Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Melbourne is ook 'n Paradys
Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #23964] Ma, 14 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
'n Europa waar almal Engels praat - en dan boonop nog koud ook.

Trêms, rivier, see, bome, parke, ou katedrale en (baie) skoon,
'multicultural' (afrikaans ook). Markte en kafees/restaurante soos
sterre aan die hemel - en nogtans goedkoop. MCG, Flinders Park en
Albert Park - tuiste van krieket, Aussie Open en Grand Prix
onderskeidelik. Teaters en IMAX. Omring deur wingerd en wynland, en
ski net 'n paar uur ver.

Lekker gekuier.
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #23987 is 'n antwoord op boodskap #23964] Di, 15 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
roy...@my-deja.com wrote:

> In article ,
> "nomad" wrote:
>
> Stem heeltemal saam, ou Seun, dit was ons eerste stop (soos voorheen
> genoem) vir nege maande na ons vertrek uit SA. En heel moontlik keer
> ons binnekort permanent terug daarheen. Die Queen Vic is regtig uniek,
> nie waar nie? Wonderlike plek, en net die beste en sentimentele
> herinneringe. Meeste van ons vriende woon daar.
>
> Groete uit die ander Paradys
> Royleen
>
>> 'n Europa waar almal Engels praat - en dan boonop nog koud ook.
>>
>> Trêms, rivier, see, bome, parke, ou katedrale en (baie) skoon,
>> 'multicultural' (afrikaans ook). Markte en kafees/restaurante soos
>> sterre aan die hemel - en nogtans goedkoop. MCG, Flinders Park en
>> Albert Park - tuiste van krieket, Aussie Open en Grand Prix
>> onderskeidelik. Teaters en IMAX. Omring deur wingerd en wynland, en
>> ski net 'n paar uur ver.
>>
>> Lekker gekuier.
>>
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.

GROOT FOUT, die Eerste en steeds Paradys is Perth W.A.
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #23988 is 'n antwoord op boodskap #23964] Di, 15 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hey Nomad

Wat is jou punt? Luister na jouself:

> 'n Europa waar almal Engels praat - en dan boonop nog koud ook.

Almal praat Engels in Europa? Dit is orals "koud" in Europa?

> Trêms, rivier, see, bome, parke, ou katedrale en (baie) skoon,
> 'multicultural' (afrikaans ook). Markte en kafees/restaurante soos
> sterre aan die hemel - en nogtans goedkoop. MCG, Flinders Park en
> Albert Park - tuiste van krieket, Aussie Open en Grand Prix
> onderskeidelik. Teaters en IMAX. Omring deur wingerd en wynland, en
> ski net 'n paar uur ver.

Dit kLINK hemels. Die feit is dat Melbourne net 'n gewone, aangename stad
is, met sy kwota foute. Die winterweer kan, soos die Kaap of Vancourver, vir
weke misrabel wees. Vra maar vir mense wat lank al daar bly. Baie van die
ander goed - teaters, imax, markte... is in elke stad in die wereld van so
rondom 500,000 mense of meer, en baie keer in kleiner stede ook. Daar is
baie van hulle.

En ski? Nie eers Aussies dink Australiaanse ski toestande is goed nie.

Niks besonders groot fout met Melbourne nie - maar, net soos ander stede,
geen paradys.

Bees
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #23989 is 'n antwoord op boodskap #23964] Di, 15 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Bees"

> Niks besonders groot fout met Melbourne nie - maar, net soos ander stede,
> geen paradys.
>

Hallelujah en Ditto.

leswin
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24004 is 'n antwoord op boodskap #23964] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"Bees" wrote:
> Hey Pat, Nomad, Royleen, Adam, Eva...
>
> Die irritasie is die "paradys"stukkie. Dit impliseer iets perfek.
>
Hey Bees

Wat van die paradys in die Bybel? Dit is tog bederf deur mense en
hulle sondes? En daarna impliseer alle verwysings na 'n paradys tog
sekerlik dat 'n plek wonderlik is, maar ook nie meer perfek nie - mense
bederf dit deur hulle dade. En dit is hoe ek dit gebruik. Ek dink nie
enigeen op aarde is so onnosel om te dink dat daar enigiets op aarde
bestaan wat in alle opsigte perfek is nie.

