Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gansbaai se Kroeg.
Gansbaai se Kroeg. [boodskap #23517] Di, 01 Junie 1999 00:00
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gansbaai is 'n vissersgemeenskap naby Hermanus. 'n Aantal jare terug
was die hotel op Gansbaai berug vir sy woeste kroeggevegte.Die aanloop
was gewoonlik iets soos die volgende:

'n Persoon stap die kroeg binne, groet beleefd en bestel iets te
drinke. Vra selfs uit oor wat die weer gaan maak, en of die vis loop.
Kort voor lank vra iemand uit die bloute, "Wie se moer sê jy?".

Nou sit ons vriend met 'n helse dilemma, want wat hy ook al antwoord,
gaan uitloop op 'n geveg. (Selfs as hy sê hy het dit nie gesê nie, maak
hy die vrasteller tot leuenaar.) Hy het dus een van twee keuses - óf hy
baklei saam, óf hy stap uit.

Cheers, en mag die voorspoed julle verveel.

Henri

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Vorige onderwerp: Waar kan ek........?
Volgende onderwerp: Re: 'n Amerikaner en vryheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 01:05:00 MGT 2024