Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Daasy - gestem
Daasy - gestem [boodskap #23581] Wo, 02 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Twee uur.
Klaar gestem.
Om die hoek gestap, id boek en sertifikaat gewys, papier gekry,
gestem.

Alles smiles en vriendelikheid.

Altesame omtrent 8 minute gevat.

Sover geen berigte van enige ernstige probleme nie.
Re: Daasy - gestem [boodskap #23626 is 'n antwoord op boodskap #23581] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 03 Jun 1999 13:26:17 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:

te ernstig nie.>>[/color]

Soos jy se.

Ander mense het weggegaan en later teruggekom op plekke met lang toue
en toe was die toue kort.

Ek het gesien wat sy vanuit n ander plek op die aarde geskryf het, ja.
Ook gesien hoe sy alles moontlik bymekaargeskraap het om te kritiseer
- selfs gaan leen by 94 se verkiesing.
Toe het sy n langerige paragraaf gekry.

Beeld het vanoggend n interresante berig gehad oor 'krisisse" en wat
dit toe geblyk het te wees.

Ek dink aan die talle voorspellings in die afgelope maande dat die
verkiesing n flop gaan wees, dat niks gaan werk nie, dat dit uitgestel
sal moet word, dat dit ontwrig gaan word ens.ens.

Dit was tien keer beter en gladder as die eerste een.
En dit was gedoen op grond van n kieslys. Die eerste een in die
geskiedenis van SA. Een wat die 1ste en 3de wereld dele van SA
insluit.
En dit was op een dag gehou.

By the way, hoeveel van julle het voorspel dat die verkiesing n flop
gaan wees?

Enige een van julle met n geheue lank genoeg?

hmmmm?
Re: Daasy - gestem [boodskap #23627 is 'n antwoord op boodskap #23581] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 Jun 1999 06:50:35 -0400, "Kwarantyn" wrote:

[/color]
> Wat 'n verdoemende kommentaar op my dierbare land. Dat jy dit nodig vind om
> so selfvoldaan te moet berig oor hoe maklik en vinnig en vriendelik die
> stemproses vir jou verloop het.
>
> Begryp jy dan nie dit is soos dit BEHOORT te wees nie?>>>

Dis die punt, sien.

Dit was.
Re: Daasy - gestem [boodskap #23628 is 'n antwoord op boodskap #23581] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
>> Begryp jy dan nie dit is soos dit BEHOORT te wees nie?>>>
>
>
> Dis die punt, sien.
>
> Dit was.
------------------------------------------------------------ ----------------
--------------------------------------------

Ferdi, Ferdi.... van iemand met jou intellek sou ek nooit verwag het dat jy
so 'n basese denkfout sou maak nie. Jou een ervaring is nie gelyk aan al die
ervarings nie.

1 is nie gelyk aan n nie.

Maar jy is so krampagtig besorg daaroor om 'n positiewe beeld uit stuur van
ons land, dat jy outomaties reageer het - sonder om te dink wat jy skryf.
Soms is 'n bietjie kritiese denke 'n goeie ding, weet jy.
Re: Daasy - gestem [boodskap #23629 is 'n antwoord op boodskap #23581] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 03 Jun 1999 11:03:49 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

|>Begryp jy dan nie dit is soos dit BEHOORT te wees nie?>>>
|
|
|Dis die punt, sien.
|
|Dit was.
|
Vir JOU ja. My skoonma-hulle moes vir twee uur tou staan. Maar nou ja, dis nie
te ernstig nie.