Brisbane is 'n wonderlike plek met 'n oorvloed van sonskyn, see en
vriendelike mense - maar in die agterstrate kan jy maar
die "straatwerkers" sien rondsoek vir sake en hulle doen flink
besigheid. En misdaad kry jy orals. En ons het ook muskiete. Ek
verkies egter om die positiewe te soek en die mooie te beskryf - die
slegte kom vanself by enige gesprek in.

Groete
Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24005 is 'n antwoord op boodskap #23964] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Jun 1999 02:18:23 GMT, wrote:
|
| 'n Burger van die land van
| Austin Powers, shagadelicious.
|
|
Gloudina, help nou eers - ek sien gister in 'n katalogus jy kry mombakkies van
Ausitn Powers en tande van Austin Powers en nou en dan sien ek verwysings na
hom, maar als dit beteken vir my niks. Waar kom die karrakter voor? Was dit 'n
TV show of een van julle eerste ministers of wie is/was hy???

=|:^)

Johan
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24006 is 'n antwoord op boodskap #23964] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hey Pat, Nomad, Royleen, Adam, Eva...

Die irritasie is die "paradys"stukkie. Dit impliseer iets perfek.

En dit is nonsens, gese oor enige stad. Skryf oor enige plek, se wat julle
wil, maar verloor die "paradys" toe?

Bees
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24007 is 'n antwoord op boodskap #23964] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
. Teaters en IMAX. Omring deur wingerd en wynland, en
ski net 'n paar uur ver.

Klink vir my vreeslik baie na Hamilton,
Kanada, waar jy nog die Niagara Valle
ook kan ingooi, binne twee uur se ry,
net na jy die wingerde en vrugteboorde
verbygery het.

En, mag ek ook spog, IMAX is 'n Kanadese
uitvindsel.

'n Burger van die land van
Austin Powers, shagadelicious.
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24008 is 'n antwoord op boodskap #23964] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Bees skryf in boodskap news:#3VTwezt#GA.186@cpmsnbbsa05...
> Hey Nomad
>
> Wat is jou punt? Luister na jouself:
>
Die punt, vir die wat nie tussen die lyne kan lees nie en 'n
vooropgestelde agenda het, is natuurlik dat dit soveel aan die
lewenswyse van SA herinner sonder baie van die land se negatiewe
kenmerke, tesame met die beste van Europa.

oa:

1. Dis in die Suidelike halfrond;
2. Die mense speel krieket, rugby, hokkie, netbal - dinge waaraan SA's
gewoond is;
3. Hulle ry aan die LINKERKANT van die pad;
4. As jy Engels praat verstaan almal jou.

Alles in 'n stad waar 800 000 van Griekse- en 250 000 van Italiaanse
oorsprong is.

'Ignorance is bliss' - dit was 'n poging om te illustreer dat daar wél
lewe buite die sirkel is - vir die wat nog nooit daar was nie en
moontlik daarin sou belangstel - en nie vir dié wat wêreldwys is nie.
Ek het dié stad vergelyk met al die stede in Europa en Noord-Amerika
(insluitende Vancouver/Victoria-wat ek ook hoog aanslaan-maar wat nie
die topic van bespreking is nie) wat ek die genot en voorreg gehad het
om te besoek en ook in te bly die afgelope 15 jaar - en Melbourne is
een van my gunstelinge.(moet ek dan ALLES uitspel!)

Ski is anders vir elke persoon en hieroor sal ek my eie
gevolgtrekkings maak en luister nie na kabouters nie (behalwe as jy 'n
skiguide is). En ek is heeltemal gelukkig om 'n debat te voer oor die
voor/nadele van Zermatt vs Whistler......of Verbier vs Queenstown.
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24009 is 'n antwoord op boodskap #23964] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 16 Jun 1999 08:08:36 -0600, "Bees" wrote:
|Die irritasie is die "paradys"stukkie. Dit impliseer iets perfek.
|
|En dit is nonsens, gese oor enige stad. Skryf oor enige plek, se wat julle
|wil, maar verloor die "paradys" toe?
|
Ek stem.

