| Ou sterke werkwoorde in Afrikaans [boodskap #2371] |
So., 31 Augustus 2003 08:48  |
Hans Kamp
Boodskappe: 94 Geregistreer: Augustus 2003
|
Volle Lid |
|
|
Ek het hierdie nuusgroep 'n partykeer besoek, en ek sien 'n paar ou sterke
werkwoorde. Byv. "verbonde" van "verbind". In ander boekies het ek gesien:
"afgeskrewe" van "afskryf". Ek dink dat werkwoorde met 'n figuurlike
betekenis sterke voltooi deelwoorde het.
Ekself is 'n Nederlander, maar voordat ek reageer het, het ek hier die
Afrikaans bestudeer.
Hans Kamp.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ou sterke werkwoorde in Afrikaans [boodskap #2395 is 'n antwoord op boodskap #2373] |
Ma., 01 September 2003 08:17   |
Hans Kamp
Boodskappe: 94 Geregistreer: Augustus 2003
|
Volle Lid |
|
|
Speedy Gonzales skryf in boodskap news:...
> On Sun, 31 Aug 2003 10:48:51 +0200, "Hans Kamp"
> wrote:
>
>> Ek het hierdie nuusgroep 'n partykeer besoek, en ek sien 'n paar ou sterke
>> werkwoorde. Byv. "verbonde" van "verbind". In ander boekies het ek gesien:
>> "afgeskrewe" van "afskryf". Ek dink dat werkwoorde met 'n figuurlike
>> betekenis sterke voltooi deelwoorde het.
>>
>> Ekself is 'n Nederlander, maar voordat ek reageer het, het ek hier die
>> Afrikaans bestudeer.
>>
>> Hans Kamp.
>>
>
> Mense soos jy beïndruk my.
Naas 'n bietjie Afrikaans, praat ek ook Nederlands, Esperanto, Engels,
Duits. Ek het ook geprobeer, Russies te leer. Die Sirilliese
(Cyrillische) alfabet beheers ek perfek. Ek hou daarvan, om tale te
leer.
> Jou Afrikaans is so goed, dat ek gedink het
> dat jy 'n Suid-Afrikaner is wat ge-emigreer het.
Vroeër het ek 'n boekie gehad. Ek glo, dit heet: "Afrikaans, hoe om
dit maklik te leer praat."
> Dit is nie 'n
> probleem vir Suid Afrikaners en Nederlanders om mekaar se tale te
> verstaan nie (julle praat buitendien 'n Afrikaanse dialek:-) maar om
> so goeie Afrikaans te skryf, is bewonderenswaardig.
Die grammatika is iets, wat 'n mens tog moet leer. Byv. et het geleer,
dat die lidwoord altyd "die" is. In die Nederlands maak ons onderskeid
tussen manlike (de), vroulike (de) en onsydige selfstandige
naamwoorde.
Die sisteem van byvoeglike naamwoorde is in Afrikaans ingewikkelder as
in Nederlands. Sommige bnw's kry 'n e, andere bnw's nie. Na 'n
onbepaalde lidwoord kry 'n byvoeglike naamwoord nooit 'n e nie, voor
'n onsydige selfstandige naamwoord:
een aardige man - de aardige man
een aardige vrouw - de aardige vrouw
een aardig kind - het aardige kind
("Kind" is in Nederlands onsydig)
Maar die Afrikaanse sisteem is moeiliker vir my om te begryp.
Ek dink egter, dat my Afrikaans veel neerlandismes het (uitdrukkings
wat op Nederlands lyk, en wat vreemd is vir 'n Afrikaner).
Soms word ook "vir" gebruik vir 'n lydende voorwerp (as dit 'n persoon
is).
> Tog kry ek die idee dat Nederlanders makliker Afrikaans leer as wat
> ons Nederlands leer.
Dat dink ek ook. Ook baie Nederlanders het probleme om
verledetydsvorme juis te spel. Die vorme bestaan in Afrikaans net in
werkwoorde wat baie vaak gebruik word in Afrikaanse omgangstaal:
rusten - hij rust - ik rustte - ik heb gerust
landen - hij landt - ik landde - ik ben geland
werken - hij werkt - ik werkte - ik heb gewerkt
spelen - hij speelt - ik speelde - ik heb gespeeld
> Myns insiens het dit daarmee te doen dat ons
> die taal vereenvoudig het (en meer prakties gemaak het?).
Ek dink, Afrikaans is gebaseer op 17e- of 18e-eeus Nederlands.
Partykeer denk ik dat dit goed is, om bepaalde vereenvoudigings ook in
Nederlands in te voer.
Hans Kamp.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|