Dit lyk net of jy nie alles gelees het wat Kwarantyn geskryf het nie. Ek
herhaal vir jou:

"Sover geen berigte van ernstige probleme nie".... nè! Wat van die
"stemlokaal" iewers op die platteland waar daar net 'n tafel in die oop veld
was om by te stem, en waar die kiesbeampte sit en kyk waar jy jou kruisie
trek? Of dalk bedoel jy met ernstig probleme dat daar nie geweld was nie?
Ja, daarvan het ek ook (gelukkig!) nie gehoor nie. Net gehoor van 25 miljoen
stemrbiefies wat gedruk is vir 18 miljoen kiesers. En van stembriefies wat
opraak. ????? En die stemlokaal wat opgerig is vir net een enkele
geregistreerde kieser? Of lokale wat hopeloos laat geopen het? Of mense wat
wettig in die buiteland is maar nie kon stem nie? Of in Suid-Afrika maar nie
kon stem nie oor staafkodes en sulke snert? Of misdadigers wat in die tronk
is omdat hulle hulle reg verloor het om as verantwoordelike landsburgers in
die gemeenskap te mag woon en werk -maar wat mag stem?

Gaan daar weer soos in 1994 minstens 1 miljoen onwettige stemme wees wat
bygetel is en toegelaat word?

En groot getalle "kiesers" onder 18?

En 'n OVK wat maak of dit bie gebeur het nie?

Aldus Kwarantyn.
Re: Daasy - gestem [boodskap #23630 is 'n antwoord op boodskap #23581] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Foeitog, Ferdi.

Wat 'n verdoemende kommentaar op my dierbare land. Dat jy dit nodig vind om
so selfvoldaan te moet berig oor hoe maklik en vinnig en vriendelik die
stemproses vir jou verloop het.

Begryp jy dan nie dit is soos dit BEHOORT te wees nie?

"Sover geen berigte van ernstige probleme nie".... nè! Wat van die
"stemlokaal" iewers op die platteland waar daar net 'n tafel in die oop veld
was om by te stem, en waar die kiesbeampte sit en kyk waar jy jou kruisie
trek? Of dalk bedoel jy met ernstig probleme dat daar nie geweld was nie?
Ja, daarvan het ek ook (gelukkig!) nie gehoor nie. Net gehoor van 25 miljoen
stemrbiefies wat gedruk is vir 18 miljoen kiesers. En van stembriefies wat
opraak. ????? En die stemlokaal wat opgerig is vir net een enkele
geregistreerde kieser? Of lokale wat hopeloos laat geopen het? Of mense wat
wettig in die buiteland is maar nie kon stem nie? Of in Suid-Afrika maar nie
kon stem nie oor staafkodes en sulke snert? Of misdadigers wat in die tronk
is omdat hulle hulle reg verloor het om as verantwoordelike landsburgers in
die gemeenskap te mag woon en werk -maar wat mag stem?

Gaan daar weer soos in 1994 minstens 1 miljoen onwettige stemme wees wat
bygetel is en toegelaat word?

En groot getalle "kiesers" onder 18?

En 'n OVK wat maak of dit bie gebeur het nie?

Begryp goed: niemand sit meer gretig en wag op goeie nuus uit my dierbare
Suid-Afrika as ek nie. Want een van die dae moet ek terug; in elk geval is
een van my kinders daar, en my broers en suster en my ma en skoonma - my
hele familie buiten my vrou en twee van ons dogters woon nog daar. Van die
Kaap (soos in Kaapstad) tot in Gauteng; van die Ooskaap tot in Mpumalanga.
Want ek het nie "gevlug" nie; ook nie geïmigreer nie. En ek wil met my hele
hart dat dit goed sal gaan met die brose demokrasie in my land.

'n Vriend wat nou die dag hier kuier merk op dat Suid-Afrika (trouens
Afrika) net goed werk as daar 'n sterk leier aan bewind is. Gee nie om wie
die party is nie; solank die leier sterk staan. My gebed is dat die ANC en
Mbeki sterk en goed sal lei, en vir al die mense in my land 'n goeie pa sal
wees.

Mooi bly.

Kwarantyn.

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:375510af.1305552@news.icon.co.za...
>
> Twee uur.
> Klaar gestem.
> Om die hoek gestap, id boek en sertifikaat gewys, papier gekry,
> gestem.
>
> Alles smiles en vriendelikheid.
>
> Altesame omtrent 8 minute gevat.
>
> Sover geen berigte van enige ernstige probleme nie.
>
Re: Daasy - gestem [boodskap #23631 is 'n antwoord op boodskap #23581] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kwarantyn wrote in message
...

