Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Meeu" deur MARLISE JOUBERT
"Meeu" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #23951] Ma, 14 Junie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
meeu
Marlise Joubert

in die meeu se kaai
digby gordonsbaai kraak
die bote los van lag en kou
ek die lynvis van die dag
met bollende kies drink ek
louwit wyn om woestyn
van my borste klam te hou

in die meeu se kaai
digby gordonsbaai jaag
ek blou brommers weg tuimel
die kruine klank van branders
teen jagse seile af breek ek
die brood en stoot 'n ring
van calamari oor my duim

in die meeu se kaai
is my maal 'n tonggekrys van liefde
vir jou
my hawelose bruidegom
in die bollende see
van ons gordonsbaai
Vorige onderwerp: "Fiesta de la Muerta" deur JOHAN MYBURG
Volgende onderwerp: "saans as die son" deur MARLISE JOUBERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 18:19:25 MGT 2024