Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die leier van die Boere is 'n Jood!
Die leier van die Boere is 'n Jood! [boodskap #23587] Do, 03 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink daar's 'n paar ouens wat stik in hul dop by die gedagte dat Tony
Leon die meeste Afrikaanse stemme getrek het!

En nou reken ek - as mens kyk na Leon se suksesresep, (sy steun het
sewevoudig vermeerder sedert vyf jaar gelede) is die era van ordentlike,
besadigde, samewerking met die regering oor vir Constand en watter een van
die twee Mulders ookal saam met hom in die Parlement sal oorbly. As hulle
oor die volgende vyf jaar nie heeltemal wil verdwyn nie, sal hulle erg
aktief moet begin opponeer!

(Martiensie se spulletjie het gekry wat hulle verdien, en ons moet nog sien
of die KP se surrogaat dit gaan maak met een setel.)
Re: Die leier van die Boere is 'n Jood! [boodskap #23588 is 'n antwoord op boodskap #23587] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 Jun 1999 10:59:17 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Leon die meeste Afrikaanse stemme getrek het!>>[/color]

Nou vir episode twee.
As die meeste lede van die party boere is, dan moet die leier
mos......
Re: Die leier van die Boere is 'n Jood! [boodskap #23633 is 'n antwoord op boodskap #23587] Vr, 04 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Thu, 3 Jun 1999 10:59:17 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Tony
>> Leon die meeste Afrikaanse stemme getrek het!>>
>
> Nou vir episode twee.
> As die meeste lede van die party boere is, dan moet die leier
> mos......
>

Hmmm......

Zac de Beer het al probeer ........... en Van Zyl Slabbert

En die Joodjie se Afrikaans is selfs beter as wyle Oom Zac s'n :-)
Re: Die leier van die Boere is 'n Jood! [boodskap #23700 is 'n antwoord op boodskap #23587] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 4 Jun 1999 23:18:37 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

[/color]
> Zac de Beer het al probeer ........... en Van Zyl Slabbert
>
> En die Joodjie se Afrikaans is selfs beter as wyle Oom Zac s'n :-) >>

Hulle steun waarskynlik my punt: In hulle tyd was die PFP oorwegend 'n
Engels/Joodse/intellektuele party.

Verlede week het die DP die afgepiste middelklas Afrikaanse stemme
getrek!

Die grootste enkele etniese groep wat vandag die DP ondersteun, is
heel moontlik wit, Afrikaans en kwaad vir die "kommunistiese" ANC.
Re: Die leier van die Boere is 'n Jood! [boodskap #23744 is 'n antwoord op boodskap #23587] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Fri, 4 Jun 1999 23:18:37 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> >
>> Zac de Beer het al probeer ........... en Van Zyl Slabbert
>>
>> En die Joodjie se Afrikaans is selfs beter as wyle Oom Zac s'n :-) >>
>
>
> Hulle steun waarskynlik my punt: In hulle tyd was die PFP oorwegend 'n
> Engels/Joodse/intellektuele party.
>

Ja - seg hulle:

Toe die DP 'n Boer as leier gehad het, het die Jode vir hom gestem.

Nou dat hy 'n Jood as leier het, stem die Boere vir hom!
Re: Die leier van die Boere is 'n Jood! [boodskap #23782 is 'n antwoord op boodskap #23587] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Fri, 4 Jun 1999 23:18:37 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >
>> Zac de Beer het al probeer ........... en Van Zyl Slabbert
>>
>> En die Joodjie se Afrikaans is selfs beter as wyle Oom Zac s'n :-) >>
>
> Hulle steun waarskynlik my punt: In hulle tyd was die PFP oorwegend 'n
> Engels/Joodse/intellektuele party.
>
> Verlede week het die DP die afgepiste middelklas Afrikaanse stemme
> getrek!
>
> Die grootste enkele etniese groep wat vandag die DP ondersteun, is
> heel moontlik wit, Afrikaans en kwaad vir die "kommunistiese" ANC.

Miskien voel hulle net nie tuis in 'n oorwegend Swart 'Africa Renaisance
Party' nie? Wat gaan bestaan uit 'n oorwegende N'Guni Blok -
Zoeloe/Xhosa en M'Beki se Lusaka maters - sal interesant wees om te sien
wat die Tswanas, Sothos en die uitgesluite partye hiervan dink.

Die belankrikste ding IMNSHO van die verkiesing is dat ons steeds in die
land op Ras geskei is en daarvolgens stem.
Re: Die leier van die Boere is 'n Jood! [boodskap #23837 is 'n antwoord op boodskap #23587] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 08 Jun 1999 14:36:52 +0200, lou wrote:

Party' nie? Wat gaan bestaan uit 'n oorwegende N'Guni Blok -[/color]
> Zoeloe/Xhosa en M'Beki se Lusaka maters - sal interesant wees om te sien
> wat die Tswanas, Sothos en die uitgesluite partye hiervan dink.
>
> Die belankrikste ding IMNSHO van die verkiesing is dat ons steeds in die
> land op Ras geskei is en daarvolgens stem.>>

Bedoel jy nie JY doen dit nie?