> 'n Vriend wat nou die dag hier kuier merk op dat Suid-Afrika (trouens
> Afrika) net goed werk as daar 'n sterk leier aan bewind is. Gee nie om wie
> die party is nie; solank die leier sterk staan. My gebed is dat die ANC en
> Mbeki sterk en goed sal lei, en vir al die mense in my land 'n goeie pa sal
> wees.

Hmmmm.......

Bietjie paternalisties, dink jy nie so nie?

:-)
Re: Daasy - gestem [boodskap #23632 is 'n antwoord op boodskap #23581] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 Jun 1999 14:28:53 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

[/color]
> Bietjie paternalisties, dink jy nie so nie?>>

n Bietjie baie.

Dalk die eerste wit SA'ner of oud SA'ner wat pleit dat de ANC die
grondwet moet verander!!!!
Re: Daasy - gestem [boodskap #23651 is 'n antwoord op boodskap #23581] Vr, 04 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
>> Ferdi, Ferdi.... van iemand met jou intellek sou ek nooit verwag het dat
jy so 'n basiese denkfout sou maak nie. Jou een ervaring is nie gelyk aan al
die>>
> Ferdie skryf: > Een ervaring?
>
> Kom ons kyk wie het die meeste ervarings van verkiesings.
>
Jy mis alweer die punt, my joernalisvriend. Ons spog nie hier oor wie die
meeste dit of die grootste dat het nie. My "een ervaring" hierbo verwys na
jou ervaring as kieser in die verkiesing, waaruit jy afgelei het ("Dis die
punt. Dit is. Dit was") dat die ander kiesers almal so 'n goeie ervaring
gehad het soos jy. En dis gewoon nie waar nie.

En so goed en betroubaar was dit ook nou nie juis nie. Kyk maar (onder
andere) na die meer as 'n miljoen stemme wat verkeerdelik aan die IVP en die
ANC toegeken is. Bloot net 'n tikfout, soos die OVK beweer??? I don't think
so. En as hulle die een raakgesien het, hoeveel het hulle dalk NIE
raakgesien nie?

Die verkiesing is "vry en regverdig" verklaar. Hmmm.... wie het "vry en
regverdig" gedefinieer? Want daaroor sou debat gevoer kon word......

Maar ek laat nou maar die saak daar. Ek het nie gestem nie, want ek mog nie.
Netnou beweer iemand dalk ek mag ook nie iets oor die verkiesing sê nie....

Groete uit Pennsylvania

Henry - aka Kwarantyn
Re: Daasy - gestem [boodskap #23652 is 'n antwoord op boodskap #23581] Vr, 04 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Thu, 03 Jun 1999 13:26:17 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:
>
> ja, dis nie
>> te ernstig nie.>>
>
> Soos jy se.
>
> Ander mense het weggegaan en later teruggekom op plekke met lang toue
> en toe was die toue kort.

Ander mense het dieselfde gedoen, net voor agt weer opgedaag en toe in
toue geval wat sesuur dis reg ses uur die volgende oggend nog gestaan
het. Ek self het net :) vier ure in die tou gestaan. So tel die 5 ure by
wat ek gewag het vir my nuwe staafkode ID dan het ek nege ure gestaan om
te kan stem.


>
> Ek dink aan die talle voorspellings in die afgelope maande dat die
> verkiesing n flop gaan wees, dat niks gaan werk nie, dat dit uitgestel
> sal moet word, dat dit ontwrig gaan word ens.ens.
>
> Dit was tien keer beter en gladder as die eerste een.
> En dit was gedoen op grond van n kieslys. Die eerste een in die
> geskiedenis van SA. Een wat die 1ste en 3de wereld dele van SA
> insluit.

Vertel ons so bietjie van mense wat sommer enige plek gaan stem het en
toe toegelaat is omdat hulle kon bewys dat hulle geregistreer is deur 'n
sticker in hul ID boek? En dat 'n paar van die sogenaamde Zip-Zip
masjiene gesteel is? En tel twee en twee bymekaar ... Soveel vir ons
Voters Roll wat miljoene gekos het. En daar was voorheen kieserlyste ...
Re: Daasy - gestem [boodskap #23653 is 'n antwoord op boodskap #23581] Vr, 04 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3759a401.11020265@news.icon.co.za...

