| "Meeu" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #23951] |
Ma., 14 Junie 1999 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
meeu
Marlise Joubert
in die meeu se kaai
digby gordonsbaai kraak
die bote los van lag en kou
ek die lynvis van die dag
met bollende kies drink ek
louwit wyn om woestyn
van my borste klam te hou
in die meeu se kaai
digby gordonsbaai jaag
ek blou brommers weg tuimel
die kruine klank van branders
teen jagse seile af breek ek
die brood en stoot 'n ring
van calamari oor my duim
in die meeu se kaai
is my maal 'n tonggekrys van liefde
vir jou
my hawelose bruidegom
in die bollende see
van ons gordonsbaai
|
|
|
|