En dan is daar nog 'n interesante ding wanneer 'n mens na stede kyk: ek dink
party is lekker om in vakansie te hou, maar nie om in te bly nie en dan is daar
weer stede om lekker in te bly, maar wat vir die vakansieganger weinig bied.

Ek is nuuskierig om te weet: wat maak stede vir julle so lekker? Ek besef elke
ou sal na 'n ander askek/te van 'n stad kyk, maar vertel ons bietjie waarvan hou
jy in 'n stad en waarvan nie.

Ek sal begin: Vir my maak die mense 'n groot deel uit van of ek van 'n stad hou
of nie. Pretorianers het byvoorbeeld volgens my so 'n bietjie van 'n snob
houding - hulle pad bane is te nou en hulle verkeerspolisie ry met
roomyskarretjies rond! ;-)

Roodepoort, waar ons gebly het, was maar net so-so, niks uitstaande aan nie, net
'n raps goedkoper as Jhb, maar darem nog binne ry-afstand van die werk in Jhb.

Ek het 'n groot deel van my lewe in Kaapstad deurgebring en dis die een stad
waarvan ek baie gehou het, hoofsaaklik oor die diversiteit in landskap en wat
daar te doene is. Die see en die berg dink ek doen baie om die stad iets
spesiaals te gee.

As ek praat oor waar ek nou bly, moet ek my kommentaar split - ons bly in 'n
groot metropool met twee groot stede in en 'n magdom kleiner stede al om die
rand - soos die PWV gebied wat saamgedruk is en nie so lank uitgerek lê nie.

Om in die metropool te bly het voordele - ons het alles kultureel beskikbaar
soos teaters, museums en spesiale uitstallings - ons het groot winkelsentrums
soos die Mall of America byderhand en dan kry ons gereeld besoekende kunstenaars
soos Elton John. Die nadele is dat dit so groot is dat as iets aan die
teenoorgestelde kant van die metropool plaasvind, dit ten minste 'n uur op die
snelweg neem om daar uit te kom.

Ons eie stad, Eagan, het maar sowat 50 000 mense en lê aan die suid ooste kant
van die metropool. Ons het ons eie stadsraad en polisiemag. En al het ek nie
hier op die "Great Plaines" 'n berg soos Tafelberg naby nie, het ek darem die
ander aspek wat dele van Kaadstad mooi maak ook hier: die baie bome. Al ons
besoekers merk op hoe boomryk Eagan, en ook die res van die Twin Cities, is.
Dan is die mense ook wonderlik - hulle is bedagsaam (selfs meeste tieners),
hulle is vriendelik al is hulle in 'n mate teruggetrokke, hulle glo aan
dienslewering en het 'n hoë sin vir gemeenskapsdiens.

Miskien die grootste negatiewe aspek om hier te bly, is die groot hoeveelheid
muskiete in die somer. Somersaande buite is nie noodwendig 'n plesier nie.

"Having said all of this", ek dink tog 'n mens beoordeel stede volgens jou eie
lewenshouding. As jy positief ingestel is, sal jy selfs van Bloemfontein kan
hou en dalk nog in Centurion kan bly. :p) As jy 'n negatiewe lewenshouding
het, gaan jy nêrens gelukkig wees nie.

=|:^)

Johan
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24010 is 'n antwoord op boodskap #23964] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in article ...
> Hey Nomad
>
> Wat is jou punt? Luister na jouself:

Self was ek nog nie daar nie, maar my goeie vriendin en haar gesin het n
uitgebreide toer deur Australië gedoen, en sy sê Melbourne laat haar
vreeslik baie aan Bloemfontein dink, Sydney aan Kaapstad (behalwe
dat Kaapstad se Waterfront beter is), en dat sy nie so erg is oor
Australië nie, want dis n mengsel tussen Amerika en Suid-Afrika, en as sy
weer sou kon kies dan sou sy eerder Suid-Amerika doen (veral Chile en
Brazil).
Nou ja, dis seker goed dat smake so verskil.