> Ek het gesien wat sy vanuit n ander plek op die aarde geskryf het, ja.
> Ook gesien hoe sy alles moontlik bymekaargeskraap het om te kritiseer
> - selfs gaan leen by 94 se verkiesing.
> Toe het sy n langerige paragraaf gekry.

Ferdi, ek haal aan uit Kwarantyn se oorspronklike skrywe:

"en my broers en suster en my ma en skoonma - my
hele familie buiten my vrou en twee van ons dogters woon nog daar."

SY? Het jy hoegenaamd Kwarantyn se posstuk gelees? (tensy Kwarantyn
natuurlik 'n butch lesbiër is.)

Alwyn - uit Perth
Re: Daasy - gestem [boodskap #23654 is 'n antwoord op boodskap #23581] Vr, 04 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 03 Jun 1999 11:03:49 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

|>
|>Begryp jy dan nie dit is soos dit BEHOORT te wees nie?>>>
|
|
|Dis die punt, sien.
|
|Dit was.
|
Toe dog ek nou ek sal geduldig twee dae wag en dan gaan kyk wat die uitslae is -
dis nou die 2/3 ding en die nuwe amptelike oposisie....

Dit was seker te veel om te verwag dat ou Ferdi se wonderlike verkiesing gou
sinvolle resultate sou gee, of is dit dalk die Beeld wat stadig is (Ferdi se
joernalistiek)? Ewenwel, Ferdi, ek blameer jou darem nie....

Eerste tereurstelling was dat die KISS party nie eens hond haaraf gemaak het nie
- ek het darem gehoop die tannie wat soos Gloudina lyk (Shakesperiaanse heks)
sal haar party in die hoof oposisie banke kan sit - SA het dit nodig, dink ek in
my beskeidenheid: Keep It Sweet and Simple, of so iets.

Op effe ernstiger noot: Halfsewe SA tyd, Vrydagaand lyk dit of die ANC sy 67%
het. En die IVP het .4% meer stemme as die DP. Jarwelnofaain. Maar toe ek nou
bietjie verder aan lees, is daar 'n verklaring van die IVK dat hulle sommer
300,000 ekstra stemme (vanwaar en vir wie, sê dit nie) in Pretoria bygetel het
- daar is groot foute in die uitslae, sê hulle.

Sal maar seker tot volgende week die tyd moet wag om te hoor wat nou rerig
werklik njannies kupela daar gebeur het.....

=|:^)

Johan
Re: Daasy - gestem [boodskap #23655 is 'n antwoord op boodskap #23581] Vr, 04 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Thu, 3 Jun 1999 14:28:53 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >
>> Bietjie paternalisties, dink jy nie so nie?>>
>
> n Bietjie baie.
>
> Dalk die eerste wit SA'ner of oud SA'ner wat pleit dat de ANC die
> grondwet moet verander!!!!

SO jy is nie wit nie??? :)
Re: Daasy - gestem [boodskap #23656 is 'n antwoord op boodskap #23581] Vr, 04 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 Jun 1999 16:03:51 -0400, "Kwarantyn" wrote:

>Begryp jy dan nie dit is soos dit BEHOORT te wees nie?>>>
>>
>>
>> Dis die punt, sien.
>>
>> Dit was.
> ------------------------------------------------------------ ----------------
> --------------------------------------------
>
> Ferdi, Ferdi.... van iemand met jou intellek sou ek nooit verwag het dat jy
> so 'n basese denkfout sou maak nie. Jou een ervaring is nie gelyk aan al die>>

Een ervaring?

Kom ons kyk wie het die meeste ervarings van verkiesings.

My eerste algemene verkiesing was vroeg in die 70's.
Daarna talle algemene verkiesings, munisipale verkiesings en
tussenverkiesings.

