer en meer "tollerant" teenoor mekaar te wees nie?

| Onthou, meeste mense lees tussen
| die reels. Ons sien wie is die wit ooms,
| met die rassisme en die seksisme skaars
| verbloem in die stiltes wat donderend is
| tussen die reels.
|
"Jy redeneer nou nes 'n vroumens" --> =|;^)

=|:^)

Johan
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24104 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 20 Jun 1999 06:15:58 GMT, roy...@my-deja.com wrote:

so min tot sy beskikking, en teen die wense van sy mede-gevangenes, kon[/color]
> onderhandel sodat sy mense bevoordeel word ->>>

Ek het met iemand gepraat was vertel het hy is Robben Eiland toe in
die laat sewentigs as n baie passievolle black consciousness aktivis.

Toe hy uitkom n paar jaar later was hy n aanhanger van non racialism.

He se dit was n proses van daaglikse redenasie en konsepte opweeg en
beginsels tot op die buitenste punte van rede toets.

Week na week.

Uiteindelik het hy self die krake van sy bewussynsdenke in die groter
konteks raakgesien.

Dit was die tronk werf waar Nelson koning was.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24105 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
> On Sat, 19 Jun 1999 22:42:42 GMT, Leendert van Oostrum
> wrote:

> met
>> ons. En sê ons weereens voor hoe ons moet dink om politiek korrek te
>> wees.

Uit observasie van die ou Republikeinse
wit ooms in die VSA, het ek nou tot die
konklusie gekom dat elkeen wat oor en oor
die frase "politiek korrek" gebruik as
'n wapen om ander aan te val oor hulle
"politieke korrektheid," eintlik maar net
wil verklaar: moenie met ons lol nie. Ons
wil rassisties dink en praat, ons wil
gewere koop soos ons wil, ons wil vroue
op hulle plek hou ens ens. Maar hulle
is te papbroek om eerlik en oop daaromtrent
te wees. Nou val hulle hulle "vyande"
aan as politiek korrek. En dis duidelik dat
die mense wat die frase op hierdie nuusgroep
as 'n wapen gebruik, dieselfde menings
huldig. Onthou, meeste mense lees tussen
die reels. Ons sien wie is die wit ooms,
met die rassisme en die seksisme skaars
verbloem in die stiltes wat donderend is
tussen die reels.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24106 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 20 Jun 1999 09:29:04 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:

>

Kyk jy nou weer TV, Leendert?
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24107 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum

>> Waaroor in jy pissed off?
>> Met wie stem jy nie saam nie?
>
> Nonsens! As jy nie weet ek verwys veral na jou en Gloudina nie, moet jy
> darem erg stiksienig wees, veral in die lig van wat ek kort tevore vir
> Gloudina geskryf het oor haar ikoonbehepheid!

Kef, kef, kef. Ai, arme Leendert het
dit so swaar. Of hy het te doen met
iemand binne SA wat nie sy snedige
opmerkings oor die lewe in SA duld
nie, en uitwys waar Leendert indrukke
oor SA manipuleer. Of hy het te doen
met iemand buite SA wat trots op haar
Afrikaner-inbors is, maar openlik
daardie mense aanval wat hulle voordoen
as goeie Afrikaners, maar aanhoudend
"Afrikanerskap" vir hulle eie agendas
manipuleer. Soos ou Fred Rundle, en
Frikkie, en Leendert van Oostrum.
Leendert werk hard om hom voor te doen
as iemand wat maar net alles in die
regte perspektief wil stel. Maar mense
is slimmer as dit. Hulle sien dwarsdeur
jou. Ons hoor jou agenda luider as
jou woorde.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24108 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Sat, 19 Jun 1999 22:42:42 GMT, Leendert van Oostrum
> wrote:
>
> met
>> ons. En sê ons weereens voor hoe ons moet dink om politiek korrek te
>> wees.
>>
>> En die ironie is dat die groot honde van die meningsmafia juis daardie
>> mense is wat voorgee dat hulle vryheid van denke en spraak voorstaan -
>> dikwels dieselfde mense wat hoog opgee oor hoe hulle in 'n vorige
>> bedeling "andersdenkend" was.
>>
>> Is dit nou beter?>>
>
> Nee.
> Steeds deurspek van "ek wil niks sê nie, maar volg my oe" ....."
>
> Waaroor in jy pissed off?
> Met wie stem jy nie saam nie?

Nonsens! As jy nie weet ek verwys veral na jou en Gloudina nie, moet jy
darem erg stiksienig wees, veral in die lig van wat ek kort tevore vir
Gloudina geskryf het oor haar ikoonbehepheid!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24109 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Jun 1999 22:42:42 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:

ons. En sê ons weereens voor hoe ons moet dink om politiek korrek te[/color]
> wees.
>
> En die ironie is dat die groot honde van die meningsmafia juis daardie
> mense is wat voorgee dat hulle vryheid van denke en spraak voorstaan -
> dikwels dieselfde mense wat hoog opgee oor hoe hulle in 'n vorige
> bedeling "andersdenkend" was.
>
> Is dit nou beter?>>

Nee.
Steeds deurspek van "ek wil niks sê nie, maar volg my oe" ....."

Waaroor in jy pissed off?
Met wie stem jy nie saam nie?
Vorige onderwerp: Gloudina beweer sy is 'n "dame"
Volgende onderwerp: Re: "hou van het leven" van André van Duin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:14:37 MGT 2024