Pat
>

>> 'n Europa waar almal Engels praat - en dan boonop nog koud ook.
>
> Almal praat Engels in Europa? Dit is orals "koud" in Europa?
>
>> Trêms, rivier, see, bome, parke, ou katedrale en (baie) skoon,
>> 'multicultural' (afrikaans ook). Markte en kafees/restaurante soos
>> sterre aan die hemel - en nogtans goedkoop. MCG, Flinders Park en
>> Albert Park - tuiste van krieket, Aussie Open en Grand Prix
>> onderskeidelik. Teaters en IMAX. Omring deur wingerd en wynland, en
>> ski net 'n paar uur ver.
>
> Dit kLINK hemels. Die feit is dat Melbourne net 'n gewone, aangename stad
> is, met sy kwota foute. Die winterweer kan, soos die Kaap of Vancourver, vir
> weke misrabel wees. Vra maar vir mense wat lank al daar bly. Baie van die
> ander goed - teaters, imax, markte... is in elke stad in die wereld van so
> rondom 500,000 mense of meer, en baie keer in kleiner stede ook. Daar is
> baie van hulle.
>
> En ski? Nie eers Aussies dink Australiaanse ski toestande is goed nie.
>
> Niks besonders groot fout met Melbourne nie - maar, net soos ander stede,
> geen paradys.
>
> Bees
>
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24011 is 'n antwoord op boodskap #23964] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"PAT" wrote:

>> Wat is jou punt? Luister na jouself:

Die punt is: hy het die stad geniet, en deel sy vreugde met ons.
Hoekom hom probeer afskiet? Ons weet almal die meeste stede lyk maar
redelik dieselfde, maar dit is mens se eie ondervinding wat dit
spesiaal maak. Hoekom vertel jy nie liewer vir ons van 'n stad wat vir
jou wonderlik is nie? Ons weet almal die Paradys het sy foute (vra
maar vir Adam!) maar ons beleef alles verskillend en dis ons belewenis
wat 'n plek uitsonderlik maak.

> Self was ek nog nie daar nie,

Kom kuier self, Pat - hoorse vertel nie die storie nie.

, en sy sê Melbourne laat haar
> vreeslik baie aan Bloemfontein dink, Sydney aan Kaapstad (behalwe
> dat Kaapstad se Waterfront beter is), en dat sy nie so erg is oor
> Australië nie, want dis n mengsel tussen Amerika en Suid-Afrika

Goeie genugtig, hoe lank was sy in Melbourne? Bloemfontein? Die
algemene indruk is dat dit soos Kaapstad is, en ek het in Kaapstad
grootgeword en stem heeltemal saam. En Sydney is meer soos
Johannesburg. Hoe lank laas was sy in Sydney? Die Waterfront is nou
baie meer uitgebrei en die atmosfeer absoluut dinamies. Die res van
Sydney is maar net 'n geldmaakmasjien.

Dis maar moeilik vir enige persoon om 'n oordeel te fel sonder dat jy
ten minste 'n jaar in die land deurgebring het - eers dan kry jy 'n
realistiese idee van die land self.

En, Paul in Perth, daar was ek nog nie, maar ek kan wel glo dat dit ook
soos 'n paradys is, volgens wat ek hoor en sien.

Groete uit die ander Paradys
Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24012 is 'n antwoord op boodskap #23964] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
PAT skryf in boodskap news:01beb7fd$128d1f80>

> uitgebreide toer deur Australië gedoen, en sy sê Melbourne laat haar
> vreeslik baie aan Bloemfontein dink

I rest my case.

Bees
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24033 is 'n antwoord op boodskap #23964] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> Jong, ons kyk maar min fliek en televisie. Is hier dalk iemand ander
> wat dalk rerig weet? Lyk my nie Gloudina weet iets van die ou af nie.

Loop jy nie eens verby die advertensie-
borde van flieks nie?

Maar vergeet nou maar van Mike Myers. Hy is
net fluff. Die werklike aartappels en vleis
is reg in jou tweeling-stad. Ken jy Garrison
Keillor en die Prairie Home Companion se
"Lake Wobegon" ? Ek hoor hy het nou 'n vete
met julle Goewerneur.