Ek het in elkeen gestem en oor 'n hele klomp as 'n joernalis verslag
gedoen.

Besides, dit lyk my 'n moerse klomp ander mense soos Europese
waarnemers en die Amerikaanse State Dept. stem saam met my.

Hulle is vol lof vir die verkiesing.
Re: Daasy - gestem [boodskap #23689 is 'n antwoord op boodskap #23581] Sa, 05 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Kwarantyn"

Snaaks hoe kwarantyn en johan, wat die sterkste kritiseer oor "vry en
regverdig" beide in die vsa sit en impliseer dat Ferdi, wat in suid-afrika is,
nie weet waarvan hy praat nie. Gerrymandering hier in die vsa is al so
ingeburger in die verkiesingspsige dat ek graag hul opinies oor vry en
regverdig in hierdie konteks wil hoor.
Re: Daasy - gestem [boodskap #23692 is 'n antwoord op boodskap #23581] Sa, 05 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kwarantyn" writes:

> Die verkiesing is "vry en regverdig" verklaar. Hmmm.... wie het "vry en
> regverdig" gedefinieer?

Ek wonder of jy besef dat daar nou
gereeld mense uit ander lande
verkiesings bywoon om te sien of
hulle "vry en regverdig" is. Onder
andere Jimmy Carter en sy mense
wat nou op die oomblik erens in
Suid-Oos Asi"e observeer. Hierdie
mense het praktiese maatstawwe.
Hulle woon baie sulke verkiesings
by. Hulle weet waarvan hulle praat.
Hulle sal nie een "vry en regverdig"
verklaar as dit nie so is nie.

En ek wonder hoe jy sou gekla het
oor die provinsiale verkiesing wat
ons gister in Ontario gehad het.
"Mahem" in omtrent elf stemlokale,
waar die mense wat die lokale moes
beman eenvoudig nie opgedaag het
nie, of baie laat was, sodat hulle
mense moes toelaat om te stem tot
elf uur die aand. Daar gaan groot
hofsake wees. Die onreelmatighede
lyk teveel of dit die heersende
party (wat weer ingekom het) sou
baat. Die heersende party wat bekend
is as "strike breakers."

En, as jy lank genoeg in die VSA bly,
sal jy ook nog baie baie verkiesings-
onreelmatighede sien. En "dirty tricks."

Jy klink egter na iemand wat maar in
die VSA moet bly. Jy klink na die soort
persoon wat nie in die nuwe SA kan inpas
nie. Jy klink ontevrede dat die massas
ook nou in SA kan stem. Wanneer massas
stem, is daar altyd onreelmatighede.

Gloudina
Re: Daasy - gestem [boodskap #23734 is 'n antwoord op boodskap #23581] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> Ek dink aan die talle voorspellings in die afgelope maande dat die
> verkiesing n flop gaan wees, dat niks gaan werk nie, dat dit uitgestel
> sal moet word, dat dit ontwrig gaan word ens.ens.
>
> Dit was tien keer beter en gladder as die eerste een.

Minder doden/gewonden, da's waar, en een compliment waard.
Maar ook uitsluiting van een grote groep SA'ns in het buitenland.
Waarom wel uitzonderingen voor ambassadepersoneel, en niet voor normale
burgers in den vreemde?
Als jij dat democratisch beter durft te noemen dan twijfel ik aan jouw
democratische opvattingen, zeker als de regerende partij baat heeft dat de
stemgerechtigden in het buitenland niet kunnen stemmen (en helemaal zeker
bij een stemresultaat waarbij 1% heel veel uitmaakt)).

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Daasy - gestem [boodskap #23735 is 'n antwoord op boodskap #23581] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 4 Jun 1999 21:06:24 -0400, "Kwarantyn" wrote:

meeste dit of die grootste dat het nie. My "een ervaring" hierbo verwys na[/color]
> jou ervaring as kieser in die verkiesing, waaruit jy afgelei het ("Dis die
> punt. Dit is. Dit was") dat die ander kiesers almal so 'n goeie ervaring
> gehad het soos jy. En dis gewoon nie waar nie.>>>

...se jy.