Ek sien uit na jou stam-ontleding van die nuwe kabinet.

Hoekom doen jy sommer vir die oefening nie een met die huidige kabinet
nie?
Re: Die leier van die Boere is 'n Jood! [boodskap #23871 is 'n antwoord op boodskap #23587] Vr, 11 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 Jun 1999 10:47:00 +0200, lou wrote:
| Kom ons kyk watter
|verskonings die ander gesneuweldes gebruik.

Lou, dink julle Zuma gaan die "Gesondheids potefeulje" hou?

Almal het voor die verkiessing vir ons gesê Winnie is nog op die toneel, maar
hier was nie genoeg dekking wat ek gesien het om eers haar naam te hoor nie.
Was sy prominent in die hele verkiessing?

En bly Sam Shilowa premier van Gauteng?

Skuus vir al die vrae - ek is nuuskierig.

=|:^)

Johan
Re: Die leier van die Boere is 'n Jood! [boodskap #23872 is 'n antwoord op boodskap #23587] Vr, 11 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Tue, 08 Jun 1999 14:36:52 +0200, lou
> wrote:
>
> Renaisance
>> Party' nie? Wat gaan bestaan uit 'n oorwegende N'Guni Blok -
>> Zoeloe/Xhosa en M'Beki se Lusaka maters - sal interesant wees om te sien
>> wat die Tswanas, Sothos en die uitgesluite partye hiervan dink.
>>
>> Die belankrikste ding IMNSHO van die verkiesing is dat ons steeds in die
>> land op Ras geskei is en daarvolgens stem.>>
>
> Bedoel jy nie JY doen dit nie?

Natuurlik doen ek dit. WANT Ferdi die ANC gee my as blanke nie juis
moerse vertroue dat hulle my belange op die hart dra en my as gelyke
burger van die land sien nie. Selfde vir die IVP, ACDP ens ens. Net so
gee die NNP, DP, VF nie juis die nie swart stemmers enige geloof in
hulle nie. Een van die groot redes waarom ons die swaai na die DP
gesien het IMNSHO is oor die blanke so half wakker geword het deur die
WVK. Die swart stem is egter steeds vir die ANC ten spyte van die feit
dat hulle beloftes van die vorige verkiesing grootliks beloftes gebly
het aangesien hulle geen alternatief het nie.

So my voorstel vir Aspirant Politikuste - stig nou 'n party wat geen
bagasie saamsleep nie - jy sal 'n killing maak in die volgende eleksie
(Jig - Beeld se woord).

>
> Ek sien uit na jou stam-ontleding van die nuwe kabinet.
>
> Hoekom doen jy sommer vir die oefening nie een met die huidige kabinet
> nie?

Omdat Ferdi - as jy my pos gelees het dan sal jy sien ek praat van die
nuwe parlement dws MBeki se keuses. Maar kom ons wag en sien wat ons
nuwe President besluit.

Net so terloops - Ek sien ons Geagte Minister van Pos en
Telekomuniskasie, Mnr Naidoo sal nie in die nuwe parlement dien nie. Hy
wil glo eerder meer tyd by sy familie deurbring. Dit is nogal insigewend
nie waar nie, aangesien baie politiesie op die kruin sommer besluit om
uit te tree om tyd met hulle familie deur te bring. Kom ons kyk watter
verskonings die ander gesneuweldes gebruik.
Re: Die leier van die Boere is 'n Jood! [boodskap #23888 is 'n antwoord op boodskap #23587] Sa, 12 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Johan wrote in message ...
>
> Lou, dink julle Zuma gaan die "Gesondheids potefeulje" hou?
>
Vandat hulle vasgestel het dat ZUMA staan vir Zero Understanding of Medical
Affairs is dit nogal twyfelagtig....
Re: Die leier van die Boere is 'n Jood! [boodskap #23943 is 'n antwoord op boodskap #23587] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
>
> On Fri, 11 Jun 1999 10:47:00 +0200, lou wrote:
> | Kom ons kyk watter
> |verskonings die ander gesneuweldes gebruik.
>
> Lou, dink julle Zuma gaan die "Gesondheids potefeulje" hou?

MIskien is sy nog Adjunk President. Boetie is blykbaar uit as Vise Pres.
>
> Almal het voor die verkiessing vir ons gesê Winnie is nog op die toneel, maar
> hier was nie genoeg dekking wat ek gesien het om eers haar naam te hoor nie.
> Was sy prominent in die hele verkiessing?

Winnie is .... ummm Winnie. Sy het die voorbeeld gestel vir ons
President in waiting met haar 'Die boere vermoor mekaar'. Hy het bietjie
deurmekaar geraak en toe gesê 'Die polisie vermoor mekaar'. :|

>
> En bly Sam Shilowa premier van Gauteng?

Ja Sam 'Daar sal nie 'n sent onder my administrasie verdwyn nie' Shilowa
met sy oortrokke rekeninge en al is Premier van Gauteng gekose op die
ANC demokratiese manier.
Vorige onderwerp: Anti Gloudina beweging
Volgende onderwerp: Verkiesing Ervaring in SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 20:27:52 MGT 2024