Gloudina
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24034 is 'n antwoord op boodskap #23964] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Bees skryf in boodskap news:OZc0GHAu#GA.232@cpmsnbbsa03...
> Hey Pat, Nomad, Royleen, Adam, Eva...
>
> Die irritasie is die "paradys"stukkie. Dit impliseer iets perfek.
>
Artistic License......
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24036 is 'n antwoord op boodskap #23964] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> On 16 Jun 1999 02:18:23 GMT, wrote:
> |
> | 'n Burger van die land van
> | Austin Powers, shagadelicious.
> |
> |
> Gloudina, help nou eers - ek sien gister in 'n katalogus jy kry mombakkies van
> Ausitn Powers en tande van Austin Powers en nou en dan sien ek verwysings na
> hom, maar als dit beteken vir my niks. Waar kom die karrakter voor? Was dit 'n
> TV show of een van julle eerste ministers of wie is/was hy???
>
>
> =|:^)
>
> Johan

Ons sal maar wag totdat jy eendag
self uitvind. Vra rond watter film
verlede naweek meer geld gemaak het
as The Phantom Menace in die VSA.
En kyk of jy op die TV vir Austin
en Madonna saam sien sing.

'n Burger van Wayne's World.
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24038 is 'n antwoord op boodskap #23964] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Jun 1999 18:26:31 GMT, wrote:
| Maar vergeet nou maar van Mike Myers. Hy is
| net fluff. Die werklike aartappels en vleis
| is reg in jou tweeling-stad. Ken jy Garrison
| Keillor en die Prairie Home Companion se
| "Lake Wobegon" ?

Dit moet onder die wereld se beste radio vermaak tel - ek is skoon ontsteld as
ons mense of iets kry as PHC aan is!

| Ek hoor hy het nou 'n vete
| met julle Goewerneur.
|
Van die vete weet ek nie - sal my ore oop hou.

Altwee is tot 'n mate my hero's. Ou Jesse mors so lelik met al die ouens wat in
die verlede vir die politici se kampanjes betaal het en dan agterna wou gunsies
hê. Nou kry hulle niks onder die tafel deur nie want hulle het hom nie gekoop
nie. En hy kry dit mooi reg om links en regs bymekaar te bring in die middel.
Maar hy bly maar 'n baie rowwe (en ruwe) diamand....
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24039 is 'n antwoord op boodskap #23964] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Jun 1999 02:16:20 GMT, wrote:
| Ons sal maar wag totdat jy eendag
| self uitvind. Vra rond watter film
| verlede naweek meer geld gemaak het
| as The Phantom Menace in die VSA.
| En kyk of jy op die TV vir Austin
| en Madonna saam sien sing.
|
| 'n Burger van Wayne's World.
|
Ek het toe op die www gaan kyk en was maar teleurgesteld - met al die verwysings
na "penis enlargers" en "evil" het ek toe maar nie te diep op die ou se profiel
ingegaan nie. Ek dink ek kan sonder hom leef.

=|:^)

Johan
Re: Melbourne is ook 'n Paradys [boodskap #24040 is 'n antwoord op boodskap #23964] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Jun 1999 02:16:20 GMT, wrote:

| Ons sal maar wag totdat jy eendag
| self uitvind. Vra rond watter film
| verlede naweek meer geld gemaak het
| as The Phantom Menace in die VSA.
| En kyk of jy op die TV vir Austin
| en Madonna saam sien sing.
|
| 'n Burger van Wayne's World.
|
Jong, ons kyk maar min fliek en televisie. Is hier dalk iemand ander
wat dalk rerig weet? Lyk my nie Gloudina weet iets van die ou af nie.

Of dalk sal ek maar bietjie op die net gaan soek...

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent, buitenaardse
wezens of enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
neer te sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
nasie, land, kontinent, buitenaardse wezens of enige ander ongenoemde groep nie.
Laaste het dit ook nie ten doel om akademiese proefskrifte te wees nie - meerderwaardige
kritiek is dus onvanpas.

=|:^)

Johan
Vorige onderwerp: Op die gevaar af....
Volgende onderwerp: President
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 06:58:13 MGT 2024