Maar nie al die waarnemersgroepe in die land nie.

Die verkiesing was, by the way, wyd gedek deur talle komponente van
die media.

Miskien is n verkiesing in JOU ervaring net jou ou stukke en gaan jy
dan huis toe om die tuim om te spit of wat ook al.
Dis nie hoe ek daarna kyk nie.

En ek kyk na elke verkiesing waarvan ek deel is op dieselfde manier.
Van John Vorster se wit verkiesings destyds tot die een laas week.

andere) na die meer as 'n miljoen stemme wat verkeerdelik aan die IVP en die[/color]
> ANC toegeken is. Bloot net 'n tikfout, soos die OVK beweer??? I don't think
> so. En as hulle die een raakgesien het, hoeveel het hulle dalk NIE
> raakgesien nie?>>

Terwyl ons nou praat van ervarings en afleidings en so aan. (En seker
by implikasie ook oor regverdigheid en sulke dinge).

Laat ek jou gou van die voorval vertel.
Die IEC het n moerse sentrum gehad in Pta waarna al die uitslae
gestuur is.
In die sentrum was daar reuse elektroniese borde waarop die uitslae
deurlopend vertoon was soos dit ingekom het. Amper soos n krieket
scoreboard in ball by ball mode.

Daardie syfers was NIE geoudit deur die IEC nie, maar net eerste
inligting soos deurgegee. En dit was deurertyd baie duidelik gemaak
dat dit die aard van die inligting is.

Maar hulle het steeds 'n eerste linie check-stelsel aan die werk
gehad.

Toe vra van die partye dat die score boards die inligting dadelik moet
gee vir n beter en vinniger vloei waarna die joernaliste en party-lede
kan sit en kyk ens.

Dit is toegestaan. En toe het die tikfout gebeur en AL plek waar dit
aangedui was, was op die ONGEOUDITEERDE deurlopende elektroniese score
board in die IEC se saal in Pretoria.

Daarna is daar toe dadelik teruggegaan na die stelsel wat dit eers
aanvanklik check.
Soos ek nou sit en skryf - Sondagaand - is die finale uitslag sover ek
weet nog nie uit nie. Van die dinge wat eers in berekening gebring
moes word, was alle besware deur alle partye nadat die partye die
tel-strokies en sulke goed kon ondersoek het soos hulle wou.

Sien Kwarantyn, dit was nou die voorval waarvan jy praat.

En waaraan jy die gelaaie >> hang.

Sies.

>[/color]

Die een ken ek.
Dis die soort ingesteldheid wat n mens in staat stel om NOOIT iets te
aanvaar nie.
Die soort ingesteldheid wat mens in staat stel om vir altyd jou
gekoesterde twyfel in stand te hou.

(P.S. Try die Europese Unie, die Amerikaanse State Dept, die VN, Idasa
en die politieke spelers - soos Constand Viljoen - vir daardie
definisie.)

Netnou beweer iemand dalk ek mag ook nie iets oor die verkiesing sê nie....>>[/color]

Haai shame...
Re: Daasy - gestem [boodskap #23736 is 'n antwoord op boodskap #23581] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
>> "Kwarantyn"
>
> Snaaks hoe kwarantyn en johan, wat die sterkste kritiseer oor "vry en
> regverdig" beide in die vsa sit en impliseer dat Ferdi, wat in suid-afrika is,
> nie weet waarvan hy praat nie. Gerrymandering hier in die vsa is al so
> ingeburger in die verkiesingspsige dat ek graag hul opinies oor vry en
> regverdig in hierdie konteks wil hoor.

Leg eens uit waarom ambassadepersoneel wel mocht stemmen, en normale
burgers in het buitenland niet?

Ik weet niet waar jij vrij & rechtvaardig op baseert....zal wel een andere
definitie zijn dan de mijne.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Vorige onderwerp: Re: Ek wil huis toe (vir biltong)
Volgende onderwerp: AFRIKAANS OPPI NET
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 09:28:19 MGT 2024